{"id":57117,"date":"2016-08-17T13:55:03","date_gmt":"2016-08-17T11:55:03","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=57117"},"modified":"2016-11-21T12:51:08","modified_gmt":"2016-11-21T10:51:08","slug":"alternatiewe-terapiee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/","title":{"rendered":"Alternatiewe terapie\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Jy kan vas of dagga gebruik of gaan vir limfdreinering, reiki of koppieterapie. Of detoks of jou kolon laat spoel. En so aan. En\u00a0so aan.<\/p>\n<p>Die vraag is: werk hulle?<\/p>\n<p>Vir elke pasi\u00ebnt wat hoog en laag sweer dit werk, is daar een wat skouers optrek en s\u00ea nee wat, ek het my geld en tyd gemors.\u00a0Ons het \u2019n paar van die gewildste en jongste giere ondersoek om te kyk of ons sin daarvan kan maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Koppieterapie (<em>cupping<\/em>)<\/h4>\n<p>Met \u201c<em>cupping<\/em>\u201d word silikonkoppies van verskillende groottes op jou lyf geplaas, die lug word uitgedruk sodat daar \u2019n vakuum ontstaan wat die weefsel onder die koppie stimuleer, vertel die Amerikaner, Anita Shannon, \u2019n internasionale kenner van koppieterapie. Sy het onlangs werkkursusse in die Kaap aangebied. Volgens haar en Mira, wat haar koppies verskaf, kan koppieterapie help vir van selluliet tot hoofpyn, migraine, fibriomialgie, onvrugbaarheid, rumatiek, spierpyn tot edeem (waterterughouding).<\/p>\n<p><em>Werk dit?<\/em><\/p>\n<p>Dit kom neer op limfdreinering en\/of massering. Altwee word wyd deur fisioterapeute gebruik om onder meer edeem en spierpyn te verlig.<\/p>\n<p>Volgens die <em>Cochrane Reviews<\/em> het ondersoeke getoon dat limfdreinering deur massering nie juis suksesvol was vir vroue n\u00e1 borskanker nie. Daarteenoor verlig die spesiale verbandtegniek en kompressie-armkouse wat dikwels ook gebruik word, swelling met 30-40%.<\/p>\n<p>Soos massering, behoort koppieterapie sinus- en spierpyn matig te verlig maar die kans dat dit vir ernstige toestande soos rumatiek, sinusinfeksie en onvrugbaarheid sal werk, is klein. As jy van massering hou, kan koppieterapie net lekker wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die \u201cdetoks\u201d<\/h4>\n<p>Detoksifisering is \u2019n ontgiftingsproses wat al dekades lank as gesondheidsjiek beskou word. As jy aan die alternatiewe kant was, het jy \u2019n gereelde \u201cdetoks\u201d aanbeveel en gedoen. Die jongste siening hieroor het ons verras \u2026<\/p>\n<p>Dis \u2019n baie ou terapie en \u2019n staatmaker-komponent van Ajurvediese en tradisionele Chinese geneeskunde. Die proses het \u2019n magdom moderne voorstanders, soos die Britse voedingkenner Patrick Holford.<\/p>\n<p>Die konsep agter die proses is dat gifstowwe uit die omgewing en uit ons kos in ons liggame opbou en siekte en veroudering veroorsaak. In \u2019n ontgiftingsbehandeling raak jou liggaam van hierdie gifstowwe ontslae en voorkom en\/of genees van kanker tot allergie, asma, fibromialgie, chroniese moegheid, depressie, diabetes, hoofpyne, hardlywigheid, swak spysvertering, breindofheid, inflammatoriese siektes soos artritis en chroniese infeksies.<\/p>\n<p>Die behandeling vereis dat jy vir \u2019n paar dae \u2013 meestal \u2019n week of twee \u2013 kos vermy wat besoedel kan wees en\/of \u201cswaar\u201d is en moeilik verteer, soos suiker, gebak, koffie, vleis, vette, koeldranke, alkohol, suiwel en koringprodukte soos brood en beskuit, en vanselfsprekend eet en drink jy geen kitskos soos burgers, skyfies, pizza, gaskoeldranke of skommels nie.