{"id":57775,"date":"2016-08-29T15:44:16","date_gmt":"2016-08-29T13:44:16","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=57775"},"modified":"2016-11-21T10:41:58","modified_gmt":"2016-11-21T08:41:58","slug":"splinters-hoofstuk-20","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/","title":{"rendered":"Splinters, hoofstuk 20"},"content":{"rendered":"<h4><em>Tjorts<\/em><\/h4>\n<p>Sy draai die truspie\u00ebltjie skuins. Maak haar vol lippe vir oulaas rooi. Sy glimlag vir haar beeld.<\/p>\n<p>\u201c<em>Good luck<\/em>, Dolla!\u201d<\/p>\n<p>Sy kyk in die rigting van die glaspaleis oorkant die straat. Regs van die huis strek die stad uit in die verte van die sonsondergang. Sy was nog altyd verlief op hierdie uitsig vanaf Northcliff-koppie. Sy en Eben het baie heildronke op sonsondergange gedrink vanaf die uitsig van sy jacuzzi op sy dek. Daar was tye dat sy gedroom het hoe sy die <em>missus<\/em> van die huis teen die rykmanskoppie sal word.<\/p>\n<p>Nadat sy die vorige week die dokumente van die private speurder ontvang het, weet sy sy was eintlik net die <em>mistress<\/em>. Olivia die <em>mistress.<\/em><\/p>\n<p>Die lang tre\u00eb skuins oor die teer verraai haar ervaring as oud-loopplankmodel. Dis waar Eben haar die eerste keer gesien het. Toe oortuig hy haar daar wag \u2019n blinker toekoms aan sy sy. As &#8230; hy eers sy vrou verlaat het. Esther, dit is sy wat die meeste van die dokumente vir die speurder gegee het. Dokumente en gesinsfoto\u2019s. Foto\u2019s van romantiese aande saam met haar eggenoot.<\/p>\n<p>Olivia draai haar sleutel in die slot. Eben kyk verras op as sy skielik voor sy lessenaar staan.<\/p>\n<p>\u201cHallo my <em>Baby<\/em>.\u201d Sy gaan sit soos altyd met haar agterstewe op die lessenaar se rant en draai skuins na hom.<\/p>\n<p>Sy ken hom. Sy kan sien hy is ontsenu en dat die ratjies van sy brein agter sy groen o\u00eb oortyd werk. Dis wat hy doen as hy homself glibberig uit \u2019n situasie wil wriemel.<\/p>\n<p>\u201cOlivia, jy het nie laat weet jy kom nie?\u201d Die effense hakkel in sy stem verraai sy paniek. Na vyf jaar ken sy haar <em>Baby<\/em> goed.<\/p>\n<p>\u201cHet ek jou verras, my <em>Baby<\/em>? Jy was stil die afgelope twee weke. Seker besig om jou voor te berei op Esther se terugkeer uit Kaapstad? Sak en pak die keer, hoor ek? Lyk my jou dae as Pendel-eggenoot is verby?\u201d<\/p>\n<p>Sy sien hy sluk swaar aan sy addamsappel. Haar <em>Baby<\/em> is erg ontsenu. Daar is mikroskopies klein sweetdruppeltjies op sy voorkop. Arme Ebie.<\/p>\n<p>Sy skiet die bruin koevert met dokumente oor die tafel.<\/p>\n<p>\u201cEk is blond, Eben, bottelblond. Ek is ni\u00e9 <em>stupid<\/em> nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy begin weer hakkelend praat, maar sy leun vooroor en sit haar lang vingernael op sy lippe.<\/p>\n<p>\u201cSjhhh, Ebie. Nie nou tyd vir jou gladde bekkie nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy kyk op haar horlosie en dan vermakerig na hom. \u201cDrie, twee, een &#8230;\u201d Sy wag \u2019n sekonde. Haar foon lui. \u201cEk het die deur oopgelos.\u201d Sy knipoog vir Eben. \u201cJou gelukkige dag, Ebie!\u201d<\/p>\n<p>Twee vroue stap by die deur in.<\/p>\n<p>Olivia gee \u2019n laggie. \u201cVoel jy sleg, Eben. Jy lyk skielik so bleek?\u201d<\/p>\n<p>Die twee vroue beweeg vinnig agter die lessenaar in. <em>Cable Ties<\/em> zirts Eben se hande en voete aan sy kantoorstoel vas. Hy woel swetsend.<\/p>\n<p>\u201cHoe dan so ongesellig vanaand? Jy hou mos daarvan om geboei te word? N\u00e9, <em>Girls<\/em>?\u201d<\/p>\n<p>Die twee vroue kom staan met gevoude arms langs Olivia.