{"id":6085,"date":"2024-03-07T08:58:21","date_gmt":"2024-03-07T06:58:21","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/"},"modified":"2024-03-07T09:19:38","modified_gmt":"2024-03-07T07:19:38","slug":"kul-jou-hier-kul-jou-daar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/","title":{"rendered":"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>Tekens dat jou maat dalk ontrou is<\/strong>: <\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>\u2022 Werk gedurig laat of is dikwels weg van die huis.<br>\u2022 Die foon is dikwels af, of daar is \u2019n probleem met die sein. Hy antwoord vir tye nie die foon of boodskappe nie.<br>\u2022 Hulle is nie \u2019n oomblik sonder die foon nie en neem dit selfs saam toilet of badkamer toe; of daar is toegangskodes vir die\u00a0 foon of rekenaar nodig wat jy nie het nie.<br>\u2022 Bankstate word weggesteek.<br>\u2022 Hul gedrag verander. Hulle kan afwesig, koud, afsydig, rusteloos, moeg, ge\u00efrriteerd of skielik vol selfvertroue wees.<br>\u2022 Seksuele patrone of gedrag verander. Hulle verloor belangstelling in seks, of wil vreemde dinge doen.<br>\u2022 Hulle gee skielik meer aandag aan hul voorkoms: oefen meer, verloor gewig, kry \u2019n nuwe haarstyl en klere.<br>\u2022 Jul verhouding verander. Hy\/sy is meer krities op wat jy doen en lok makliker gevegte uit.<br>\u2022 Jou sesde sintuig waarsku jou dat iets verkeerd is en as jy in di\u00e9 rigting praat, is die ander een verdedigend en selfsaggressief. Dan is jy foutvinderig en verbeel jou.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Daar is mense wat een keer ontrou is, werklik berou daaroor het en dit nooit weer doen nie. Maar aan die ander kant is daar mense wat in die een na die ander buite-egtelike verhouding betrokke raak. Net so is ontrouheid vir baie mense die einde van die verhouding. Hulle stap uit. Ander bly vasgevang in verhoudings waarin hulle keer op keer verkul word.<\/p>\n\n\n\n<p>Ontrouheid in \u2019n verhouding is \u2019n simptoom dat daar iewers iets fout is: \u00f3f in die verhouding, \u00f3f in een of albei mense se lewe. Daar is iets wat moet verander om die verhouding te red, of om dit vir een of albei mense moontlik te maak om in die toekoms sinvolle verhoudings te h\u00ea wat kan en sal hou. Eerlike introspeksie, oop, eerlike kommunikasie en veranderde gedragspatrone is \u2019n voorvereiste om persoonlike en verhoudingsgroei moontlik te maak.<\/p>\n\n\n\n<p>Om enige sinvolle verhouding te laat slaag, is vertroue, eerlikheid, kommunikasie en sagte omgee nodig. As dit nie daar is nie, of geskaad is, moet dit ontwikkel of herstel word, anders is \u2019n betekenisvolle verhouding op lang termyn nie moontlik nie. Ontrouheid is dikwels juis die stimulus wat \u2019n verhouding kan red, verbeter en die ontwikkeling en groei kan teweegbring. Maar dan moet albei partye bereid wees om eerlik introspeksie te doen, te kommunikeer en te verander. Solank die ander persoon\u00a0daarvoor verkwalik word, blokkeer dit die groei en \u2019n liefdevolle, gekoesterde toekoms saam.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Blaam is die dominante speletjie<\/strong><\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Jy en jou optrede word die hoofrede vir die ontrouheid. Jy was liefdeloos, of emosioneel of seksueel afwesig, of jou voorkoms of gedrag pla. Of sy beskryf hoe sy jare lank al ongelukkig in die verhouding was; hoe swaar sy gekry en gely het.<\/p>\n\n\n\n<p>Soms is daar nooit gepraat oor die dinge waarvan mense skielik beskuldig word nie. Of daar is wel oor gepraat, maar dit het op dowe ore geval. N\u00e1 enige vorm van ontrouheid is vertroue seker die grootste probleem. Daar is soveel emosies betrokke: skok, woede, teleurstelling, pyn, verwerping en onsekerheid. Hoe kan ek my maat n\u00e1 al die leuens ooit weer vertrou?<\/p>\n\n\n\n<p>Melanie vertel dat Janco al afsydiger geword het. \u201cEk kon net niks meer reg doen nie. Die kos was nie reg nie, ook nie hoe ek die kinders hanteer nie. Hy het al hoe later gewerk en was rusteloos en ge\u00efrriteerd wanneer hy by die huis was. Hy was aan sy selfoon vasgeplak. Selfs op vakansie het hy gedurig buite gaan staan en op die foon gepraat en gerook. Ons het gedurig baklei. Hy het skoor gesoek en as ek kwaad word, was ek skuldig. Ek kritiseer hom. Alles was my skuld. As hy iets vergeet het, was dit omdat ek hom nie herinner het nie. Ek ontken nie my perfeksionisme en vinnige humeur nie. Of dat ek nie altyd vir seks lus was nie. Jy weet, ek werk ook heeldag en moet