{"id":5899,"date":"2014-01-13T01:00:00","date_gmt":"2014-01-12T23:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/"},"modified":"2018-07-06T13:21:07","modified_gmt":"2018-07-06T11:21:07","slug":"lipstiffie-se-internasionale-taal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/","title":{"rendered":"Lipstiffie se internasionale taal"},"content":{"rendered":"<p>Ons gaan vir \u2018n jaar Oezbekistan toe,\u201d kondig my aweregse man aan. Teen di\u00e9 tyd skrik ek nie meer as hy met so \u2018n aankondiging kom nie. Ek knik net en gaan stel op die Internet vas waar my pad nou heen loop. Ek is so gemaak en so gelaat staan: As ek iets van \u2018n onderwerp weet, begin ek belang stel en wil meer weet. Die onbekende word \u2018n uitdaging en kort voor lank selfs \u2018n liefde. My gesindheid teenoor Oezbekistan was dus heeltemal reg. Toe ek \u2018n maand later by die lughawe op Tasjkent afklim, was ek selfs toegerus met \u2018n paar Russiese woorde om my gewilligheid te bevestig met wat die lewe my toedeel. Dit was vroeg Saterdagaand en ons het meer as dertig uur van vlieg agter die rug gehad: Sydney, Singapoer, Doebai, Moskou en uiteindelik Tasjkent. Hier wag \u2018n verteenwoordiger van die firma op ons, troos ek myself toe ek die verwaarloosde lughawe deur die rukkende bus se vuil vensters beskou.<\/p>\n<p>Iewers wag \u2018n hotel met \u2018n gerieflike bad en bed. Ons klim langs hope vullis uit en stap in die lang gang af na die visum- en paspoorttoonbanke. Die Oezbeke storm by ons verby en drom om die toonbanke saam met elmbo\u00eb wat oortyd werk. Dis duidelik dat hulle nie graag in rye staan nie, en fisiek om \u2018n beter plek sal beding. Ons wag gedwee by die verligte venster, maar daar is geen teken van \u2018n beampte nie. Uiteindelik maak \u2018n stuurse polisievrou haar opwagting en verstaan my gebaretaal. Sy praat op haar radio\u2019tjie en knik haar kop emosieloos in die rigting van die venster. Ons glimlag dankbaar en verkyk ons aan die Oezbeke se goedige geveg om voor in die skrum te druk by die paspoorttoonbank. Deur glas sien ons die bagasie op die vervoerbande aankom: feitlik geen tasse nie, net bokse en bokse met so hier en daar \u2018n sportsak of \u2018n swart plastieksak met toue vasgebind. Die bagasie val na buite af of na binne om die draaie en stol die hele proses.<\/p>\n<p>Die beweegbare rubberplate op die band lyk soos \u2018n bergie se tande &#8211; hier een en daar \u2018n halwe een. Die gevolg is dat die bagasie nie behoorlik aangestoot word nie. Die beste skrummers onder die passasiers wil hul bokse h\u00ea en klim bloot heen en weer oor die vervoerbande, haal bokse tussenin uit, gee aan en smyt wat nie aan hulle behoort nie sonder seremonie neer. Uiteindelik die immigrasiebeampte. Hy skakel sy rekenaar aan en gaan weer weg. \u201cDis nog Windows 98. Dit vat lank om aan die gang te kom,\u201d fluister my man terwyl hy ons dokumente netjies uitpak vir die beampte se terugkeer. Woordeloos keer die beampte terug, woordeloos bekyk hy ons dokumente, ons gesigte, sy rekenaarskerm en weer ons gesigte. Ek fluister benoud: \u201cOns lyk sowaar slegter as op ons paspoortfoto\u2019s. As jy slegter as jou paspoortfoto lyk, is jy oud, in-der-dagen-sat, klaar-met-die-w\u00eareld. Kyk hy herken my nie eens nie!\u201d teem ek. Iets moes tog vir hom bekend voorgekom het, want n\u00e1 \u2018n lang-lang proses is ons paspoorte gestempel en kan ons die agterhoede by die veel kleiner skrum gaan vorm. Toe praat die beampte vir die eerste keer in daardie allemanstaal waar sekere oorbekende frases ondanks groot afwykings in uitspraak herken word: \u201cTwintig US dollar.\u201d Ons kyk in ons beursies al weet ons dis vergeefs. Ons haal baie Australiese dollars uit, dirhams en my geliefde Suid- Afrikaanse rande, maar die immigrasiebeampte is onwrikbaar. Oezbekistan het \u2018n baie swak verhouding met Amerika, in so \u2018n mate dat die meeste Amerikaners die land verlaat het, maar Amerikaanse dollars is die versoek en Amerikaanse dollars moet dit wees. Ons smeek, ons verduidelik dat ons by die firma se verteenwoordiger die verlangde Amerikaanse dollars sal kan kry. Laat ons net asseblief deur. Maar hy skakel sy stel dat die woord nie \u201casseblief\u201d beteken nie, maar \u201cplesier\u201d. Watter plesier hy gedink het ek beloof so hewig, weet ek nie, maar dit en my beste mimiekpoging oortuig hom om manlief se paspoort terug te gee. Maar myne hou hy.