{"id":58626,"date":"2016-09-15T15:27:25","date_gmt":"2016-09-15T13:27:25","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=58626"},"modified":"2016-09-15T15:27:25","modified_gmt":"2016-09-15T13:27:25","slug":"sonate-hoofstuk-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/","title":{"rendered":"Sonate, hoofstuk 1"},"content":{"rendered":"<h4><em>Hoofstuk een<\/em><\/h4>\n<p>Die oggendson maak skrefies op die herfsblare op die mat. In die strale dans klein stofdeeltjies op die maat van Beethoven se Maanligsonate. Die leunstoele in die ouetehuis se sitkamer is leeg. Voor die klavier sit \u2019n skraal vrou. Haar krom lyf beweeg met emosie saam met haar hande wat soos die van \u2019n jong vrou oor die klawers speel.<\/p>\n<p>\u2019n Versorger in \u2019n blou uniform staan skuins agter haar. Sy luister na die klavierspel. Sy hou \u2019n koppie tee in haar hande. As die laaste note weerklink, stap sy nader. Sy praat met die ouer vrou, maar sy hoor skynbaar nie.<\/p>\n<p>\u201cTannie Ansa? Ons is weer v\u00ear vandag. Kuier ons in ons eie kop? Ek s\u00ea, hier is Tannie se tee! Tannie speel weer so mooi vandag.\u201d<\/p>\n<p>Die ouer vrou draai om en glimlag ondeund.<\/p>\n<p>\u201cEk hoor jou, Emma, dis my brein wat gaan, nie my ore nie!\u201d<\/p>\n<p>Ansa staan op en gaan sit op een van die rusbanke. Sy klop gebiedend met haar hand op die kussing langs haar. Emma gaan sit gehoorsaam en hou die tee na haar uit.<\/p>\n<p>\u201cWat boer Tannie weer so vroeg voor die klavier?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk\u2019t niks geslaap nie, Emmatjie. Bly jy is weer aan diens. Die nagspan is so treurig en kla heeltyd.\u201d<\/p>\n<p>Emma lag.<\/p>\n<p>\u201cJa, ek hoor hulle kla dat Tannie die hele nag klavier wil speel! Matrone s\u00ea ook die Tannies van gang vyf het gekla oor Tannie se musiekuitvoerings deur die nag. Mevrou Kruger s\u00ea glo sy het jare gelede van Tannie se konserte bygewoon, maar toe het Tannie nie so dieselfde ding oor en oor gespeel nie.\u201d<\/p>\n<p>Ansa snork verontwaardig.<\/p>\n<p>\u201cDis nie \u2019n ding nie, dis Beethoven se Maanligsonate! Gaan s\u00ea jy dit vir ou Kruger. En s\u00ea sommer vir haar ek oefen vir \u2019n groot konsert.\u201d<\/p>\n<p>Emma pof die kussings agter die ouer vrou se rug reg.<\/p>\n<p>\u201dRegtig, Tannie Ansa? Gaan ons weer konsert hou?\u201d<\/p>\n<p>Ansa sit die koppie langs haar neer. Sy staan op en stap weer klavier toe.<\/p>\n<p>\u201cMiskien die keer in die Nico Malan. Jy kan heel voor sit. In die middel.\u201d<\/p>\n<p>Emma staan op en gaan sit op die stoel die naaste aan die klavier. Sy vou haar hande op haar skoot asof sy na \u2019n uitvoering luister.<\/p>\n<p>\u201cIn die voorste ry. Net so my Tannie.\u201d<\/p>\n<p>Ansa se hande streel oor die klawers.<\/p>\n<p>\u201cEk sal die beste uit my repertoire speel. Foutloos, soos met my Europese toer van 84. Jy sal sien. Die resensente sal skryf: \u2018Ansa Duvenhage se laaste kragtoer\u2019. Hulle sal onthou &#8230; onthou hoe ek gespeel het voor ek \u00a0&#8230;\u201d<\/p>\n<p>\u201cTannie sal daardie aand nie een noot vergeet nie. Dit sal so \u2019n pragtige konsert wees!\u201d<\/p>\n<p>Die ouer vrou staan op en buig voor Emma wat lustig hande klap.<\/p>\n<p>\u201cEk sal \u2019n staande ovasie kry. Maar ek mag nie foute maak nie. Ek sien nie weer kans vir &#8230; ek moet hulle wys ek kan nog.\u201d<\/p>\n<p>Sy begin huil en Emma staan besorgd nader.<\/p>\n<p>\u201cDit was vreeslik. Die gejou. Ek hoor dit nog in die nag. Ek sal speel tot ek dit nie meer kan hoor nie. Hoor jy?\u201d<\/p>\n<p>Emma druk die ou vrou teen haar vas.<\/p>\n<p>\u201cMoenie onsteld raak nie, niemand gaan Tannie uitjou nie. \u201c<\/p>\n<p>Ansa kyk bang na haar versorger.<\/p>\n<p>\u201cS\u00ea nou ek raak daardie aand deurmekaar? Sal jy naby wees as ek vergeet? Sal jy gou die gordyne toetrek? Hulle mag my nie so sien nie. Nie weer nie. Sal jy?\u201d<\/p>\n<p>Emma paai en troos. Sy neem Ansa se hand en begin stadig die gang af stap.<\/p>\n<p>\u201cTyd om kamer toe te gaan, Tannie. Ek sal daar wees, rustig nou. Ek is mos nou aan diens. Ek is hier in die gang. Lui net die klokkie. Maar gaan rus nou eers. Ons kan later weer vir die groot konsert oefen.\u201d<\/p>\n<p>Ansa sit op die kant van die bed terwyl Emma haar skoene uittrek. Die jonger vrou tel haar voete op die bed en trek die kussings reg. Sy trek die gordyne toe.<\/p>\n<p>\u201cEmma? My gedagtes, dit raak elke dag al meer weg. Ek vergeet. Dit voel of \u2026 of iemand die gordyne oor my onthou toetrek.