{"id":55467,"date":"2016-04-27T13:55:55","date_gmt":"2016-04-27T11:55:55","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=55467"},"modified":"2016-07-27T13:57:54","modified_gmt":"2016-07-27T11:57:54","slug":"ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/","title":{"rendered":"Ons moet wakker skrik oor slaappille"},"content":{"rendered":"<p>Om meer presies te wees: die splinternuwe zopiclones (Imovane, Zopivane, Zopimed, Z-Dom) en die zolpidems (Stilnox, Adco-Zolpidem en Ivedal) is maar net so nadelig vir jou as die ouer Valiums, Xanaxes, Xanor, Ativans, Lexotanils, Lexotans, Seconals, Rohypnols, Dormicums en Halcyons.<\/p>\n<p>\u2019n Tikkie humor omgeef aanvanklik di\u00e9 slaappille wat die z-middels genoem word. Die z, wat na die aktiewe bestanddeel daarin verwys, sou jou ook sommer heerlik en veilig laat zzz. Hulle werk boonop blitsig en voer jou binne twintig minute na droomland. En omdat hulle vinnig afbreek, is hulle binne ses uur uitgeskei. Geen hangover of newe-effekte die volgende dag nie. Wat meer kon ons slaaploses vra?<\/p>\n<p>Maar vanaf 2005, soos ons die z-groep beter leer ken, steek probleme kop uit. Ernstige probleme soos afhanklikheid, geheueaantasting, depressie, selfmoord, swakker ko\u00f6rdinasie, selfs kankers en meer sterftes. En bowenal slegter slaap.<\/p>\n<p>Hoekom gebruik so baie van ons hierdie middels, wat miljarde vir die farmaseute inbring en terselfdertyd die mediese fondse en ons dermiljoene kos, as dit so nadelig vir ons is? Is ons oningelig oor die nadele? Of onderskat ons die erns daarvan?<\/p>\n<p>As jy begin lees op Pubmed, die webwerf waarop alle erkende navorsing gepubliseer word, skrik jy jou koud. Daardie z kan eerder jou gesondheid <em>zap<\/em>. Of op die beste <em>zilch<\/em> vir jou doen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oor verslawing die volgende<\/h4>\n<p>\u2022 In Brittanje het zopiclone reeds \u2019n straatnaam: zim-zim.\u00a0Volgens \u2019n Amerikaanse polisieverslag neem inbrake by bejaardes toe om slaappille te bekom.<\/p>\n<p>\u2022 Een Britse rehabilitasiesentrum s\u00ea een uit twintig van hul\u00a0pasi\u00ebnte is spesifiek aan zopiclone verslaaf.<\/p>\n<p>\u2022 In 2002 waarsku die W\u00eareldgesondheidsorganisasie Zolpidem is net so verslawend soos die ou benzos.<\/p>\n<p>\u2022 In \u2019n ondersoek in Sleep (2011) waarin mense kon kies tussen \u2019n z-middel en plasebo het hulle vier uit elke vyf nagte die\u00a0z-middel gekies. Hulle het dus gou \u2019n duidelike voorkeur ontwikkel, wat op verslawingspotensiaal dui.<\/p>\n<p>\u2022 In 2006 identifiseer die nasionale Franse <em>Centre for Evaluation and Information on Pharmacodependence<\/em> twee groepe z-afhanklikes: di\u00e9 wat hul angs verloor, in beheer voel en eufories raak; en di\u00e9 wat al meer nodig het om aan die slaap te raak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oor effekte op jou liggaam en brein<\/h4>\n<p>\u2022 \u2019n 2012 ondersoek van die beroemde <em>Scripps<\/em>-instituut op 35\u00a0000 mense span sekerlik die kroon: n\u00e1 net dertig maande op z-middels is jou kans om te sterf 4,6 keer ho\u00ebr as vir nie-gebruikers.\u00a0En gestel jy gebruik slaappille net af en toe? Onder die groep wat 18 &#8211; 132 z-pille per jaar gebruik \u2013 drie weke tot drie maande \u2013 was die sterfterisiko reeds 3,6 keer ho\u00ebr. Langer termyn gebruikers se risiko was vyf keer ho\u00ebr, en hulle skat tot 500\u00a0000 Amerikaners sterf per jaar weens z-slaappille.<\/p>\n<p>Is die sterfsyfer ho\u00ebr omdat die meeste gebruikers bejaardes is, wie se kans om te sterf klaar hoog is? Die span s\u00ea nee, want ekwivalent gesonde gebruikers en nie-gebruikers is vergelyk.<\/p>\n<p>\u2022 Boonop wys dieselfde ondersoek die kankerrisiko op veral\u00a0limfoom, long-, kolon- en prostaatkanker is 35% ho\u00ebr onder z-gebruikers. Mense wat reeds kanker gehad het, is uitgesluit; dus word die oormaat kankers aan z-middels gekoppel.