{"id":57971,"date":"2016-09-05T11:26:36","date_gmt":"2016-09-05T09:26:36","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=57971"},"modified":"2016-09-06T20:26:07","modified_gmt":"2016-09-06T18:26:07","slug":"samara-die-warm-hart-van-die-karoo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/","title":{"rendered":"Samara: die warm hart van die Karoo"},"content":{"rendered":"<p>Ons was so gelukkig om vroe\u00ebr vanjaar \u2019n uitnodiging te kry om die gasvryheid te gaan geniet van \u2019n baie spesiale plek. <em><strong>Samara Private Game Reserve<\/strong><\/em> is \u2019n privaatwildtuin van 28,300 hektaar, gele\u00eb in die Oos-Kaap. Samara dateer oorspronklik van 1997 en is saamgestel uit \u2019n netwerk van 11 voormalige veeplase in die Karoo wat ontstaan het uit \u2019n visie om die streek te herstel tot sy oorspronklike natuurlike staat.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Bewaringsfokus<\/h4>\n<p>In die jaar 2000 het Mark en Sarah Tompkins die eerste plaas, <em>Monkey Valley<\/em>, gekoop en mettertyd uitgebrei tot die volhoubare bewaringsgebied wat dit nou is. Sarah is steeds die direkteur van Samara, en haar dogter Isabelle is die volgende geslag wat nou die leisels begin oorneem. Die bewaringsgebied is baie divers en sluit digte bosse, berge en valleie in en beslaan ook \u2019n unieke plato wat bestaan uit grasveld. Oor die jare is aangeplante uitheemse plante en bome verwyder en die groei van inheemse plantegroei aangemoedig wat tot die bestaande ekosisteem gelei het soos dit nou daar uitsien. Daar word ook baie nou saam met ekologiese organisasies gewerk, en hulle fokus tans op uitgebreide aanplantings van die inheemse wonderplant, die spekboom. Dis \u2019n pioniersplant wat ook as veevoeding kan dien en veral ander inheemse plantegroei kan help om weer \u2019n vastrapplek te kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-57993 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3255.jpg\" alt=\"samara-warm-hart-van-karoo-DSC_3255\" width=\"448\" height=\"297\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Gul verwelkoming<\/h4>\n<p>Ons het die Sondag omtrent so 12:00 op Samara aangekom, en is verwelkom deur \u2019n heerlike middagete op die groot stoep. Daarna kon ons uitpak en lekker rustig raak in ons lieflike huis met elke gerief wat jy moontlik kon of wou h\u00ea. Die verwelkoming is uiters spesiaal en alles moontlik word gedoen om jou tuis te laat voel. Die personeel is deurgaans hartlik en vriendelik en net mooi niks is te veel moeite nie. Moekie (Veronica le Gransie) en haar span is onge\u00ebwenaard as dit daarby kom om jou welkom te laat voel. Margie Varney is die algemene bestuurder van Samara en is deurgaans betrokke by die welstand van gaste. Etes is hoogtepunte en deur die loop van die drie dae wat ons daar deurgebring het, het die maaltye op die spyskaart gewissel van wildschnitzel tot skaapboud en vis, met \u2019n pikante beesstert die laaste aand, volop groentedisse, koel slaaie en dekadente nageregte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Skakel af!<\/h4>\n<p>Daar is WiFi in die hoofgebou, maar vir die res kan jy gerus jou elektroniese toestelle\u00a0afskakel en die omgewing indrink om net totaal van alles te vergeet en wonderlik te rus. Bring gerus \u2019n verkyker, sonroom, hoed, sonbril en stapskoene asook warm klere vir die skielike aandkoue.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-57998 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3124.jpg\" alt=\"samara-warm-hart-van-karoo-DSC_3124\" width=\"448\" height=\"297\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Van erdvarke tot jagluiperds<\/h4>\n<p>Rondom 15:30 vertrek ons toe saam met Jan Dunn, wildbewaarder extraordinaire, op ons eerste middag-wildrit. Daar is wyd gery en rondgekyk, nader kennis gemaak met erdvarkgate wat oral volop is, en baie geleer oor die termietneste waarop die erdvarke juis teer. Dit was interessant om die wildrit te deel met \u2019n lieflike gesin uit Nederland met tienerkinders, ware liefhebbers van die veld wat veral baie belang gestel het in vo\u00ebls. Na \u2019n kort aandrit om die omgewing te verken het ons \u2019n smaaklike aandete saam genuttig en heerlike rooiwyn geniet. Daar het toe ook \u2019n jong paartjie by ons aangesluit wat vir die eerste keer sonder hul jong kind se geboorte \u2019n bietjie weggeglip het Karoo toe vir \u2019n rustydjie, en veral wou inhaal op verlore slaap. Die Karoo is voorwaar \u2019n magiese plek. Die natuurskoon is so ongerep en ongelooflik divers. N\u00earens ter w\u00eareld sien jy die sterre soos daar nie, hulle hang letterlik soos lae ligte aan die hemelruim.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-58003 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3240.jpg\" alt=\"samara-warm-hart-van-karoo-DSC_3240\" width=\"448\" height=\"297\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis amper gewaarborg dat jy jagluiperds sal sien aangesien hulle elektroniese nekbande dra. Tydens Maandag se oggendrit neem wildbewaarder Jan Dunn ons met die wildvoertuig tot naby, maar ons stap die laaste entjie tot binne \u2019n paar tre\u00eb van \u2019n jong jagluiperd waar sy salig uitgestrek onder \u2019n boom l\u00ea. Dit was eenvoudig \u2019n ongelooflike belewenis. Met die middagrit het ons weer te voet tot baie naby \u2019n kameelperd kon kom.