{"id":61512,"date":"2016-11-15T13:46:27","date_gmt":"2016-11-15T11:46:27","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=61512"},"modified":"2016-11-15T13:46:27","modified_gmt":"2016-11-15T11:46:27","slug":"alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/","title":{"rendered":"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels"},"content":{"rendered":"<p>Wilna Snyman het \u2019n pragtige, nuwe kat gekry. Spierwit met lang hare.<\/p>\n<p>\u201cEk het haar Prinses gedoop, want sy is adellik en mooi,\u201d vertel sy. Pouse. En toe droogweg, tersyde soos net \u2019n aktrise dit kan doen: \u201cMaar sy is \u2019n slet! Loop in die bos rond.\u201d<\/p>\n<p>Sy lag hardop. \u201cDie bleddie ding het al twee keer muise huis toe gebring. Een keer \u2019n mol! En dan kom sit sy die halfdooie goed voor my voete neer. Ek kan sien hoe dit moet lyk as ek met \u2019n muis aan sy stert die ruigtes invaar!\u201d<\/p>\n<p>Hoewel sy dit nie hardop noem nie, is die implikasie tog daar: Wat sal ander dink as hulle my moet sien noudat dit alombekend is dat ek die pad van die Groot Vergeet betree het. Alzheimersiekte is \u2019n aandoening wat mense nog ongemaklik maak. Dit is \u2019n onbekende terrein wat vrees inboesem, soos kanker of die Groot K, soos sommige mense dit nou nog eufemisties noem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk hoor daar is mense wat s\u00ea ek soek publisiteit deur so openlik daaroor te wees. Maar soos toe kanker by my gediagnoseer is, het ek gevoel dit moet uit! <\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Toe \u2019n tydskrif \u2019n patetiese foto van my plaas, was ek aanvanklik ontsteld maar dog toe: Dit is goed! Daar is mense wat nie hul vrese en onsekerheid kan verwoord nie. Ek kan \u2026 doen dit nou nog dikwels wanneer ek mense by Kansa toespreek. So help jy ander.\u201d<\/p>\n<p>Dit is miskien ten dele waar, maar \u2019n mens kry tog gou die indruk dat Wilna se openlike verklaring van \u201chier\u2019s ek, ek kan nie anders nie\u201d, \u2019n manier van terugveg is; van die ongedierte in die o\u00eb kyk.<\/p>\n<p>\u201cJa,\u201d beaam sy. \u201cEk baklei dat ek vrek! Die geveg raak moeiliker, listiger, so asof die siekte my in die donker bekruip. Partykeer gaan dit goed, is hy sluimerend en dan slaan hy weer toe. En wat is dit as jy dit ontleed? Dis jou brein wat sterf, selletjie vir selletjie.\u201d<\/p>\n<p>Onverwags, soos nogal dikwels in hierdie onderhoud, bars sy uit van die lag. \u2019n Lekker lag. \u201cJy weet ek maak nou mos lysies, en dan vergeet ek wat ek daarmee gemaak het, en daardie optogte na die kombuis of die yskas en as jy daar kom, weet jy nie wat jy daar kom maak het nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het nou die dag die ou storie onthou van \u2019n kneg wat ook so vergeetagtig was. Op \u2019n dag moes hy \u2019n gaffel en skoffel gaan leen en heelpad loop hy en herhaal: \u2018Skoffel, gaffel, skoffel, gaffel \u2026 \u2019 Hy is so ingedagte dat hy \u2019n man met \u2019n fiets omloop. En toe hy n\u00e1 die aff\u00eare wegloop, begin hy: \u2018Man, fiets, man, fiets \u2026 \u2019<\/p>\n<p>\u201cDit is nou ek daardie,\u201d lag sy weer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cPartykeer as dit te erg word, wanneer ek met alles sukkel, gaan maak ek vir my \u2019n koppie tee, gaan sit nikssienend voor die TV en fluister daardie aaklige Amerikaanse gesegde: This is as good as it gets. Aanvaar dit!<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk aanvaar dit, maar nie maklik nie. Ek baklei teen die sindroom. As ek hom nie konfronteer nie, sal hy my vernietig. Ek moet van dag tot dag veg. En lysies maak.\u201d Dit skemer gou deur dat Wilna nie blindelings of hardkoppig terugveg asof sy nie die werklikheid van haar siekte aanvaar of besef nie. \u201cMy ma en aunt Anne is aan Alzheimer\u2019s dood toe ek nog glashelder was. Ek weet wat wag en het ook hieroor nagelees.