{"id":5563,"date":"2013-11-22T12:00:00","date_gmt":"2013-11-22T10:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/"},"modified":"2018-11-26T11:56:49","modified_gmt":"2018-11-26T09:56:49","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Die satyn japon<\/em><\/strong><\/p>\n<p>\u2018n Vrouefiguur sit in \u2018n lotus- posisie, maar haar hande rus nie ontspanne op haar knie\u00eb nie. Dit reik uit om \u2018n roos te pluk. Tussen haar en die roosboom is \u2018n wit heining. Die soort wat elke voorstedelike huis in die sestigs gehad het. \u2018n Regte white <em>picket fence<\/em>.<\/p>\n<p>Liesl Burger staan terug en bekyk die skildery wat op doek begin vorm aanneem. Dis die laaste een in haar reeks, Die Afrikaanse Droom, wat by die kunstesentrum van die Universiteit van Johannesburg uitgestal gaan word. Di\u00e9 een noem sy \u2018Vals Drome\u2019.<\/p>\n<p>Eenkant, opgekrul in \u2018n ou leunstoel wat hopeloos te klein is vir sy lyf, l\u00ea \u2018n hond rustig en snork. Uit die CD speler kom Dory Previn se stem aangesweef:<\/p>\n<p><strong><em>We were friends<br \/>\nOh yes<br \/>\nWe were<br \/>\nAnd she just took him from my life<br \/>\nOh yes<br \/>\nShe did<br \/>\nSo young and vain<br \/>\nShe brought me pain<br \/>\nBut<br \/>\nI&#8217;m wise enough to say<br \/>\nShe will leave him<br \/>\nOne thoughtless day<br \/>\nShe&#8217;ll just leave him<br \/>\nAnd go away<br \/>\nOh yes<\/em><\/strong><\/p>\n<p>Dory is een van Liesl se ou gunstelinge uit die jare tagtig wat sy die afgelope maande weer herontdek het. Sy was verstom hoeveel keer sy di\u00e9 lirieke van <em>Beware Of Young Girls <\/em>gehoor het sonder dat dit vir haar iets beteken het.<\/p>\n<p>Sy het Isa die eerste keer in haar eie lapa ontmoet toe sy Konrad se departement oorgenooi het om sy vyfstigste verjaardag te vier. Dit was so drie jaar gelede. Isa se man, Gerben, was nuut by EMKO. \u2018n Paartjie in hulle veertigs wat pas van die Kaap Johannesburg toe getrek het.<\/p>\n<p>Sy kon van die begin nie verstaan hoe die superslim Gerben en Isa by mekaar kon land nie. Gerben is die tipiese vaalseun met \u2018n effense boep. Isa, wat duidelik \u2018n <em>boob job<\/em> gehad het, was \u2018n interessante bries tussen die ander EMKO \u201cgades\u201d wat te gemaklik na Liesl se sin in die middeljarige gietvorm begin pas het.<\/p>\n<p>Isa was nie die skerpste potlood nie, maar Liesl is tog aangetrek deur haar blatante onkunde oor die w\u00eareld buite haar koninkryk van salonbesoeke en inkopies. Dit was nogal vermaaklik. Sy kon sien hoe Isa die ander vroue irriteer en hoe hulle haar diskreet boelie. Omdat sy \u2018n ding het oor die <em>underdog <\/em>het sy die arme mens onder haar vlerk geneem.<\/p>\n<p>So \u2018n jaar gelede het sy tot haar skok besef dat Konrad dieselfde gedoen het \u2026 Isa onder sy vlerk \u201cgeneem\u201d het. Dit was nie die eerste keer wat hy ontrou was nie. Daar was flirtasies met \u2018n sekretaresse of twee en \u2018n vuurwarm vryery met \u2018n vrou by die gimnasium. En hulle dogter Erna se hokkiejuffrou.<\/p>\n<p>Dis die paar waarvan sy weet.<\/p>\n<p>Konrad kon haar nog altyd paai en die liefdesvlam weer aansteek terwyl die kinders in die huis was. Maar die <em>fling <\/em>met Isa kort na Erna se vertrek oorsee vir haar <em>gap jaar <\/em>het Liesl diep teen die been gesny. Met Ludwig op universiteit in Stellenbosch en Erna in Londen, was die verraad die keer te seer. Die nes was so leeg oos haar hart.<\/p>\n<p>Skoonma Annie het openlik haar seun se vergrype goedgepraat as \u201c\u2019n middeljarekrisis\u201d. Dit was asof sy na al die jare finaal vir Liesl wou invryf dat sy haar nooit sal aanvaar as skoondogter nie. Haar Konnie moes volgens haar liefs met sy eerste groot liefde, Amelia, die regter se dogter, getrou het.