{"id":5909,"date":"2014-01-17T01:00:00","date_gmt":"2014-01-16T23:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/"},"modified":"2018-04-10T09:43:47","modified_gmt":"2018-04-10T07:43:47","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-8","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Die koi dam<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Terwyl Liesl aantrek, hoor sy die deurklokkie lui. Sy begin haar hemp vasknoop terwyl sy die gang af loop. Sy hoop Herman het al gery want sy is nie lus dat iemand die man so vroegoggend by haar huis sien nie. Maar haar vrees word bewaarheid. Herman is reeds besig om die voordeur oop te maak. Hy het net sy bokser-onderbroek aan en hy is sopnat! Die vermetele vent het toe nie gery soos sy hom geva het nie. Hy het in haar swembad gaan afkoel!<\/p>\n<p>\u201cM\u00f4re m\u00f4re Konrad, lekker om jou weer te sien!\u201d<\/p>\n<p>Liesl sien die skok op Konrad se gesig. Sy o\u00eb beweeg blitsig van Herman se nat kaal bolyf tot by haar hande wat senuagtig vroetel om die laaste knope vas te maak.<\/p>\n<p>\u201cOnderbreek ek iets?\u201d vra hy beskuldigend.<\/p>\n<p>Sy kan aan Herman se gesig sien hy snap die misverstand.<\/p>\n<p>\u201cNee man. Ons het pas ontbyt gehad en ek het bietjie gaan afspoel na die uitputtende nag.\u201d<\/p>\n<p>Die situasie klink en lyk nie goed nie, besef Liesl.<\/p>\n<p>\u201cDis nie soos dit \u2026 Ek bedoel, Herman het my huistoe gebring na Maks begin bykom het.\u201d Sy het geen idee hoekom sy die situasie aan haar ontroue eksman hoef te verduidelik nie, maar sy voel steeds soos \u2019n matriekmeisie wie se ma op \u2019n vurige gevry afgekom het.<\/p>\n<p>Konrad se lippe pers dun op mekaar soos hy altyd doen as hy kwaad is. Sy kan nietemin sien hy verlustig hom in die situasie. Dink seker die bal is nou in haar baan.<\/p>\n<p>\u201cO, ek weet presies hoe dit lyk, Liesl. Is jy so desperaat? \u2019n Wildvreemde man!\u201d<\/p>\n<p>Die situasie gaan handuit ruk, besef Liesl en die woorde kan nie vinnig genoeg kom nie. \u201cHy is nie \u2019n vreemdeling nie, ons het gisteroggend by die universiteit ontmoet, hy is \u2019n vriend van Emily.\u201d<\/p>\n<p>Konrad vou sy arms. Skynbaar baie tevrede met homself dat dit di\u00e9 keer Liesl is wat in \u2019n ongemaklike situasie betrap is en nie hy nie.<\/p>\n<p>\u201cO, Emily? Ek moes kon dink sy is betrokke. Ek het lankal ges\u00ea daardie vrou het \u2019n slegte invloed op jou. Maar hel, Liesl, jy hoef jou nie soos \u2019n slet te gedra nie. Jy is \u2019n vrou van vyftig! Voel lekker om ook agter die deur te staan n\u00e9? Is die onskuldige Liesl toe nie so onskuldig nie?\u201d<\/p>\n<p>Herman het aanvanklik geamuseerd na die situasie staan en luister, maar tree woedend vorentoe tussen Konrad en Liesl in.<\/p>\n<p>\u201cLuister ou Beer, dis nou genoeg. Wat hier aangaan, het sover ek kan aflei eintlik niks met jou te make nie. Ek het Liesl huis toe gebring en \u2026\u201d<\/p>\n<p>Konrad stamp Herman uit die pad. \u201cDit het baie met my te make, dis my kinders se ma wat haar soos \u2019n slet \u2026\u201d Die woorde is skaars uit of Herman lig Konrad aan sy kraag en das op. Sy bene skop benoud in die lug.<\/p>\n<p>Dit moet al die spanning en babalaas wees want Konrad se hulpeloosheid is vir haar skreeusnaaks. Liesl lag histeries.<\/p>\n<p>\u201cWag nou Herman, sit hom neer!\u201d<\/p>\n<p>Konrad trek sy das en hemp verergd reg. \u201cJy sal van my prokureur hoor! En Liesl, betaal jou brak se eie rekening, ek gaan jou <em>boyfriend<\/em> nie ryker maak nie. Jou skynheilige \u2026\u201d<\/p>\n<p>Nie Konrad of Liesl verwag Herman se blitsige optrede nie. Sy vuis skiet soos blits en Konrad trek by die voordeur uit tot binne-in die <em>water feature<\/em> wat hy \u2019n paar jaar gelede vir sy koi laat bou het. Liesl onthou in die breukdeel van die sekonde sy het hom toe al gewaarsku die visdam is te na aan die voordeur. Konrad klim druipnat uit die water en storm op Herman af. Sy staan versteen en kyk hoe twee volwasse mans agtuur die oggend op haar voorstoep stoei.