{"id":60686,"date":"2016-10-21T13:13:36","date_gmt":"2016-10-21T11:13:36","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=60686"},"modified":"2016-10-21T13:13:36","modified_gmt":"2016-10-21T11:13:36","slug":"lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/","title":{"rendered":"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt"},"content":{"rendered":"<p>Lucy (38) is besonder aantreklik, haar gelaatstrekke eweredig. \u2019n Hele paar koppe draai toe sy ligvoets by die restaurant instap. Net soms wanneer die lig op \u2019n sekere manier op haar gesig val, sien jy geringe littekens.<\/p>\n<p>Nege jaar gelede was sy in \u2019n donker gat. N\u00e1 haar Amerikaanse veghond (<em>pit bull terrier<\/em>) haar aangeval het, het sy drie maande lank in haar huis weggekruip. Dit was te pynlik wanneer mense na haar gestaar het. Die nimmereindigende verduidelikings het haar uitgeput. Sy wou nie nuwe mense ontmoet nie en het soos \u2019n kluisenaar begin leef.<\/p>\n<p>Net soos haar gesig, was haar selfvertroue ook aan flarde. Waar eens \u2019n neus was, was nou net \u2019n gapende wond. Dit sou jare duur voordat sy weer naastenby sosiaal aanvaarbaar sou lyk.<\/p>\n<p>Hoe op aarde gebeur dit dat jou lieflinghond met sy innemende geaardheid skielik \u2019n verwoede aanvaller word?<\/p>\n<p>\u201cOns was nog kinderloos toe ons die twee veghonde gekry het. Hulle het tot \u2019n skaars pit bull-bloedlyn behoort en ons het gereeld met hulle geskou. Ons was vreeslik lief vir die twee en hulle het selfs by ons op die bed geslaap.<\/p>\n<p>\u201cDie voorval het op 2 Julie 2007 gebeur. Ek het agtergekom dat die reun, Thuso, wat ons toe al ses jaar gehad het die vorige week ietwat iesegrimmig was. Ek het daardie dag oudergewoonte met die honde gespeel en was op my knie\u00eb voor Thuso, wat op sy matjie gesit het, toe ek my man, Dewald, vra om die hondekos in die motorhuis te gaan haal. Die teef, Layla, is agter hom aan.\u201d<\/p>\n<p>Sy bly \u2019n rukkie stil.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cToe hulle van die motorhuis af terugkom, leun die reun vorentoe en byt my skielik in die gesig. Ek dink Thuso wou by hulle uitkom en saam met hulle stap. Ek dink ook hy was jaloers op Layla.<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>En ek was maar net in sy pad \u2026<\/p>\n<p>\u201cEk dink tot vandag toe dit was nie moedswillig nie. Ek vermoed sy optrede kan aan instink toegeskryf word. Ek dink steeds veghonde is pragtige diere. Enige hond kan, afhangende van sy grootte en kakebeen, skade aanrig wanneer hy byt.\u201d<\/p>\n<p>Wat het deur haar gedagtes geflits toe sy gebyt is?<\/p>\n<p>\u201cEk het vanwe\u00eb die adrenalien aanvanklik niks gevoel nie. Ek het ook nie werklik besef wat gebeur het nie. My man was skaars twee meter van my af toe die hond my weer gryp. Hy het eers vir my nek gemik en my toe aan my regterbors gehap. Dit was gelukkig winter en ek het dik klere aangehad sodat daar nie nog beserings was nie. Toe ek skree, draai my man om en gooi Thuso met die sak hondekos om hom van my af weg te kry. As dit nie daarvoor was nie, het die hond my verskeur. Hy sou my doodgemaak het.<\/p>\n<p>\u201cDie volgende oomblik was dit asof niks gebeur het nie. Toe ek orent kom, vra my man my waar my mediese fondskaart is, want ons moet hospitaal toe. Hoewel ek die bloed gesien het, het ek nie gedink dis so erg nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2019n handdoek gegryp en is motorhuis toe. Toe die motorhuis se lig aangaan, het ek my weerkaatsing in die motorruit gesien en vir die eerste keer besef wat gebeur het.\u201d<\/p>\n<p>Sy was stom van skok toe sy besef haar neus is heeltemal afgebyt. By die naaste hospitaal kon hulle niks vir haar doen nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het my gesig verberg sodat die ander pasi\u00ebnte nie moes skrik nie. Hulle het my net \u2019n inspuiting vir die pyn gegee en toe begin rondbel om \u2019n plastiese chirurg in die hande te kry. Vergeefs.<br \/>\nUiteindelik was \u2019n Pakistanse dokter in die stad bereid om haar daardie aand om negeuur te sien. Sy is na die ho\u00ebsorgafdeling toe geneem maar omdat die operasie tot sewe uur lank sou duur, kon hy haar eers die volgende dag opereer.