<\/p>\n<p>Liesel, die kunsstudent met die wilde bos krulhare uit \u2018n <em>nobody <\/em>familie, was nooit haar idee van \u2018n huweliksmaat vir haar goue seun nie.<\/p>\n<p><em>She was my friend<br \/>\nMy friend<br \/>\nMy friend<br \/>\nI thought her motives were sincere<br \/>\nOh yes<br \/>\nI did<\/em><\/p>\n<p>Die lirieke in die agtergrond dring skierlik opnuut tot Liesl deur. Sy druk vererg die stop knoppie van die CD speler. Vandag is sy nie lus om herinner te word aan die simpel vrou wie sy touwys gemaak het in die snobistiese sosiale kringe van EMKO nie.<\/p>\n<p>Sy kan haar voorstel hoe die ander bietse by EMKO funksies die sappige <em>affair<\/em> tussen Konrad en Isa geniet het. Hulle het haar wat Liesel is lank net verdra oor Konrad hulle mans se baas is. Hoe sou hulle die arme Isa nou hanteer? Dat die geboeliede nou aan die baas se sy is!<\/p>\n<p>Liesl gaan staan voor die CD rak, honderde CD\u2019s in kategorie\u00eb geliaseer soos Konrad daarvan hou. Al die voorkante na links, die agterkante na regs. Nie een uit sy plek nie. Hy kon behoorlik sy stert in \u2018n krul ruk as sy \u2018n CD verkeerdom b\u00eare.<\/p>\n<p>Soms het sy dit moedswillig gedoen uit wrewel teen sy inverbiddelike regime in Kloofstraat 11.<\/p>\n<p>Op universiteit, toe hy tydig en ontydig by haar koshuis opgedaag het en sy nog <em>hard to get<\/em> gespeel het, het hy haar andersheid opwindend gevind.\u201cMy hippie-meisie,\u201d het hy soms ges\u00ea en haar welige bos koringblonde hare uit die poniestert losgewoel.<\/p>\n<p>Soms wonder sy waar sy beheer oor die situasie begin verloor het. Miskien die oomblik toe sy uiteindelik voor hom geswig het. Sy het van sy dryfkrag en ambisie gehou. Op \u2018n manier het dit haar veilig laat voel. Dalk sou \u2018n sielkundige haar keuse kon ontleed en verklaar dat sy Konrad gekies het omdat hy is soos sy al die jare in haar verbeeldingsvlugte gedroom het haar pa is. Sy het haar eie pa nooit geken nie, maar toe sy Konrad leer ken het, was dit asof die denkbeeldige pa en Konrad ineen gesmelt het.<\/p>\n<p>Sy gly haar verfbesmeerde hande oor die rye CD\u2019s. Daar is goeie herinneringe op die rak. Musiek was een van die min belangstellings wat hulle gemeen gehad het. Swaar klassiek, jazz en blues.<\/p>\n<p>Sy het die meeste van die CD\u2019s vir hulle saam gekoop. Goedkeuringsgeskenke. Sy kon Konrad altyd met musiek laat ontspan. Tot \u2018n paar jaar gelede. Hulle het begin wegdryf van mekaar. Die aande op die mat met musiek en rooiwyn as die kinders uit is en hulle \u2018n aandjie saam het, het opgedroog. Konrad het \u2018n oorfone gekoop en haar daarmee begin uitsluit.<br \/>\nDaardie oorfone wou sy soms in stukke breek. Dit was asof hy nie eens meer haar terloopse aanmerkings oor die kinders se dinge wou hoor nie.<\/p>\n<p>Sy lag as sy dink watter patetiese prentjie van die huwelik hulle die laaste ruk was. Elkeen met sy eie laptop op die skoot met oorfone aan.<\/p>\n<p>Konrad Burger, die invloedryke finansi\u00eble bestuurder van die internasionale myngroep, wie se vrou al minder in sy w\u00eareld ingepas het. Wel, volgens hom.<\/p>\n<p>Dit is elke keer vir haar \u2018n oomblik van soete wraak as sy dink hoe woedend Konrad was toe sy in die egskeidings-ooreenkoms bepaal het sy hou die CD\u2019s. Sy het met die skeiding gevoel hy verdien nie die herinneringe van aande saam op die mat nie.<\/p>\n<p>Soos so baie dinge in die huis wat haar herinner aan hoe sy hom 25 jaar op die hande gedra het. Als netjies gekategoriseer, geliaseer, gemerk.<\/p>\n<p>Ugh, sy kry \u2018n pyn as sy dink hoe sy toegelaat het dat hy haar soos \u2018n generaal regeer. Sy was maar lekker <em>stupid<\/em>. In die naam van die liefde.