\u201d<\/p>\n<p>Haar terugveg l\u00ea op \u2019n ander vlak as \u2019n blote kopstampery teen \u2019n muur. Dit het \u2019n paar maande gelede al geblyk voordat sy bekend gemaak het dat Alzheimer-siekte by haar gediagnoseer is.<\/p>\n<p>Op \u2019n Sondagmiddag op Hermanus het sy \u2019n afskeidskonsert gehou vir vriende en kennisse wat toe reeds gerugte daarvan gehoor het. Daar was bekendes, soos Carel Trichardt en sy vrou, Petru Wessels, Deon Opperman en sy vrou, Jeanine Neethling, verskeie ander uit die teaterw\u00eareld, asook vriende en aanhangers. Aan die einde van die program van voorlesings en vertellings het sy voor die klavier gaan sit en \u201cSal ons ou kennisse ooit vergeet\u201d begin speel. Die gehoor van sowat 150 mense het staande trane weggevee en Deon Opperman het baie bewo\u00eb \u2019n toespraak gehou.<\/p>\n<p>En midde-in hierdie oomblik het Wilna haar rug op haar kenmerkende manier regop gemaak en tot voor op die verhoog gestap \u2013 \u2019n presence op die verhoog wat altyd so eie aan haar was, en \u2019n mens het besef di\u00e9 liedjie gaan nie net oor \u201cvergeet\u201d nie. Dit is \u2019n slagspreuk! Sy het vooroor gebuig en ges\u00ea: \u201cHelp my af! Ek wil tussen julle wees.\u201d<\/p>\n<p>Wat was haar bedoeling? Sy vertel later:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk het besef hierdie mense het gekom vir my laaste woorde op die verhoog en ek het gevoel ek wil tussen hulle wees en nie op die verhoog nie. Ek wou tussen mense wees wat ook al baie traumas beleef het, of nog gaan beleef.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Die lewe skaaf en skuur ons. Daar is \u2019n naelstring wat ons bind. \u2019n Mens kan nooit s\u00ea: Dit sal nie met my gebeur nie. Ook nie: There but for the grace of God \u2026 nie, want heel moontlik sal jy ook die pad van kanker of Alzheimer\u2019s loop.<\/p>\n<p>\u201cEk begin nou verstaan die worsteling wat ons almal deurmaak, is vorms van groei. Maar daar is \u2019n verbintenis met die goddelike. As jy in hierdie worsteling nie luister nie, moet jy die deur oopmaak, oor die drumpel loop &#8230; En jy moet dit nie lukraak doen nie. Jy moet dit doen omdat jy na die Stem luister.<\/p>\n<p>\u201cJa, geloof speel \u2019n groot rol in my lewe, maar weet jy, ek het nooit tot bekering gekom nie. Ek was van moedersknie af al bewus van die suiwere bron van die liefde van God, van die pad van liefde in Jesus se voetspore. My ma was my mentor, \u2019n wyse en belese vrou wat ook baie swaar gehad het. Sy was \u2019n ware Christen en ek moes toekyk hoe Alzheimer-siekte haar aftakel.\u201d<\/p>\n<p>Wilna Snyman het steeds \u2019n fyn aanvoeling vir woorde. Dit is merkwaardig hoe presies en soms selfs po\u00ebties sy haar gedagtes verwoord. Nou en dan ontgaan \u2019n woord haar. Dan leun sy vorentoe en sluit vir \u2019n oomblik haar o\u00eb. \u2019n Fladdering van gedagtes en skielik: \u201cNou onthou ek wat ek wou ges\u00ea het!\u201d<\/p>\n<p>As \u2019n mens nie geweet het nie, sou jy in hierdie gesprek soms nie kon raai dat sy die siekte het nie. Tog is sy bewus van alles wat op haar wag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk leef van dag tot dag. Ek weet dat ek alles gaan vergeet, maar sekere goed sal bly, jou sin vir regverdigheid, eerlikheid, die waarde van goeie maniere.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Dit steek vas en sekere goed is so diep in jou wese vasgel\u00ea, daardie sin van die waardevolle, dat niks dit kan vernietig nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy beken dat sy ook nog nooit die vraag gevra het waarom juis sy \u2019n geen moes erf wat haar die stilte gaan instuur nie. \u201cEk glo dat \u2019n mens in hierdie w\u00eareld ingestuur is met \u2019n goddelike bloudruk wat die we\u00eb van jou lewe bepaal. Dan stap jy die pad, al verstaan jy dalk eers baie later hoekom.