{"id":6051,"date":"2024-03-12T16:01:13","date_gmt":"2024-03-12T14:01:13","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/"},"modified":"2024-03-12T16:06:17","modified_gmt":"2024-03-12T14:06:17","slug":"van-kommerkous-tot-koel-komkommer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/","title":{"rendered":"Van kommerkous tot koel komkommer"},"content":{"rendered":"\n<p>Klink sinnetjies soos di\u00e9 bekend? <strong>Dit gaan \u2019n verskriklike verleentheid wees<\/strong>. Ek skaam my dood! Ek sal dit glad nie kan hanteer nie. Jy kan dit nie waag nie! Asseblief, luister vir my. Dis net te gevaarlik. <strong>Iemand kan seerkry<\/strong>. Ek bekommer my dood. As iemand \u2019n paar minute laat is, re\u00ebl ek al die begrafnis in my kop. Mense bekommer hulle oor belangrike&nbsp;goed en werklike gevare, maar ongelukkig ook oor onbenullige of denkbeeldige dinge; dinge wat hulle vrees d\u00e1lk kan gebeur. Dis die \u201cwat as-\u201d of \u201cs\u00ea-nou\u201d-sindroom: s\u00ea nou my kind druip? &#8230; ek verloor my werk? &#8230; my man verneuk&nbsp;my? &#8230; iemand steel my kind? &#8230; my vriendin skinder van my? Vir die kommerkous is die moontlikhede oneindig.<\/p>\n\n\n\n<p>Alle mense beleef tye van kommer, angs en vrees. Dis normaal en funksioneel en \u2019n gesonde reaksie om jou verantwoordelik te hou en proaktief op probleme te laat reageer. Soos die vrou wat bekommerd is oor die&nbsp;moesie op haar kind se rug wat van kleur en vorm verander het. En wanneer die dokter die melanoom uitsny wat net in die beginstadium was, is moontlike kanker voorkom. Dit wasgepaste, funksionele kommer.<\/p>\n\n\n\n<p>Vrees maak die wolf groter as wat hy is.&nbsp; Baie mense se kommer is nie in verhouding tot die potensi\u00eble gevaar nie en maak die lewe vir hulle \u00e9n die mense om hulle moeilik. Die bang-vir-alles word \u2019n gewoonte en \u2019n lewenswyse.&nbsp;Vir hulle geld die bekende aanhaling seker: \u201cDie enigste ding wat \u2019n mens behoort&nbsp;te vrees, is vrees self.\u201d Aan die een kant is die emosionele reaksie groter as wat jy kan verwag, en aan die&nbsp;ander kant is die kans dat die gevreesde voorval kan gebeur, onwaarskynlik of klein in vergelyking&nbsp;met die vrees. Di\u00e9 mense se vermo\u00eb om daaglikse probleme en onsekerhede gemaklik en rasioneel te hanteer is beperk. Hulle leef gespanne met die aanname dat die w\u00eareld \u2019n gevaarlike plek is en dat jy altyd&nbsp;wakker, gereed en op die uitkyk na gevaar moet wees en soveel moontlik dinge gereed&nbsp;moet h\u00ea om jou en jou mense daarteen te beskerm. Hierdie gedagtes of aannames is&nbsp;heeltyd in hul koppe, en in hul liggame is daar dikwels ook \u2019n onderliggende spanning om vir&nbsp;die ergste gereed te wees. Die kommerkous is altyd oor iets bekommerd. En die oorsaak van haar kommer skuif&nbsp;vinnig van die een voorval of situasie na die volgende. Sy gaan haal die bobbejaan agter&nbsp;elke bergie of bultjie. Alle aktiwiteite of plekke het potensi\u00eble gevare en moontlikhede dat&nbsp;dinge verkeerd kan loop. Sy is angstig en versigtig, probeer alles beheer, of moontlike gevare vermy. Voorvalle wat vir ander betreklik klein en gewoon is, is vir haar intens negatief en oorweldigend.<\/p>\n\n\n\n<p>Die kommerpot sukkel ook om net te ontspan en uit die wurggreep van haar kommer en angs te glip. Sulke mense gee groot dele van hul geluk en lewe op, snak na asem as \u2019n onskuldige ritseling van \u2019n takkie teen hul&nbsp;lewensruit nog \u2019n verbeelde inbreuk op hul emosionele veiligheid maak. Hulle het \u2019n ooraktiewe&nbsp;alarmstelsel. Dit oorspoel hul emosies en liggame gedurig met te veel adrenalien en kortisol wat liggaamlik en emosioneel vir hul- le skadelik is. Derhalwe ly hul verhoudings en gesondheid dikwels daaronder. Jan-Hendrik* s\u00ea: \u201cDis so moeilik om saam met Anli* se vrese en kommer te lewe. As ek \u2019n bietjie laat is en dalk nie dadelik my foon antwoord&nbsp;nie, freak sy uit. Sy bel my kantoor, vriende, familie. Een aand het ek in die verkeer vasgesit en my foon was pap. Sy het die polisie gebel, hospitale. Dis erg. En dan ontgeld ek dit as ek tuiskom, is ek alleen die oorsaak van al&nbsp;haar woede, kommer, ontsteltenis wat heeltemal buite verband geruk is. \u201cVir ons drie kinders is dit ook baie moeilik.