<\/p>\n<p>\u201cDie volgende oggend bring die dokter sulke dik mediese boeke en verduidelik wat hy gaan doen. Ek het gedink dit gaan sommer blitsig afgehandel word. Toe nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDie dokter wou weet waar my neus is, en het my man gevra om daarna te gaan soek, want hy kan niks met oorgeplante vel vir \u2019n nuwe neus sonder kraakbeen doen nie.<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cUiteindelik het Dewald toe die neus in die gang gekry. Hy het dit in \u2019n Tupper-bakkie met \u2019n bietjie soutwater gesit en dit hospitaal toe gebring. Maar daar was niks van die kraakbeen oor nie.\u201d<\/p>\n<p>Nog \u2019n skok het op haar gewag. Die dokter het beduie dat haar voorkop oopgesny gaan word en die vel van haar voorkop oor die gat getrek gaan word waar haar neus was. Rekonstruksie sou eers n\u00e1 ses weke begin nadat nuwe bloedtoevoer vir die vel geskep is.<\/p>\n<p>Die dokter is terug Pakistan toe. Lucy het \u2019n ander plastiese chirurg gaan spreek. Die onsimpatieke man het haar een kyk gegee en ges\u00ea die Pakistanse dokter het \u2019n gemors van alles gemaak.<\/p>\n<p>\u201cHy het al my hoop vernietig. Ek het lus gevoel en slinger myself by my motor uit terwyl ek op die snelweg jaag.\u201d<\/p>\n<p>In Desember 2008 het sy by dr. Jacques Viljoen, \u2019n oor-neus-en-keel-spesialis uitgekom. \u201cHy het my ge-<em>fix<\/em>. Dr. Johan van Wyk, \u2019n plastiese chirurg, het hom bygestaan.\u201d<\/p>\n<p>Dit was \u2019n uitmergelende proses om weer \u201caanvaarbaar\u201d te lyk. Kraakbeen is uit haar ore en \u2019n rib gehaal vir die opbouproses en ook van \u2019n beenbank verkry. Die rib was n\u00e1 die proses onsettend pynlik.<\/p>\n<p>Sy lag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDaardie oorskietkraakbeen is nog in \u2019n botteltjie in my yskas. Met elke operasie is die botteltjie in my tas gepak en saam hospitaal toe.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy was 18 keer onder die mes. Soms is sy net vir infeksie behandel.<\/p>\n<p>\u201cMy selfbeeld was geknou. Ek het die situasie glad nie goed hanteer nie. Dit het sewe maande geduur voordat ek \u2019n klein verbetering gesien het, en ses jaar voordat ek vir myself in die spie\u00ebl kon kyk.\u201d<\/p>\n<p>Lucy is n\u00e1 drie maande terug werk toe. Sonder \u2019n gesigskerm. Die gat op haar gesig is toegemaak maar sy het nie \u2019n neus gehad nie. En as persoonlike assistent moes sy daagliks met die publiek werk.<\/p>\n<p>Haar destydse direkteur het \u2019n e-pos aan almal in die maatskappy gestuur en hulle vertel wat gebeur het. Almal het van die ramp geweet en almal het daaroor gepraat. Haar kollegas is versoek om haar ruimte te gun.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk het gewonder of ek ooit weer normaal gaan lyk. Almal het neuse. Of dit nou groot of klein is.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daar was boonop probleme met die vel wat aanvanklik oorgeplant is omdat dit te kort gesny en te styf was. Dus was daar nie werklik elastisiteit nie. Toe is nog \u2019n stuk vel tussen haar o\u00eb vir die verdere opbouproses gebruik. N\u00e1 elke prosedure moes die vel eers genees, die steke uitgehaal word en moes sy tot vier maande lank op die volgende operasie wag.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n konstante gewag. En intussen moes ek met my lewe voortgaan. Ons het getrek en ek het nuwe bure gekry vir wie ek skaam was. My huwelik was onder druk, ek was depressief, het angsaanvalle gekry en gesukkel om te slaap. Min mans sou dag na dag met my kon saamleef maar my man het dit so goed hanteer.<\/p>\n<p>\u201cGelukkig het \u2019n wonderlike sielkun-dige, dr. Hermann Liebenberg, my deur die proses gehelp. Dit was steeds nie maklik nie. Hy kon my die vaardighede en hoop gee maar ek moes besef dit sou tydrowend wees.<\/p>\n<p>\u201cMy geloof het my elke dag krag gegee. Die Here het voortdurend met my gepraat en deur Sy Woord bevestig dat Hy my van binne en buite heel sou maak. En Hy het.\u201d<\/p>\n<p>Vier jaar n\u00e1 die voorval, op haar tiende huweliksherdenking, het Lucy onbepland swanger geraak. Dit het haar onkant betrap. Dit was \u2019n skok, want sy wou eers volkome herstel.<\/p>\n<p>Tog kan sy haar nie haar lewe sonder haar kind voorstel nie.<\/p>\n<p>\u201cDie ongeluk kon soveel erger gewees het. My vyfjarige seuntjie, Liam, kon die slagoffer gewees het.