<\/p>\n<p>Asof dinge nie erg genoeg is nie, kom Isa die tuinpaadjie af getrippel. Natuurlik, sy laat Konrad mos nie \u2019n sekonde alleen nie. Sy het seker moeg geword om in die kar te wag. Vrek seker ook van nuuskierigheid. In haar arms het sy \u2019n wit wollerige hondjie wat histeries blaf. Dis asof die diertjie sy eienares se stem naboots.<\/p>\n<p>\u201cKonnie! Konnie!\u201d sy trippel op hakke wat \u2019n sentimeter of wat te hoog vir normale standaard is rondom die mans wie se gestoei tot op die grasperk gevorder het. Vir die wolliewoeps is die opwinding te veel en hy spring uit Isa se arms en blaf happened om die voorstedelike stoeivertoning.<\/p>\n<p>Die groot lag neem Liesl se hele wese oor. Sy gee nie eens om of die bure dalk die eskapade hoor en sien nie.<\/p>\n<p>\u201cWat gaan aan! Is jy mal! Keer hulle!\u201d Dis asof Isa se haarverlengings vanoggend wilder staan.<\/p>\n<p>Trouens, als lyk vir Liesl vanoggend wilder by hierdie huis in die noordelike voorstede waar eens \u2019n skynbare normale ma, pa en twee kinders gewoon het. Maar was hulle ooit normaal? Liesl dink aan haar skildery met die vrou wat deur die <em>white picked fence<\/em> reik om die roos in die tuin te pluk.<\/p>\n<p>Sy weet nou dat sy haarself deur die jare gekul het deur te dink sy het voorstedelike nirvana bereik. Sy moes dit seker al besef het toe Konrad die eerste keer ontrou was. En elke keer daarna. Omdat sy sonder \u2019n pa grootgeword het was dit haar grootste begeerte om net \u2019n normale gesin te h\u00ea. Nou wonder sy of dit hoegenaamd moontlik is. Met al die jare se betrokkenheid by haar kinders se skole het sy ander vroue ontmoet wat net soos sy die skyn van geluk probeer voorhou. Maar agter menige <em>picked fence<\/em> is daar intriges. Soms is dit die ma wat oor die heininkie loer, soms die pa. Dit was vir haar fassinerend om op skoolkomitees te dien en die mense dop te hou. Veral as jy weet van die sleutels wat soms uitgeruil word om \u2019n saai huwelik op te kikker. Selfs as redelik verligte het haar mond oopgehang toe haar kind se Afrikaanse onderwyseres haar nooi na \u2019n partytjie waarop seksspeelgoed verkoop word. \u201cNet vir die pret,\u201d het die vrou verduidelik met wie sy daarna moeilik Ludwig se spelprobleem kon bespreek.<\/p>\n<p>Sy kyk na die spektakel wat voor haar afspeel. Dit lyk soos \u2019n toneel uit \u2019n goedkoop komedie. Daardie soort tonele wat mens soms dink oordrewe is. Maar di\u00e9 een is baie werklik. Die hoofkarakters is haar gewese vennoot in haar huishoudelike droom, beter bekend as die finansi\u00eble direkteur van die magtige myngroep en deesdae, Isa met die <em>big hair and small mind<\/em> se skoothond. (Liesl beken aan haarself sy is intens krities oor Isa, maar dit laat haar vir eers beter voel.) En dan is daar Dr. Harry, die diere se pel, \u2019n man wat sy skaars 24 uur ken en te veel ervaringe en emosies mee gedeel het as waaraan sy nou wil dink.<\/p>\n<p>Eers toe Emily ook op die toneel verskyn, onthou sy van die inkopieterapie waarop hulle sou gaan.<\/p>\n<p>\u201cGoeie genade Liesbet! Jou lewe het opwindend geraak! Waaroor<em> fight <\/em>hulle? Oor jou? Jeez hoe <em>exciting<\/em>! Wie wen? \u2026Ooooeps, dink jy Konrad gaan oukei wees? Harry! Klim af van die man af, hy is baie kleiner as jy!\u201d<\/p>\n<p>Dit klink later of Emily kommentaar lewer by \u2019n stoeigeveg en ook skeidsregter speel. As mens jou verbeelding gebruik, kan jy aan Isa die rol gee van die popsie wat die rondtes aankondig want sy trippel histeries al om die kantlyn. Emily, in haar rol skeidsregter, kry dit darem reg om die twee vegtende manne uitmekaar te kry.<\/p>\n<p>Konrad se wit Italiaanse hemp hang aan flarde. Isa se hondjie speel met sy ontwerpersdas op die gras. Konrad vee met die agterkant van sy hand die bloed van sy neus en mond af. Herman se oog begin toeswel.<\/p>\n<p>\u201cVoel julle seuns nou beter?