{"id":61666,"date":"2016-11-17T10:34:31","date_gmt":"2016-11-17T08:34:31","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=61666"},"modified":"2017-02-27T16:10:28","modified_gmt":"2017-02-27T14:10:28","slug":"wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/","title":{"rendered":"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember?"},"content":{"rendered":"<p>Vakansieplek in die somer in die Karoo? Ek het ook gedink mense wat jaar op jaar in die binneland kuier is gek, sonder geld of verbeeldingloos &#8230; tot ek self \u2019n smakie daarvan gekry het.<\/p>\n<p>Ja, ek weet. Die seeluggie is koele lafenis, die branders lewe en almal is d\u00e1\u00e1r. Maar dit is juis die knoop. Almal is daar. So ver as wat jy gaan, is dit vol. Oorvol. G\u2019n parkeerplek. Rye oral. Propvol restaurante. Die slaai is uitverkoop.\u00a0 Selfs \u2019n eenvoudige worsiebraai raak duur, want langs die kus haal die vleispryse nog ho\u00ebr hoogtes as die vorige jaar. (Ons hoor van R659 vir eend in Swakopmund.) Die winkelklerke is moeg en die verkeerskonstabels moerig. Die see is ongelooflik lekker maar daar is \u2019n groot \u2018maar\u2019.<\/p>\n<p>Daarteenoor is die platteland rustig, want die dorpsmense verskuif see toe. Die dorp is as\u2019t ware joune. Die winkelklerke val oor hul voete van blydskap as iemand binne stap. Die restaurante gee glad nie om as jy die hele aand om kuier nie want niemand verwag \u2019n tweede stel klante vir die aand nie. Hulle is te bly as jy nog \u2019n bottel goeie rooies oopmaak en dalk selfs kans sien vir kaaskoek as nagereg. Die porsies is ruim. Die mense is vriendelik. Die weer is konstant: warm in die middel van die dag, sodat jy heerlik kan uitrus. En dan die lieflike aande vir kuier saam met vriende en geliefdes.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Verblyf in Robertson<\/h4>\n<p>Ons het onlangs hierdie lieflike plekke verken:<\/p>\n<p>\u2022<strong> Melozhori Wildreservaat<\/strong> (<a href=\"http:\/\/www.melozhori.co.za\" target=\"_blank\">www.melozhori.co.za<\/a>)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_61852\" style=\"width: 336px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-61852\" class=\"wp-image-61852\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15094908_10210520524467924_8963369548416924883_n-500x588.jpg\" alt=\"15094908_10210520524467924_8963369548416924883_n\" width=\"326\" height=\"383\" \/><p id=\"caption-attachment-61852\" class=\"wp-caption-text\">Melozhori-wildsplaas by Robertson se afkoelpoel en kuier kyk uit oor die watergat. Onthou jou verkyker.<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Buiten die sku luiperd is hier nie jagdiere nie. Dus kan jy te perd of fiets wild kyk &#8211; en tussen die bokke, sebras en kameelperde kom. Wat \u2019n lekker nuutjie!<\/p>\n<p>Daar is ook staproetes. Jy kan kies tussen die luukse lodge met al die finesse van topgehalte verblyf, of die meer bekostigbare maar steeds gerieflike houthut as jou vakansieplek. Albei is ideaal vir \u2019n familie of groep vriende wat tyd saam wil spandeer.<\/p>\n<p>Wat kan jy nog doen, behalwe lees, sterre kyk, fietsry, perdry en braai? Daaglikse wildritte is ingesluit, en al is jy ver in die berge in, is jy steeds binne maklike bereik van Robertson en McGregor se wynplase, bierbrouerye en snuffelwinkeltjies.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2022<strong> Africamps at Pat Busch\u00a0<\/strong>(<a href=\"http:\/\/www.patbusch.co.za\" target=\"_blank\">www.patbusch.co.za<\/a>)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_61855\" style=\"width: 453px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-61855\" class=\"wp-image-61855\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Tent-location-final-hi-rez-750x330-500x220.jpg\" alt=\"Bly in 'n boetiektent by Africamp at Pat Busch, Robertson\" width=\"443\" height=\"195\" \/><p id=\"caption-attachment-61855\" class=\"wp-caption-text\">Bly in \u2019n boetiektent by Africamp at Pat Busch, Robertson<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Glanskampering op sy beste! Jy slaan nie tent op nie, maar jy is in die veld onder die sterrehemel.