{"id":55209,"date":"2016-07-22T14:53:53","date_gmt":"2016-07-22T12:53:53","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=55209"},"modified":"2016-11-21T15:51:52","modified_gmt":"2016-11-21T13:51:52","slug":"belinda-bras-nel-die-engelvrou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/","title":{"rendered":"Belinda Bras-Nel: die &#8220;Engelvrou&#8221;"},"content":{"rendered":"<h4>Belinda ontdek haar konneksie met die engele<\/h4>\n<p>In 2002 was ek 32 jaar oud en steeds verwikkel in\u00a0\u2019n diep depressie toe ek\u00a0\u2019n noodkreet aan God in die Univers gestuur het. Ek wou weet wat die rede vir my bestaan was. God se antwoord het natuurlik op\u00a0\u2019n bonatuurlike wyse gearriveer, in die vorm van gestaltes wat hulself aan my bekend gemaak het as my en my gesin se engele. Aangesien ek desperaat was om van die depressie te ontsnap, het ek met hulle begin gesprekke voer en agtergekom dat hulle saamgesels.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Deure het oopgegaan<\/h4>\n<p>Sinkronisiteit het die regte mense oor my pad gebring. Hulle het my ondersteun om ook die boodskappe wat ek vir ander mense ontvang het, te begin deel.\u00a0\u00a0\u2019n Ruimte is vir my voorsien om kli\u00ebnte te help met die begeleiding van die engele. Deur \u201cword of mouth\u201d het my kli\u00ebntetal aanhou toeneem. Die engele het my gelei om\u00a0\u2019n stel Engelkaarte te skilder: \u201cAsk the Angels\u201d. Na ek in 2005 in <em>rooi rose<\/em> verskyn het, is ek genooi vir radio- en televisieprogramme. Ek is aangespoor om\u00a0\u2019n boek oor my ervarings met die engele te skryf. My debuut boek \u201cMy pad met Engele\u201d is in 2011 deur Lapa gepubliseer en het hierdie jaar ook in Engels verskyn, genaamd: \u201cAwakening to Angels\u201d.<\/p>\n<p>Tesame met die engele het afgestorwe geliefdes ook begin deurkom in die sessies. Dit was\u00a0\u2019n lang leerkurwe, met die engele en God as my onderwysers. Ek het al hoe meer agtergekom hoeveel fisiese en emosionele genesing die terapiesessies met die geliefdes aan die ander kant vir mense bring. Tydens die 14 jaar wat ek reeds die boodskappe gee, het ek ook besef hoe bang mense nog vir die dood is en hoe min hulle eintlik van die proses weet. Weereens met die begeleiding van engele, hierdie keer die Doodsengel, het ek pen op papier gesit om mense se vrese oor die dood aan te spreek en die vrae te antwoord waarmee my kli\u00ebnte altyd na my toe kom. Hierdie boek: \u201cVersteekte Waarheid \u2013 die Doodsengel bring besoek\u201d verskyn in Augustus 2016, gepubliseer deur Naledi.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-55217 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/324401_10151309846419209_1107141380_o.png\" alt=\"belinda-bras-nel-pad-met-engele\" width=\"289\" height=\"448\" \/><\/p>\n<h4>Mense se reaksie<\/h4>\n<p>Om te kies om bekend te maak dat jy met engele praat, is nie\u00a0\u2019n maklike keuse nie. Ek het lank oorweeg of ek my man en kinders aan die veroordeling wou blootstel. Maar ek het gekies om vreugde eerder as depressie in ons huis te laat leef, en die engele met ope arms ingenooi.\u00a0 My kinders se mamma was vernuwe, ek kon weer op my eie voete staan. Ek kan ook aan hulle die gereedskap gee om\u00a0\u2019n gelukkige lewe te kweek, soos wat die engele my geleer het om te doen. My man het weer\u00a0\u2019n heel vrou as geskenk gekry en ondersteun my onvoorwaardelik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Werk soos geen ander nie!