{"id":6081,"date":"2014-05-06T00:00:00","date_gmt":"2014-05-05T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ma-ek-wou-nog-vra\/"},"modified":"2016-05-09T09:35:12","modified_gmt":"2016-05-09T07:35:12","slug":"ma-ek-wou-nog-vra","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/","title":{"rendered":"Ma, ek wou nog vra"},"content":{"rendered":"<h4>Corn\u00e9l Dunn se ma is op 14 Februarie 2012 oorlede<\/h4>\n<p>\u201c\u2019n Dag vir ballonne, sjokoladehartjies en liefdes ballades, was ook die dag wat my ma gekies het om finaal te groet,\u201d skryf sy. Terwyl ek toegekyk het hoe \u2019n lewensirkel van 82 jaar voltrek word, het ek skielik soveel vrae gehad. Ek het besef dat ek in die 52 jaar wat ek deel van haar lewe was, haar eintlik net as ma geken het. Tog was daar soveel meer: kind, suster, minnares, eggenoot, vriendin. Toe ek die blomme vir haar troosdiens moes insteek, het ek nie geweet wat haar gunstelingblom was nie. Het sy van kerse gehou?<\/p>\n<p>Sou sy van so \u2019n diens hou? Wie was sy, as sy nie ma was nie?<\/p>\n<p>Toe ek die teegoed n\u00e1 die diens uitpak, het ek eers gesien hoeveel mense daar was. Soveel gesigte wat ek nie geken het nie; soveel staaltjies oor haar; soveel dinge wat ek nie geweet het nie.<\/p>\n<p>N\u00e1 haar dood het ek haar foto-albums rustig deurgeblaai. Hier sit sy op \u2019n blinkswart perd met wilde krulle wat oor haar rug tuimel. Daar staan \u2019n elegante jong vrou in \u2019n noupassende swart rokkie met spykerhakke en rooi lippe. Dis so ver verwyder van die ma wat ek geken het: \u2019n vrou wat skoolkar ry en tuinmaak, dienlike skoene, eenvoudige rokke. My ma het op \u2019n bosboustasie grootgeword. Arm van lyf en van hart. Daar was min geld, min vooruitsigte en min omgee. Tog was sy \u2019n omgeemens. Hoe word \u2019n mens \u2019n omgeemens, Ma? Ek leef in \u2019n tyd van oorlewing van die sterkstes. Ek is \u2019n enkelouer en broodwinner. Ek draai my vas in verbandskuld, werk en net wees.<\/p>\n<p>Wanneer\u00a0moet ek omgee? Hoekom moet ek omgee? Ma en pa was 62 jaar getroud. Saam geswoeg om \u2019n onderneming\u00a0te vestig, saam bemin, saam baklei en teen die einde handjies vasgehou wanneer hulle 7de Laan kyk. Hoekom het Ma\u00a0hom gekies? Was hy die liefde van Ma se lewe? Ek wens ek het die liefde gekies, Ma. Ek wens ek het vir Ma gevra hoe jy jou hart se stem hoor. Wat is die wondersalfies wat die krake in \u2019n huwelik gesond maak, Ma? Wat is dit wat verseker dat julle saam oudword?<\/p>\n<p>Ma was onkonvensioneel en met \u2019n andersheid wat ek nie heeltemal by Pa kon pas nie, en altyd het sy o\u00eb geblink wanneer hy jou sien. Hoe leer jy die hart van jou man? Wanneer plak jy die stukke weer aan mekaar? Wanneer stap jy weg? Ma was altyd die bemiddelaar in ons nessie. Tussen my en ousus, tussen ons en Pappa, en selfs as God se wil nie sin gemaak het nie. Ek was altyd ma se sensitiewe kind, die een wat nie kritiek of konfrontasie kon hanteer nie. Kan steeds nie. Ek wens ek kon vir Ma vra om my te leer van \u2019n reg op \u2019n mening sonder onsekerheid of vrees vir verwerping. Ma het my hart geken. Geweet wanneer hy warm klop en onverwags gebel wanneer hy koud en leeg in \u2019n donker deel van my lyf l\u00ea. Hoe leer jy die taal van jou kind se lyf, Ma? Ma was buitengewoon verknog aan die witkopbranders van Drieankerbaai en het sonder uitsondering gehuil wanneer Engelbert Humperdinck \u201cPlease Release Me\u201d gesing het. Was dit \u2019n herinnering aan \u2019n deel van jou lewe wat ons uitgesluit het? Was dit trane van \u2019n onthou wat nie sy l\u00ea wou kry nie? Ek wens ek kon my beste teegoed uitpak, daardie koppies met die rosies van ouma Mollie. Dalk \u2019n stukkie van Ma se geliefde Cremora-tert sny en weer met Ma praat. Sommer oor verlange na my kinders oorsee, of die rooi jas wat ek wil koop.