<\/p>\n<p>Vanaand is \u2018n jazz aand, besluit sy. Jaxques Loussier se variasies van Bach pas by haar gemoed. Sy draai die volume groot oop om die leemte van die huis te vul.<\/p>\n<p>Vieruur die middag is \u2018n goeie tyd om te gaan bad, besluit sy terwyl sy met terpentyn die ergste verf van haar hande probeer vee.<\/p>\n<p>Sy leef nou volgens haar eie re\u00ebls \u2026 of \u2018n gebrek daaraan. Sy het uit rebellie maande na Konrad se vertrek die huis in chaos laat verval. Net oor sy kon.<\/p>\n<p>Soms wonder sy of Isa al begin voel het hoe Konrad se geite mens rou kan skaaf. Hulle wittebroodsfase is seker al naastenby verby? Sy kan nie glo dat haar beheervraat -eks Isa langer vrye teuls sal gee nie. Maar mens weet nooit. Elsie by die apteek kon nie wag om haar in te lig Isa mag \u2018n hondjie aanhou nie. In die huis!<\/p>\n<p>\u201cEk dog ek sluk my tong in toe hulle laas sy voorskrifte kom haal het. Sy doen die praatwerk en hy staan so \u2018n entjie agter haar met die hond onder die arm! So \u2018n simpel wollerige dingetjie. Konrad! Ek belowe jou! Die seks moet wonderlik wees want hy is self soos \u2018n skoothondjie.\u201d<\/p>\n<p>Elsie het haar ook ingelig van Isa se haarverlengings wat al langer raak, die nuwe tatoe \u2026 en die <em>tummy tuck<\/em>.<\/p>\n<p>Jare gelede, het Ludwig \u2018n speel-speel tatoe van \u2018n roos in \u2018n gelukspakkie gekry. Liesl het dit op haar een bors geplak en sy en haar vriendin Emily het hulle byna dood gelag oor dit so realisties lyk.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nie wag om Konrad vanaand daarmee te verras nie! \u201c het sy toe gespot.<\/p>\n<p>Konrad het byna iets oorgekom oor die tatoe en siedend woedend in sy kar gespring en weggejaag voor sy hom kon wys dit is \u2018n grap.<\/p>\n<p>Nou het sy Isa \u2018n groot skoenlapper op haar maer stuitjie.<\/p>\n<p>\u201cEk sweer haar gesig is stokstyf gebotox,\u201d het Elsie voort geskinder.<\/p>\n<p>\u201cKonrad lyk ook of hy minder plooie het. Ek wed jou hy is ook gespuit. En is Meneer maer! Nee jong, jy het al die jare verniet bekommer oor sy cholesterol. Isa het hom aan die korthare beet. Laat dit vir hom \u2018n les wees! Ek sal jou laat weet as hy Viagra begin vra!\u201d<\/p>\n<p>Elsie se \u201cnuus\u201d bring vir Liesl min troos. Sy het nooit die luukse van gesigbehandelings en spa-pamperlangsessies gehad nie. Nie dat sy wou nie, maar voor Konrad die pos by EMCO gekry het, moes hulle spaarsamig leef. Sy moes haar skilderwerk los en gaan skoolhou.<\/p>\n<p>\u201cOns gaan nie die kinders kan laat leer met jou prentjies nie, \u201c en met sy kortaf geblaf het sy haar skilderdoeke en buisies verf ingepak. Diep in \u2018n plastiektrommel in die motorhuis. Netjies gemerk: Liesl \u2013 kuns. Geliaseer en verpak soos so baie van haar drome wat weggeskuif is sodat Konrad in beheer kan wees van haar lewe. Konrad die broodwinner. Sy sorg net vir die \u201cjam op die brood\u201d, het hy almal graag op hoogte gehou van haar ondergeskikte rol. Nie dat sy veel van die \u201cjam\u201d geproe het nie. Dit is Isa nou beskore.<\/p>\n<p>Liesl bind haar hare op en gly met \u2018n behaaglike sug in die skuimende massa met olies en soute gemeng. Die opgejazzde Bach dawer deur die huis.<\/p>\n<p>Sy maak haar o\u00eb toe en probeer haar gedagtes wegstuur van Konrad en Isa. Beelde van die lang kilometers van die Camino staproete in Frankryk en Spanje speel soos \u2018n rolprent deur haar kop. Sy wou Konrad uit haar kop stap.<\/p>\n<p>Bruingebrand en 15 kg ligter het sy teruggekom met die voorneme om haar drome uit die plastiekhouers in die garage te grawe. Na die eerste versigtige verfhale was dit asof die genesing en lewensvreugde in haar are begin vloei.