{"id":59657,"date":"2016-10-10T14:19:22","date_gmt":"2016-10-10T12:19:22","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=59657"},"modified":"2016-10-10T14:19:22","modified_gmt":"2016-10-10T12:19:22","slug":"byron-katie-se-the-work","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/","title":{"rendered":"Byron Katie se &#8220;The Work&#8221;"},"content":{"rendered":"<p>Vir \u2019n sestigjarige is <strong>Byron Katie<\/strong> onbehoorlik aantreklik; vir \u2019n suksesvolle selfhelpskrywer uit Kaliforni\u00eb verfrissend aards. Ek sien haar vir die eerste keer in die <em>Great Hall<\/em> by die Universiteit van die Witwatersrand, eenkant in die voorste ry. In \u2019n donkergrys romp en bloes met \u2019n roomwit pasjmina oor haar linkerskouer is sy die toonbeeld van rustigheid terwyl honderde Suid-Afrikaners die saal volpak.<\/p>\n<p>Almal het gekom om haar werkwyse te beleef, party in die hoop dat hulle as vrywilligers saam met haar op die verhoog deur haar vier indringende vrae &#8211;\u00a0 <strong><em>The Work<\/em> <\/strong>\u2013 sal werk. Want <em>The Work<\/em>, weet haar aanhangers, is sielsbevrydend. Sedert 1986 het duisende mense in meer as 30\u00a0lande dit hul eie gemaak.<\/p>\n<p>Dis moeilik om <em>The Work<\/em> te omskryf. Jy moet dit sien ontvou of self doen. Dis nog moeiliker om te s\u00ea waarom <em>The Work<\/em> so gewild is.<\/p>\n<p>Miskien het dit met die eenvoud en toeganklikheid te doen &#8211; geen voorafkennis of filosofiese agtergrond is nodig nie, en dit sluit gemaklik by enige agtergrond, geloofsraamwerk of probleemsituasie aan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>In \u2019n neutedop is The Work \u2019n metode wat jou denke oor \u2019n pynlike lewenskwessie bevraagteken en jou na selfinsig en aanvaarding van \u201cdit wat is\u201d &#8211; die werklikheid &#8211; lei.<\/em><\/span><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-60042 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/2245927_orig-500x211.jpg\" alt=\"Byron Katie The Work\" width=\"500\" height=\"211\" \/><\/p>\n<h4>Die werkwyse<\/h4>\n<p>Wanneer dit tyd is dat haar daglange optrede begin, verwelkom Katie, soos sy genoem word, die gehoor. Sy gee nie \u2019n lesing nie, nooi almal net om die <em>Oordeel jou naaste<\/em>-werkvel wat uitgedeel is, te voltooi.<\/p>\n<p>Daarop moet jy \u201ciemand wat jy nog nie heeltemal vergewe het nie,\u201d se sondes teen jou beskryf. Deur ses punte moet jy s\u00ea presies wat jy van hulle dink, hoe hulle behoort te verander en wat jy n\u00f3\u00f3it weer as gevolg van hulle wil deurmaak nie.<\/p>\n<p>\u201cWees so veroordelend soos jy wil,\u201d s\u00ea Katie. \u201cJy kan later diep en \u2018spiritueel\u2019 wees. Daar is geen regte of verkeerde antwoorde nie &#8211; net jou eie.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Vrou in die gehoor begin huil. \u201cEk is bang om my gevoelens neer te skryf.\u201d Katie vra \u2019n opgeleide helper om haar eenkant te neem. \u201cSy was ook eers bang om die werkvel in te vul,\u201d troos sy met haar kenmerkende deernis.<\/p>\n<p>Wanneer almal klaar geskryf het, stap die eerste vrywilliger verhoog toe. Sy vrou is besig om van hom te skei. Op sy werkvel het hy geskryf sy vrou respekteer hom nie en behandel hom kil wanneer sy hul dogtertjie kom haal.<\/p>\n<p>\u201cIs dit waar dat jou vrou jou nie respekteer nie?\u201d vra Katie haar eerste vraag.<\/p>\n<p>\u201cDis hoe dit voel,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cWeet jy bo alle twyfel dis waar dat sy jou nie respekteer nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee,\u201d s\u00ea hy n\u00e1 \u2019n rukkie.<\/p>\n<p>\u201cHoe reageer jy op die gedagte dat sy jou nie respekteer nie? Hoe reageer jou lyf?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDaar\u2019s \u2019n pyn in my bors en my keel trek toe. Ek word angstig. En kwaad.