<\/p>\n<p>Ek wens Ma kon weer die notaboekie uithaal waarin jy jou begroting so getrou uitgewerk het en my leer hoe om die wolf van die deur af te hou. Ek het vergeet om vir Ma te vra hoe om krismisroossteggies aan die groei te kry, of wat die naam van Ma se rooi lipstiffie was. Ek wou nog vra hoekom Ouma nooit kom kuier het nie, en\u00a0hoekom Ma elke jaar met Valentynsdag hartseer was. Was ek \u2019n goeie kind, Ma? Het ek genoeg kom kuier en genoeg\u00a0gebel? Was jy soms eensaam en alleen saam met Pappa in die groot huis? Toe die winter van jou lewe kom en die dood voor die deur kom staan, was jy toe bang, Mamma? Hoe hou jy bang op sy plek, Ma?<\/p>\n<p>Wat maak jy as jou lewensmaat\u00a0anderkant toe kyk en jou kind ophou praat? Wat is geluk Ma? Waar in jou hart l\u00ea die vrede dat m\u00f4re sy eie pad sal loop?\u00a0En dit bring my by my laaste vraag: Was jy gelukkig, Ma?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ilse Salzwedel se ma is op 11 Julie 2008 n\u00e1 \u2019n motorongeluk dood<\/h4>\n<p>\u201cDit was \u2019n verskriklike skok toe my ma sterf\u00a0terwyl ek en my broer Gerhard haar n\u00e1 die ongeluk probeer help. Eers later sou ek besef dit was \u2019n voorreg om in daardie oomblikke by haar te kon wees,\u201d vertel Ilse. Hier is haar brief aan haar ma.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-27796 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Aug-verhouidngs-3-455x600.jpg\" alt=\"Ilse Salzwedel Ma\" width=\"361\" height=\"476\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Liewe Ma<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Een oggend, omtrent twee weke n\u00e1 ma se dood, het ek daardie clich\u00e9-oomblik beleef waarvan \u2019n mens net in stories lees: die gebroke heldin word wakker, maar weier om haar o\u00eb oop te maak sodat die dag nie moet begin nie. Ek was gebroke, maar nie \u2019n heldin nie \u2013 beswaarlik \u2019n oorlewende. Want al het ek die motorongeluk oorleef en Ma nie, was alles swart in en om my.<\/p>\n<p>Daar was so baie vrae. Al die gewone vrae: hoekom so jonk, Ma was maar 73? En is \u2019n mens se beurt regtig jou beurt, of sou Ma nog geleef het as ons nie d\u00e1\u00e1rdie dag op d\u00e1\u00e1rdie pad gery het nie? Maar daar was ook baie ander, Ma. Party eenvoudiges, soos die metode van Ma se potpoedingresep waarvoor ek altyd sommer gou gebel het.<\/p>\n<p>Ek onthou dat dit gevoel het of my wind uitgeslaan is toe ek een Sondag vir Pa die poeding wou maak, en skielik besef ek het nooit die metode neergeskryf nie. Die gedagte dat ek Ma nooit weer kon bel nie, was verskriklik. Nou was net Pa nog by my, maar hy was \u2019n dop, Ma. Alzheimer se siekte het hom lank voor sy dood gevat. Of nee, eintlik het hy daardie dag op die grondpad saam met Ma doodgegaan, al het ons hom 15 maande later eers begrawe. Wat beteken ek kon vir hom<br \/>\nniks vra nie. Nie oor enige van die dorpe waar julle gebly het voor ek gebore is nie. Nie wie die mense was op die swart-wit foto\u2019s in die sjokoladeblik met die kappertjies op nie. Nie wie saam met Ma poseer het vir een van daardie straatfotograwe wat \u2019n mens in die ou dae in groot stede gekry het nie. Ma lyk sjiek, en laf tussen jou twee vriendinne. Julle klere laat my dink aan di\u00e9 van Carrie en haar vriendinne in Sex and The City.