<\/p>\n<p>In die ou Ajurvediese behandeling het jy net water gedrink terwyl die moderne detoks eerder \u2019n kwaai dieet met bitter min van alles is \u2013 min kilojoules, min vet, min vleis en min stysel. Jy eet ligte kos, soos gestoomde vis en groente sonder stysel (dink slaai en komkommer).<\/p>\n<p>Maar toe s\u00ea die wetenskaplik gegronde kenners, soos dieetkundiges, dat jou lewer jou liggaam help om \u00e9lke dag van al daardie gifstowwe ontslae te raak. Dus sien die ingeligtes detoks deesdae as \u2019n randterapie in dieselfde kategorie as fratsdi\u00ebte \u2013 \u2019n hoogs verdagte, onbewese en onlogiese terapie wat jy net doen as jy na\u00efef is en\/of nie van beter weet nie.<\/p>\n<p>Daardie berugte detoks-hoofpyn wat veronderstel is om \u2019n teken te wees dat die gifstowwe uitgeskei word, is niks anders as \u2019n teken van lae bloedsuiker nie.<\/p>\n<p>Eintlik befoeter jy net jou bloedsuiker en metabolisme, veral as jy weke aanmekaar detoks. Ten beste sny jy vir \u2019n paar dae gemorskos uit.<\/p>\n<p>Maar toe ontplof navorsing oor ho\u00eb ouderdom.<\/p>\n<p>Van muise tot wurms leef langer as hulle minder eet. En nou lyk dit sowaar asof daar iets in steek, veral \u2019n gereelde vas van 24-48 uur een tot twee keer per week wat jou, soos vir die antieke <strong>vas-praktyk<\/strong>, net water met of sonder suurle-moensap toelaat.<\/p>\n<p>Een van die belangrikste navorsers op die gebied van veroudering, dr. Valter Longo van die <em>Davis School of Gerontology<\/em> aan die Universiteit van Suid-Kaliforni\u00eb, verduidelik dat jy binne 12-24 uur n\u00e1dat jy begin vas het, al jou glukosereserwes gebruik het.<\/p>\n<p>Dit dwing jou liggaam om die ketogeniese metaboliese roete te gebruik \u2013 daardie een van die <em>Banting<\/em>-dieet. Dit verlaag onder meer jou IGF-1-vlak, met allerlei voordele.<\/p>\n<p>Van die vernaamstes is dat dit jou leptien-vlakke verlaag, wat inflammasie en oksidatiewe skade aan jou DNA en ander liggaamsweefsel verminder; al die trigliseriede (vette) in jou bloed word \u2019n slag opgebruik, wat jou kans op hartsiektes en beroerte verminder; jou immuunstelsel word regenereer en verfris en werk beter daarna, wat die kans op kankers verminder en selfs jou breinfunksie word opgeskerp.<\/p>\n<p>Baie van die navorsing is nog net op muise gedoen.<\/p>\n<p><strong>Werk dit vir \u00f3ns? <\/strong><\/p>\n<p>Blykbaar. Die bietjie navorsing wat op mense &#8211; meestal net op menslike selle \u2013 gedoen is, bevestig die muisnavorsing. Ons lewensduur strek, helaas, oor sestig tot honderd jaar en maak navorsing hieroor prakties onmoontlik.<\/p>\n<p>Dit lyk asof \u2019n onderbroke vas (<em>intermittent fasting<\/em>) &#8211; jy vas elke tweede dag, of jy vas twee afsonderlike dae per week, waarin jy net water, of water met \u2019n bietjie suurlemoensap drink &#8211; die beste resultate lewer.<\/p>\n<p>Maar navorsing toon dat mense wat vas om gewig te verloor en\/of hongerly, hulself net benadeel. Jy moet steeds seker maak dat wanneer jy eet jy al jou voedingstowwe inkry en genoeg eet.<\/p>\n<p>Vas is ook nie vir mense wat nog groei nie (jy is eers teen sowat 28 werklik klaar gegroei), of vir bejaardes, swanger vroue en diabete nie.<\/p>\n<p>\u2022 <a href=\"http:\/\/www.ncbi.nlm.nih.gov\/pmc\/articles\/PMC3946160\/\" target=\"_blank\">Lees \u2019n lekker oorsig hier<\/a>.<\/p>\n<p><strong>Werk dit?