<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle mag nie by maats slaap nie, want s\u00ea nou daar gebeur iets; of alleen swem nie; nooit alleen in \u2019n winkelsentrum stap nie, want hulle kan gesteel word, iemand kan hul beroof, hulle kan in \u2019n toilet vassit &#8230; Die&nbsp;moontlikhede van haar kommer is eindeloos. En dis nie dat hulle klein is nie. Hulle is 17, 15 en 11 jaar oud. Die kinders reageer verskillend. Die oudste dogter maak maar soos ek: Hou by al haar re\u00ebls en doen haar bes om haar ma&nbsp;nie te ontstel nie. Die seun, die middelkind rebelleer daarteen, wat ek terloops, goed verstaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy en sy ma maak heeltyd oorlog. Hy dink sy is belaglik en s\u00ea dit ook. Die resultaat is dat hy goed skelm doen, want sy sal hom nie toelaat wat die meeste redelike ouers hul tieners toelaat nie. Nou moet hy gedurig\u00a0hoor dat hy nie vertrou kan word nie. Ek is jammer vir hom. Maar kies ek sy kant, is die hel behoorlik los. Dan verstaan ek haar nie, span ek saam met die kinders, en &#8230; en &#8230; Ons jongste dogtertjie leef soos haar ma in\u00a0konstante vrees, spanning en kommer. Sy sukkel om te slaap, ervaar nou nog soms skeidingsangs, is bang vir alles en wil nie waag nie. Ons het haar al by \u2019n sielkundige gehad,maar haar ma weier om te gaan, of om medikasie\u00a0te gebruik. Dis \u2019n baie, baie moeilike situasie. Maar moet my asseblief nie verkeerd\u00a0verstaan nie: Anli is \u2019n baie goeie mens en ma. Sy gee baie om, wil net die beste vir haar\u00a0gesin h\u00ea en sal niks ontsien om goed vir ons te doen nie. Dis hoekom ek by haar bly, dit maar vat en op \u2019n manier rasioneel probeer bestuur. Maar dis vir my baie moeilik.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Diagnoseerbare siekte?<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Baie mense wat so in vrees en kommer leef, het \u2019n diagnoseerbare siekte, soos \u2019n <strong>angsversteuring<\/strong>,&nbsp;\u2019n obsessief-kompulsiewe versteuring of ly aan <strong>post-traumatiese stressindroom<\/strong> waarvoor daar raad, hulp en medikasie is. Daar is baie oorsake daarvoor: Party mense het \u2019n geneigdheid of predisposisie vir vrees. Hulle het lae of wisselende vlakke van serotonien, die chemiese stof wat boodskappe na die reseptore in die brein stuur. Hul amigdala,&nbsp;die vreessentrum van die brein, word by die geringste provokasie gestimuleer om iets as gevaar te eien met die snellereffek dat dit adrenalien en kortisol afskei om hul liggaam voor te berei vir gevaar en dus hul spanningsvlak&nbsp;verhoog. Hulle kan ook geneties abnormaal lae vlakke van GABA A-tipe reseptore (wat met vrees geassosieer word) in sekere dele van die brein h\u00ea. Naas die biologiese en genetiese redes, kan daar baie ander redes vir&nbsp;angs en vrees wees, soos aangeleerde gedrag van rolmodelle, traumas, verlieservaring,&nbsp;reekse teleurstellings of spanningsvolle omgewingsfaktore, \u2019n swak selfbeeld, selfs sekere medikasie, dieetpille, te veel kafe\u00efen en ook die gebruik van dwelmmiddels.<\/p>\n\n\n\n<p>Esther* bly by haar sussie, Melindie*: \u201cJong, dis moeilik om saam met haar te leef. Sy is \u2019n bol senuwees, alles is in die oortreffende trap erg en gevaarlik. Ons kan nie saans uitgaan nie. Sy het talle verskonings: sy is te moeg; s\u00ea nou iemand breek in terwyl ons weg is; hi-jack ons by \u2019n robot; ons moet in die donker alleen by die huis aankom. Oortuig ek haar n\u00e1 ure om wel te gaan, is dit omtrent re\u00eblings wat getref moet word: waardie kinders bly, sal hulle veilig wees, het almal almal se telefoonnommers &#8230; En dan begin die gesluit van die huis. Dis deure en slotte en grendels opsit, veiligheidshekke en alarms. En alles moet dubbeld gekontroleer&nbsp;word.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie rit is \u2019n nuwe uitdaging. Volgens haar jaag ek teen 100 km per uur op die hoofweg en gaan ek ons verongeluk. En dan stres sy omdat ons gaan laat wees; dan weer omdat dit re\u00ebn en donderweer. \u2018Ek hoor die weerlig het Totius se kind deur \u2019n venster doodgeslaan.\u2019 Net voor die opvoering kry sy in die restaurant \u2019n angsaanval. Uit die teater bel of SMS sy talle kere om te hoor waar haar kinders is en of hulle reg is.\u201cEk s\u00ea jou dis uitputtend. En die voorbeeldevan haar kommer en angs is legio. Haar kind gaan op \u2019n kamp. Dan moet ons opsluit 5 km daarvandaan ook gaan kampeer,\u00a0want s\u00ea nou net daar gebeur iets, dan moet sy naby wees. En die ergste is, een van haar kinders is net so: \u2019n verskrikte seuntjie wat vir niks kans sien nie en nie sommer by maatjies wil gaan speel nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Hoe hanteer ek my maat wat alles vrees?