<\/p>\n<p>Die immigrasiebeampte verdwyn met my paspoort in die strak dieptes van die gebou in. Ek gaan sit, soos ek beloof het, gedwee op een van die twee staalstoele in die reusagtige, vuil lokaal. Ek kyk met trane wat dreig hoe Johan deur paspoortbeheer rekenaar af, neem ons paspoorte en draai om deur toe. Johan se gesig is bleek onder die sonbrand en hy bekyk ons tydelike visums deeglik. Daar staan dit duidelik: die verlangde bedrag is reeds betaal. Maar ons beampte staan onwrikbaar by sy een verstaanbare frase. Ek weet met my meer-as-dertig-uurvliegtuig- gesiggie sal ek nie ver kom met vroulike lis nie. Maar ek onthou dat een van die drie Russiese woorde wat ek ken, iets soos asseblief insluit. Eers later sou ek vasen doer ver deur doeane skrum. Die stuurse polisievrou staan wydsbeen met arms agter die rug en staar na my.<\/p>\n<p>N\u00e1 so tien minute sluit die paspoortbeamptes hul hokkies en verdwyn een na die ander agter die immigrasiebeampte aan. Ek kyk om my heen. Die stukkende vervoerband ruk en sug en kom tot stilstand en die laaste bokse het baas gekry. Dis net ek en die polisievrou. Ek waag \u2018n glimlag en sy vererg haar. Die ligte flikker asof hulle ook tot ruste wil kom. Toe tref dit my. Ek sal nie vanaand nog hier kan uitkom nie. Die beamptes is weg. Die gebou loop leeg. Daar is tralies en versperrings. Ek kyk na my handbagasie: my rekenaar, handsak, \u2018n sak met manlief se enigste pak klere en \u2018n nuwe kasjmierjas wat ek hom gemaak koop het vir die Oezbekiese winter met temperature van tot minus 15 grade. Ek glimlag weer floutjies na die polisievrou se kant toe en di\u00e9 keer vererg sy haar bloedig en gluur my verwoed aan. Ek wil huil, maar daardie moedswillige streep wat my so \u2018n aaklige tiener gemaak het, kom n\u00e1 jare weer te voorskyn. Ek sien my grimeersakkie diep onderin my handsak.<\/p>\n<p>Ek stap na die polisievrou en vra liefies na die toilet. Sy beduie met haar kop na die einde van die lang gang waar ons sowat twee uur gelede vol moed ingestap het. Ek s\u00ea beleefd dankie in Russies en stap met my handsak, rekenaar en manlief se enigste pak en nuwe woljas die gang af. My planne is agtermekaar: Ek sal die swart pak oor my klere aantrek en die woljas op die vuil vloer as matras gebruik, maar onderkry, kry die Oezbeke my nie. Ek haal my grimeersakkie uit en sit lipstiffie aan. Ek voel sommer klaar stukke beter. In die verweerde spie\u00ebl sien ek die polisievrou het haar pos verskuif en staan selfs nog suurder in die deur. Wydsbeen, arms agter die rug. Ek draai om en stap na haar toe. In my beste Bolandse Afrikaans s\u00ea ek vir haar: \u201cHaai ou girl, dit lyk my ons het albei \u2018n opkikker nodig.<\/p>\n<p>Daar is niks soos \u2018n lipstiffie vir \u2018n meisie se gemoed nie. D\u00ea, probeer \u2018n bietjie van my cherry blossom.\u201d Wonder bo wonder glimlag sy, maar skud haar kop. Ek pak my grimering weg en besef ek het op Moskou laas \u2018n draaitjie geloop. Die toilette is skoon, maar soos dikwels in Asi\u00eb, net gate in die vloer. Ek het \u2018n eks-kommunistiese polisievrou aan die glimlag gekry, sal \u2018n ou gaatjie in die grond my nou onderkry! Met my rug na die deur vir ingeval die polisievrou haar plig baie ernstig opneem, mik ek my mik en wonder hoe oumense met stywe knie\u00eb die gedoente hanteer. En dis in di\u00e9 onelegante posisie dat ek toe my man se bekommerde stem agter my hoor. Hy roep en bly toe stil. En die volgende oomblik bars ons albei uit van die lag, soveel dat die kwaai polisievrou, wat hom met geweld uit die toilet wil verwyder, hard moet stry teen \u2018n glimlag.