\u201d<\/p>\n<p>Vandag is sy gelukkig. Baie mense herken haar nie meer nie. Maar nie omdat haar gesig geskend is nie. Kyk jy na foto\u2019s van haar wat voor die ongeluk geneem is, lyk sy nou selfs mooier. Haar neus is smaller, sy het weens stres 10 kg gewig verloor en omdat van haar donker hare byna oornag grys geword het, het sy haar hare ligter gekleur.<\/p>\n<p>Haar raad aan enigiemand wie se gesig geskend is, is om aan te hou hoop en bid. Niemand kan vir jou \u2019n tydlyn gee nie. Moenie huiwer om \u2019n tweede mediese mening in te win nie.<\/p>\n<p>En troeteldiere?<\/p>\n<p>Sy het \u2019n pragtige Siamese kat maar is nie bang vir honde nie. Sy wil vreesloos leef.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cVrees hou jou terug van groot dinge in die lewe.\u201d\u00a0<\/em><\/span><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy was so depressief nadat haar troetelhond haar neus morsaf gebyt het dat sy nie meer wou leef nie. Maar nege jaar later straal Lucy Pretorius. Sy vertel hoe haar geloof haar deur di\u00e9 krisis gedra het. Deur Carla van der Spuy. Foto deur Peter Whitfield<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":60688,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[674,662],"tags":[1126,2083,6353],"class_list":["post-60686","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-die-nuus","category-jou-lewe","tag-my-storie","tag-hond","tag-troeteldier"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sy was so depressief nadat haar troetelhond haar neus morsaf gebyt het dat sy nie meer wou leef nie. Maar nege jaar later straal Lucy Pretorius. Sy vertel hoe haar geloof haar deur di\u00e9 krisis gedra het. Deur Carla van der Spuy. Foto deur Peter Whitfield\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-10-21T11:13:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Lucy-Pretorius.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt\",\"datePublished\":\"2016-10-21T11:13:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/\"},\"wordCount\":1470,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/Lucy-Pretorius.jpg\",\"keywords\":[\"my storie\",\"hond\",\"troeteldier\"],\"articleSection\":[\"In die nuus\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/\",\"name\":\"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/Lucy-Pretorius.jpg\",\"datePublished\":\"2016-10-21T11:13:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/Lucy-Pretorius.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/Lucy-Pretorius.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1427,\"caption\":\"lucy-pretorius\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt | rooi rose","og_description":"Sy was so depressief nadat haar troetelhond haar neus morsaf gebyt het dat sy nie meer wou leef nie. Maar nege jaar later straal Lucy Pretorius. Sy vertel hoe haar geloof haar deur di\u00e9 krisis gedra het. Deur Carla van der Spuy. Foto deur Peter Whitfield","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-10-21T11:13:36+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Lucy-Pretorius.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt","datePublished":"2016-10-21T11:13:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/"},"wordCount":1470,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Lucy-Pretorius.jpg","keywords":["my storie","hond","troeteldier"],"articleSection":["In die nuus","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/","name":"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Lucy-Pretorius.jpg","datePublished":"2016-10-21T11:13:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Lucy-Pretorius.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Lucy-Pretorius.jpg","width":1000,"height":1427,"caption":"lucy-pretorius"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Lucy Pretorius: as \u2019n veghond jou byt"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/60686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=60686"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/60686\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/60688"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=60686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=60686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=60686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}