\u00a0Selfs kommerwekkender: di\u00e9 ondersoek het gebruik net\u00a0oor dertig maande gemonitor. Wat gebeur as mense jaar in en jaar uit z-middels neem, soos talle bejaardes?<\/p>\n<p>\u2022 Is dit normaal vir bejaardes om vaag oor onlangse gebeure te wees? Omdat \u2019n hele aantal ondersoeke wys z-middels verminder veral REM-slaap is daar \u2019n sterk vermoede \u2013 en sommige s\u00ea oorgenoeg bewyse \u2013 dat z-middels geheue aantas.<\/p>\n<p>\u2022 Nog \u2019n sorgwekkende assosiasie: die nie-benzos word aan depressie gekoppel. \u2019n Sweedse ondersoek onder 200\u00a0000 bejaardes wys die risiko op selfmoord onder bejaardes op z-middels is vier keer ho\u00ebr as onder bejaardes daarsonder. Bejaardes op die ou benzos se risiko was selfs ho\u00ebr: 14 keer. Daar was geen verband tussen antidepressante en selfmoord nie.<\/p>\n<p>\u2022 In nog \u2019n ondersoek was infeksies soos keelseer, rinitis (loopneus) en sinusitis 68% meer algemeen onder z-gebruikers as onder nie-gebruikers.<\/p>\n<p>\u2022 In dieselfde ondersoek is ook gevalle van ho\u00ebr bloedsuiker, hartpyn en nierstene opgespoor, terwyl die nie-gebruikers geen gesondheidsprobleme ontwikkel het nie.<\/p>\n<p>\u2022 Zolpidem-gebruikers het meer sooibrand en maagsere as\u00a0nie-gebruikers.<\/p>\n<p>\u2022 Verskeie ondersoeke toon z-middels kan balans en ko\u00f6rdinasie die volgende dag aantas, al is dit uitgewerk. Die kans op \u2019n val is 2,6 keer ho\u00ebr by z-gebruikers.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy sal nie eens beter slaap nie<\/h4>\n<p>Die verrassendste is dat hoe langer jy z-slaappille gebruik, hoe slegter sal jy waarskynlik slaap.<\/p>\n<p>\u2022 Die eerste z-ondersoeke het drie tot twaalf weke geduur. Die korttermynresultate \u00eds indrukwekkend, met van 25-63 minute meer slaap en \u2019n totale slaaptyd van rondom ses uur per nag. Die z-gebruikers het ook gou ingedommel: binne 12-19 minute, teenoor tot 43 minute by nie-gebruikers.<\/p>\n<p>Op lang termyn verander die prentjie dramaties. N\u00e1 \u2019n jaar, wys \u2019n 2009 Sweedse ondersoek, neem dit zopiclone-gebruikers gemiddeld 38 minute om aan die slaap te raak, teenoor net 7 minute by goeie slapers. Hulle l\u00ea ook 114 minute snags wakker, teenoor 44 minute by nie-gebruikers; en dan het hulle maar net 55 minute van die goeie nie-REM slaap gekry wat geheue bou, teenoor nie-gebruikers se 120 minute.<\/p>\n<p>\u2022 In \u2019n 2005-artikel in die <em>British Medical Journal<\/em> bevind navorser Jennifer Glass dat z-gebruikers 3,82 keer meer kla oor moegheid die volgende dag, al het hulle gemiddeld 25 minute meer geslaap.<\/p>\n<p>\u2022 \u2019n Onlangse Britse hotelverslag s\u00ea slaapwandelary neem opvallend toe onder hul gaste.<\/p>\n<p>\u2022 En dan het talle mense stories om te vertel:\u00a0Mari\u00ebtta Fereira, \u2019n skakelbeampte, was verlede jaar vir \u2019n konferensie in Washington.<\/p>\n<p>\u201cEk sou Saterdag vlieg, Sondag land en Maandag begin. Ek wou vars en uitgerus wees. Dus het \u2019n slaappil ideaal geklink.\u00a0Gelukkig het ek die Zopivane vooraf probeer \u2013 ek het nog nooit slaappille gebruik nie. Dit was \u2019n ramp. Die volgende dag was ek soos \u2019n zombie. Dit het gevoel asof ek hoog trap, soos iemand wat te veel gedrink het.\u00a0Ek het toe Zolpimed probeer. Di\u00e9 keer was my toetsnag wonderlik, en ek was reg vir Washington. Dit was interessant maar agterna het ek begin wonder: woorde was heeltyd op die punt van my tong, en toe ek agterna die transkripsies deurlees, kon ek sien hoe baie ek in frases eerder as in volsinne gepraat het. Sou ek beter gevaar het as ek maar net gewoonweg sleg geslaap het?\u201d<\/p>\n<p>Kobus en Hanli Marais reis gereeld vir werk Londen toe. \u201cKobus neem \u2019n slaappil vir die nagvlug. Na my mening reageer hy die volgende oggend stadig en is hy opvallend ongeko\u00f6rdineerd. Ek laat hom nie toe om te bestuur nie omdat hy \u2019n risiko op die pad is.