<\/p>\n<p>Ma was beeldskoon, modelmateriaal. Het Ma nooit gedroom oor verspeelde kanse nie? Ek weet Ma het die grootstad se lewe gemis toe julle n\u00e1 jul troue die platteland vol getrek het agter Pa se werk aan. Wat het Ma nog opgeoffer waarvan ons nie weet nie? Ek het so min van Susan Elizabeth Herselman, gebore Vrey, geweet. Wat sou Ma wou word as die Tweede W\u00eareldoorlog en \u2019n weduwee-ma nie veroorsaak het dat Ma as 13-jarige al in \u2019n fabriek moes gaan werk nie? Dalk \u2019n maatskaplike werkster? Ek onthou Ma se deernis met mense, veral di\u00e9 met af vlerke. Dalk \u2019n onderwyseres? Ek weet darem Ma het Sondagskool gegee voor julle getroud is en Ma ons vier se ma geword het. Of miskien iets met diere?<\/p>\n<p>Dankie dat Ma my \u2019n liefde vir viervoetiges geleer het. Vandag vertel ek ander se stories in my boeke, maar ek het nooit al Ma (en Pa) se stories opgeskryf nie. Hoe ironies. Ek wens ek het meer geweet van jul kinderdae \u2013 ek weet julle het albei bitter arm grootgeword, maar wat het julle gespeel? Wat was julle gunstelingkos? Wou julle eendag die w\u00eareld sien?<\/p>\n<p>Watter drome het julle gedroom toe die lewe nog oop voor julle gel\u00ea het? Saam met die dankie s\u00ea vir ons vier se opvoeding en geleerdheid, wil ek ook weet: hoe op aarde het julle dit gedoen? Daar was altyd geld vir sporttoere en blokfluitlesse en jaarlikse vakansies, daar was altyd heerlike kos &#8230; Ek weet vandag dit kon nie maklik gewees het nie. En ek weet ongetwyfeld dat huisvrou-wees \u2019n baie ondankbare werk is.<\/p>\n<p>Dit het my ontstel toe ons met die huis se oppak deur julle goed gegaan het, en ek gesien het hoeveel mooi goed Ma vir die spreekwoordelike dag van m\u00f4re gespaar het. Van julle trougeskenke, soos koekborde en silwer, het ek net met verjaarsdae en groot dae gesien. Hoekom het Ma dit nie meer gebruik nie? Ma h\u00e9t so baie van mooi goed gehou!<\/p>\n<p>Dankie, Mamma, vir ingeval ek dit nie genoeg ges\u00ea het nie. Het Ma geweet dat Ma die gom was wat ons almal bymekaar gehou het? Ons het dit eers n\u00e1 Ma se dood regtig besef. En dan, die vraag wat ek amper te bang is om te vra: wat was Ma\u00a0se drome vir my? Ek weet ek het ook maar lekker verkeerd gekies, maar danksy julle opvoeding was ek sterk genoeg \u2013 en die Genade groot genoeg &#8211; dat ek en die kinders nou weer regtig gelukkig is. En die meetsnoere het loopbaangewys in mooi plekke geval vir my. Ook, en veral, omdat julle my die pad Huis toe geleer het, en geleer het van hard werk en onafhanklik wees. (En natuurlik omdat Ma my as sesjarige gedwing het om te leer lees omdat Ma nie lus was vir stories lees nie.) Ek is nie meer kwaad oor Ma so voortydig weggeneem is nie, want ek weet jy is die hartseer gespaar om Pa te sien agteruitgaan en pynlik sterf. Ek weet julle is nou saam, en dis vir my genoeg troos.<\/p>\n<p>Tot ons weer sien, met al my\u00a0liefde!<\/p>\n<p>Ma se laatlam<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Corn\u00e9l Dunn se ma is op 14 Februarie 2012 oorlede \u201c\u2019n Dag vir ballonne, sjokoladehartjies en liefdes ballades, was ook die dag wat my ma gekies het om finaal te groet,\u201d skryf sy. Terwyl ek toegekyk het hoe \u2019n lewensirkel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":27798,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[1176,3987],"class_list":["post-6081","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-moeders","tag-brief-aan-my-ma"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ma, ek wou nog vra | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ma, ek wou nog vra | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Corn\u00e9l Dunn se ma is op 14 Februarie 2012 oorlede \u201c\u2019n Dag vir ballonne, sjokoladehartjies en liefdes ballades, was ook die dag wat my ma gekies het om finaal te groet,\u201d skryf sy. Terwyl ek toegekyk het hoe \u2019n lewensirkel [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-05-05T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-05-09T07:35:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/nullparent\/6\/Aug.