vir die kinders sorg. Maar dit was nie&nbsp;altyd so nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn toe bars die bom toe ek sy selfoonstaat in die hande kry en die nommer bel wat hy so dikwels skakel en \u2019n vrou antwoord. My lewe het in duie gestort. Ek weet nie hoe ek myself hieruit gaan lig nie. Jy weet, hy is nie daardie soort ou nie. En nou is hy kwaad vir my en kry ek die skuld vir alles. Ek is so deurmekaar, ek het geen idee wat nou nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Andrew Marshall s\u00ea in sy boek <strong><em>How Can I Ever Trust You Again<\/em><\/strong> dat maats verskeie soorte ontroue speletjies\u00a0speel. En die soort ontrouheid bepaal die erns van die probleem, en die kans om die verhouding en vertroue te herstel.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Onskuldige pret, \u2019n ongeluk of \u2019n speletjie<\/strong><\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die affair is \u2019n speletjie waarin die re\u00ebls vaag geraak het en nooit moes gebeur het nie. Dikwels beskou die ontroues dit bloot as onskuldige flankering, wat albei se ego\u2019s gestreel het. Di\u00e9 soort ontrouheid begin dikwels onskuldig&nbsp;by die werk, of tussen bestaande vriende as ondersteuning vir iemand met \u2019n probleem. Die aanvanklike&nbsp;onskuldige koffiedrinkery steek die lyn van onskuldige ondersteuning oor. Hulle raak emosioneel betrokke.<\/p>\n\n\n\n<p>Die soort verhouding hou gewoonlik nie lank nie en is nie noodwendig seksueel van aard nie. Dit behels flirterende e-posse en boodskappe en geheime ontmoetings. Maar die risiko, gevolge en skuldgevoelens wat dit vir hul verhouding met hul lewensmaat kan inhou, oorweldig gewoonlik die plesier wat die persoon uit die verhouding kan kry.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Dis \u2019n noodkreet om hulp<\/strong><\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Dit vind gewoonlik plaas as daar \u2019n ruk lank al ongelukkigheid en onvervulde behoeftes in die verhouding was wat op dowe ore geval het. Die verhoudingsprobleme is ge\u00efgnoreer. Dikwels verberg een of albei hulle in hul werk en ander verantwoordelikhede. Maar een party voel uitgesluit, alleen en sonder hoop, wat die persoon baie weerloos vir die aandag en liefde van ander maak. Dikwels begin sulke verhoudings op die internet. Die ontroue maat doen gewoonlik nie te veel moeite om die spore van ontrouheid te verdoesel nie. As die verhouding op die lappe kom, voel die maat skaam, skuldig en het berou. Daar is gewoonlik nog baie emosionele energie in die verhouding en \u2019n bereidwilligheid om aan die verhouding te werk en die probleme op te los.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Ek neem wraak!<\/strong><\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie mense dink hulle het die reg op \u2019n affair omdat hul maat hulle so seergemaak het. Dit gebeur meestal juis om \u2019n maat terug te kry vir ontrouheid. Hulle het dikwels passief-aggressiewe gedrag, omdat dit vir hulle moeilik is om uiting aan hul onderdrukte woede teenoor hul maat te gee. Dan probeer hulle hul maat seermaak met \u2019n affair om beter oor hulself te voel, te voel hulle kry beheer en om weer geliefd, begeerlik en sexy te voel. Dit skep die illusie van ons maak die speelveld gelyk. Hierdie verhoudings is gewoonlik van korte duur.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Ek het dit nodig vir selfmedikasie<\/strong><\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Dit gebeur dikwels in die middeljare wanneer \u2019n verhouding \u2019n geruime tyd al sonder vonkel en intimiteit is. Al wat oorgebly het, is gewoonte, gedeelde verantwoordelikhede en moeilikhede, die kinders en \u2019n vergete huweliksbelofte. Andersins lewe hulle afsonderlike lewens, dikwels in verskillende slaapkamers &#8211; wat \u2019n ideale teelaarde vir \u2019n affair is. Sulke mense het soms maande of jare laas seks gehad.<\/p>\n\n\n\n<p>Op die oppervlak leef albei op sy eie manier met die situasie saam. Dis sleg, maar nie so sleg dat hulle kans sien vir die onaangenaamheid van \u2019n egskeiding nie. Die ontroues glo dan hulle het \u2019n affair nodig om hul miserabele bestaan leefbaar te maak; om te voel daar is nog iemand wat hulle begeer en hul selfbeeld \u2019n hupstoot gee. So \u2019n affair hou gewoonlik ses maande of langer, en kan \u2019n verslawing word, wat herstel van die verhouding bemoeilik.