<\/strong><\/p>\n<p>Dit lyk of \u2019n vas iets vir jou kan doen. \u2019n Detoks blykbaar nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>IV-terapie<\/h4>\n<p>Verskillende middels word toegedien waarvan die gewildstes waterstofperoksied, vitamien C (vloeibaar maar eintlik dieselfde as \u2019n vitamien C-aanvuller in pilvorm), cheleerders, stamselle, plaatjieryke plasma (PRP) en glukose (suiker) is, s\u00ea dr. Priscilla Rowan, \u2019n mediese dokter van Edenvale, Johannesburg, en lid van SASIM (<em>SA Society for Integrative Medicine<\/em>), wat op alternatiewe terapie fokus. Hier is iets oor elkeen:<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Waterstofperoksied<\/strong> word natuurlik deur jou liggaam gevorm om infeksies te\u00eb te werk. Jy help dus deur ekstra peroksied te voorsien. Tweedens kan baie soorte kieme en kankerselle nie in suurstofryke omgewings oorleef nie. Waterstofperoksied stoot die suurstofvlakke in jou weefsel op.<\/p>\n<p><em>Werk dit?<\/em><\/p>\n<p>Die<em> American Cancer Society<\/em> s\u00ea daar is geen bewyse dat waterstofperoksied werk nie. Die probleem is dat waterstofperoksied gesonde selle \u00e9n kieme doodmaak. Jou liggaam vorm wel waterstofperoksied maar doen dit deur die sel eers te isoleer en dan \u2019n baie klein bietjie peroksied te vorm. Dit kom dus nie met die res van jou selle in kontak nie. IV-peroksied bring veel groter dosisse direk na jou weefsel, sonder enige afskerming, waar dit beslis skade doen.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Vitamien C<\/strong><br \/>\nDosisse van 5 g en meer gee die meeste mense diarree. Maar as jy dit binneaars inneem, kan jy baie groter dosisse verdra, s\u00ea dr. Rowan.<\/p>\n<p>Patrick Holford, Matthias Rath en Linus Pauling is groot voorstanders van megadossisse om vigs en kanker te genees.<\/p>\n<p>Dit is wel bevind dat dit kankergroei in diere onderdruk maar die Mayo Clinic het in drie afsonderlike ondersoeke geen teken gevind dat mense by groot dosisse baat vind nie. Dit is ook bekend dat diere baie meer vitamien C as mense benodig.<\/p>\n<p>Daar is ook \u2019n goeie kans dat dit jou kan skade doen, veral as jy een van die 400 miljoen mense w\u00eareldwyd is wat sonder die ensiem G6PD gebore is. Dit is een van die algemeenste genetiese afwykings ter w\u00eareld.<\/p>\n<p>Dit is meestal \u2019n voordeel omdat dit met weerstandigheid teen malaria verband hou, maar daarsonder kan groot dosisse vitamien C jou rooibloedselle laat opbreek en \u2019n spesifieke soort hemolitiese anemie veroorsaak.<\/p>\n<p><em>Werk dit?<\/em><\/p>\n<p>Konvensionele medici dink nie so nie. Bly maar liewer by matige hoeveelhede vitamien C, met lemoene in die winter en aarbeie in die somer, of gewone aanvulling.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Chelasie<\/strong><br \/>\nChelasieterapie is \u2019n gevestigde mediese terapie om mense met swaarmetaalvergiftiging soos lood of kwik te behandel.<\/p>\n<p>Alternatiewe terapeute gebruik dit ook hiervoor. Maar dokters en alternatiewe terapeute verskil drasties oor wat metaalvergiftiging behels.<\/p>\n<p>Volgens die alternatiewe terapeute ly mense met gewone amalgaam-tandstopsels (die silwerkleurige stopsels) dikwels aan kwikvergiftiging, terwyl al die vooraanstaande tandheelkundige verenigings w\u00eareldwyd s\u00ea navorsing wys dat kwik in di\u00e9 stopsels stabiel is en nie \u201cuitlek\u201d nie.<\/p>\n<p>Dokters laat gewoonlik eers bloedtoetse doen om metaal-vergiftiging te bevestig, en gewoonlik eers as daar goeie rede daarvoor is, soos dat jy by jou werk aan swaar metale soos lood blootgestel is.<br \/>\nDaar is in elk geval maar min kwik in een of twee stopsels \u2013 te min om kwikvergiftiging te veroorsaak, al sou dit lek.<\/p>\n<p>Alternatiewe terapeute beveel ook chelasieterapie aan vir outisme, hartskade en om die uitwerking van tiomersalaat (die preserveermiddel waarmee vaksiene tevore gepreserveer is maar dekades lank al nie meer gebruik word nie) te\u00eb te werk.<\/p>\n<p>Maar daar is min bewyse dat dit vir enige hiervan werk. Die NIH het chelasieterapie vir hartskade ondersoek en bevind dat dit net effens beter vaar as plasebo-tegnieke (fopbehandeling).