<\/p>\n<p>Ek kyk met nuwe o\u00eb na my geliefde, want die gewoonlik vreeslik wetsgehoorsame man het met die regte dollars in die hand, net oor tralies en versperrings geklim. Hy is deur deure met \u201cgeen ingang\u201d in die donker dieptes van die staatsgebou in. Hy het die immigrasiebeampte op die derde verdieping, die paspoortbeampte op die vierde verdieping en die doeanebeampte by die sigaretmasjien opgespoor \u2013 alles om my terug te kry. So stap ek die sterrehemel van Oezbekistan tegemoet, vol moed omdat \u2018n lipstiffie \u2018n internasionale taal praat en die liefde n\u00e1 dertig jaar nog kan blom.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons gaan vir \u2018n jaar Oezbekistan toe,\u201d kondig my aweregse man aan. Teen di\u00e9 tyd skrik ek nie meer as hy met so \u2018n aankondiging kom nie. Ek knik net en gaan stel op die Internet vas waar my pad [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98973,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-5899","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Lipstiffie se internasionale taal | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Lipstiffie se internasionale taal | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons gaan vir \u2018n jaar Oezbekistan toe,\u201d kondig my aweregse man aan. Teen di\u00e9 tyd skrik ek nie meer as hy met so \u2018n aankondiging kom nie. Ek knik net en gaan stel op die Internet vas waar my pad [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-01-12T23:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:21:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"383\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Lipstiffie se internasionale taal\",\"datePublished\":\"2014-01-12T23:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:21:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/\"},\"wordCount\":1421,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg\",\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/\",\"name\":\"Lipstiffie se internasionale taal | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg\",\"datePublished\":\"2014-01-12T23:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:21:07+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg\",\"width\":383,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lipstiffie-se-internasionale-taal\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Lipstiffie se internasionale taal\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Lipstiffie se internasionale taal | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Lipstiffie se internasionale taal | rooi rose","og_description":"Ons gaan vir \u2018n jaar Oezbekistan toe,\u201d kondig my aweregse man aan. Teen di\u00e9 tyd skrik ek nie meer as hy met so \u2018n aankondiging kom nie. Ek knik net en gaan stel op die Internet vas waar my pad [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-01-12T23:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:21:07+00:00","og_image":[{"width":383,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Lipstiffie se internasionale taal","datePublished":"2014-01-12T23:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:21:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/"},"wordCount":1421,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg","articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/","name":"Lipstiffie se internasionale taal | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg","datePublished":"2014-01-12T23:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:21:07+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Lipstiffie-se-internasional-taal.jpeg","width":383,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lipstiffie-se-internasionale-taal\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Lipstiffie se internasionale taal"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5899","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5899"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5899\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98973"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5899"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5899"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5899"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}