{"id":59820,"date":"2016-10-04T14:17:53","date_gmt":"2016-10-04T12:17:53","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=59820"},"modified":"2017-07-13T12:59:09","modified_gmt":"2017-07-13T10:59:09","slug":"deon-meyer-storieman","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/","title":{"rendered":"Deon Meyer: storieman"},"content":{"rendered":"<p>Hy kan presies onthou wanneer en waar hy besluit het dat hy ook eendag stories wil skryf. Deon Meyer was tien, dalk elf jaar oud, toe hy met sy stapeltjie boeke op die muurtjie voor die Klerksdorpse biblioteek vir sy ma sit en wag het en besef het hy wil ook eendag mense met sy stories vermaak.<\/p>\n<p>\u201cMy ma was versot op boeke \u2013 sy het veral graag Engels gelees. Ek en my twee broers is aangemoedig om te lees en sy het ons elke week biblioteek toe geneem vir nuwe boeke. Ek het reeds van jongs af Engels ook gelees.\u201d<\/p>\n<p>Op 14 het hy sy eerste \u201cboek\u201d geskryf. Sy broers, wat dit teen hul sin moes lees, was nie te be\u00efndruk nie en hy het eers in sy dertigerjare weer sy hand aan fiksie gewaag met kortverhale vir tydskrifte.<\/p>\n<p>Vandag spog hy met 13 boeke agter sy naam: elf romans en twee kortverhaal-bundels. En die naam Deon Meyer is \u2019n handelsmerk wat tot in Europa, Skandinawi\u00eb en Amerika bekend is. Hy deel gereeld internasionale boekefeesverho\u00eb met internasionale topverkoperskrywers soos John Connolly, Michael Connelly en Ian Rankin. Sy boeke was van die eerste Afrikaanse misdaadfiksietitels wat vir \u2019n internasionale gehoor in Engels vertaal is. Deesdae word sy boeke in 28 tale vertaal, onder meer Sweeds, Japannees, Mandaryns en Russies. Geen ander Afrikaanse (of Suid-Afrikaanse) skrywer kan met hierdie prestasie, of met drukoplae van 50 000 of meer kopie\u00eb op \u2019n slag spog nie.<\/p>\n<p>Hy hou daarvan om misdaadfiksie te skryf en te lees, maar dink nie die toenemende gewildheid van die genre in Afrikaans het enigiets met die ho\u00eb voorkoms van misdaad in Suid-Afrika te make nie.<\/p>\n<p>\u201cDie land met die meeste misdaadskrywers per capita is Swede, die land met die minste misdaad ter w\u00eareld. Misdaadfiksie is in essensie vermaak. Ek dink jy skryf wat jy die meeste geniet om te lees \u2013 jy absorbeer wat jy lees, veral wat die struktuur betref.\u201d<\/p>\n<p>Hy dink wel die gewildheid van whodunnits en die toenemende besikbaarheid daarvan in Afrikaans het iets te make met die veranderende tye waarin ons leef, en selfs met ons demokrasie.<\/p>\n<p>\u201cIn die ou apartheidsdae sou hulle nie sommer my boeke gepubliseer het nie,\u201d en vertel van die briefie wat hy van \u2019n voormalige lid van die destydse sensuurraad gekry het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cHy skryf toe dat hy destyds beslis sou gesorg het dat 13 uur verbied word\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-59824 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/13-Uur.jpg\" alt=\"13-uur Deon Meyer\" width=\"280\" height=\"411\" \/><\/p>\n<p>Die lang man met die kenmerkende diep stem hou van die kreatiewe opsies wat misdaadverhale en forensiese en sielkundige navorsing hom gee. Hy vertel dat karakters, oplossings vir probleme en selfs tonele hulle in die skryfproses as \u2019t ware by hom kom aanmeld.<\/p>\n<p>\u201cEk beplan nooit \u2019n boek van voor tot agter nie, hoewel ek altyd \u2019n vae idee van die einde het.\u201d<\/p>\n<p>Hy beplan ook nie sy karakters vooruit nie \u2013 sy karakters verras hom dik- wels terwyl hy met die boek besig is. Hy glo alle skrywers skryf in die eerste plek vir die leser in hulself. \u201cEk hoop dat as die storie my boei, dit vir die leser ook interessant sal wees.\u201d<\/p>\n<p>Skryf het nog nooit vir hom soos werk gevoel nie.<\/p>\n<p>\u201cAs ek dink aan die reis waarop skryf my geneem het, voel dit nog so half onwerklik. Dit klink dalk soos \u2019n clich\u00e9, maar daar is vir my geen groter vreugde as om \u2019n gehoor te h\u00ea wat my boeke geniet nie. Dit gaan nie vir my oor die roem nie.\u201d<\/p>\n<p>Roem is daar wel, volop erkenning ook. Hy spog met verskeie plaaslike toekennings, onder meer drie ATKV-prosa-pryse en nog vier ATKV Woordveertjies vir die beste spanningsroman. Sy boeke is ook al met verskeie internasio-nale toekennings bekroon.<\/p>\n<p>Hy is steeds, nes kleintyd, \u2019n passievolle leser.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Jy kan nie \u2019n skrywer wees sonder om \u2019n leser te wees nie&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Die leser in my bly die finale besluitnemer wanneer ek skryf. Ek het my die afgelope 58 jaar opgevoed deur die duisende boeke wat ek gelees het. Ek dink \u2019n mens het \u2019n plig om kennis te neem van die werk van soveel van die beste skrywers moontlik.