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoe behandel jy jou vrou as jy so voel?\u201d<\/p>\n<p>\u201cFormeel. Ek praat met haar of sy \u2019n vreemdeling is.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKolskoot,\u201d s\u00ea Katie. \u201cJy behandel haar kil.\u201d<\/p>\n<p>Die man begin lag. \u201cNet wat ek oor haar geskryf het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cGestel die gedagte dat jou vrou jou nie respekteer nie, sou glad nie by jou opgekom het nie. Vra jou af: Wie sou jy sonder hierdie gedagte wees?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMeer ontspanne,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cKan jy aan \u2019n stresvrye rede dink om aan di\u00e9 gedagte vas te hou?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNie \u2019n stresvrye een nie,\u201d skud hy sy kop.<\/p>\n<p>\u201cMaak jou o\u00eb toe en sien jou vrou voor jou. Hoe sou jy haar sonder di\u00e9 gedagte behandel?\u201d<\/p>\n<p>\u201cGemakliker,\u201d s\u00ea hy. \u201cSoos \u2019n gewone mens.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNou kom ons by die ommeswaai: kyk op hoeveel maniere jy die stelling, \u2018My vrou respekteer my nie,\u2019,kan omkeer.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cMy vrou respekteer my,\u201d waag hy.<\/p>\n<p>\u201cVoel dit waar?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, sowaar. Ek weet sy is tevrede met hoe ek ons dogtertjie versorg.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNog \u2019n ommeswaai van die oorspronklike sin. Begin met \u2018Ek\u2019.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk respekteer myself nie. Dit is so. Ek is altyd ontevrede met myself.\u201d<\/p>\n<p>In di\u00e9 trant bevraagteken Katie elke stelling op die werkvel.<\/p>\n<p>Sy praat reguit, maar altyd met begrip en respek. Soms laat haar kwinkslae die gehoor skater. Ander kere vee almal trane af.<\/p>\n<p>Die stroom vrywilligers droog nie op nie: Katie werk met iemand wat as kind mishandel is, \u2019n vrou wat haar sig verloor het, een wat aan dagga verslaaf is, \u2019n man met kanker, een wat hom oor sy ma bekommer, \u2019n vrou wat haar lyf verafsku en \u2019n verlamde meisie wat met haar gestremdheid stoei. Een of twee beantwoord nie regtig haar vrae nie en sy laat hulle gouer gaan. Di\u00e9 wat oop is vir <em>The Work<\/em>, het nuwe begrip vir hul \u201cskuldenaars,\u201d insig in hul eie aandeel aan pynlike situasies en ooglopend meer vrede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Pynlike proses<\/h4>\n<p>Katie noem dit nie een keer tydens haar optrede nie, maar <em>The Work<\/em> het in merkwaardige omstandighede ontstaan. Sy beskryf dit in haar boek, <em>Loving what is<\/em>.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-60044 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/loving-what-is.jpg\" alt=\"Loving what is Byron Katie\" width=\"400\" height=\"400\" \/><\/p>\n<p>In 1986 was Katie \u2019n 43-jarige eiendomsagent in \u2019n klein dorpie in die woestyngebied van Suid-Kaliforni\u00eb. Sy was met haar tweede man getroud en ma van drie. Haar jare lange depressie was teen daardie tyd so erg dat sy weke lank in die bed gebly en net oor die telefoon sake gedoen het. Soms kon sy nie eens bad of tande borsel nie. Uit vrees vir haar woedeuitbarstings het haar kinders haar vermy.<\/p>\n<p>Katie het 91 kilogram geweeg, engtevrees gehad en in alkohol en pynstillers troos gesoek. Sy was s\u00f3 wantrouig dat sy soms met \u2019n gelaaide geweer onder die bed gaan slaap het. Ten einde raad het sy haar versekeringsmaatskappy gebel. Hulle het haar na \u2019n sentrum vir vroue met eetversteurings verwys.<\/p>\n<p>Daar moes Katie in die solderkamer slaap omdat die ander pasi\u00ebnte vir haar bang was. Sy het op die grond geslaap, want sy het gevoel sy is nie \u2019n bed werd nie. Een oggend het sy wakker geword sonder dat sy geweet het wie sy was.