{"id":6055,"date":"2026-03-18T15:30:24","date_gmt":"2026-03-18T13:30:24","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/"},"modified":"2026-03-18T15:33:53","modified_gmt":"2026-03-18T13:33:53","slug":"ek-leef-saam-met-n-boelie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/","title":{"rendered":"Ek leef saam met \u2019n boelie!"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Boelies<\/strong> boelie meestal net waar hulle voel dat hulle die mag en beheer het. Ander mense sal dikwels nie eens weet of glo dat iemand geboelie word nie, want die afknouer doen dit agteraf, meestal nie voor vriende of familie nie.<\/p>\n<p>Die meeste kinders terg mekaar en s\u00ea dikwels kwetsende dinge, maar namate hulle groter word, leer hulle empatie en morele redenering en optrede. Oor die algemeen hou kinders in \u2019n stadium op daarmee en tree sensitiewer op.<br \/>\nMaar boelies hou doelbewus daarmee aan omdat dit vir hulle die mag gee om te kry wat hulle wil h\u00ea &#8230;<\/p>\n<p>Baie mense wil nie erken hulle word geboelie en emosioneel afgetakel nie. Hulle beskryf eerder hul verhouding as emosioneel onbestendig en vol konflik, of dat hul maat hulle domineer en beheer, of emosioneel, baasspelerig, koppig en sterk is. Jy word geboelie as jou maat jou aan sy begeertes onderwerp, en jou met verkleinering, kritiek oor nietighede, intimidasie, manipulasie, dwang, vrees of skuldgevoelens beheer.<\/p>\n<p>Boelies kan nie hul eie foute en tekortkominge in die o\u00eb kyk en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Hulle probeer sover moontlik die aandag van hul swakhede of probleme aflei. Johan* vertel dat sy vrou hom koud en ongevoelig behandel, hom ignoreer en kla oor al die dinge wat hy verkeerd doen. \u201cSy gooi koue water op al my planne,\u00a0idees en toenadering. Sy skop \u2019n kabaal op wanneer sy nie hoor wat sy wil hoor nie. Sy blameer my vir haar loopbaan wat net nie aan die gang kom nie. Ek is die oorsaak van\u00a0haar ellendige lewe. Ek luister nie na haar nie; ek ondersteun haar nie. Sy is moeg en het nie krag vir intimiteit nie. Ek stel glo net in die bed in haar belang. Sy druk my weg, hard en duidelik. En wanneer sy nou mooi op my battery gepiepie het, soek sy toenadering\u00a0\u2013 net wanneer ek so kwaad, seergemaak en verwerp voel en werklik nie in die bui daarvoor is nie. Dan raak ek nie meer\u00a0aan haar nie, is ek koud en verwerp \u00e9k haar &#8211; wat dan net haar volgende rede is om my weg te druk. Ek kan nie wen nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong> <span style=\"color: #ff0000;\">Nie alle boelies vloek en skreeu nie<\/span><\/strong><\/h4>\n<p>Party boelies is baie gesofistikeerd. Hulle skree en vloek nie. Hulle ignoreer jou, krul \u2019n lip, lig \u2019n wenkbrou, skimp, gee fyn, seer stekies, of reageer met koudheid, trane en stilpstuipe. Dit laat die ander persoon moedeloos, magteloos, gefrustreerd en woedend voel en di\u00e9 reageer dan skerp, wat hom die skuldige maak, \u201cwant ek het niks\u00a0ges\u00ea nie\u201d.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Jy en jou pogings is net nie genoeg nie<\/span><\/strong><\/h4>\n<p>Alle boelies laat jou voel jy is net nie goed\u00a0genoeg nie, verkleineer jou en laat jou aan jouself twyfel. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie en hoeveel jy doen en gee nie &#8211; dis nie genoeg nie. Hy verwag jy moet dit waarmee jy besig is, dadelik los en aan sy behoeftes aandag gee, al is dit vir jou hoe ongele\u00eb of ongerieflik. Jy voldoen net nie aan die verwagtinge nie: Jy doen nie genoeg moeite met haar, die huis, die kinders nie; jy stel nie genoeg in haar en haar werk belang nie; jy is nie betyds genoeg nie; nie romanties\u00a0genoeg nie; nie maer genoeg nie; maak nie genoeg tyd vir haar nie; maak nie genoeg geld nie; ondersteun nie genoeg nie &#8230; die lys is nimmereindigend.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-163055 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/pexels-karola-g-7876101-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Word jy geboelie?\u00a0<\/span><\/strong><\/h4>\n<ol>\n<li>Word jy gekritiseer, geskel, gevloek, geblameer of verkleineer oor nietighede?<\/li>\n<li>Is elke argument of probleem jou skuld?