<\/p>\n<p>\u201cJou drie trofe\u00eb op \u2019n ry! Is jy nie \u2019n gelukkige man nie, Eben? O, en Esther stuur groete, sy kon ongelukkig nie \u2019n vroe\u00eb vlug kry vir ons re\u00fcnie nie. Ai, en ons sou haar so graag wou ontmoet. Jy kan ast ware s\u00ea ons drie en Esther is nou <em>besties<\/em>. Maar sy sal jou seker oor als inlig in jou egskeidingsdokument. O ja, sy het jou seker nie laat weet nie. Daardie egskeiding wat jy ons al vir jare beloof, dit lyk my dit gaan nou uiteindelik deur! Esther s\u00ea vir ons jy kan hierdie glaspaleis, die wildsplaas en die Kaapse strandhuis ook koebaai soen. Tsk tsk, Eben, ons kan nou sien Esther waardeer regtig nie die soort man wat jy is nie.\u201d<\/p>\n<p>Monique stap om die lessenaar en plant \u2019n soen op sy kaalgeskeerde kop en tuit haar lippe jammerlik vir hom.<\/p>\n<p>\u201cArme Ebie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMonna, jy is die een wat my die beste verstaan. Jy ken my die beste. Dis alles vir jou. Dis vir jou wat ek wag.\u201d<\/p>\n<p>Eben fluister smekend.<\/p>\n<p>Monique kyk vir \u2019n oomblik verbouereerd na Olivia.<\/p>\n<p>\u201cStaan vas, Meisie. Hy weet jy is die een met die week hartjie.\u201d Olivia skuif die dokumente oor die tafel in Monique se rigting. \u201cFokus, Meisie. Fokus. Onthou hoekom ons hier is. Moenie in sy o\u00eb kyk nie, jy weet mos hoe kan hy jou tot in die bed kyk! N\u00e9, Ebie? Ons weet mos almal?\u201d<\/p>\n<p>Renate gooi haar rooi krulhare agteroor en lag uit haar keel.<\/p>\n<p>\u201cKom, Monique, kom weg van die adder voor hy jou hipnotiseer met sy <em>charm<\/em>. Jacuzzi toe met jou! Ek gooi gou vir ons meisies iets in om te drink. Ons moet ons nuutgevonde vriendskap vier!\u201d Haar voete ken die pad na die kabinet. Monique skuif die deure na die patio oop. Sy stroop haar klere af en klim kaal in die jacuzzi.<\/p>\n<p>\u201cMooi n\u00e9? Ek sien jou oog is nog geoefen en mis niks nie. Jy het ons darem perfek met die hand uitgesoek! Een vir elke luim. Sagte Monique, vurige Renate? En ek? Ebie? Waar val ek in?\u201d<\/p>\n<p>Sy streel sag oor sy wang. \u201cMy sexy Eben &#8230;\u201d<\/p>\n<p>\u201cO, my Olyf &#8230;\u201d hy kreun saggies as haar vingers oor sy voorkop streel.<\/p>\n<p>\u201cJy weet mos jy is my sielsmaat. My alles. Ek weet wat in die dokumente staan. Esther is slinks, ek het jou mos al vertel?\u00a0 Sy is op pad om my finaal te kom vernietig. Jy moet my glo, Olyf. Sy gebruik julle.\u201d<\/p>\n<p>\u201cO, Eben &#8230;\u201d Olivia soen hom saggies in die nek. Hy kreun. Haar lippe soek sy oor. \u201cOlivia &#8230;\u201d<\/p>\n<p>Dan gil hy van die pyn. \u2019n Straaltjie bloed loop van sy oorlob af teen sy nek.<\/p>\n<p>\u201cEbie, Ebie &#8230; tog so \u2019n\u00a0<em>sucker<\/em> vir \u2019n vry! Hoe goed ken ons jou nie.\u201d<\/p>\n<p>Eben swets. Dit lyk of die are teen sy slape gaan bars van woede.<\/p>\n<p>\u201cO, O, is ons nou kwaad? Werk jou <em>charm<\/em> nie meer met ons nie? Het jy jou slag verloor, Ebie?\u201d<\/p>\n<p>Renate bring \u2019n glas whisky nader. \u201cDit sal jou help om die slegte smaak uit jou mond te kry, Vriendin. Ek dog toe ek sal maar die Dalmore oopmaak. Die enetjie wat jy geb\u00eare het vir as ek \u00e9\u00e9ndag joune is, onthou jy, Eben? Slukkie, my Lief?\u201d Sy dwing die glas teen sy swetsende lippe.<\/p>\n<p>\u201cO nee, daar mors ek op die Hugh &amp; Crye-hempie. O nee, net nie die Hugh &amp; Crye-hempie nie! Kom laat ek dit vir jou gaan uitspoel.\u201d<\/p>\n<p>Sy ruk die hemp oop. Ontwerpersknope spat in alle rigtings teen 100 dollar per knoop.