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em><span style=\"text-decoration: underline;\">&#8220;Al my woede, al die gedagtes wat my gery het, my ganse w\u00eareld, was weg. Daar was net vreugde, en ek het gelag&#8221;<\/span><\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Alles was onherkenbaar. Dit was asof iets anders wakker geword en deur my o\u00eb gekyk het. Hierdie \u2018iets\u2019 was een met alles.\u201d Op daardie oomblik het die vier vrae by haar opgekom (sien onder). Kort daarna het sy haarself uit die sentrum ontslaan.<\/p>\n<p>Katie se gesin het nie geweet wat haar getref het nie. Sy kon aanvanklik niks van haar verlede onthou nie. Sy het ophou vleis eet omdat dit haar tong laat bloei het. Sy het vanself 34 kilogram verloor en ure lank gemediteer, soms in die woestyn.<\/p>\n<p>Die woestyn is haar leermeester, s\u00ea sy. \u201cDaar het ek geleer dat alle stresvolle gedagtes \u00f3\u00fa gedagtes is: \u2018niemand verstaan my nie.\u2019 \u2018Ek dien geen doel nie.\u2019 \u2018My kinders dink ek is \u2019n slegte ma.\u2019 In die woestyn het ek gedink ek sal verdwaal of van dors omkom, en dan besef dis nie waar nie. Ek het \u2019n verskriklike vrees vir ratelslange gehad en gedurig verwag een sou my byt. Uiteindelik het ek geleer die verskrikking l\u00ea in my gedagtes &#8211; nie in die werklikheid nie. Dis die \u2018storie\u2019 wat ek vir myself oor die ratelslange vertel het wat my geteister het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em><span style=\"text-decoration: underline;\">&#8220;Die werklikheid is nooit so erg soos ons gedagtes oor die werklikheid nie. \u2019n Gedagte kan so angswekkend soos \u2019n slang wees, maar sodra jy dit ondersoek, sien jy dit was al die tyd net \u2019n tou. Dan maak dit jou nooit weer bang nie.&#8221;<\/span><\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Mettertyd was daar \u2019n toeloop van mense na die gesin se huis. Katie het almal verwelkom en hulle geleer om die vier vrae en die ommeswaai te doen. In 1992 is sy na Noord-Kaliforni\u00eb genooi, en van daar het <em>The Work<\/em> soos \u2019n veldbrand versprei &#8211; na hospitale, tronke, kerke, skole, besighede en ander lande. Vandag is <em>The Work<\/em> gevestig as <em>The Work Foundation<\/em> en <em>Byron Katie International<\/em>.<\/p>\n<p><em>The Work Foundation<\/em> is \u2019n nie-winsgewende organisasie wat die metode w\u00eareldwyd versprei. Optredes is gratis, of kos baie min. <em>Byron Katie International<\/em>, daarteenoor, is \u2019n winsgewende organisasie wat onder meer haar boek, video- en oudiomateriaal verkoop.<\/p>\n<p>Katie se tweede huwelik het onder die veranderings in haar persoonlikheid en leefwyse geswig. Sy is geskei en \u2019n paar jaar gelede met Stephen Mitchell, skrywer, vertaler en medeskrywer van <em>Loving what is<\/em> getroud. Sy is meestal met <em>The Work<\/em> op die pad en neem sover moontlik alle uitnodigings aan.<\/p>\n<p>Krities beskou, bly Byron Katie \u2019n raaisel.<\/p>\n<p>Sy het geen opleiding in die sielkunde, teologie of enige terapievorm nie, tog help sy w\u00eareldwyd mense om heel te word. Noem iemand haar \u2019n leermeester of verligte, lag sy net: \u201cEk is bloot \u2019n vrou wat weet wat seer maak en wat nie. Om stories oor die werklikheid te vertel, maak seer. Om die werklikheid te aanvaar, bring vryheid en liefde. Ek vra maar net die regte vrae.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Daar\u2019s werk<\/h4>\n<p><em>The Work<\/em> is geen kitsoplossing nie. Gereelde werksessies gee die beste resultate. Party mense doen dit alleen (<em>Loving what is<\/em> verduidelik hoe), terwyl ander groepe stig of by opgeleide helpers aanklop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die \u201cOordeel jou naaste\u201d-werkvel<\/h4>\n<p>Beantwoord die vrae reguit en eerlik. Herleef die woede of pyn van die verlede ten volle.