<\/li>\n<li>Aanvaar hy net nie verantwoordelikheid vir sy optrede nie en is altyd reg?<\/li>\n<li>Is die duiwel los as sy nie haar sin kry nie?<\/li>\n<li>Moet jy toestemming kry om dinge te doen?<\/li>\n<li>Is jou en jul ontspanningsaktiwiteite meestal beperk tot sy voorkeure en belangstellings?<\/li>\n<li>Beheer jou maat grootliks die toegang en besteding van geld?<\/li>\n<li>Raak jou maat ontsteld wanneer\u00a0jy \u2019n ander standpunt of mening het?<\/li>\n<li>Word argumente so gevoer dat jy uiteindelik die \u201cskuldige\u201d is wat om verskoning vra?<\/li>\n<li>Loop jy op eiers en bestuur dinge so dat jou maat tog net nie ontsteld of geaffronteer word nie, hoewel jul lewe maar \u2019n mynveld bly waar jy enige oomblik op \u2019n myn kan trap?<\/li>\n<li>Geld daar verskillende re\u00ebls? Jy moet toestemming\u00a0vra, hy hoef nie. Jy mag sekere dinge nie doen of s\u00ea nie, maar sy mag?<\/li>\n<li>Jou besluite of behoeftes word verwerp en nietig, onnodig verklaar?<\/li>\n<li>Vrees jy dikwels haar reaksie? Is haar reaksie onvoorspelbaar?<\/li>\n<li>Is sy verwagtinge onrealisties en laat hy jou dikwels skuldig en net nie goed genoeg voel nie?<\/li>\n<li>Word jy gedreig dat hy sy goed gaan vat en loop, of dat jy jou goed moet vat en loop?<\/li>\n<li>Word jy \u201cgestraf\u201d met stilstuipe, weerhouding van intimiteit, geld of ander dinge as jy nie volgens sy wil optree nie?<\/li>\n<li>Is jy die objek van verkleinerende grappies of sarkastiese aanmerkings?<\/li>\n<li>Isoleer sy jou en\u00a0beheer en manipuleer sy jou kontak met ander mense en jou familie?<\/li>\n<li>Doen jy huishoudelik meer as jou deel, maar kry min erkenning en baie kritiek daarvoor?<\/li>\n<li>Maak jy verskonings vir sy onsensitiewe aanmerkings of selfs wrede optrede?<\/li>\n<\/ol>\n<p>Boelies is bang dat ander mense sal agterkom hoe hulle met hul maats mors en dat hulle hul eie swakhede en tekortkominge sal moet erken, verander en die gevolge van hul dade moet dra. Juis daarom is dit dikwels baie moeilik om hulle by kundiges te kry wat hulle en die verhouding kan help.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Hoe lyk \u2019n boelie?<\/span><\/strong><\/h4>\n<p><strong>Boelies&#8230;<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>probeer ander uit \u2019n magsposisie beheer verkleineer, manipuleer en intimideer om te kry wat hulle wil h\u00ea<\/li>\n<li>is ongelukkige mense, dikwels moeilik, kwaai, kwaad, verontreg, hartseer of jaloers<\/li>\n<li>besef of erken nie die uitwerking\u00a0wat hul gedrag op ander het nie<\/li>\n<li>is altyd reg, blameer ander vir hul foute en rasionaliseer hul optrede<\/li>\n<li>sien ander as verkeerd, onbekwaam, emosioneel onstabiel<\/li>\n<li>ander het hulp nodig, nie hulle nie<\/li>\n<li>aanvaar nie verantwoordelikheid vir hul foute nie<\/li>\n<li>haal hul mislukkings, woede en frustrasie op ander uit<\/li>\n<li>erken nie dat dit moontlik is om op ander maniere op te tree nie<\/li>\n<li>het dikwels in \u2019n wanfunksionele huis grootgeword, of \u2019n huis waar daar ook geboelie is, of is as \u2019n kind geboelie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Madri* vertel dat sy in haar huwelik gevoel het sy is in \u2019n vo\u00eblhok waarvan hy die sleutel het.<\/p>\n<p>\u201cHy het bepaal wanneer en of ek kan uitkom om te vlieg en vir hoe lank. Ek wou \u2019n veilige nes h\u00ea waarheen ek kon terugkom. By die werk was ek \u2019n leier, \u2019n sterk vrou met \u2019n MBA, maar by die huis \u2019n suutjiespoep wat na sy pype dans en op eiers loop. Sy reaksies was heeltemal onvoorspelbaar. Iets wat vandag nog reg is, is m\u00f4re \u2019n reuse-probleem.