<\/p>\n<p>Monique loop druppend oor die Persiese mat. Sy soek deur die CD\u2019s in die kabinet.<\/p>\n<p>\u201cEk sien jy het toe Fifth Harmony vir my gaan koop, Ebie. So dierbaar van jou. Nou kan ons paartie!\u201d Sy sluk die glas wat Renate na haar hou in een sluk weg.<\/p>\n<p>\u201c<em>Wow<\/em>! En om te dink jy het daardie bottel Dalmore vir my ook geb\u00eare. \u2018O, Monna, die dag as jy n\u00e9t myne is &#8230;\u2019 Ai, Ebie, jy is tog so \u2019n gewoontedier. Vir elkeen van ons dieselfde belofte?\u201d<\/p>\n<p>Monique begin sy kantoorstoel na die middel van die vloer stoot. \u201cKom help, <em>girls<\/em>, ons wil nie h\u00ea Ebie moet op die paartie uitmis nie!\u201d<\/p>\n<p>Hulle skuif die stoel tot hy \u2019n uitsig op die jacuzzi het.<\/p>\n<p>Renate en Olivia stroop ook hul klere af en die drie-stuks klim saam in die borrelende water. Hulle klink glasies en drink \u2019n heildronk op elke swets-vlaag wat wat Eben uitbulder.<\/p>\n<p>Renate maak nog \u2019n bottel Dalmore oop. \u201cSkies dat ek vra, Ebie, maar vir hoeveel van ons het jy bottels geb\u00eare? Jou stoute kabouter! Ek sien daar is \u2019n paar bottels!\u201d<\/p>\n<p>Sy skop teen sy been en die kantoostoel spin in die rondte.<\/p>\n<p>\u201c<em>Spin the bottle<\/em>! Wie sal dit wees, Ebie? Watter een van ons sal die gelukkige wenner wees?\u201d<\/p>\n<p>Sy bring die stoel tot stilstand. Dan skop sy hom sekuur in die kol. Hy gil van die pyn.<\/p>\n<p>\u201cDis vir die Cadillac CTS-V Coupe waarvoor ek tot in ewigheid gaan wag \u2026\u201d<\/p>\n<p>Sy neem \u2019n sk\u00ear uit sy lessenaarlaai en kom staan voor hom.<\/p>\n<p>\u201cJy weet, daar is een ding van jou wat my nog altyd irriteer.\u201d Sy knip die een kant van sy hangsnor af.<\/p>\n<p>\u201cBalans. Jy is mos gesteld op balans, my Skat?\u201d<\/p>\n<p>Sy spin die stoel weer. Eben se swetse dreun harder as die musiek.<\/p>\n<p>Olivia bring die stoel tot stilstand.<\/p>\n<p>\u201cAi, dat \u2019n man wat so van beheer hou so kon opslip. Jy het jou hand oorspeel, Ebie. Drie van ons? En arme Esther in die Kaap? Bietjie gulsig van jou, dink jy\u00a0nie? Jy is \u2019n ou rakker!\u201d<\/p>\n<p>Sy haal een van sy antieke swaarde bokant die kaggel af. Sy gaan staan voor hom en sny met die punt van die swaard die Levi-jean se knope los.<\/p>\n<p>\u201cMmm, \u2019n regte rakker. Meisies, wat dink julle, sal ons Eben se Joodse herkoms vier? Ek dink die swaard is skerp genoeg?\u201d<\/p>\n<p>Eben se gille weerklink deur sy glaspaleis. Die meisies jil van plesier.<\/p>\n<p>Renate skink nog \u2019n rondte. Sy skink tot die loodkristalglase ooroop en dit plasse op sy kersiehout-lessenaar maak.<\/p>\n<p>\u201cSkies, Ebie, ek weet jy hou van sindelikheid. Kom ons maak gou skoon. Sy skeur \u2019n punt van sy Hugh &amp; Crye-hemp af en vee die plas whisky op.<\/p>\n<p>Eben brul swetsend.<\/p>\n<p>\u201cNee, nee, dit sal nie deug nie. Suke lelike taal voor drie dames?\u201d Sy stop die stuk hemp in sy mond. Die are bult weer teen sy slape en sy gesig raak bloedrooi van woede.<\/p>\n<p>Renate lig haar glas. \u201c<em>Tjorts<\/em>, op die man van my drome!\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoor! Hoor!\u201d beaam Olivia.<\/p>\n<p>Monique staan by die drankkabinet. Sy skink \u2019n paar rye <em>shooters<\/em>.<\/p>\n<p>\u201c<em>Paaaartie time<\/em>!\u201d<\/p>\n<p>Eben se drie kaal nimfe sluk \u2019n re\u00ebnboog <em>shooters<\/em> af en dans om sy stoel.<\/p>\n<p>\u201cWag! Wag! Ek het \u2019n blink idee!\u201d Sy draf by die deur uit en keer terug met haar grimeersak.