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">***<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2019n Middeljarige man trek die gordyne in sy musiekkamer toe. Hy maak die klavier oop en gaan sit op die klavierstoeltjie. Hy klop met sy hand op die oop spasie langs hom. \u2019n Dogtertjie staan eenkant. Sy beweeg stadig nader as hy weer op die stoel klop.<\/p>\n<p>\u201cKom, kom, Ansatjie. Tyd om te oefen. Wys my hoe mooi jy geoefen het.\u201d<\/p>\n<p>Die kind snik-huil saggies. Die man neem haar ferm aan die hand en trek haar tot langs hom.<\/p>\n<p>\u201cNee, oom Stan, ek hou van die gordyne oop. Dan kan Mamma sien as &#8230;&#8221;<\/p>\n<p>Sy wip van die stoeltjie af en gaan staan weer \u2019n entjie weg van die man.<\/p>\n<p>\u201cWeet Oom wat? My mamma gaan vandag vroeg kom, Oom sal sien!\u201d<\/p>\n<p>Die man staan op en neem die kind weer aan die hand. Sy trek weg van hom af en huil saggies.<\/p>\n<p>\u201cKom nou Ansa, jou mamma het sustervergadering. Sy kom nie vroeg nie. Sy het juis gevra jy moet vandag langer bly. Maar jy is mos veilig hier by my, my grootnooi?\u201d<\/p>\n<p>Ansa huil harder.<\/p>\n<p>\u201cKom sit hier langs my. Jy oefen mos spesiaal vir my? Ek luister net vanoggend weer so na Annine en ek dink by myself, daardie Ansa, sy speel baie mooier as Annine. My klein Ansa met die bokstertjies wat so wip-wip as sy speel.\u201d<\/p>\n<p>Die man sit sy arm om die snikkende kind. Sy beur weg.<\/p>\n<p>\u201cNee, Oom Stan, ek kry so koud as die gordyne toe is.\u201d<\/p>\n<p>Die man trek haar stywer teen hom vas.<\/p>\n<p>\u201cKom nou, Ansatjie. Skuif die beentjies styf teen my. Laat ek hulle warm vryf.\u201d<\/p>\n<p>Die kind skop teen die klavier en beur weg.<\/p>\n<p>\u201cNee! Ek wil nie! My mamma kom nou!\u201d<\/p>\n<p>Die man tel die spartelende kind op sy skoot.<\/p>\n<p>\u201cKom, kom. Op my skoot. Oepsiedaisie, maar jy word groot! Voel die boudjies is al so lekker rond en sag.\u201d<\/p>\n<p>Die kind huil klaend. Sy stoei om uit die man se greep los te kom.<\/p>\n<p>\u201cMamma kom netnou, Oom sal sien.\u201d<\/p>\n<p>Die man skuif haar van sy skoot af op die klavierstoeltjie.<\/p>\n<p>\u201cEn dan sal sy seker wil hoor of jy mooi gespeel het? Jy het mos geoefen?\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">***<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die dogtertjie sit voor \u2019n klavier in \u2019n ruim sitkamer. Haar ma staan agter haar terwyl sy \u2019n eenvoudige kinderstuk hortend op die klavier tokkel. Die kind snik tussen die note deur.<\/p>\n<p>\u201cJy kan maar huil dat die kranse antwoord gee, Ansa!\u00a0 Jy sal oefen tot jy dit glad speel!<\/p>\n<p>Jy gaan nie Oom Stan se tyd mors nie! Jy is die een wat musiekles wou neem. Wil mos als doen wat Annine doen. Oom Stan het genoeg werk as orrelis. Hy hoef nie die dominee se stoute kind te leer nie. Hy doen ons \u2019n guns!\u201d<\/p>\n<p>Die kind buig vooroor en huil onbedaarlik.<\/p>\n<p>\u201cMamma, my magie is seer!\u201d<\/p>\n<p>Die vrou dwing die kind regop.<\/p>\n<p>\u201cAnsa, moenie weer daarmee begin nie. Sit regop en speel!\u201d<\/p>\n<p>Die kind speel huilend voort.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">***<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die kind speel dieselfde hortende stuk in Stan se musiekkamer.<\/p>\n<p>\u201cMy magie pyn, oom Stan, ek kan nie speel nie.\u201d<\/p>\n<p>Die man tel die kind se rokkie op. Sy probeer opstaan, maar hy hou haar vas.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKom, laat ek die magie vryf, dan voel my grootnooi beter.\u201d<\/p>\n<p>Die kind stoei huilend met die man.<\/p>\n<p>\u201cNee, moenie. Asseblief, Oom maak my seer!\u201d<\/p>\n<p>Die man se asem jaag. Die kind kerm harder.<\/p>\n<p>\u201cMamma, Mamma moet vandag vroeg kom. Mamma het belowe!\u201d<\/p>\n<p>Sy wriemel haar los en gaan staan v\u00ear van die man.<\/p>\n<p>\u201cKom nou, Ansatjie. Jy is so \u2019n spesiale dogtertjie, weet jy? Die mooiste. Ek s\u00ea altyd vir jou mamma, Mevrou, U en Dominee is so gelukkig. Julle Ansa, sy gaan dit nog v\u00ear bring. So talentvol.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>SONATE is deur Martie Swanepoel as drama vir RSG geskryf. Dit het \u2019n Sanlam-silwerprys vir drama gewen. Sy het dit vir rooi rose se lesers verwerk as \u2019n vervolgverhaal. Die verhaal raak sensitiewe kwessies aan soos kindermolestering. Die hoofkarakter, Ansa, is \u2019n voormalige konsertpianis wat aan die beginfase van Alzheimer se siekte is. Sy vertel grepe van haar verhaal aan Emma, haar versorger in die tehuis vir bejaardes. Die verhaal is gelaai met terugflitse waarmee Ansa die leser op haar tragiese lewensreis neem.