\u201d<\/p>\n<p>Deon skryf daagliks wanneer hy nie op boekbekendstellingstoere is nie. Hy verkies steeds om vroegoggende agter die rekenaar in te skuif \u2013 \u2019n oorblyfsel van die dae toe hy nog net deeltyds voor werk geskryf het &#8211; en skryf gewoonlik tot middagete.<\/p>\n<p>\u201cEk is maar \u2019n roetinedier, en skryf die heel lekkerste by my eie huis. Maar as die kalf in die put is, skryf ek op vliegtuie, lughawens, treine &#8230; \u201d<\/p>\n<p>Dis \u2019n verrassing om te hoor dat hy effens aandagafleibaar is en daarom maak hy seker dat daar so min moontlik is wat hom kan pla.<\/p>\n<p>\u201cEk trek my kantoordeur\u00a0toe en skakel selfs\u00a0die Internet af om\u00a0nie deur iets soos \u2019n e-pos onderbreek te word nie.\u201d<\/p>\n<p>Daar moet niks, nie eens agtergrondmusiek, wees wat sy konsentrasie kan verbreek nie. Wanneer die storie nie lekker wil vlot nie, gaan speel hy \u2019n potjie tafeltennis teen Marianne, die vrou in sy lewe.<\/p>\n<p>\u201cDan is my kop weer skoon en kan ek aangaan.\u201d<\/p>\n<p>Laatmiddag ry hulle bergfiets vir ontspanning. \u201cMaar die boek maal maar voortdurend in my kop, selfs wanneer ek ontspan.\u201d<\/p>\n<p>Het hy interessante rituele as skrywer?<\/p>\n<p>\u201cEk probeer om altyd op 1 Januarie met \u2019n nuwe boek te begin.\u00a0\u2019n Skoon lei, soort van.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-59832 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Koors-Deon-Meyer.jpg\" alt=\"koors-deon-meyer\" width=\"250\" height=\"389\" \/><\/p>\n<h4>\u2019n Ander nuwe begin<\/h4>\n<p>Die idee van \u2019n nuwe begin was ook die inspirasie agter <strong>Koors<\/strong>, sy splinternuwe roman. Dis \u2019n interessante afwisseling van sy normale misdaadfiksie, maar Deon beklemtoon dat dit nie as \u2019n post-<br \/>\napokaliptiese roman gesien moet word nie.<\/p>\n<p>\u201cDis steeds \u2019n spanningsroman, net met ander soort karakters en \u2019n ander soort storielyn. Dit gaan steeds oor die oplos van \u2019n moord waarvan die leser al in die inleiding lees.\u201d<\/p>\n<p>Wat wel opvallend anders is, is dat die verhaal hom afspeel kort nadat \u2019n dodelike virus die w\u00eareldbevolking feitlik uitgewis het. Die mense wat oorbly, moet van vooraf aan \u2019n nuwe w\u00eareld begin bou.<\/p>\n<p>Die verhaal word uit die oogpunt van Nico Storm vertel. Ons ontmoet hom as 13-jarige wanneer hy saam met sy pa, Willem, \u2019n verlate Suid-Afrika deurkruis op soek na die perfekte plek om van vooraf aan \u2019n nuwe beskawing te begin skep. Uiteindelik besluit Willem, \u2019n regsgeleerde met \u2019n voorliefde vir geografie, om strategiese redes op Vander-kloof, \u2019n dorpie langs die Vanderkloofdam.<\/p>\n<p>\u2019n Interes-sante karakter wat hulle op hul omswerwinge ontmoet, Hennie Flaai, strooi pamflette wat mense na hul dorpie nooi wanneer hy met sy vliegtuigie oor dorpe vlieg op soek na kos en ander voorraad. Saam met die groepies mense wat na Vanderkloof trek agter die belofte van kos, veiligheid en beskawing aan, kom daar ook al die normale menslike storm en drang, soos gierigheid en magsbeheptheid.<\/p>\n<p>Willem Storm, \u2019n sagmoedige, pragmatiese man, word teen sy sin die leier van die nuwe w\u00eareld, en sterf later gewelddadig. Nico besluit sy pa se moordenaars moet aan die pen ry, en dit neem hom op \u2019n interessante reis deur die land. Die slot van die verhaal is \u2019n skokkende verrassing.<\/p>\n<p>\u201cMarianne was woedend toe sy dit lees!\u201d skerts Deon.<\/p>\n<p>Hy het vier jaar gelede die eerste hoofstuk van die verhaal geskryf, maar het dit op aanbeveling van sy oorsese agent eers teruggehou om nog twee romans met die speurder Bennie Griessel as hoofkarakter te skryf. \u201cSy het ges\u00ea ek moet Bennie eers oorsee vestig voordat ek \u2019n nuwe soort roman aanpak. Bennie is eintlik baie beroemder as ek,\u201d lag hy. \u201cDis ook reg so, want ek glo \u2019n skrywer moenie in die kollig wees nie, sy karakters wel.\u201d<\/p>\n<p>Hy het tien, vyftien jaar gelede die eerste keer lus gekry om iets soos Koors aan te pak nadat hy onder meer <em>The World without Us<\/em> gelees het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDaarin word die vraag gevra hoe vinnig die aarde sal herstel as die mens van die aardbol af verdwyn\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar vir Deon het \u2019n boek nooit net een ontstaansbron nie. \u201cDis in baie opsigte \u2019n toevallige proses en navorsing het elke keer \u2019n nuwe deel van die verhaal vir my ontbloot.