<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Toon begrip en empatie, moenie veroordeel nie. Probeer verstaan dat sy op musiek dans wat jy nie kan hoor nie. Haar biologiese en emosionele stelsel werk anders. Maar om altyd simpatie te gee hou ook dikwels die patroon in stand.<\/li>\n\n\n\n<li>Bly kalm en rasioneel en stel afkoeltye voor wanneer gemoedere hoog loop.<\/li>\n\n\n\n<li>Gee emosionele ondersteuning en gerusstelling, sonder om ook emosioneel te raak. \u201cEk besef jy is bekommerd en ontsteld hieroor, maar daar is ook \u2019n ander perspektief.\u201d<\/li>\n\n\n\n<li>Behou perspektief: Sy angstigheid is net \u2019n deel van wie hy is. Aanvaar hom as mens, nie noodwendig sy gedrag as dit buite perke is nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Gee vir jou maat perspektief: feite, statistiek. En help hom om die goeie raak te sien en te waardeer.<\/li>\n\n\n\n<li>Besluit saam oor waardes, prioriteite, grense en maniere van doen. Respekteer mekaar se grense en beperkings, al maak hare nie vir jou sin nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Gee vir jou maat ruimte om vir die ergste voor te berei, maar bring die perspektief om ook vir die beste te kan hoop.<\/li>\n\n\n\n<li>Indien haar gedrag heeltemal wanfunksioneel is, moet dit behandel word en moet jy sensitief maar selfgeldend optree. Maak net seker dat jy rasioneel en empaties is en vat dit stadig.<\/li>\n\n\n\n<li>Dit help nie om te s\u00ea \u201cruk jouself reg\u201d nie. Hy sou dit al gedoen het as dit so maklik was.<\/li>\n\n\n\n<li>Moedig haar aan om hulp te kry: Terapie en medikasie kan \u2019n groot verskil maak. Moedig gesonder, gebalanseerde lewenspraktyke aan: eet gesond, rus en slaap genoeg, ontspan, oefen, kry kos vir jou gees in verhoudings, of deur die mooi dinge van die lewe te geniet soos flieks, kuns, musiek of die natuur.<\/li>\n\n\n\n<li>Help haar om die dinge te doen wat sy vrees en so haar selfvertroue en selfgeloof te ontwikkel.<\/li>\n\n\n\n<li>Moedig ontspanningstegnieke aan: joernaalskryf, asemhalingstegnieke, joga of die luister na CD\u2019s spesifiek vir ontspanning. Help haar om positiewe slagspreuke of bevestiging vir haarself te formuleer, om&nbsp;sodoende haar gedagtes te monitor en positief te verander, soos: ek hoef nie hierdie storie of gedagte te glo nie, dis net \u2019n gedagte nie die werklikheid nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Behou en gebruik jou sin vir humor. Vrees en angs steel \u2019n mens se geleenthede, verwring jou oordeel, doof jou optimisme uit, besoedel jou gedagtes en vermink jou verhoudings. Maar \u2019n mens moet die probleem eers erken om dit te kan verander. En besluit dat jy nie langer \u2019n gevangene van jou vrees gaan wees nie en uit die wurggreep van herhalende<br>wat as-gedagtes gaan breek. Jy sal die vrees in die o\u00eb kyk; dit deur en oor jou laat spoel, maar dit nie meer toelaat om in jou te stol en jou te <span style=\"color: #000000;\">beheer nie. Jy gaan iets daaraan doen, verander en groei om die w\u00eareld vir jou en jou geliefdes \u2019n beter en veiliger\u00a0plek te maak. *Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Eienskappe van mense met angstige persoonlikhede<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Fokus op elke moontlike probleem of gevaar.<\/li>\n\n\n\n<li>Is perfeksionisties en veroorsaak vir hulself en ander stres met hul ho\u00eb en onbuigbare standaarde en eise.<\/li>\n\n\n\n<li>Is oorsensitief en oorreageer dikwels op situasies wat nie vir ander na \u2019n probleem of gevaar lyk nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Het dikwels woede-uitbarstings as daar nie aan hul eise en standaarde voldoen word nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Stel besluite uit omdat hulle nie foute wil maak nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Is oorversigtig en beperk hulself en ander omdat hulle nie wil waag nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Wil by \u2019n vaste roetine hou en meeste situasies beheer om seker te maak niks loop skeef nie.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook:&nbsp;<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Wanneer trooswoorde nie troos nie<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Klink sinnetjies soos di\u00e9 bekend? Dit gaan \u2019n verskriklike verleentheid wees. Ek skaam my dood! Ek sal dit glad nie kan hanteer nie. Jy kan dit nie waag nie! Asseblief, luister vir my. Dis net te gevaarlik. Iemand kan seerkry. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":143464,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3785,3786,1779,1907,3283,3775,3783,3784],"class_list":["post-6051","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-angsversteuring","tag-post-traumatiese-stressindroom","tag-werkstres","tag-lewenslus","tag-kommerkous","tag-moegheid","tag-angstig","tag-vrees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Van kommerkous tot koel komkommer | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Leef jy in vrees dat iets slegs enige oomblik kan gebeur? Gaan haal jy \u2019n bobbejaan agter elke bult wat jou eie lewe en di\u00e9 van jou geliefdes versuur?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Van kommerkous tot koel komkommer | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Leef jy in vrees dat iets slegs enige oomblik kan gebeur? Gaan haal jy \u2019n bobbejaan agter elke bult wat jou eie lewe en di\u00e9 van jou geliefdes versuur?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-03-12T14:01:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-03-12T14:06:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1095\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Van kommerkous tot koel komkommer\",\"datePublished\":\"2024-03-12T14:01:13+00:00\",\"dateModified\":\"2024-03-12T14:06:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/\"},\"wordCount\":2009,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg\",\"keywords\":[\"angsversteuring\",\"post-traumatiese stressindroom\",\"werkstres\",\"lewenslus\",\"kommerkous\",\"moegheid\",\"angstig\",\"vrees\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/\",\"name\":\"Van kommerkous tot koel komkommer | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg\",\"datePublished\":\"2024-03-12T14:01:13+00:00\",\"dateModified\":\"2024-03-12T14:06:17+00:00\",\"description\":\"Leef jy in vrees dat iets slegs enige oomblik kan gebeur? Gaan haal jy \u2019n bobbejaan agter elke bult wat jou eie lewe en di\u00e9 van jou geliefdes versuur?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1095},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Van kommerkous tot koel komkommer\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Van kommerkous tot koel komkommer | rooi rose","description":"Leef jy in vrees dat iets slegs enige oomblik kan gebeur? Gaan haal jy \u2019n bobbejaan agter elke bult wat jou eie lewe en di\u00e9 van jou geliefdes versuur?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Van kommerkous tot koel komkommer | rooi rose","og_description":"Leef jy in vrees dat iets slegs enige oomblik kan gebeur? Gaan haal jy \u2019n bobbejaan agter elke bult wat jou eie lewe en di\u00e9 van jou geliefdes versuur?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-03-12T14:01:13+00:00","article_modified_time":"2024-03-12T14:06:17+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1095,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Van kommerkous tot koel komkommer","datePublished":"2024-03-12T14:01:13+00:00","dateModified":"2024-03-12T14:06:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/"},"wordCount":2009,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg","keywords":["angsversteuring","post-traumatiese stressindroom","werkstres","lewenslus","kommerkous","moegheid","angstig","vrees"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/","name":"Van kommerkous tot koel komkommer | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg","datePublished":"2024-03-12T14:01:13+00:00","dateModified":"2024-03-12T14:06:17+00:00","description":"Leef jy in vrees dat iets slegs enige oomblik kan gebeur? Gaan haal jy \u2019n bobbejaan agter elke bult wat jou eie lewe en di\u00e9 van jou geliefdes versuur?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/boram-kim-W-wGFm54R-k-unsplash-1.jpg","width":1920,"height":1095},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Van kommerkous tot koel komkommer"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6051","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6051"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6051\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/143464"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6051"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6051"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6051"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}