<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":58630,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[4119,1027,1518],"class_list":["post-58626","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-vervolgverhaal","tag-boeke","tag-kortverhaal"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Sonate, hoofstuk 1 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sonate, hoofstuk 1 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"SONATE is deur Martie Swanepoel as drama vir RSG geskryf. Dit het \u2019n Sanlam-silwerprys vir drama gewen. Sy het dit vir rooi rose se lesers verwerk as \u2019n vervolgverhaal. Die verhaal raak sensitiewe kwessies aan soos kindermolestering. Die hoofkarakter, Ansa, is \u2019n voormalige konsertpianis wat aan die beginfase van Alzheimer se siekte is. Sy vertel grepe van haar verhaal aan Emma, haar versorger in die tehuis vir bejaardes. Die verhaal is gelaai met terugflitse waarmee Ansa die leser op haar tragiese lewensreis neem.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-09-15T13:27:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/Swart-en-wit-klavier.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"900\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Sonate, hoofstuk 1\",\"datePublished\":\"2016-09-15T13:27:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/\"},\"wordCount\":1313,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/09\\\/Swart-en-wit-klavier.jpg\",\"keywords\":[\"vervolgverhaal\",\"Boeke\",\"kortverhaal\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/\",\"name\":\"Sonate, hoofstuk 1 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/09\\\/Swart-en-wit-klavier.jpg\",\"datePublished\":\"2016-09-15T13:27:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/09\\\/Swart-en-wit-klavier.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/09\\\/Swart-en-wit-klavier.jpg\",\"width\":900,\"height\":600,\"caption\":\"swart-en-wit-klavier\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonate-hoofstuk-1\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sonate, hoofstuk 1\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sonate, hoofstuk 1 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Sonate, hoofstuk 1 | rooi rose","og_description":"SONATE is deur Martie Swanepoel as drama vir RSG geskryf. Dit het \u2019n Sanlam-silwerprys vir drama gewen. Sy het dit vir rooi rose se lesers verwerk as \u2019n vervolgverhaal. Die verhaal raak sensitiewe kwessies aan soos kindermolestering. Die hoofkarakter, Ansa, is \u2019n voormalige konsertpianis wat aan die beginfase van Alzheimer se siekte is. Sy vertel grepe van haar verhaal aan Emma, haar versorger in die tehuis vir bejaardes. Die verhaal is gelaai met terugflitse waarmee Ansa die leser op haar tragiese lewensreis neem.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-09-15T13:27:25+00:00","og_image":[{"width":900,"height":600,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/Swart-en-wit-klavier.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Sonate, hoofstuk 1","datePublished":"2016-09-15T13:27:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/"},"wordCount":1313,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/Swart-en-wit-klavier.jpg","keywords":["vervolgverhaal","Boeke","kortverhaal"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/","name":"Sonate, hoofstuk 1 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/Swart-en-wit-klavier.jpg","datePublished":"2016-09-15T13:27:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/Swart-en-wit-klavier.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/Swart-en-wit-klavier.jpg","width":900,"height":600,"caption":"swart-en-wit-klavier"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonate-hoofstuk-1\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sonate, hoofstuk 1"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/58626","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=58626"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/58626\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/58630"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=58626"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=58626"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=58626"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}