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Die Don Juan-speletjies<\/strong><\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Don Juan is die legendariese verleier en vrouejagter. Hy bemin vurig, oorrompel vroue met aandag, geskenke, mooi woorde en beloftes en laat hulle spesiaal en begeerlik voel. En daarmee haal hy hulle vinnig tot \u2019n seksuele&nbsp;verhouding oor. Maar agter hom l\u00ea \u2019n bloedspoor van stukkende harte, verbreekte verhoudings, opgebreekte&nbsp;gesinne en woedende familielede. En hy of sy doen dit keer op keer, erken selde die ontrouheid en verdwyn sodra daar konflik kom. Maar kom terug en kan dan met oorgawe om vergifnis vra, vurig liefde maak en die mooiste dinge belowe.<\/p>\n\n\n\n<p>Hul lewensmaats voel hulle kan nie met of sonder hulle lewe nie. Jy kan hulle nie vertrou nie, maar as hulle daar is, is hulle passievol, liefdevol en op jou ingestel en laat jou so goed voel. Op die oppervlak is hulle gaaf en vol selfvertroue, maar daaronder skuil \u2019n onseker self en swak selfbeeld, wat ander se bewondering nodig het. Hulle het dikwels meer as een affair gelyk. Hulle hou nie van konflik nie en sal selde \u2019n verhouding be\u00ebindig. Hul ontnugterde, moe\u00eb lewensmaats wat nie meer vir die leuens en wantroue kans sien nie, verbreek gewoonlik die verhouding.<\/p>\n\n\n\n<p>  <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><span style=\"color: #ff0000;\"> <strong>Die driehoek<\/strong><\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>In hierdie verhouding sal die bedrie\u00ebr dit stel dat sy lewensmaat \u00e9n die minnaar baie vir hom beteken en dat hy nie kan kies nie. Di\u00e9 soort verhoudings duur dikwels lank, selfs jare. Die ontrouheid het van \u2019n hanteringsmeganisme na \u2019n lewenswyse verander. As daar probleme in die een verhouding is, beweeg hy na die ander een se arms. Wanneer so \u2019n verhouding op die lappe kom, kan die ontroue d\u00e1n by die minnaar en d\u00e1n weer by die lewensmaat bly en sukkel om te kies. Dikwels sluit lewensmaats hul o\u00eb vir die buite-egtelike verhouding. Wanneer hulle wel hul lewensmaat kies, raak hulle dikwels weer in sulke verhoudings, of selfs by die vorige minnaar betrokke. So \u2019n verhouding het slegs hoop as daar werklik eerlikheid en toewyding is om aan die verhouding te werk, anders is dit nutteloos om te probeer.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Ek het behoefte aan meer<\/strong><\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 soort verhoudings kom dikwels in mense se middeljare voor wanneer hul lewe by \u2019n kruispad kom en hulle ontnugter voel met wat hulle bereik het; of hulle vergelyk hul lewe met ander se lewenstyl, besittings en ervarings. Dan bevraagteken hulle hul lewenskeuses en voel daar moet meer in die lewe wees. Die verhoudings wat nou aangeknoop word, duur meestal nie lank nie en is seksueel van aard. Hulle was meestal tevrede met hul lewensmaat, maar wonder hoe dinge of seks met iemand anders sou wees. Hulle het behoefte aan verandering, opwinding en nuwe dinge. Hulle wil hulself en wat hulle in die lewe wil h\u00ea, kry. Hulle ontdek dikwels (en soms te laat) dat die gras nie noodwendig groener anderkant die draad is nie. Dit is dikwels \u2019n mors van energie om hulle van hul onrealisme te probeer oortuig &#8211; tot hulle dit self ontdek.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>My liefde vir jou is dood &#8211; ek gaan jou verlaat<\/strong><\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>In so \u2019n verhouding stuur die persoon \u2019n duidelike boodskap: Ons verhouding is verby. Ek het iemand anders lief. Ons verhouding en kommunikasie het onherstelbaar verbrokkel. Dan is daar soveel negatiewe emosies en gedragspatrone dat daar nie meer salf aan die verhouding te smeer is nie. Hulle lewe afsonderlike lewens, deel min emosionele dinge, en kommunikasie is dikwels koud, bitter, verwytend en afbrekend. erstel van vertroue n\u00e1 ontrouheid is meestal \u2019n lang en \u2019n moeilike, maar \u2019n moontlike proses. Dit gaan oor baie meer as om maar net jou maat te vergewe.<\/p>\n\n\n\n<p>Om maar net te\u00a0vergewe is dikwels \u2019n poging tot \u2019n kitsoplossing wat selde standhoudend is. Daar is selde hoop as die bedrie\u00ebr reekse vorige affairs gehad het. Maar as dit jou maat se eerste ontrouheid was, is die prognose beter. Die beste prognose is wanneer jou maat die verhouding bely het sonder dat sy of hy betrap is en werklik berou toon. Maar dis belangrik om n\u00e1 ontrouheid met omsigtigheid en realisme die moontlike herstel van die verhouding te oorweeg.