\u201d<\/p>\n<p>Weer eens borrel \u2019n laggie uit en sy haal aan: \u201c<em>It is not who you are, where you are and what you are doing in life, or what is important or makes you happy, it is what you think about it.\u201d<\/em><\/p>\n<p>\u201cVir my is hierdie siekte \u2019n skoonmaakproses. Namate hy jou in sy greep kry en die simptome na vore kom, raak jy al hoe stiller omdat jy nie ten volle in die lewe kan staan nie \u2013 jy trek terug in die skaduwees in. Jy is meer selektief oor jou tyd en wat jy doen. Jy moet skoonmaak sodat die naelstring met die goddelike goed kan pols. Jy moet terugkeer na die essensie van leef.\u201d<\/p>\n<p>Een van die dinge wat sy doen en wat deel is van haar \u201cessensie\u201d, is om elke dag \u2019n gedig te lees. Op haar koffie tafel l\u00ea \u2019n boek oor die twintigste-eeuse honderd beste digters in Engels en Dylan Thomas kom ter sprake. Sy leun vooroor, prewel eers saggies en dan, soos \u2019n kokon wat ontsluit, kom die aktrise na vore, volkome konsentrasie in haar o\u00eb, \u2019n helder stem en fyn nuansering:<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em>\u201cDo not go gentle into that good night<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em>Old age should burn and rave at close of day.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em>Rage, rage against the dying of the light.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Wilna slaan met haar hand op die tafel. \u201cSela!\u201d roep sy uit en stadig verdwyn die aktrise met die konsentrasie in haar o\u00eb. Weerloos sit sy skielik. Sy lyk moeg, haar gedagtes elders. Miskien is sy ook bewus daarvan dat die aktrise vir \u2019n oomblik terug was. Stilte.<\/p>\n<p>\u201cWeet jy, as ek moet s\u00ea, is die grootste rol wat ek ooit gespeel het, di\u00e9 van Makiet in Kanna Hy K\u00f4 Hystoe. Ek dink nie Adam Small besef hoe \u2019n ongelooflike karakter hy geskep het nie. Ek is diep dankbaar dat hy my toegelaat het om die rol te speel, want hy was gekant daarteen dat blankes die rol van bruinmense in sy drama moes speel.<\/p>\n<p>\u201cMakiet was die aartsmoeder in omstandighede waarmee ons almal ons kan vereenselwig. Sy was die vrou wat hartseer en verlies geken het op \u2019n vlak wat haar die gedaante van \u2019n heilige gegee het. \u2019n Mens het hier te make met die naakte realiteit van armoede, onderdrukking, verkragting, verlies van kinders \u2013 die spektrum van \u2019n mens se lewe, deurspek met lyding, verraad, versoening en uiteindelik verlossing.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Ek sal nooit daardie woorde van haar vergeet nie: \u2018Die Jere is maar hard ja, maar Hy\u2019s genadig ook\u2019. Dit is die kern van ons lewe.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>En wat nou, Wilna, as die gordyn vir die laaste keer sak en jou gedagtes \u201cin that good night\u201d donker word?<\/p>\n<p>\u201cDie lewe is verbysterend, wonderlik en soms aaklig, maar ek is voornemens om dit bietjie vir bietjie op te lek tot die laaste en dan te s\u00ea: Hier is ek, Here.\u201d<\/p>\n<p>Sela.<\/p>\n<p>En nee, dit is nie die einde van die onderhoud nie. Prinses kom maak \u2019n draai \u2013 sonder \u2019n muis! Wilna gee \u2019n skelm laggie. \u201cEk noem haar nie meer Prinses nie. Hoe kan jy \u2019n kat roep en s\u00ea: \u2018Prinses! Prinses! Kom hier?\u2019 Sy\u2019s heet nou Sessie. Dis mos \u2019\u2019n makliker naam om haar mee te roep.\u201d<\/p>\n<p>En ja, die naam Sessie pas ook beter by \u2019n kat wat in die bos boer. Maar dit het Wilna nie ges\u00ea nie! Daar was weliswaar \u2019n vonkeling in haar o\u00eb.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy baklei dat dit vrek teen die Alzheimer-siekte wat haar in die donker bekruip, s\u00ea aktrise Wilna Snyman. \u2018Maar die geveg raak moeiliker, listiger,\u2019 s\u00ea sy in \u2019n openhartige onderhoud.