<\/p>\n<p>Hy was soos \u2019n sjokoladebedekte, giftige skerpioen wat ek heeltyd met handskoene moes hanteer sodat die angel net nie<br \/>\nuitkom nie. Maar voor ander was hy pure sjokolade, gaaf en soet, galant en joviaal. Hy sou aanbied om vir almal te betaal nadat ek die vorige dag oor die kole gehaal is oor onnodige uitgawes. In die bed was ek weer wonderlik, en het hy mooi en liefdevol met my gewerk. \u201cEk was volgens hom die oorsaak van ons huwelikspanning, sy depressie en sy\u00a0onlogiese emosionele reaksies. Ek mag hom net nie ontstel nie, dan word hy depressief of plofbaar. Ek het nooit geweet of ek iets kon beplan nie, want ek is nie seker hoe sy gemoed gaan wees nie. Die kleinste dingetjie kon hom ontstel. As hy hom vervies, sal hy dit op die motor uithaal &#8211; in eerste rat tot 70 km ry, roekeloos om draaie jaag, vinnig stop. En as ek dit sou waag om iets te s\u00ea, sal hy antwoord ek dryf hom daartoe om teen die naaste boom vas te jaag. Die vrees, my\u00a0onsekerheid, kan ek nie beskryf nie. Of hy sou sommer op die snelweg stilhou en s\u00ea ek moet uitklim. Al gaan ons saam iewers heen, het ek later altyd gesorg dat ek \u2019n stel huissleutels, genoeg geld en my kredietkaart by my het. \u201cN\u00e1 so \u2019n voorval word ek met stilstuipe gestraf. Hy kon my dae lank heeltemal ignoreer, by my verbystap asof ek \u2019n meubelstuk is en glad nie op my vrae reageer nie terwyl hy lekker met ander gesels. Of hy het gedreig om dinge nie te betaal nie.<\/p>\n<p>\u201cAs ek saamspeel, gaan dit betreklik goed in ons verhouding. Maar selfs dit was moeilik, want sy optrede was nie konsekwent en voorspelbaar nie. Ek het later aan myself en my oordeel begin twyfel; begin glo ek is die oorsaak van sy reaksies. Hy het soveel dinge wat ek gedoen het, gekritiseer. Dikwels was dit fyn stekies. Ek hou van interessante kos. As gaste my komplimenteer sou hy reageer met: \u2019net jammer vir al die stokke en blare in die kos\u2019. \u201cEk het begin huil toe \u2019n terapeut my probeer oortuig het ek word geboelie en emosioneel mishandel. Ek is so lank so afgekraak dat ek aan my smaak vir meubels, klere, aan myself, my persepsies en persoonlikheid begin twyfel het. Op die oppervlak het hy goed vir my gesorg &#8211; die finansi\u00eble dinge. Maar emosioneel het hy nie vir my gesorg nie, inteendeel, hy het my byna\u00a0emosioneel gebreek. Hy het selfs op \u2019n dag vir my pa ges\u00ea hy hoef nie bekommerd te wees nie, want as ek in \u2019n gestig beland, sal hy mooi na my kyk. Hy het my laat glo daar is fout met my.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\"> Stop jou maat se geboelie<\/span><\/strong><\/h4>\n<ul>\n<li>Erken jy word geboelie en besluit om dit te stop.<\/li>\n<li>Vra jouself af waarom jy in die verhouding bly? Wat is jou vrese? Wat kry jy uit die verhouding?<\/li>\n<li>Hou rekord van sy of haar optrede en van gebeure wat jy kangebruik wanneer jy die kwessie met hom of haar gaan bespreek.<\/li>\n<li>Gesels met iemand wat jy kan vertrou &#8211; \u2019n wyse familielid, \u2019n\u00a0geestelike leier, terapeut of sielkundige &#8211; iemand wat jou gevoelens kan verstaan en jou kan help om perspektief te kry dat jy jou nie net die dinge verbeel nie.<\/li>\n<li>Praat met jou maat. Hy moet besef wat hy doen en\u00a0wat jy beleef. En eis dat hy sy gedrag verander. Stel grense en gevolge as hy dit nie doen nie en hou daarby.<\/li>\n<li>Eis dat julle saam \u2019n kundige gaan spreek.<\/li>\n<li>Gee \u2019n afsnypunt vir die verandering. Onthou, verandering gebeur nie oornag nie.<\/li>\n<li>Bly kalm wanneer jou maat jou uitlok. Sy soek reaksie. Moenie haar toelaat om jou te manipuleer sodat jy beheer verloor nie.<\/li>\n<li>Sorg vir jouself. Doen lekker goed. Soek mense op wat jou met respek en deernis behandel en jou in jouself\u00a0laat glo.<\/li>\n<li>Gaan ook vir terapie om jou geloof in jouself en jou selfbeeld te herstel.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Mense, verhoudings en kommunikasiepatrone mkan verander. Daar is meestal mhoop. Maar jy kan nie iemand anders<br \/>\nverander nie, hy of sy moet dit self doen. As jou maat nie wil erken sy het ook \u2019n probleem nie en weier om hulp te kry, kan jy hulp kry en leer om dit te hanteer. Maar dis moontlik eerder in jou eie belang om ook hulp en ondersteuning te kry om die verhouding te verbreek en daarby te hou, en om \u2019n heel mens met selfvertroue en selfrespek te wees en te kry wat jy nodig het<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-163053 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/pexels-shvets-production-6975383-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Kenmerke van \u2019n slagoffer<\/span><\/strong><\/h4>\n<p>Mense wat geboelie word, is geneig om:<\/p>\n<ul>\n<li>nie altyd selfgeldend te wees nie<\/li>\n<li>baie te verduur<\/li>\n<li>maklik te vergewe<\/li>\n<li>\u2019n groot behoefte aan aanvaarding en goedkeuring te h\u00ea<\/li>\n<li>werklik vir ander om te gee en onbaatsugtig te wees<\/li>\n<li>moeilik nee te s\u00ea<\/li>\n<li>goedgelowig, eerbaar, lojaal en betroubaar te wees<\/li>\n<li>idealisties, optimisties, kreatief maar \u2019n bietjie na\u00efef te wees<\/li>\n<li>\u2019n lae selfbeeld te h\u00ea<\/li>\n<li>ander se afkeer en woede omdat hulle nie goed genoeg is nie, te internaliseer.