\u201d<\/p>\n<p>Toe Hennie Flaai byvoorbeeld agterkom dat petrol n\u00e1 18 maande \u201csleg\u201d word en tot enjinprobleme lei, onthou hy van \u2019n dieselvliegtuig op Hoedspruit en hy en Nico vlieg daarheen om dit te gaan haal. Daar kom hulle af op Okkie, \u2019n vuil kleuter, die enigste oorlewende.<\/p>\n<p>Hy lag toe hy vertel die boek het uiteindelik byna 75 000 ekstra woorde bygekry.<\/p>\n<p>\u201cNes ek dink ek is nou klaar, gebeur iets nuuts. \u2019n Boek laat hom nooit dikteer nie.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die internasionale topverkoperskrywer Deon Meyer se nuwe roman het pas verskyn, en ons gesels met hom oor skryf, boeke en die liefde. Deur Ilse Salzwedel. Foto Belinda Putter <\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":59822,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,2720,23450,24339],"class_list":["post-59820","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-skrywer","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Deon Meyer: storieman | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Deon Meyer: storieman | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die internasionale topverkoperskrywer Deon Meyer se nuwe roman het pas verskyn, en ons gesels met hom oor skryf, boeke en die liefde. Deur Ilse Salzwedel. Foto Belinda Putter\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-10-04T12:17:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T10:59:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Deon-Meyer.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1443\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Deon Meyer: storieman\",\"datePublished\":\"2016-10-04T12:17:53+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:59:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/\"},\"wordCount\":1414,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/Deon-Meyer.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"skrywer\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/\",\"name\":\"Deon Meyer: storieman | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/Deon-Meyer.jpg\",\"datePublished\":\"2016-10-04T12:17:53+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:59:09+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/Deon-Meyer.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/Deon-Meyer.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1443,\"caption\":\"deon-meyer\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deon-meyer-storieman\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Deon Meyer: storieman\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Deon Meyer: storieman | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Deon Meyer: storieman | rooi rose","og_description":"Die internasionale topverkoperskrywer Deon Meyer se nuwe roman het pas verskyn, en ons gesels met hom oor skryf, boeke en die liefde. Deur Ilse Salzwedel. Foto Belinda Putter","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-10-04T12:17:53+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T10:59:09+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1443,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Deon-Meyer.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Deon Meyer: storieman","datePublished":"2016-10-04T12:17:53+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:59:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/"},"wordCount":1414,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Deon-Meyer.jpg","keywords":["celebs","skrywer","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/","name":"Deon Meyer: storieman | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Deon-Meyer.jpg","datePublished":"2016-10-04T12:17:53+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:59:09+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Deon-Meyer.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Deon-Meyer.jpg","width":1000,"height":1443,"caption":"deon-meyer"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deon-meyer-storieman\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Deon Meyer: storieman"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/59820","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=59820"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/59820\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/59822"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=59820"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=59820"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=59820"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}