\u201d<\/p>\n<p>Die aanvanklike vermo\u00eb van die nie-benzos om jou blitsig aan die slaap te kry hou sy eie risiko\u2019s in, soos Cora Strydom (72) ervaar het. \u201cEk het nie besef hoe vinnig die pil werk nie en het amper in my eie bad verdrink. Ek het my pil gedrink en toe gaan bad \u2013 \u2019n lekker diep, vuurwarm bad vir die koue Karoonag. Gelukkig het my man kom kyk hoekom ek so lank wegbly. Ek het glo afgesak, met my mond net-net bo die water. As ek alleen gewoon het, het ek vir seker verdrink of verkluim.\u201d<\/p>\n<p>Vermoedelik is dit hoe Whitney Houston in h\u00e1\u00e1r bad verdrink het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is ons mislei?<\/h4>\n<p>Wat dan van al die navorsing wat ons, ons dokters en al die beheerrade w\u00eareldwyd oortuig het die nie-benzos is veilig? Het die naam ons gesus? Ni\u00e9-benzo impliseer immers die z-middels werk anders as die benzos.<\/p>\n<p>Dr. Chris Verster, psigiater by US gesondheidswetenskappe glo di\u00e9 aanname is onrealisties: \u201cAl werk die twee soorte op verskillende plekke van die GABA-breinreseptors, werk hulle op dieselfde breinsentrum. Hulle k\u00e1n dus dieselfde uitwerking h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Daniel Kripke van die Universiteit van Kaliforni\u00eb is \u2019n w\u00eareldbekende navorser op slaappilverwante sterftes. Hy glo heelwat navorsing oor z-pille is skeef omdat die farmaseute wat slaappille vervaardig dit finansier. So het die farmaseute 51 uit die 56 ondersoeke wat tot 2007 gedoen is, ondersteun. Vir ander psigiatriese middels is die bedryf by 30% &#8211; 50% van ondersoeke betrokke, wat baie meer objektiwiteit afdwing.<\/p>\n<p>Tog lyk die bedryfsgesteunde navorsing net so betroubaar soos suiwer akademiese navorsing. Albei verskyn immers in vooraanstaande mediese joernale wat artikels streng keur. Waar l\u00ea die probleem? Kripke verduidelik die navorsing is subtiel gestruktureer om die kanse op \u2019n positiewe uitslag te verbeter, soos om groot gewig aan klein voordele te gee.<\/p>\n<p>\u2019n Ander taktiek is om deelnemers s\u00e9lf te laat oordeel oor die voordele van hul slaappil, eerder as dat \u2019n navorser objektiewe, meetbare waarnemings maak. Deelnemers moet byvoorbeeld soggens aanteken hoe lank dit hulle geneem het om aan die slaap te raak. Of dan eintlik skat. Dit is immers onmoontlik om te kyk presies hoe laat jy wegdommel. So is tydverloop boonop subjektief: vyf minute kan veral laatnag vir my baie langer voel as vir jou. Hulle moes ook self aanteken hoeveel keer hulle snags wakker was, terwyl die middel juis geheue onderdruk in die ses tot agt uur wat dit aktief is.<\/p>\n<p>Dan is daar selektief verslag gedoen. Die besprekings en gevolgtrekkings gaan byvoorbeeld net oor hoeveel meer ure mense slaap, terwyl negatiewe waarnemings wat na vore kom, soos depressie of verkoue-tipe simptome, ge\u00efgnoreer is.<\/p>\n<p>Die farmaseutiese maatskappye s\u00ea hulle het gewis niemand mislei nie: hul slaappille is net vir drie weke se gebruik goedgekeur. As jy dit langer gebruik, doen jy dit op jou eie risiko.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Perspektief<\/h4>\n<p>Vra rond, en baie mense sal jou vertel hoe heerlik \u2019n z-pil hulle laat slaap. En hulle is skerp en gesond. Is slaappille nadelig vir ons almal? Of net vir party?<\/p>\n<p>Dr. Verster s\u00ea slaappille het besliste nadele. Een daarvan is geheue-aantasting, wat veral vir ons ouerwordende gemeenskap \u2019n groot kommer is. Ons wil immers helder van verstand oud word en na onsself kan omsien.<\/p>\n<p>\u201cOns sien beslis geheue-aantasting by baie mense op die ou langwerkende benzos soos Valium.\u201d<\/p>\n<p>En op die nuwe z-middels, wat vroeg soggens uitgewerk is?<\/p>\n<p>\u201cOns weet nou hulle verminder REM-slaap. Dit is die slaapfase waartydens veral jou korttermyngeheue vasgel\u00ea word \u2013 vandag se gebeure, jou ervarings, waarnemings, emosionele reaksies en wat jy gedoen en ges\u00ea het. Jou vermo\u00eb om probleme op te los op grond van vorige ervarings is ook afhanklik van hierdie slaapfase. Met minder REM-slaap is geheue-aantasting baie waarskynlik, en veral as jy die pille oor dekades gaan gebruik. Ons sien dat veral mense wat reeds geheueprobleme het die ergste aangetas word.