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Ma, ek wou nog vra\",\"datePublished\":\"2014-05-05T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-05-09T07:35:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/\"},\"wordCount\":1706,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/nullparent\\\/6\\\/Aug.jpg\",\"keywords\":[\"moeders\",\"brief aan my ma\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/\",\"name\":\"Ma, ek wou nog vra | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/nullparent\\\/6\\\/Aug.jpg\",\"datePublished\":\"2014-05-05T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-05-09T07:35:12+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/nullparent\\\/6\\\/Aug.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/nullparent\\\/6\\\/Aug.jpg\",\"width\":500,\"height\":500,\"caption\":\"Cornel Dunn en ma\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ma-ek-wou-nog-vra\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ma, ek wou nog vra\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ma, ek wou nog vra | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ma, ek wou nog vra | rooi rose","og_description":"Corn\u00e9l Dunn se ma is op 14 Februarie 2012 oorlede \u201c\u2019n Dag vir ballonne, sjokoladehartjies en liefdes ballades, was ook die dag wat my ma gekies het om finaal te groet,\u201d skryf sy. Terwyl ek toegekyk het hoe \u2019n lewensirkel [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-05-05T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2016-05-09T07:35:12+00:00","og_image":[{"width":500,"height":500,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/nullparent\/6\/Aug.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Ma, ek wou nog vra","datePublished":"2014-05-05T22:00:00+00:00","dateModified":"2016-05-09T07:35:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/"},"wordCount":1706,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/nullparent\/6\/Aug.jpg","keywords":["moeders","brief aan my ma"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/","name":"Ma, ek wou nog vra | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/nullparent\/6\/Aug.jpg","datePublished":"2014-05-05T22:00:00+00:00","dateModified":"2016-05-09T07:35:12+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/nullparent\/6\/Aug.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/nullparent\/6\/Aug.jpg","width":500,"height":500,"caption":"Cornel Dunn en ma"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ma-ek-wou-nog-vra\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ma, ek wou nog vra"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6081","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6081"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6081\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/27798"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6081"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6081"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6081"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}