{"id":5761,"date":"2013-12-06T08:31:00","date_gmt":"2013-12-06T06:31:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/madiba-se-magic\/"},"modified":"2016-02-12T12:20:01","modified_gmt":"2016-02-12T10:20:01","slug":"madiba-se-magic","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/","title":{"rendered":"Madiba se magic"},"content":{"rendered":"<p><strong>Peet Bothma<\/strong>, redakteur van Sondag, was voor sy koerantloopbaan in die polisie, en onder meer perssekretaris van die voormalige minister van wet \u00a0en orde, Adriaan Vlok. Hy vertel hoe Madiba s\u00fd kop geswaai het.<\/p>\n<p>\u201cJohannesburg is in die laat jare negentig as die misdaadhoofstad van die w\u00eareld bestempel. In hierdie tyd het die Chinese Mafia, die Triads, \u2019n Chinese gesin van Johannesburg aangeval en die grusaamheid het hewige internasionale reaksie ontlok. Mandela, toe nog president, het moeite gedoen om by gemeenskappe betrokke te raak, en dit was nie \u2019n verrassing toe hy die Chinese gesin besoek nie. Ons joernaliste het in die straat gestaan en hoop op \u2019n foto en \u2019n paar woorde van die nuwe w\u00eareld-ikon.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Uur later het \u2019n lyfwag kom s\u00ea die president wou hulle sien. Peet vertel hoe hulle soos stout skoolkinders in \u2019n ry teen die tuinmuur gaan staan het.<\/p>\n<p>\u201cEn hier kom die lang man na ons toe aangestap en stel hom as \u2019Nelson\u2019 aan elkeen voor. Hy het gevra wie elkeen is, en ek antwoord hom in Engels. Toe bekyk hy my en s\u00ea in foutlose Afrikaans: \u2018Ek lees elke dag Beeld \u2013 dis \u2019n baie goeie koerant. Julle doen goeie werk.\u2019 Toe noem hy \u2019n paar kollegas se name en vra ek moet vir hulle groete stuur.\u201d<\/p>\n<p>Peet onthou sy verstomming, veral in die lig van sy polisie-agtergrond.<\/p>\n<p>\u201cAs polisieman was die \u2018Rooi Gevaar\u2019 baie werklik, en skielik word jy gekonfronteer deur iemand wat jy van kindsbeen af as die Antichris leer ken het. En hy glimlag vir jou, vat jou hand en s\u00ea jou naam. Baie keer daarna het Madiba my op nuuskonferensies op my naam genoem en elke keer was ek windgat daaroor. Hy het eiehandig duisende mense in die land se koppe gedraai.\u201d<\/p>\n<p><strong>Annemarie van Niekerk<\/strong>, \u2019n rooi rose-medewerker wat nou in Nederland woon, het Madiba met die bekendstelling van die rolprent <em>A World Apart<\/em> ontmoet. Die fliek was op die memoires van Shawn Slovo, dogter van die anti-apartheidsaktiviste Joe Slovo en Ruth First, gegrond.<\/p>\n<p>\u201cDaar was daardie vreemde aand \u2019n byna euforiese opgewondenheid oor sy vrylating, maar dis getemper deur sy statige rustigheid. Mense praat altyd oor sy rustigheid, en as ek dit nie beleef het nie, sou ek gedink het dis heldeverheerlikende fantasie. Maar dis hoe hy was. Sterk, wys, sereen. Sonder meerderwaardigheid.\u201d<\/p>\n<p>Sy onthou hoe sy hom van \u2019n afstand dopgehou het, een van die min wittes en waarskynlik die enigste Afrikaanssprekende daar, en te beskroomd om haar te gaan voorstel. Toe kom stel hy hom aan haar voor, en vra haar uit.<\/p>\n<p>\u201cHuiwerig het ek vertel dat ek \u2019n Afrikaans-dosent aan die Universiteit van Vista in Daveyton was, en voor dit Afrikaans aan die Universiteit van Transkei doseer het. Daardie innemende glimlag het oor sy gesig gebreek, en terwyl hy my hand vasgehou het, het hy met my gepraat oor Afrikaans, die rol wat Afrikaners kan speel om verandering teweeg te bring, en oor sy geliefde Transkei, sy grootwordjare en die woeste Wildekus. Hy was vol belangstelling, wysheid en menslikheid. Hy sal altyd vir my die voorbeeld wees van vergewensgesindheid, wysheid, nugterheid, standvastigheid, vredeliewendheid.\u201d<\/p>\n<p><strong>Sonja Carstens<\/strong>, joernalis, het hom op 23 Februarie 2007 op uitnodiging by sy vrou, Gra\u00e7a, se spoghuis in Maputo ontmoet om \u2019n einde te maak aan voortslepende gerugte dat hy oorlede is. Sy onthou hom as sjarmant en nederig.