\u201d vra Emily spottend, maar sy word nie met vriendelike blikke begroet nie.<\/p>\n<p>\u201cPerdedoktertjie, jy het nou die verkeerde man aangevat! Sien jou in die hof!\u201d Liesl kan nie help om Konrad jammer te kry nie. Hy het sleg tweede gekom en dit is sekerlik nie die soort vertoning wat hy voor Isa wou lewer nie. Hy vang Isa se brakkie en storm swetsend die tuinpaadjie af. Isa trippelend agterna.<\/p>\n<p>Herman gaan spoel homself in die swembad af en kom druipstert soos \u2019n seun wat kwaadgedoen het troos soek in die lapa waar Emily en Liesl \u2019n post mortem oor die laaste 24 uur se gebeure hou.<\/p>\n<p>\u201cEn hier het ons die ridder op die perd! Herman, ek vind dit so romanties dat jy Liesl se eer verdedig het. En gisteraand? Dis soos iets waaroor ek \u2019n fliek wil maak!\u201d<\/p>\n<p>Liesl probeer haar onderbreek met besware, maar Herman, wat duidelik weer in \u2019n goeie bui is, kry die oorhand.<\/p>\n<p>\u201cJa, \u2019n man moet maar doen wat \u2019n man moet doen n\u00e9? Ek is net bly Liesl se eks is \u2019n maer outjie, ek is bietjie uit oefening. Het op laerskool laas so \u2019n goeie <em>fight<\/em> gehad.\u201d<\/p>\n<p>Nadat hy weg is, kan Emily dit nie langer hou nie.<\/p>\n<p>\u201cMeisie! <em>Well done<\/em>! Hier begin jou lewe nou eers opwindend raak! As jy my vra, is die egskeiding die beste ding wat jou kon getref het.\u201d<\/p>\n<p>Liesl staan op en haal die pakkie sigarette agter die yskas uit. Sy steek een aan en blaas die rook nadenkend uit en glimlag.<\/p>\n<p>\u201cJa, Em, die keer dink ek jy is reg.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die koi dam Terwyl Liesl aantrek, hoor sy die deurklokkie lui. Sy begin haar hemp vasknoop terwyl sy die gang af loop. Sy hoop Herman het al gery want sy is nie lus dat iemand die man so vroegoggend by [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-5909","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 8 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die koi dam Terwyl Liesl aantrek, hoor sy die deurklokkie lui. Sy begin haar hemp vasknoop terwyl sy die gang af loop. Sy hoop Herman het al gery want sy is nie lus dat iemand die man so vroegoggend by [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-01-16T23:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-10T07:43:47+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8\",\"datePublished\":\"2014-01-16T23:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T07:43:47+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\\\/\"},\"wordCount\":1563,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2014-01-16T23:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T07:43:47+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8 | rooi rose","og_description":"Die koi dam Terwyl Liesl aantrek, hoor sy die deurklokkie lui. Sy begin haar hemp vasknoop terwyl sy die gang af loop. Sy hoop Herman het al gery want sy is nie lus dat iemand die man so vroegoggend by [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-01-16T23:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-10T07:43:47+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8","datePublished":"2014-01-16T23:00:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T07:43:47+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/"},"wordCount":1563,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2014-01-16T23:00:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T07:43:47+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-8\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 8"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5909","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5909"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5909\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5909"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5909"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5909"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}