<br \/>\nDie groot kommer is dat chelasieterapie die dood kan veroorsaak \u2013 \u2019n hele paar gevalle is aangeteken \u2013 omdat te vinnige toediening jou lewer en niere kan beskadig en jou bloeddruk drasties kan laat val. Daarom neem dokters mense in die hospitaal op voor hulle chelasieterapie uitvoer sodat jy heeltyd gemonitor word. As die terapie te lig is, doen dit in elk geval nie veel om metale te verwyder nie.<\/p>\n<p><em>Werk dit?<\/em><\/p>\n<p>Maak maar eers seker of jy werklik swaarmetaalvergiftiging het voor jy jouself sommer laat behandel. En kies maar eerder die mediese roete as dit nodig is. Vir jou hart of om ander redes lyk dit nie voordelig nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>PRP (<em>platelet-rich plasma<\/em>)<\/strong><br \/>\nPlaatjieryke plasma word veral vir osteoartritis (verwering van jou gewrigte namate jy ouer word) en sportbeserings gebruik, deur dokters sowel as alternatiewe terapeute.<\/p>\n<p>Daar word sowat \u2019n kwart koppie van jou eie bloed getrek en dan gespin om die serum te kry, verduidelik dr. Rowan. Serum bevat 3-9 keer meer groeifaktore as bloed. Dit word in die beseerde gedeelte ingespuit waar die groeifaktore die weefsel help herstel.<\/p>\n<p><em>Werk dit?<\/em><\/p>\n<p>Die <em>Cochrane Reviews<\/em> wat navorsing oor onderwerpe saamvoeg om perspektief te kry, s\u00ea die resultate is wissel-vallig \u2013 van sukses vir 70-80 persent mense tot geen sukses nie. Vermoedelik het die tegnieke wat gebruik word \u2019n groot invloed: bloed kan een of twee keer gespin word, of in vinniger of stadiger sentrifuges gespin word, of met lasers behandel word of nie.<\/p>\n<p>Hoe ook al, daar \u00eds ondersoeke wat wys dit werk. Jy kan \u00f3f jou geld mors \u00f3f regtig daarby baat vind. Kyk of jy \u2019n persoonlike verwysing na \u2019n praktisyn kan kry van mense wat s\u00ea wie se PRP-inspuiting het hulle gehelp.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Glukose<\/strong><br \/>\nDi\u00e9 terapie is glo baie gewild onder die Chinese vir \u2019n vinnige opkikkering wanneer jy baie moeg en uitgeput is. Jy ontvang bloot \u2019n dosis glukose. Dit staan ook bekend as \u201cringer\u201d-terapie \u2013 moontlik vernoem na Ringer\u2019s Solution, bestaande uit water en minerale soos natrium, kalium en kalsium wat dikwels n\u00e1 ernstige bloedverlies vir mense gegee word.<\/p>\n<p><em>Werk dit?<\/em><\/p>\n<p>Wel, sekerlik. Glukose is energiebrandstof vir jou liggaam.<\/p>\n<p>Maar jy kon maar net sowel \u2019n koppie suikerwater, gaskoeldrank of gewone vrugtesap gedrink het. Hulle sal jou bloedsuiker binne twintig minute opstoot \u2013 baie gouer as wat dit neem om tot by die terapeut te kom.<\/p>\n<p>Jy spaar ook nie kilojoules nie, want glukose deur \u2019n drup en glukose deur soet kossoorte bevat ewe veel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is vreemde terapie\u00eb altyd roekeloos of dikwels sinvol? Daar is soveel soorte nie-mediese behandelings dat jy \u2019n jaar lank elke dag iets anders kan probeer. Mits jou sakke baie diep is, want niks is verniet nie. Deur Salom\u00e9 Delport<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":57144,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[241,829,5093,5989],"class_list":["post-57117","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-depressie","tag-diabetes","tag-teenveroudering","tag-hoofpyne"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Alternatiewe terapie\u00eb | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Alternatiewe terapie\u00eb | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is vreemde terapie\u00eb altyd roekeloos of dikwels sinvol? Daar is soveel soorte nie-mediese behandelings dat jy \u2019n jaar lank elke dag iets anders kan probeer. Mits jou sakke baie diep is, want niks is verniet nie. Deur Salom\u00e9 Delport\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-08-17T11:55:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-11-21T10:51:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Waterdruppel.