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Wat is die kans op \u2019n herhaling van die ontrouheid? Het albei die emosionele kapasiteit en wil om dit te maak werk?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u00a0<br>\u2019n Ontroue maat verkul nie net sy of haar maat nie, maar beroof hom\/haarself van geluk en \u2019n betekenisvolle verhouding en gesinslewe. Dinge tussen julle sal moeilik weer presies dieselfde as voorheen wees, maar dit kan weer goed en selfs beter as voor die ontrouheid wees. Maar dan moet julle weer gedeelde belange en intimiteit vind om jul liefde met vonkel te laat herleef \u00e9n mekaar op elke moontlike manier hierin ondersteun.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook:&nbsp;<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Wat gaan regtig in jou man se kop aan?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tekens dat jou maat dalk ontrou is: \u2022 Werk gedurig laat of is dikwels weg van die huis.\u2022 Die foon is dikwels af, of daar is \u2019n probleem met die sein. Hy antwoord vir tye nie die foon of boodskappe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":143303,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3280,3281],"class_list":["post-6085","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-ontrouheid","tag-affair"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dis belangrik om die ontrouheid en die aard van die ontrouheid te verstaan sodat julle weet wat om in die toekoms met die verhouding te maak.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis belangrik om die ontrouheid en die aard van die ontrouheid te verstaan sodat julle weet wat om in die toekoms met die verhouding te maak.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-03-07T06:58:21+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-03-07T07:19:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is\",\"datePublished\":\"2024-03-07T06:58:21+00:00\",\"dateModified\":\"2024-03-07T07:19:38+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/\"},\"wordCount\":2095,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg\",\"keywords\":[\"ontrouheid\",\"affair\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/\",\"name\":\"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg\",\"datePublished\":\"2024-03-07T06:58:21+00:00\",\"dateModified\":\"2024-03-07T07:19:38+00:00\",\"description\":\"Dis belangrik om die ontrouheid en die aard van die ontrouheid te verstaan sodat julle weet wat om in die toekoms met die verhouding te maak.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is | rooi rose","description":"Dis belangrik om die ontrouheid en die aard van die ontrouheid te verstaan sodat julle weet wat om in die toekoms met die verhouding te maak.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is | rooi rose","og_description":"Dis belangrik om die ontrouheid en die aard van die ontrouheid te verstaan sodat julle weet wat om in die toekoms met die verhouding te maak.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-03-07T06:58:21+00:00","article_modified_time":"2024-03-07T07:19:38+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is","datePublished":"2024-03-07T06:58:21+00:00","dateModified":"2024-03-07T07:19:38+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/"},"wordCount":2095,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg","keywords":["ontrouheid","affair"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/","name":"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg","datePublished":"2024-03-07T06:58:21+00:00","dateModified":"2024-03-07T07:19:38+00:00","description":"Dis belangrik om die ontrouheid en die aard van die ontrouheid te verstaan sodat julle weet wat om in die toekoms met die verhouding te maak.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-andrea-piacquadio-859265.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kul-jou-hier-kul-jou-daar\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kul jou hier kul jou daar: Tekens dat jou maat dalk ontrou is"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6085","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6085"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6085\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/143303"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6085"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6085"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6085"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}