<\/p>\n<p>Ons was so gelukkig om ook aan die begin van ons laatmiddag uitry \u2019n erdvark oor die pad te sien draf. Dit was ongelooflik om die komieklike bleekwit dier met sy lang snoet in daglig te gewaar. Weer raadpleeg Jan die elektroniese toerusting en neem ons tot binne \u2019n paar honderd tre\u00eb van drie wit renosters waar hulle rustig wei. Daar is heelwat damme, met baie watervo\u00ebls, en Jan doen moeite om die vo\u00eblliefhebbers se lysies te help aangroei. Gedurende die aandrit maak ons kennis met die skielike koue wat die Karoo saans kenmerk, en ons hoor kort-kort bobbejane veraf blaf. Maar knus onder komberse in die veldvoertuig is ons aan die saligheid oorgegee \u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-57990 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3146.jpg\" alt=\"samara-warm-hart-van-karoo-DSC_3146\" width=\"448\" height=\"297\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Oorvloed aan wild en vo\u00ebls<\/h4>\n<p>Daar is \u2019n hele paar troppe wilde bobbejane. Hulle kuier soms op die werf rond, maar hou meestal by hulleself. Daar is ook troppe en troppe blou-ape wat tans deur Australiese navorsers bestudeer word. Die primate is glad nie indringerig of lastig nie, omdat hulle heeltemal wild is en die navorsing aan streng regulasies onderwerp is sodat die diere nie aan mense se nabye teenwoordigheid gewoond kan word nie, en veral nie mense met kos leer vereenselwig nie.<\/p>\n<p>Ek het vir die eerste keer ook kennis gemaak met elande, daardie trotse diere wat oral in Santekeninge verewig is. Hulle is baie groter as wat ek my voorgestel het, en daar is troppe van hulle op Samara. Omdat die omgewing so divers is, is daar in die verskillende klimaatstreke \u2019n verskeidenheid diere te vinde. In die laagliggende dele sien \u2019n mens veral blouwildebeeste en sebras, maar bo-op die plato is daar ook swartwildebeeste en kwaggas. Ons het in ons tydjie in die veld daar vyf bakoorjakkalse gesien en \u2019n gebande muishond. Tel daarby die talle koedoes, rooi hartebeeste, rooibokke, gemsbokke en duikers wat ons gesien het, en jou beker loop oor. Boonop is die plek \u2019n vo\u00eblkykersparadys met tot 225 spesies wat daar voorkom! Die uitsig vanaf die plato oor die vlaktes van die Kamdebo het behoorlik ons asems weggeslaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-58005 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3038.jpg\" alt=\"samara-warm-hart-van-karoo-DSC_3038\" width=\"448\" height=\"297\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Bederfverblyf<\/h4>\n<p>Ons akkommodasie was luuks en ons is behoorlik bederf. As jy saans na aandete kamer toe gaan, is jou warm bad reeds getap en jou sagte handdoeke hang aan \u2019n verwarmde reling. Voeg daarby die elektriese kombers en die vereduvet op die salige dubbelbed en jy\u2019s in Karoohemel. Smiddae na ete kan jy in jou rietdakhuisie op heerlik gemaklike rusbanke \u2019n middagslapie geniet, of buite op die patio uitstrek en luiweg \u2019n boek deurblaai. Daar is ook fasiliteite vir koffie en tee (en beskuit en koekies!)en \u2019n yskas met lekker koue water of ander drinkgoed.<\/p>\n<p>Die fasiliteite is baie goed, en daar is \u2019n lapa vir buite kuier as die weer dit toelaat en \u2019n yslike swembad waarin kinders kan afkoel en baljaar. Die lieflike tuine met pragtige koeltebome en grasperke met blomme en struike lok jou buite toe. Jy maak ook op jou omwandeling rondom die pragtige herehuis kennis met \u2018n yslike skilpad of drie wat die tuin bevolk. Di\u00e9 huis is die hoofgebou met twee yslike gesinskamers en beslaan ook die restaurant en kroeg, asook die kantore en \u2019n winkeltjie met interessante snuisterye en pragtige artikels wat in die omgewing gemaak word. Die bre\u00eb kuierstoepe aan twee kante is kenmerkend van die gasvryheid van die Karoo.<\/p>\n<p>Die res van die verblyf bestaande uit die individuele huise is almal net ver genoeg van mekaar gele\u00eb vir privaatheid en die stilte van die Karoo. \u2019n Voetpad waarlangs daar saans ligte brand verbind die huise met mekaar en die hoofgebou. Bowendien word jy altyd vir jou veiligheid in die donker na jou kamer vergesel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-58000 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3088.jpg\" alt=\"samara-warm-hart-van-karoo-DSC_3088\" width=\"448\" height=\"297\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Samara se besonderhede<\/h4>\n<p>Samara is 40 minute van Graaff-Reinet\u00a0en 2.5 uur se ry van Port Elizabeth gele\u00eb<\/p>\n<p>Petersburg Road (afdraai op die pad na Pearston, R63, Graaff-Reinet, 6280)<\/p>\n<p>Posbus 649, Graaff-Reinet, 6280<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.samara.co.za\" target=\"_blank\">www.samara.co.za<\/a><br \/>\nBesprekings: +27 (0)31 262 032427 | (0)31 262 0324 en <a href=\"mailto:reservations@samara.co.za\" target=\"_blank\">reservations@samara.co.za<\/a><br \/>\nLodge: +27 (0) 49 891 0880 | +27 (0) 49 891 0880 | Faks: +27 (0) 49 892 4339<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-58007 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3185.jpg\" alt=\"samara-warm-hart-van-karoo-DSC_3185\" width=\"448\" height=\"297\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons redakteur, Martie Pansegrouw, beskryf \u2019n besoek aan die luukse Samara-privaatwildtuin in die Oos-Kaap, waar jy binne \u2019n paar tre\u00eb  van \u2019n luiperd kan staan, helder oordag \u2019n erdvark kan sien, en jou sommet net aan die saligheid van rus in die natuur kan oorgee. Foto&#8217;s Kerstin Bouckaert <\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":57994,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968,3476],"tags":[4622,157,158],"class_list":["post-57971","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","category-ontspanning","tag-natuurreservaat","tag-vakansie","tag-reis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Samara: die warm hart van die Karoo | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Samara: die warm hart van die Karoo | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons redakteur, Martie Pansegrouw, beskryf \u2019n besoek aan die luukse Samara-privaatwildtuin in die Oos-Kaap, waar jy binne \u2019n paar tre\u00eb van \u2019n luiperd kan staan, helder oordag \u2019n erdvark kan sien, en jou sommet net aan die saligheid van rus in die natuur kan oorgee. Foto&#039;s Kerstin Bouckaert\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-09-05T09:26:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-09-06T18:26:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3294.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"448\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"297\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Samara: die warm hart van die Karoo\",\"datePublished\":\"2016-09-05T09:26:36+00:00\",\"dateModified\":\"2016-09-06T18:26:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/\"},\"wordCount\":1326,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/09\\\/DSC_3294.jpg\",\"keywords\":[\"natuurreservaat\",\"vakansie\",\"reis\"],\"articleSection\":[\"Reis\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/\",\"name\":\"Samara: die warm hart van die Karoo | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/09\\\/DSC_3294.jpg\",\"datePublished\":\"2016-09-05T09:26:36+00:00\",\"dateModified\":\"2016-09-06T18:26:07+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/09\\\/DSC_3294.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/09\\\/DSC_3294.jpg\",\"width\":448,\"height\":297},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Samara: die warm hart van die Karoo\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Samara: die warm hart van die Karoo | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Samara: die warm hart van die Karoo | rooi rose","og_description":"Ons redakteur, Martie Pansegrouw, beskryf \u2019n besoek aan die luukse Samara-privaatwildtuin in die Oos-Kaap, waar jy binne \u2019n paar tre\u00eb van \u2019n luiperd kan staan, helder oordag \u2019n erdvark kan sien, en jou sommet net aan die saligheid van rus in die natuur kan oorgee. Foto's Kerstin Bouckaert","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-09-05T09:26:36+00:00","article_modified_time":"2016-09-06T18:26:07+00:00","og_image":[{"width":448,"height":297,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3294.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Samara: die warm hart van die Karoo","datePublished":"2016-09-05T09:26:36+00:00","dateModified":"2016-09-06T18:26:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/"},"wordCount":1326,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3294.jpg","keywords":["natuurreservaat","vakansie","reis"],"articleSection":["Reis","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/","name":"Samara: die warm hart van die Karoo | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3294.jpg","datePublished":"2016-09-05T09:26:36+00:00","dateModified":"2016-09-06T18:26:07+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3294.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/DSC_3294.jpg","width":448,"height":297},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/samara-die-warm-hart-van-die-karoo\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Samara: die warm hart van die Karoo"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/57971","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=57971"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/57971\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/57994"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=57971"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=57971"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=57971"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}