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Boelies is dikwels verbaal baie oortuigend en praat met gesag. Hulle is selfs gewapen met sogenaamde sielkundige kennis en sal sielkundige terme gebruik om jou probleme te diagnoseer. Jy is emosioneel labiel, oorsensitief, depressief, onstabiel en parano\u00efes. Hulle ontken wat hulle ges\u00ea of gedoen het en laat jou glo jy verbeel jou en versin dinge. Dis jy wat nie respek het nie, onsensitief is en nie werklik omgee nie. Afknouers sal aanhou en jou verkleineer en wanneer jy dan ontplof, is jy die een wat verkeerd is, en moet jy vir jou optrede om verskoning vra &#8211; nooit sal hulle toegee dat hul optrede jou daartoe gedryf het nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Waarom bly mense by boelies?<\/span><\/strong><\/h4>\n<ul>\n<li>Omdat hulle die boelie liefhet.<\/li>\n<li>Omdat hulle dikwels afgesonder is van ander mense en familie is wat hulle sou kon ondersteun.<\/li>\n<li>Om finansi\u00eble redes.<\/li>\n<li>Ter wille van die kinders<\/li>\n<li>Hulle vrees alleenheid &#8211; dis moeilik om alleen te wees in \u2019n samelewing wat vir paartjies gemaak is.<\/li>\n<li>Omdat hulle die boelie glo en nie dink enigiemand anders sal vir hulle lief wees nie.<\/li>\n<li>Hulle is bang vir wat die boelie aan hulle kan doen as hulle dit sou waag om weg te gaan.<\/li>\n<li>Hulle is depressief en het nie die energie, moed of selfvertroue om weg te gaan nie.<\/li>\n<li>Hulle is so gewoond om in die boelie se behoeftes te voorsien en weet nie eens meer wat hul eie behoeftes en regte is nie.<\/li>\n<li>Hulle voel te skaam en voel hulle het misluk omdat hulle nie die verhouding kon laat slaag nie.<\/li>\n<li>Hulle kry die boelie jammer en glo hy het haar nodig.<\/li>\n<li>Hulle glo dis hulle skuld &#8211; as hulle beter mense was, sou die boelie nie so opgetree het nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>So lyk gesonde verhoudings:<\/strong><\/span><\/h4>\n<ul>\n<li>Jy kan jouself wees en uitleef.<\/li>\n<li>Daar is wedersydse vertroue en respek.<\/li>\n<li>Albei word waardeer en kry erkenning.<\/li>\n<li>Julle kommunikeer gemaklik en openlik en kan van mekaar verskil.<\/li>\n<li>Daar word in albei se fisieke en emosionele behoeftes voorsien.<\/li>\n<li>Verantwoordelikhede word gedeel.<\/li>\n<li>Albei ervaar wedersydse aanvaarding, respek en liefde.<\/li>\n<li>Julle geniet mekaar se teenwoordigheid en wil tyd saam deurbring.<\/li>\n<li>Jy, jou maat en die verhouding groei en ontwikkel.<\/li>\n<li>Liefde is \u2019n lewenswyse wat gehoor, gesien en gevoel word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lewe-jy-saam-met-n-beheervraat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lewe jy saam met \u2019n beheervraat?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Boelies boelie meestal net waar hulle voel dat hulle die mag en beheer het. Ander mense sal dikwels nie eens weet of glo dat iemand geboelie word nie, want die afknouer doen dit agteraf, meestal nie voor vriende of [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":163054,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[2053,3196],"class_list":["post-6055","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-huwelik","tag-boelies"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ek leef saam met \u2019n boelie! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Boelies is daardie mense wat hul eie ontoereikendheid wegsteek deur dit op ander te projekteer. En daarmee maak hulle ander se lewe \u2019n stille nagmerrie van pyn, vernedering, skaamte en vrees.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ek leef saam met \u2019n boelie! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Boelies is daardie mense wat hul eie ontoereikendheid wegsteek deur dit op ander te projekteer. En daarmee maak hulle ander se lewe \u2019n stille nagmerrie van pyn, vernedering, skaamte en vrees.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-03-18T13:30:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-03-18T13:33:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/pexels-olly-3760790.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"14 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Ek leef saam met \u2019n boelie!\",\"datePublished\":\"2026-03-18T13:30:24+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-18T13:33:53+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/\"},\"wordCount\":2365,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/pexels-olly-3760790.jpg\",\"keywords\":[\"huwelik\",\"boelies\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/\",\"name\":\"Ek leef saam met \u2019n boelie! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/pexels-olly-3760790.jpg\",\"datePublished\":\"2026-03-18T13:30:24+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-18T13:33:53+00:00\",\"description\":\"Boelies is daardie mense wat hul eie ontoereikendheid wegsteek deur dit op ander te projekteer. En daarmee maak hulle ander se lewe \u2019n stille nagmerrie van pyn, vernedering, skaamte en vrees.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/pexels-olly-3760790.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/pexels-olly-3760790.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-leef-saam-met-n-boelie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ek leef saam met \u2019n boelie!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ek leef saam met \u2019n boelie! | rooi rose","description":"Boelies is daardie mense wat hul eie ontoereikendheid wegsteek deur dit op ander te projekteer. En daarmee maak hulle ander se lewe \u2019n stille nagmerrie van pyn, vernedering, skaamte en vrees.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ek leef saam met \u2019n boelie! | rooi rose","og_description":"Boelies is daardie mense wat hul eie ontoereikendheid wegsteek deur dit op ander te projekteer. En daarmee maak hulle ander se lewe \u2019n stille nagmerrie van pyn, vernedering, skaamte en vrees.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-03-18T13:30:24+00:00","article_modified_time":"2026-03-18T13:33:53+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/pexels-olly-3760790.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"14 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Ek leef saam met \u2019n boelie!","datePublished":"2026-03-18T13:30:24+00:00","dateModified":"2026-03-18T13:33:53+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/"},"wordCount":2365,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/pexels-olly-3760790.jpg","keywords":["huwelik","boelies"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/","name":"Ek leef saam met \u2019n boelie! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/pexels-olly-3760790.jpg","datePublished":"2026-03-18T13:30:24+00:00","dateModified":"2026-03-18T13:33:53+00:00","description":"Boelies is daardie mense wat hul eie ontoereikendheid wegsteek deur dit op ander te projekteer. En daarmee maak hulle ander se lewe \u2019n stille nagmerrie van pyn, vernedering, skaamte en vrees.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/pexels-olly-3760790.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/pexels-olly-3760790.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-leef-saam-met-n-boelie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ek leef saam met \u2019n boelie!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6055","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6055"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6055\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":163058,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6055\/revisions\/163058"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/163054"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6055"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6055"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6055"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}