<\/p>\n<p>Haar vernederende seer is deur die sweet van die Camino de Santiago de Compostela gelaaf. Onfiks en hartseer het sy na die afhandeling van die egskeiding die 780 km staptog begin. Emily wou saam stap, maar sy het geweet sy moes dit alleen doen.<\/p>\n<p>Blase op haar voete, moegheid en hartseer alleen nagte in herberge en verlange na die kinders \u2026 en Konrad kon haar doelgerigtheid nie temper nie.<\/p>\n<p>Vir vier maande het net die kinders soms geweet waar hulle mal ma haar bevind.<\/p>\n<p>\u2018\u2019Mamma het net tydelik haar varkies verloor,\u201d het sy hulle getroos. Maar hulle het geweet dat hulle Mamma deur die jare haar varkies soms net-net op hok kon hou.<\/p>\n<p>Sy het tydens die staptog skuldig gevoel dat sy hulle alleen los om die egskeiding te verwerk. Maar sy het nie kans gesien om weer hulle pa se ontrouheid toe te probeer smeer nie. Di\u00e9 keer moes Konrad self sy kinders in die o\u00eb kyk en aan hulle vertel hoekom hy \u2018n opgedolliede poplap bo hulle ma verkies.<\/p>\n<p>Sy streel haar lyf met skuim en geurige olies en stel die spa-bad, haar geskenk aan haarself, se borrels sodat dit haar rug masseer. Sy sluimer byna in en wip soos sy skrik toe iemand aan die badkamervenster hamer.<\/p>\n<p>\u201cLiesl!\u201d Sy ken die gebiedende stem en gly onder die water in asof die skuim haar ontroue eks sal laat verdwyn. Asemnood laat haar weer na vars lug snak. Die dringende geklop is steeds daar.<\/p>\n<p>Maks blaf verwoed en waarskuwend. Hy ken Konrad nog nie. Sy het hom by die DBV aangeneem om haar te beskerm so alleen in die groot huis.<\/p>\n<p>Sy gromme raak al dringender buite. Liesl kan haar indink hoe Konrad hom vererg vir die brak wat sy eens pragtuin omgedolwe het.<\/p>\n<p>\u201cLiesl!\u201d gebiedend.\u201cKom beheer hierdie vieslike gedrog!\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk bad!\u201d gil sy woedend terug.<\/p>\n<p>\u201cMaak gou\u2026\u201d Konrad se stem retereer effe. Iewers dring dit dalk tot hom deur dat sy nie meer gaan spring as hy haar naam bulder nie.<\/p>\n<p>Sy tap nog warm water by. Hy kan maar wag. Gespanne soos \u2018n snaar l\u00ea sy weer en wag dat die tyd verbytik. Sy hoef Konrad nie te sien om te weet hy stoom van woede nie. Sy hoor die Pajero se toeter ongeduldig blaas. Isa sit seker vir hom en wag. Liesl glimlag toe sy Konrad se foon hoor lui en sy stem Isa paai voor die kar wegtrek.<\/p>\n<p>\u201cEk sal jou bel as jy my moet kom haal.\u201d Sy kan nie glo Konrad kan so onderdanig klink nie. Arme pateet van \u2018n Isa voel seker sy moet saamkom om Konrad op te pas. Foei, sy weet net nie dit gaan voortaan haar lot wees nie. Om Konrad op te pas. Selfs Isa behoort te weet hy sal weer dwaal?<\/p>\n<p>Sy draai \u2018n handdoek om haar kop en vou haar nuwe wit satyn japon om haar sonbruin lyf. Die ou japon van Konrad, haar standaard uniform vir besige oggende van kinders wegsien skool en universiteit toe, het saam met \u2018n paar ander uitgediende kledingstukke van haar vorige lewe in die asblik beland.<\/p>\n<p>\u201cMaks! Kom!\u201d Die hond gehoorsaam onwillig en sy maak hom in die waskamer toe.<\/p>\n<p>\u201cJy is moedswillig,\u201d sis Konrad uit die lapa toe sy uiteindelik besluit hy het lank genoeg gewag.<\/p>\n<p>\u201cJy wou my sien?\u201d Haar stem is so dun soos die japon wat aan haar klam lyf kleef.<\/p>\n<p>\u201cEk het vorms wat jy moet teken vir die verkoop van die strandhuis. Dis dringend.\u201d<\/p>\n<p>Liesl gaan sit aan die hoof van die 12 sitplek houttafel wat sy eiehandig afgeskuur en gerestoureer het. Die tafel waar sy Isa en haar man die eerste keer onthaal het.