<\/p>\n<p>\u201cJy is mos gesteld op perfekte grimering, my ou Brombeer? Meisies, kom laat ek julle my nuwe trieks leer. Ebie het my mos op \u2019n <em>permanent makeup<\/em>-kursus gestuur. My instrukteur s\u00ea ek leer mooi. Laat ek eers Ebie se welige wenkbroue reg pluk.\u201d<\/p>\n<p>Eben se lyf krul van die pyn.<\/p>\n<p>Monique haal haar tatoe\u00ebr-toerusting uit die sak. Sy demonstreer haar wenkbrou-vernuf aan die een kant van Eben se gesig voor haar waarderende gehoor.<\/p>\n<p>\u201cJoegaai! Madame Butterflaai!\u201d Renate grawe nou ook in Monique se sak rond.<\/p>\n<p>\u201cEk dink ek sal di\u00e9 kant van sy wenkbrou met die waks-strippies regruk. Daai welige hare wat so krul, irriteer my ook al lank. Oeps! Ag askies, Ebie, ek wou nie die wimpers ook strip nie, maar moenie <em>worry<\/em> nie, ek sien hier is vals wimpers waarmee ek die skade kan herstel!\u201d<\/p>\n<p>Olivia het beter planne en sny die res van die Levi van Eben se wriemelende lyf af.<\/p>\n<p>\u201cJulle weet mos Eben hou van \u2019n <em>Brazilian wax<\/em>? Hoe lyk dit, sal ons hom bietjie bederf?\u201d<\/p>\n<p>Eben wriemel en brul so dat die stoel byna omkantel.<\/p>\n<p>\u201c<em>Goodness greatness, great balls of fire!<\/em>\u201d Gil Renate en neem \u2019n paar selfoonfoto\u2019s van hul handewerk.<\/p>\n<p>Monique bekyk Eben se gesig met \u2019n kennersoog.<\/p>\n<p>\u201cO wee, ek sal die balans moet herstel. Kom, laat ek die ander kant van die snor ook <em>trim<\/em>. Oeps, te veel! Nou weer daardie kant. Oeps! Wat dink julle?\u201d<\/p>\n<p>Renate gaan staan op aandag voor Eben. Sy gee hom \u2019n plegtige saluut. \u201cHeil, Eben! Heil, die man van ons drome!\u201d<\/p>\n<p>Olivia meen hulle moet Eben se waardigheid herstel en kies een van die George Neale-sydasse in sy kabinet uit.<\/p>\n<p>\u201cMmm, sal ons die een met die rooi strepies vandag dra, my Lief?\u201d<\/p>\n<p>Sy knoop die das netjies om sy nek.<\/p>\n<p>\u201cNee wag, dit sit skeef.\u201d Renate verstel aan die das. Sy trek dit nog stywer.<\/p>\n<p>Die musiek word harder gedraai. Nog rye <em>shooters<\/em> word geskink. Kort-kort verstel iemand aan die das.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">***<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis lankal stil in die glaspaleis teen Northcliff-koppie toe die polisie op \u2019n klag van rusversteuring opdaag.<\/p>\n<p>Die voordeur staan oop en die drankbottels lei polisiemanne tot by die studeerkamer.<\/p>\n<p>Die minnaresse is al weg, net die minnaar is nog daar \u2026<\/p>\n<p>Superspeurder Dirk Jansen van Moord en Roof daag na twee uur by die toneel op. Hy is slaperig en befoeterd. Hy rook twee Camels klaar terwyl hy stadig deur die studeerkamer snuffel. Dan haal hy vir hom \u2019n Coke uit Eben se kroegyskas. Sy hande soek na die Grandpa-poeier in sy bo-sak. Hy sluk die bitter poeier behaaglik met die soet kola weg.<\/p>\n<p>\u201cLyk my hier was \u2019n moerse paartie. Nou laat ek sien wat is die skade.\u201d<\/p>\n<p>Hy lig die laken op en steier.<\/p>\n<p>\u201cJou wragtag! Manne! Wil julle vir my s\u00ea die ou blikskottel was toe al die tyd \u2019n <em>cross dresser<\/em>? Nee Magtie, dat so \u2019n vername man so tot sy einde moet kom, is \u2019n skande! \u2019n Man van sy statuur \u2026 Wys jou net.\u201d<\/p>\n<p>Hy skop met die punt van sy <em>Grasshoppers<\/em> na die glasskerwe van die Dalmore-bottels wat gesaai rondom die kantoorstoel l\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cLyk my hier het dinge lelik skeefgeloop.