<\/p>\n<p>\u201cEk moes vooraf onderneem om hom geen vrae te vra nie, want hy het toe al jare lank geen onderhoude toegestaan nie. Hy het my en die fotograaf, Antoine de Ras, in Afrikaans verwelkom, en ges\u00ea ons kan nou sien hy is gesond en makeer niks.\u201d<\/p>\n<p>Sy onthou dat sy voete geswel was, en dat hy aan die arm van sy wakende veiligheidsbeampte geloop het, maar steeds geskerts het.<\/p>\n<p>\u201cDit gaan altyd goed met my as mooi, jong dames vir my kom kuier. Nou is ek in die moeilikheid. Die fotograaf word vir my kwaad. Hy is seker jaloers.\u201d<\/p>\n<p>Ek het geantwoord dat hy goed lyk. \u201cEk kan jou nie hoor nie. Jy praat met my soos \u2019n dame. Jy moet met my praat soos \u2019n man, dan sal ek jou kan hoor,\u201d het hy met \u2019n bre\u00eb glimlag ges\u00ea voor hy albei weer met die hand gegroet en bedank het.<\/p>\n<p><strong>Jenine Coetzer<\/strong>, radiojoernalis en uitvoerende vervaardiger van Engelse nuusdienste by Channel Africa Radio, het hom dikwels op internasionale konferensies in aksie gesien.<\/p>\n<p>\u201cDie meeste Afrikaleiers word deur gewapende reuse omring sodat jy op geen manier naby hulle kan kom nie. Maar Madiba was seker vir sy veiligheidsmense \u2019n nagmerrie. Hy het keer op keer weggebreek van sy bewakers en reguit na ons geloop om te kom groet met \u2019n hartlike \u2018how are you\u2019 en \u2019n handdruk, en gewoonlik het hy ook nog jou naam onthou.<br \/>\n\u201cTot vandag toe troon hy vir my uit as iemand wat nie sy persoonlikheid verloor het toe hy bekend geword het nie. Hy was altyd toeganklik, hartlik en nederig, \u2019n moderne profeet wat geleer het van vergifnis, aanvaarding, samewerking en br\u00fbe bou.\u201d<\/p>\n<p><strong>Jeanne Els<\/strong>, skrywer en inspirasiespreker, het in Junie 1994 in Tuynhuys, Kaapstad, as vryskutjoernalis \u2019n uur lange onderhoud met Madiba gehad.<\/p>\n<p>\u201cVir die eerste keer in my lewe het ek twee bandopnemers gebruik om die gesprek op te neem!\u201d<\/p>\n<p>Toe nooi Madiba haar ook vir \u2019n private ontbyt die volgende dag by sy staatswoning Genadendal. Wat het sy in hulle 120 minute saam ervaar?<\/p>\n<p>\u201cOpregtheid, nederigheid, respek vir sy medemens, \u2019n vlym-skerp intellek en ingeligtheid, \u2019n nuuskierigheid om nog meer te weet van sy naaste om n\u00f3g beter te kan begryp.<\/p>\n<p>\u201cSy ligblou o\u00eb bly my by. En sy rustige stemtoon, die stem van \u2019n man wat n\u00e1 27 jaar in gevangenskap bevry geraak het. Hy het my geleer van vergifnis. Ek onthou sy woorde: \u2018Jy wil die tyd wat vir jou oorbly, gebruik om iets konstruktiefs te doen.\u2019 Hy het ook vertel hy kon nie s\u00ea wat sy familie vir hom beteken nie. Van sy gelukkigste oomblikke was wanneer hy by sy kinders en hul kinders was.\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea hy het haar nie een enkele keer in die rede geval nie.<\/p>\n<p>\u201cEk onthou sy fyn luistervermo\u00eb, sy belangstelling in en opsomming van jou as mens. Hoe hy j\u00f3\u00fa eerste stel en in die kollig plaas. Hy het my voor ons ontbyt uitgevra oor my man en kinders, en agterna onthou ek het twee en dat hulle seuns is. Toe ons groet, het hy tot vir hulle groete gestuur.\u201d<\/p>\n<p><strong>Amanda Strydom<\/strong> het Madiba in 2001 ontmoet toe hy die KKNK amptelik geopen het.<\/p>\n<p>\u201cEk was deel van \u2019n groep sangers wat n\u00e1 sy toespraak die volkslied moes sing. Aan die einde van sy toespraak \u2013 gelewer in foutlose Afrikaans \u2013 het hy die Groot Verseboek opgelig en ges\u00ea: \u2018Afrikaans is vry!\u2019\u201d<\/p>\n<p>N\u00e1 die sing van die volkslied het die vlootorkes \u2018Mama Tembu\u2019s Wedding\u2019 gespeel en Madiba het sy bekende Madiba-shuffle begin dans. Amanda het spontaan begin saamdans.<\/p>\n<p>\u201cEk het sy oog gevang, en hardloop toe deur sy lyfwagte tot in sy arms. Al wat ek kon uitkry, was \u2018We love you!\u2019, waarop hy in my oor gefluister het \u2018I love you too\u2019.