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"750\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Alternatiewe terapie\u00eb\",\"datePublished\":\"2016-08-17T11:55:03+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-21T10:51:08+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/\"},\"wordCount\":1906,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/08\\\/Waterdruppel.jpg\",\"keywords\":[\"depressie\",\"diabetes\",\"teenveroudering\",\"hoofpyne\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/\",\"name\":\"Alternatiewe terapie\u00eb | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/08\\\/Waterdruppel.jpg\",\"datePublished\":\"2016-08-17T11:55:03+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-21T10:51:08+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/08\\\/Waterdruppel.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/08\\\/Waterdruppel.jpg\",\"width\":1000,\"height\":750,\"caption\":\"Foto: Pexels\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alternatiewe-terapiee\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Alternatiewe terapie\u00eb\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Alternatiewe terapie\u00eb | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Alternatiewe terapie\u00eb | rooi rose","og_description":"Is vreemde terapie\u00eb altyd roekeloos of dikwels sinvol? Daar is soveel soorte nie-mediese behandelings dat jy \u2019n jaar lank elke dag iets anders kan probeer. Mits jou sakke baie diep is, want niks is verniet nie. Deur Salom\u00e9 Delport","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-08-17T11:55:03+00:00","article_modified_time":"2016-11-21T10:51:08+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":750,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Waterdruppel.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Alternatiewe terapie\u00eb","datePublished":"2016-08-17T11:55:03+00:00","dateModified":"2016-11-21T10:51:08+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/"},"wordCount":1906,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Waterdruppel.jpg","keywords":["depressie","diabetes","teenveroudering","hoofpyne"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/","name":"Alternatiewe terapie\u00eb | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Waterdruppel.jpg","datePublished":"2016-08-17T11:55:03+00:00","dateModified":"2016-11-21T10:51:08+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Waterdruppel.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Waterdruppel.jpg","width":1000,"height":750,"caption":"Foto: Pexels"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alternatiewe-terapiee\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Alternatiewe terapie\u00eb"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/57117","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=57117"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/57117\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/57144"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=57117"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=57117"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=57117"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}