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Splinters, hoofstuk 20 &#8230; TJORTS. Deur Martie Swanepoel<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":57780,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[1344,4119],"class_list":["post-57775","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-splinters","tag-vervolgverhaal"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Splinters, hoofstuk 20 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Splinters, hoofstuk 20 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Splinters, hoofstuk 20 ... TJORTS. Deur Martie Swanepoel\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-08-29T13:44:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-11-21T08:41:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Roos-sigaar-whisky.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"900\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Splinters, hoofstuk 20\",\"datePublished\":\"2016-08-29T13:44:16+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-21T08:41:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/\"},\"wordCount\":2185,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/08\\\/Roos-sigaar-whisky.jpg\",\"keywords\":[\"splinters\",\"vervolgverhaal\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/\",\"name\":\"Splinters, hoofstuk 20 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/08\\\/Roos-sigaar-whisky.jpg\",\"datePublished\":\"2016-08-29T13:44:16+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-21T08:41:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/08\\\/Roos-sigaar-whisky.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/08\\\/Roos-sigaar-whisky.jpg\",\"width\":900,\"height\":600,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/splinters-hoofstuk-20\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Splinters, hoofstuk 20\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Splinters, hoofstuk 20 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Splinters, hoofstuk 20 | rooi rose","og_description":"Splinters, hoofstuk 20 ... TJORTS. Deur Martie Swanepoel","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-08-29T13:44:16+00:00","article_modified_time":"2016-11-21T08:41:58+00:00","og_image":[{"width":900,"height":600,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Roos-sigaar-whisky.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Splinters, hoofstuk 20","datePublished":"2016-08-29T13:44:16+00:00","dateModified":"2016-11-21T08:41:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/"},"wordCount":2185,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Roos-sigaar-whisky.jpg","keywords":["splinters","vervolgverhaal"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/","name":"Splinters, hoofstuk 20 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Roos-sigaar-whisky.jpg","datePublished":"2016-08-29T13:44:16+00:00","dateModified":"2016-11-21T08:41:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Roos-sigaar-whisky.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Roos-sigaar-whisky.jpg","width":900,"height":600,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/splinters-hoofstuk-20\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Splinters, hoofstuk 20"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/57775","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=57775"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/57775\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/57780"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=57775"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=57775"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=57775"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}