<\/p>\n<ol>\n<li>Wie laat jou woedend, teleurgesteld of verward voel en hoekom? Wat is dit omtrent hulle waarvan jy nie hou nie?<\/li>\n<li>Hoe moet hulle verander? Wat moet hulle doen?<\/li>\n<li>Wat behoort hulle te doen, wees, dink of voel? Wat is jou raad aan hulle?<\/li>\n<li>Verlang jy iets van hulle? Wat moet hulle doen sodat jy gelukkig kan wees?<\/li>\n<li>Wat dink jy van hulle? Maak \u2019n lys. Moet hulle nie spaar nie.<\/li>\n<li>Wat wil jy nooit weer deur hul toedoen ervaar nie?<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die vier vrae<\/h4>\n<p>Pas die vrae op elke stelling op jou werkvel toe. Luister na jou binneste; kry jou eie antwoorde &#8211; nie iemand anders s\u2019n of dit wat jy geleer is nie.<\/p>\n<ol>\n<li>Is dit waar?<\/li>\n<li>Weet jy bo alle twyfel dis waar?<\/li>\n<li>Hoe reageer jy wanneer jy hierdie gedagte dink?<\/li>\n<li>Wie sou jy sonder hierdie gedagte wees?<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die ommeswaai<\/h4>\n<p>Draai jou oorspronklike stelling op \u2019n paar maniere om, ruil die name of gebruik die negatiewe vorm. Voel die alternatief vir jou net so waar, of waarder, as die oorspronklike?<\/p>\n<p>Begin nommer 6 op die werkvel met: \u201cEk is gewillig om \u2026 \u201d of \u201cEk sien daarna uit om \u2026 \u201d Jy ervaar dit dalk weer, al is dit net in jou kop. As die gedagte jou gespanne maak, is jy nog nie klaar met <em>The Work<\/em> nie.<\/p>\n<p>*Uit \u2018<em>Loving what is: Four Questions that can Change your Life<\/em>\u2019 deur Byron Katie en Stephen Mitchell, Rider, 2002.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Verwagting pleks van werklikheid<\/h4>\n<p>Dis nie die werklikheid wat ons opdraand gee nie, s\u00ea Katie, maar ons verwagting dat dit \u00e1nders moet wees. Die werklikheid vra nie ons mening nie &#8211; wat is, is. \u201cMense moenie hul beloftes verbreek nie\u201d klink waar, maar is dit? \u201cNee. Hoe weet ek dit? Mense verbreek hul beloftes.<\/p>\n<p>Dit beteken nie ek keur dit goed nie &#8211; ek besef net hoe sake staan. Sonder \u2019n \u2018storie\u2019 daaroor het ek meer energie om my eie beloftes na te kom. En d\u00edt doen ek omdat ek van myself hou as ek my beloftes nakom.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wie se terrein?<\/h4>\n<p>\u201cEk sien net drie soorte terreine in die heelal,\u201d s\u00ea Katie. \u201cMyne, joune en God s\u2019n. Dit wat buite mense se beheer is, is in God se terrein. Baie van ons stres spruit daaruit dat ons buite ons eie terrein leef.<\/p>\n<p>As ek dink my man behoort harder te werk, is ek in sy terrein. As ek my oor vloede bekommer, is ek in God se terrein. Wanneer jy buite jou eie terrein leef, voel jy seergemaak en alleen: as jy besig is om iemand anders se lewe te leef &#8211; om namens hom keuses te maak &#8211; is daar niemand in j\u00f3\u00fa lewe nie. Jy is afgesny van jouself.\u201d<\/p>\n<p>Wanneer jy weer gespanne of ongemaklik voel, kan jy jou gerus afvra in wie se terrein jy is, s\u00ea Katie. \u201cJy sal dalk uitbars van die lag. Dis mateloos bevrydend om voluit in jou eie terrein te leef. En dit maak jou vry om onvoorwaardelik lief te h\u00ea.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan vier vrae jou lewe handomkeer verander sodat jy gelukkiger en vryer leef? Ongetwyfeld, mits dit die nugter Amerikaanse selfhelpghoeroe Byron Katie se op-die-man-af-vrae is, skryf Mariette Snyman.<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":59667,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[6289,24,6288],"class_list":["post-59657","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-emosie","tag-sukses","tag-selfhelp"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Byron Katie se &quot;The Work&quot; | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Byron Katie se &quot;The Work&quot; | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kan vier vrae jou lewe handomkeer verander sodat jy gelukkiger en vryer leef? Ongetwyfeld, mits dit die nugter Amerikaanse selfhelpghoeroe Byron Katie se op-die-man-af-vrae is, skryf Mariette Snyman.