<\/p>\n<p>Binne hierdie luukse selfsorgtente wag koningingrootte beddens met binneveermatrasse, donsige duvets en stapels kussings, in twee afsonderlike slaapkamers. Jy het ook jou eie lieflike binnehuise stortkamer en kombuis\/leefarea.\u00a0Elke tent is privaat, sodat jy nie jou bure sal sien nie. Vir braaiers wag daar \u2019n braaidek met \u2019n baksteen-braaikaggel en oesterstoele wat jou nooi om heeldag luilekker op hulle deur te bring.<\/p>\n<p>Die lekkerte is dat jy die luukses kombineer met die buitelewe: jy het \u2019n ingerigte kombuis maar jy kan ook buite braai. Jy het elektrisiteit\u00a0maar word ook soggens deur die vo\u00ebls wakker gemaak. Jy het jou eie\u00a0ruim dek maar die veldpaadjie loop reg langs jou verby.<\/p>\n<p>Dit is in een van die diepste hoeke van die Langeberge weggesteek, en grens aan die Witbosrivier Natuurreservaat. Jy is regtig in die berge. Daar is \u2019n swembad, plaasdam met kajakke, staproetes die berge in, bergfietsroetes (daar is twee fietse te huur ook), en jy is binne bereik van al die toerisme-aantreklikhede van die Klaas Voogds-sirkelroete.<\/p>\n<p><strong>#rooirosewenk<\/strong><br \/>\n&#8216;Mure&#8217; in tente is nie dig nie. As jy deel, dink mooi wie jy as vakansiegeselskap kies.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2022<strong> Galloway-gastehuis <\/strong>(<a href=\"http:\/\/www.gallowayguesthouse.co.za\" target=\"_blank\">www.gallowayguesthouse.co.za<\/a>)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_61854\" style=\"width: 517px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-61854\" class=\"wp-image-61854\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/0433G-500x334.jpg\" alt=\"Die rolstoelvriendelike Galloway Gastehuis in Robertson\" width=\"507\" height=\"339\" \/><p id=\"caption-attachment-61854\" class=\"wp-caption-text\">Die rolstoelvriendelike Galloway-gastehuis in Robertson<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hierdie luukse plaasgastehuis is lig, minimalisties en terselfdertyd aards, met \u2019n 180-grade uitsig op die Langeberge. Dit is rolstoelvriendelike verblyf op sy beste, maar dit is nie beperk tot rolstoelgebruikers nie. Almal sal tuis voel.<\/p>\n<p>Geniet \u2019n daaglikse swemoefensessie in die lengtepoel. Die plaaspaaie rondom jou is ideaal vir ernstige fietsryers en vir ontspanne fietsryers wat lus is om van wynproe na olyfproe na bierproe te trap. Soveel bestemmings is binne bereik dat jy met\u00a0\u2019n\u00a0fiets kan ry na Marbrin-olyfplaas of na Kranskop of na Exdiem of &#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Verblyf in McGregor<\/h4>\n<p>Dit lyk asof daar \u2019n duisend gastehuise in McGregor is. Kontak die vriendelike Mira Weiner van <a href=\"http:\/\/www.mcgregor-accommodation.co.za\" target=\"_blank\">McGregor Country Getaways<\/a>\u00a0\u00a0sodat sy jou die nommerpas kothuis of gastehuis kan help uitsoek. As jy in die somer gaan, bespreek \u2019n vakansieplek met \u2019n swembad, vir lekker afkoel deur die dag &#8230; en saans.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dinge om te doen in Robertson, McGregor<\/h4>\n<p>Die lys van moontlikhede is indrukwekkend lank. Ons lys net \u2019n paar waar ons heerlik gekuier het. Daar is iets vir elke dag, vir twee weke lank &#8211; en dit is nog lank nie al wat hierdie vrugbare, kreatiewe vallei bied nie.<\/p>\n<ol>\n<li>Olyfproe by <em>Owl\u2019s Rest<\/em> en <em>Marbrin Olive Growers<\/em>.