<\/p>\n<p>Sy swaai haar een lang bruin been oor die ander. Moedswillig. Sy merk op dat Konrad dit nie mis nie. Hy kon in \u2018n stadium haar lang bene nie weerstaan nie.<\/p>\n<p>Skielik toeter die Pajero weer voor die hek. Isa is terug. Maks blaf met nuwe ywer uit die waskamer en krap aan die deur.<br \/>\nDie toeter raak effe histeries. Dit is net een te veel vir Maks. Sy hoor die deur meegee en binne sekondes staan hy wydsbeen oor \u2018n gillende Konrad.<\/p>\n<p>Geeneen van haar bevele maak nou enige verskil nie.<\/p>\n<p>\u201cMaks! Los!\u201d<\/p>\n<p>Sy probeer die hond aftrek. In die proses gly haar japon oop en sy struikel oor haar voete \u2026 Omtrent dieselfde oomblik toe sy die tuinhek hoor oopgaan.<\/p>\n<p>Maks staan nou dreigend en grom vir die vrou met die \u201cbig hair\u201d en stywe jeans.<\/p>\n<p>\u201cEn wat gaan hier aan?\u201d hoor sy Isa sy stemmetjie.<\/p>\n<p>Sy weet dinge lyk nie goed nie en sy geniet dit. Sy woel so effe rond op Konrad om die regte effek te kry. Sy voel Konrad se lyf reageer anders as wat sy brein wil.<\/p>\n<p>Haar japon gly verder af oor haar skouers \u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Die satyn japon \u2018n Vrouefiguur sit in \u2018n lotus- posisie, maar haar hande rus nie ontspanne op haar knie\u00eb nie. Dit reik uit om \u2018n roos te pluk. Tussen haar en die roosboom is \u2018n wit heining. Die soort [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-5563","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 1 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&nbsp; Die satyn japon \u2018n Vrouefiguur sit in \u2018n lotus- posisie, maar haar hande rus nie ontspanne op haar knie\u00eb nie. Dit reik uit om \u2018n roos te pluk. Tussen haar en die roosboom is \u2018n wit heining. Die soort [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-11-22T10:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-11-26T09:56:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"13 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1\",\"datePublished\":\"2013-11-22T10:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-11-26T09:56:49+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\\\/\"},\"wordCount\":2627,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2013-11-22T10:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-11-26T09:56:49+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1 | rooi rose","og_description":"&nbsp; Die satyn japon \u2018n Vrouefiguur sit in \u2018n lotus- posisie, maar haar hande rus nie ontspanne op haar knie\u00eb nie. Dit reik uit om \u2018n roos te pluk. Tussen haar en die roosboom is \u2018n wit heining. Die soort [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-11-22T10:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-11-26T09:56:49+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"13 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1","datePublished":"2013-11-22T10:00:00+00:00","dateModified":"2018-11-26T09:56:49+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/"},"wordCount":2627,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2013-11-22T10:00:00+00:00","dateModified":"2018-11-26T09:56:49+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-1\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 1"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5563","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5563"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5563\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5563"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5563"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5563"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}