\u201d<\/p>\n<p>N\u00e1 die fees is Amanda Durbanville toe vir nog optredes. Drie rottweilers het haar aangeval by die gastehuis waar sy gebly het, en nadat Madiba in die Afrikaanse koerante daarvan gelees het, het hy sy persoonlike assistent, Zelda le Grange, gevra om te re\u00ebl dat hy Amanda besoek. \u201cEk kon dit nie glo toe Zelda bel en s\u00ea Madiba is besorg oor my nie!\u201d<\/p>\n<p>Madiba het Amanda toe by haar nuwe gastehuis besoek. \u201cHy het koeksisters en pepermenttee bestel. Ons het langs mekaar op \u2019n bank gesit en gesels, maar ek was so senuweeagtig en oorbluf dat ek nie geweet het wat om te s\u00ea nie. Hy was rustig en vriendelik en toe ons besef ons kom albei van die Oos-Kaap af, het ons soos kinders begin babbel. Hy het vertel hoe hy, toe hy nog \u2019n hofbode was en \u2019n baie klein salaris verdien het, aan die einde van elke maand eers sy losies betaal het, en dan koeksisters gaan koop het. Dit het vir my gevoel of ek in die teenwoordigheid van \u2019n heilige was. En ook \u2019n dierbare oupa. Hy het my laat voel asof ek die enigste en belangrikste mens in die vertrek is.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Paar maande later is Amanda en haar man, Tony, genooi vir \u2019n private middagete by Madiba en Gra\u00e7a, en w\u00e9\u00e9r \u2019n paar maande later saam met Joel Stransky en sy vrou.<\/p>\n<p>\u201cOns het lekker gelag toe Madiba vir Joel s\u00ea het dat Joel hom byna \u2019n hartaanval besorg het met daardie beroemde skop aan die einde van die W\u00eareldbekerwedstryd in 1995. Madiba het my ook vermaan om nie te veel kaas te eet nie, want dit neem baie lank vir jou hart en spysvertering om dit te verwerk.\u201d<\/p>\n<p>Amanda en Tony is ook genooi na Madiba se 85ste verjaar-dagvieringe saam met uitgelese internasionale gaste, onder meer die Clintons, Oprah Winfrey en koninklikes.<\/p>\n<p>\u201cBy Madiba het ek veral van vergifnis geleer. Hy het soveel in sy lewe beleef en oorleef, en kon so maklik arrogant, bitter en magsbehep uit die tronk gestap het, maar hy het nie. Die w\u00eareld het asem opgehou vir \u2019n bloedbad in Suid-Afrika, maar dit het nie gebeur nie. Hy het almal in ons land met teerheid, liefde en waardigheid behandel. Hy het ons geleer wat grootsheid is, en opreg nederig gebly.<\/p>\n<p>\u201cWat hy geglo het, het hy gel\u00e9\u00e9f en gedoen. Hy het die swaarkry en die lesse wat die lewe hom geleer het, verwerk en toegepas. Daar is min helde in die geskiedenis van ons planeet wat soveel respek, bewondering en liefde van miljoene mense w\u00eareldwyd afgedwing het soos Madiba.\u201d<strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\n<strong>Monique Strydom<\/strong>, haar man, Callie, en 19 ander toeriste is 13 jaar gelede vir 127 dae deur Abu Sayyaf-rebelle op die Filippynse eiland Jolo as gyselaars aangehou. Sy onthou haar en Callie se eerste ontmoeting met Madiba vier dae \u00a0n\u00e1 hul vrylating.<\/p>\n<p>\u201cDie oggend het met \u2019n besoek aan president Thabo Mbeki begin. Terug by die hotel, doodmoeg van al die aandag, het die skakelbeampte by die hotel gevra of ons sal omgee om net nog een mens te ontmoet. Ons het nie geweet wie dit was nie, maar het ingestem. Ons is na \u2019n private onthaalvertrek geneem, en ons monde het oopgeval toe Madiba instap. Die lang man het \u2019n geweldige teenwoordigheid gehad. Ons het omtrent op aandag gespring, maar hy het ons styf in sy arms toegevou met \u2019n \u2018welcome home, my children\u2019. Ons kort en baie maer lyfies het in sy arms verdwyn, en vir \u2019n ruk het ons drie net so gestaan. Daar was geen kameras nie, geen voorgee nie \u2013 net een Suid-Afrikaner wat bly was vir sy twee landgenote se gespaarde lewe.\u201d<\/p>\n<p>Die Strydoms en Madiba se paaie het \u2019n paar keer daarna weer gekruis, onder meer toe hy hulle, hul families en die media kort n\u00e1 hul vrylating vir tee genooi het, en toe die Strydoms as die Johannesburgse Persklub se Nuusmakers van die Jaar aangewys is. Hy het di\u00e9 aand langs Monique aan tafel gesit, en was een van die eerste mense wat gehoor het sy is swanger. Omtrent \u2019n jaar n\u00e1 hul seuntjie Luc se geboorte, het Madiba die Strydoms vir tee genooi om Luc te ontmoet.