<\/li>\n<li>Bierproe by <em>Saggy Stone<\/em> en <em>Long Mountain Brewery<\/em>.<\/li>\n<li>Ry met die <em>Puff Adder<\/em> en soek die kameelperde op <em>Melezhori Wildsplaas<\/em>.<\/li>\n<li>Wynproe by <em>Kranskop Kelders<\/em>, <em>Four Cousins<\/em> en <em>Exdiem<\/em> (laasgenoemde net per afspraak maar jy kan hul wyne \u00a0aanlyn koop by <a href=\"http:\/\/www.lavernewines.co.za\" target=\"_blank\">La Verne<\/a>-wynboetiek in Robertson. Lourens van der Westhuizen, hul wynmaker, se stempel is onmiskenbaar. Jy sal goeie wyn kry.)<\/li>\n<li>Eet middagete by <em>La Mont Deli &amp; Bistro<\/em>\u00a0of\u00a0<em>Saggy Stone<\/em> (beroemd vir hul eisbeins). Geniet ontbyt of teetyd by <a href=\"http:\/\/www.strictlycoffee.co.za\" target=\"_blank\">Strictly Coffee<\/a>. Hou ook een aand oop vir \u2019n ete by <em>Green Gables<\/em> in McGregor.<\/li>\n<li>Fliek by <em>Wahnfried<\/em>. Hulle vertoon op Vrydag- en Sondagaande ou klassieke flieks.<\/li>\n<li>Streel \u2019n donkie by <em>Eseltjiesrus<\/em> donkie-oord.<\/li>\n<li>Koop wyne by <em>LaVerne-<\/em>wynboetiek, wat al die wyne van die omgewing aanhou en teen kelderpryse verkoop<\/li>\n<li>Koop kase by <em>La Mont Deli &amp; Bistro<\/em>.<\/li>\n<li>Koop by <em>Strictly Coffee<\/em> varsgemaalde boetiekkoffie. Hulle voer bone in, en rooster en maal dit self. Koop &#8216;n paar soorte en leer ken jou koffievoorkeure.<\/li>\n<li>Koop laventel- en roosmalva-olies en tamarillo\u2019s by <em>Owl\u2019s Rest<\/em>.<\/li>\n<li>Kyk en koop die lieflik vroulike kuns van <em>Edna Fourie<\/em> in McGregor (slegs oor naweke).<\/li>\n<li>Koop bruikbare kuns soos ontwerpersbakke, borde en ander breekgoed by <em>Rialheim.<\/em>\u00a0(Ons hoor hulle verskaf aan onder meer @Home en selfs ander groot oorsese dekorwinkelgroepe.) En stap beslis deur hul tuinkunsgalery.<\/li>\n<li>Verkyk jou aan kaktusse by die <em>Sheilam Kaktuskwekery<\/em>, waar jy van \u2019n klein kaktuswoud sal sien tot yslike vetplante so groot soos poefkussings, eeu-oue olifantvoet vetplante en vetplante wat tien jaar lank neem om 5cm groot te word.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div class=\"slider_wrapper tg_gallery\"><div class=\"flexslider tg_gallery\" data-height=\"750\"><ul class=\"slides\"><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15032086_10210520460586327_1200413396875018580_n-e1479368014953.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15078855_10210520525027938_7453072287811931769_n-e1479368070261.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/14991884_10210520531148091_4230279902988830417_n-e1479368115445.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15095491_10210520473346646_4195370682687185327_n-e1479368463250.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15078901_10210520536508225_4322122068313683986_n-e1479368518133.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15036710_10210520528708030_6587725147810963633_n-e1479368572931.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15027514_10210520550828583_1889828030252205430_n-e1479368608199.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15027425_10210520550108565_1231127423282448535_n-e1479368655510.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><\/ul><\/div><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soek jy nog vakansieplek vir Kersfees? \u2019n Paar dae in Robertson het my oortuig \u2019n binneland vakansie kan besonders wees. Kyk net na die voordele \u2026 en die lieflike akkommodasie wat wag om bespreek te word. Deur Salom\u00e9 Delport.