\u201d<\/p>\n<p>Slaapneuroloog Pierre van der Merwe van die Durbanville-slaapkliniek s\u00ea slaappille is altyd \u201ctweede keuse\u201d. \u201cVerreweg die meeste mense k\u00e1n herleer om natuurlik te slaap en moenie met slaappille begin nie. Gebruikers saal hulself net op met probleme soos terugslag slaaploosheid en slaapmiddelge\u00efnduseerde slaaploosheid. Ons sien albei baie gereeld by ons kliniek.\u201d<\/p>\n<p>Mense met eersgenoemde raak ongelooflik moeilik aan die slaap as hulle n\u00e1 \u2019n paar maande z-middels staak. Mense met laasgenoemde kan nie daarsonder aan die slaap raak nie maar l\u00ea terselfdertyd snags ure lank wakker. Hulle slaap dus sleg en min daarop.<\/p>\n<p>\u201cTot 40% van slaaploses ly aan slaapapnee \u2013 nie slaaploosheid nie. Slaappille is dus die verkeerde oplossing.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Weich s\u00ea n\u00e1 sowat ses weke slaap min mense werklik beter op hul slaappil. \u201cHoe langer jy hierdie middels gebruik, hoe groter is jou risiko op toleransie, en het jy al meer pille nodig om aan die slaap te raak. Dan kom vra pasi\u00ebnte meer, en loop hulle die risiko om werklik verslaaf te raak.<\/p>\n<p>\u201cDit is ook nie maklik om slaappille te staak nie. Onttrekking kan selfs gevaarlik wees.<\/p>\n<p>\u201cNogtans moet ons nie slaappille demoniseer nie. Vir die regte pasi\u00ebnt op die regte tyd is dit \u2019n kosbare hulpmiddel. \u2019n Kursus van twee weke kan byvoorbeeld mense help om\u00a0\u2019n siklus van slaaploosheid te breek terwyl hulle nuwe, beter gewoontes aanleer.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Gerbus Muller van die US Gifsentrum s\u00ea mense wat reeds jare lank op slaappille is, moenie summier staak nie.<\/p>\n<p>\u201cKyk of jy een of twee nagte per week daarsonder kan klaarkom. Of verminder jou dosis baie geleidelik, s\u00ea met \u2019n kwart pilletjie per week. Werk terselfdertyd aan goeie slaapgewoontes.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Weich s\u00ea as jy slaappille moet gebruik, maak so:<\/p>\n<p>\u2022 Wees altyd bewus daarvan dat jy met \u2019n gewoontevormende middel werk.<br \/>\n\u2022 Gebruik die ligste dosis moontlik.<br \/>\n\u2022 Beperk jouself tot drie weke. Sien dit as jou grasietyd om die regte oplossing vir jou soort slaapprobleme te kry sodat jy daarna na natuurlike slaap kan oorskakel.<br \/>\n\u2022 Moenie z-pille nag vir nag gebruik nie. Jy is minder geneig om hulle gewoond te raak as jy dit een of twee nagte drink en dan weer \u2019n paar nagte oorslaan. So bly die pille ook langer effektief.<br \/>\n\u2022 Moenie al meer pille gebruik nie. As jy al meer pille begin nodig kry, kry hulp v\u00f3\u00f3r jy afhanklik is.<br \/>\n\u2022 As jy slaappille langer wil gebruik, vra jouself af: hoekom? Wat regverdig dit? En stem jou dokter saam?<br \/>\n\u2022 Onthou slaappille en alkohol is \u2019n dodelike kombinasie. Slaappille kan ook met ander medikasie inmeng waaronder\u00a0sekere antibiotika, en sommige middels vir bipol\u00eare depressie, depressie en epilepsie. Om jou slaappille te los is moeilik, selfs gevaarlik, en behels \u2019n komplekse proses. Kry professionele\u00a0hulp by jou dokter.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Leef jy in \u2019n droomw\u00eareld oor jou geliefde slaappil? Inligting oor slaappille is \u2019n nagmerrie. Die nuus is dat die wondergroep z-slaappille, die nie-benzos waarop ons slaaploses vanwe\u00eb hul veronderstelde veiligheid is, n\u00e9t so verslawend soos hul voorgangers, die ou benzos, is. In Suid-Afrika is ons aan die slaap hieroor. Deur Salom\u00e9 Delport<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":55493,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[2163,2440,335,338],"class_list":["post-55467","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-slaapapnee","tag-slaaploosheid","tag-slaap","tag-slaappille"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ons