<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":61534,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[238,1157,3844,4888,6415],"class_list":["post-61512","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-vergeet","tag-onthou","tag-alzheimersiekte","tag-alzheimer","tag-verstand"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sy baklei dat dit vrek teen die Alzheimer-siekte wat haar in die donker bekruip, s\u00ea aktrise Wilna Snyman. \u2018Maar die geveg raak moeiliker, listiger,\u2019 s\u00ea sy in \u2019n openhartige onderhoud.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-11-15T11:46:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Wilna-Snyman-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"768\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1415\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Nicole Kemp\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\"},\"headline\":\"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels\",\"datePublished\":\"2016-11-15T11:46:27+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/\"},\"wordCount\":1774,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/Wilna-Snyman-1.jpg\",\"keywords\":[\"vergeet\",\"onthou\",\"alzheimersiekte\",\"alzheimer\",\"verstand\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/\",\"name\":\"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/Wilna-Snyman-1.jpg\",\"datePublished\":\"2016-11-15T11:46:27+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/Wilna-Snyman-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/Wilna-Snyman-1.jpg\",\"width\":768,\"height\":1415,\"caption\":\"Wilna Snyman\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\",\"name\":\"Nicole Kemp\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Nicole Kemp\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels | rooi rose","og_description":"Sy baklei dat dit vrek teen die Alzheimer-siekte wat haar in die donker bekruip, s\u00ea aktrise Wilna Snyman. \u2018Maar die geveg raak moeiliker, listiger,\u2019 s\u00ea sy in \u2019n openhartige onderhoud.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-11-15T11:46:27+00:00","og_image":[{"width":768,"height":1415,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Wilna-Snyman-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Nicole Kemp","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Nicole Kemp","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/"},"author":{"name":"Nicole Kemp","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55"},"headline":"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels","datePublished":"2016-11-15T11:46:27+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/"},"wordCount":1774,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Wilna-Snyman-1.jpg","keywords":["vergeet","onthou","alzheimersiekte","alzheimer","verstand"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/","name":"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Wilna-Snyman-1.jpg","datePublished":"2016-11-15T11:46:27+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Wilna-Snyman-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Wilna-Snyman-1.jpg","width":768,"height":1415,"caption":"Wilna Snyman"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-siekte-wilna-snyman-gesels\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Alzheimer-siekte: Wilna Snyman gesels"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55","name":"Nicole Kemp","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","caption":"Nicole Kemp"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/61512","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=61512"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/61512\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/61534"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=61512"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=61512"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=61512"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}