<\/p>\n<p>\u201cMadiba het \u2018Twinkle Little Star\u2019 gesing, en toe met Luc wegkruipertjie gespeel. Ons het roerloos in ons stoele na die twee sit en kyk. Op daardie oomblik was hy net \u2019n warm, gawe mens wat die geselskap van \u2019n seuntjie geniet het. Hy het ges\u00ea Luc was \u2019n spesiale seuntjie, want alle wit kindertjies huil as hulle hom sien, maar Luc het gelag.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Peet Bothma, redakteur van Sondag, was voor sy koerantloopbaan in die polisie, en onder meer perssekretaris van die voormalige minister van wet \u00a0en orde, Adriaan Vlok. Hy vertel hoe Madiba s\u00fd kop geswaai het. \u201cJohannesburg is in die laat jare [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[],"class_list":["post-5761","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Madiba se magic | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Madiba se magic | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Peet Bothma, redakteur van Sondag, was voor sy koerantloopbaan in die polisie, en onder meer perssekretaris van die voormalige minister van wet \u00a0en orde, Adriaan Vlok. Hy vertel hoe Madiba s\u00fd kop geswaai het. \u201cJohannesburg is in die laat jare [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-12-06T06:31:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-02-12T10:20:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/madiba-se-magic\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/madiba-se-magic\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Madiba se magic\",\"datePublished\":\"2013-12-06T06:31:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-12T10:20:01+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/madiba-se-magic\\\/\"},\"wordCount\":1953,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/madiba-se-magic\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/madiba-se-magic\\\/\",\"name\":\"Madiba se magic | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2013-12-06T06:31:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-12T10:20:01+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/madiba-se-magic\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/madiba-se-magic\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/madiba-se-magic\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Madiba se magic\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Madiba se magic | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Madiba se magic | rooi rose","og_description":"Peet Bothma, redakteur van Sondag, was voor sy koerantloopbaan in die polisie, en onder meer perssekretaris van die voormalige minister van wet \u00a0en orde, Adriaan Vlok. Hy vertel hoe Madiba s\u00fd kop geswaai het. \u201cJohannesburg is in die laat jare [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-12-06T06:31:00+00:00","article_modified_time":"2016-02-12T10:20:01+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Madiba se magic","datePublished":"2013-12-06T06:31:00+00:00","dateModified":"2016-02-12T10:20:01+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/"},"wordCount":1953,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/","name":"Madiba se magic | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2013-12-06T06:31:00+00:00","dateModified":"2016-02-12T10:20:01+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/madiba-se-magic\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Madiba se magic"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5761","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5761"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5761\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5761"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5761"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5761"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}