<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":61873,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968,3476],"tags":[6591,157,158,3829,4163,5195,6590],"class_list":["post-61666","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","category-ontspanning","tag-akkommodasie","tag-vakansie","tag-reis","tag-reisresensie","tag-wynplase","tag-robertson","tag-mcgregor"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Sukkel jy om akkommodasie by die see te kry? Kom kyk wat die platteland alles bied. Blyplek is volop, en daar is hope te doen in die Robertsonvallei.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sukkel jy om akkommodasie by die see te kry? Kom kyk wat die platteland alles bied. Blyplek is volop, en daar is hope te doen in die Robertsonvallei.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-11-17T08:34:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-02-27T14:10:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"750\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"330\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember?\",\"datePublished\":\"2016-11-17T08:34:31+00:00\",\"dateModified\":\"2017-02-27T14:10:28+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/\"},\"wordCount\":1119,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg\",\"keywords\":[\"akkommodasie\",\"vakansie\",\"reis\",\"reisresensie\",\"wynplase\",\"robertson\",\"McGregor\"],\"articleSection\":[\"Reis\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/\",\"name\":\"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg\",\"datePublished\":\"2016-11-17T08:34:31+00:00\",\"dateModified\":\"2017-02-27T14:10:28+00:00\",\"description\":\"Sukkel jy om akkommodasie by die see te kry? Kom kyk wat die platteland alles bied. Blyplek is volop, en daar is hope te doen in die Robertsonvallei.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg\",\"width\":750,\"height\":330,\"caption\":\"Robertson & McGregor\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember? | rooi rose","description":"Sukkel jy om akkommodasie by die see te kry? Kom kyk wat die platteland alles bied. Blyplek is volop, en daar is hope te doen in die Robertsonvallei.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember? | rooi rose","og_description":"Sukkel jy om akkommodasie by die see te kry? Kom kyk wat die platteland alles bied. Blyplek is volop, en daar is hope te doen in die Robertsonvallei.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-11-17T08:34:31+00:00","article_modified_time":"2017-02-27T14:10:28+00:00","og_image":[{"width":750,"height":330,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember?","datePublished":"2016-11-17T08:34:31+00:00","dateModified":"2017-02-27T14:10:28+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/"},"wordCount":1119,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg","keywords":["akkommodasie","vakansie","reis","reisresensie","wynplase","robertson","McGregor"],"articleSection":["Reis","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/","name":"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg","datePublished":"2016-11-17T08:34:31+00:00","dateModified":"2017-02-27T14:10:28+00:00","description":"Sukkel jy om akkommodasie by die see te kry? Kom kyk wat die platteland alles bied. Blyplek is volop, en daar is hope te doen in die Robertsonvallei.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/15027980_10210521872301619_6641365810484897161_n-1.jpg","width":750,"height":330,"caption":"Robertson & McGregor"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-van-robertson-mcgregor-vir-vakansieplek-vir-desember\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/61666","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=61666"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/61666\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/61873"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=61666"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=61666"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=61666"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}