moet wakker skrik oor slaappille | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ons moet wakker skrik oor slaappille | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Leef jy in \u2019n droomw\u00eareld oor jou geliefde slaappil? Inligting oor slaappille is \u2019n nagmerrie. Die nuus is dat die wondergroep z-slaappille, die nie-benzos waarop ons slaaploses vanwe\u00eb hul veronderstelde veiligheid is, n\u00e9t so verslawend soos hul voorgangers, die ou benzos, is. In Suid-Afrika is ons aan die slaap hieroor. Deur Salom\u00e9 Delport\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-04-27T11:55:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-27T11:57:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Slaap.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"664\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Ons moet wakker skrik oor slaappille\",\"datePublished\":\"2016-04-27T11:55:55+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-27T11:57:54+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/\"},\"wordCount\":2157,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Slaap.jpg\",\"keywords\":[\"slaapapnee\",\"slaaploosheid\",\"slaap\",\"slaappille\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/\",\"name\":\"Ons moet wakker skrik oor slaappille | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Slaap.jpg\",\"datePublished\":\"2016-04-27T11:55:55+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-27T11:57:54+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Slaap.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Slaap.jpg\",\"width\":1000,\"height\":664,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ons moet wakker skrik oor slaappille\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ons moet wakker skrik oor slaappille | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ons moet wakker skrik oor slaappille | rooi rose","og_description":"Leef jy in \u2019n droomw\u00eareld oor jou geliefde slaappil? Inligting oor slaappille is \u2019n nagmerrie. Die nuus is dat die wondergroep z-slaappille, die nie-benzos waarop ons slaaploses vanwe\u00eb hul veronderstelde veiligheid is, n\u00e9t so verslawend soos hul voorgangers, die ou benzos, is. In Suid-Afrika is ons aan die slaap hieroor. Deur Salom\u00e9 Delport","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-04-27T11:55:55+00:00","article_modified_time":"2016-07-27T11:57:54+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":664,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Slaap.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Ons moet wakker skrik oor slaappille","datePublished":"2016-04-27T11:55:55+00:00","dateModified":"2016-07-27T11:57:54+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/"},"wordCount":2157,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Slaap.jpg","keywords":["slaapapnee","slaaploosheid","slaap","slaappille"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/","name":"Ons moet wakker skrik oor slaappille | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Slaap.jpg","datePublished":"2016-04-27T11:55:55+00:00","dateModified":"2016-07-27T11:57:54+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Slaap.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Slaap.jpg","width":1000,"height":664,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-moet-wakker-skrik-oor-slaappille\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ons moet wakker skrik oor slaappille"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55467","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=55467"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55467\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55493"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=55467"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=55467"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=55467"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}