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-10-10T12:19:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/katie8.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Nicole Kemp\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\"},\"headline\":\"Byron Katie se &#8220;The Work&#8221;\",\"datePublished\":\"2016-10-10T12:19:22+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/\"},\"wordCount\":2033,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/katie8.jpg\",\"keywords\":[\"emosie\",\"sukses\",\"selfhelp\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/\",\"name\":\"Byron Katie se \\\"The Work\\\" | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/katie8.jpg\",\"datePublished\":\"2016-10-10T12:19:22+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/katie8.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/10\\\/katie8.jpg\",\"width\":600,\"height\":400,\"caption\":\"Byron Katie The Work\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/byron-katie-se-the-work\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Byron Katie se &#8220;The Work&#8221;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\",\"name\":\"Nicole Kemp\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Nicole Kemp\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Byron Katie se \"The Work\" | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Byron Katie se \"The Work\" | rooi rose","og_description":"Kan vier vrae jou lewe handomkeer verander sodat jy gelukkiger en vryer leef? Ongetwyfeld, mits dit die nugter Amerikaanse selfhelpghoeroe Byron Katie se op-die-man-af-vrae is, skryf Mariette Snyman.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-10-10T12:19:22+00:00","og_image":[{"width":600,"height":400,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/katie8.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Nicole Kemp","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Nicole Kemp","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/"},"author":{"name":"Nicole Kemp","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55"},"headline":"Byron Katie se &#8220;The Work&#8221;","datePublished":"2016-10-10T12:19:22+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/"},"wordCount":2033,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/katie8.jpg","keywords":["emosie","sukses","selfhelp"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/","name":"Byron Katie se \"The Work\" | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/katie8.jpg","datePublished":"2016-10-10T12:19:22+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/katie8.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/katie8.jpg","width":600,"height":400,"caption":"Byron Katie The Work"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/byron-katie-se-the-work\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Byron Katie se &#8220;The Work&#8221;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55","name":"Nicole Kemp","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","caption":"Nicole Kemp"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/59657","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=59657"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/59657\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/59667"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=59657"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=59657"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=59657"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}