<\/h4>\n<p>Aan die begin het ek maar net mense uit my eie omgewing gesien. Ek het\u00a0\u2019n kamer by\u00a0\u2019n sentrum gehuur en mense het donasies gegee in ruil vir\u00a0\u2019n boodskap. Ek is deur moeilike lesse van veroordeling en hoe mense jou kan misbruik. Die engele het my gelei om my eie waarde te ontdek. Ek het\u00a0\u2019n vaste bedrag begin vra, een wat die engele aan my voorgestel het, en van daar het die kettingreaksie begin. Ek het nooit geadverteer nie. Ek kry steeds die meeste van my kli\u00ebnte deur die verwysings van ander.<\/p>\n<p>Verder moes ek leer dat ek uniek is en dat ek nie boodskappe gee soos wat ander mediums dit doen nie. Ek het my talent begin vertrou en daaruit is die boodskappe op die radio en rubrieke vir tydskrifte gebore.\u00a0 Tog was dit eers vandat ek begin boeke skryf het dat my siel haar passie kon begin uitleef.<\/p>\n<p>Ek weet nie of daar nog iemand is wat so lief is vir hulle werk soos ek nie. Met elke boodskap wat ek gee, ontmoet ek nog engele. Dis soos om self die hemel binne te stap en vir\u00a0\u2019n wyle daar te vertoef.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>V\u00e1n persoonlike boodskappe t\u00f3t dierekommunikasie<\/h4>\n<p>Dit is so moeilik om\u00a0\u2019n term te knoop aan wat ek doen. Mense het my die Engelvrou begin noem en\u00a0\u2019n koerant het my die Engelfluisteraar gedoop. Ek hou daarvan om myself\u00a0\u2019n inspireerder te noem. Dalk nie so treffend nie, maar ek voel my lewensdoel is om mense te inspireer om hul siele se volle potensiaal te uit te leef.<\/p>\n<ul>\n<li>Ek doen graag persoonlike boodskappe vir mense, waar ek suiwer die begeleiding van hul engele en geliefdes oordra. Hierdie sessies dien nie as toekomsvoorspellings nie, maar aanmoediging om te glo in jou siel se potensiaal en keuses te maak om dit uit te leef.<\/li>\n<li>Ek bied meditasiesessies aan waar mense hul eie ervarings met hul engele en geliefdes kan h\u00ea.<\/li>\n<li>Ek bied verskeie werkswinkels aan waar mense die geleentheid kry om te ontdek wie hulle is en waartoe hulle in staat is.<\/li>\n<li>Ek bied ook dierekommunikasie-werkswinkels aan.<\/li>\n<li>Ek tree as inspirerende spreker op vir groepe.<\/li>\n<li>Ek leef my passie uit om te skilder en te skryf.<\/li>\n<\/ul>\n<h4><\/h4>\n<h4><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-55219 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/received_10205639806266053-387x600.jpeg\" alt=\"belinda-bras-nel-received_10205639806266053\" width=\"387\" height=\"600\" \/><\/h4>\n<h4><\/h4>\n<h4>\u00a0Belinda se boeke<\/h4>\n<ul>\n<li><strong>My pad met Engele<\/strong> (Lapa) vertel my lewensverhaal &#8211; hoe die engele my van selfdoodgevoelens na vreugde geneem het. Verder deel ek al die wyshede wat die engele met my gedeel het, gereedskap om jou lewe te transformeer. Daar is ook boodskappe van die engele oor belangrike lewensonderwerpe en die algemeenste vrae wat kli\u00ebnte en kinders my oor engele vra, word beantwoord.<\/li>\n<li><strong>Awakening to Angels \u2013 how the Angels saved my life<\/strong> (Kima Publishers) is die Engelse vertaling van \u201cMy pad met Engele\u201d op aanvraag van my kli\u00ebnte reg oor die w\u00eareld wat nie Afrikaans magtig is nie.<\/li>\n<li><strong>Versteekte Waarheid \u2013 die Doodsengel bring besoek<\/strong> (Naledi Uitgewers). In hierdie boek deel ek my eie pad wat ek met die Doodsengel gestap het en hoe my pa se afsterwe my lewe dramaties verander het. Nianell en Riana Scheepers is maar twee van die mense wat ook in die boek hul ervarings met afgestorwe siele deel. Sekerlik die belangrikste deel van die boek is om ons vrese vir die dood aan te spreek en die konsep vir onsself te herdefinieer, sodat ons nie ons eie afsterwe sal vrees nie.<\/li>\n<li><strong>Die Kind van Keuse<\/strong> (Kima Publishers) is\u00a0\u2019n fantastiese fantasieverhaal wat\u2019n engel oor\u00a0\u2019n tydperk van ses maande aan my vertel het. Ek het dag en nag geskryf, honger om te hoor wat gaan gebeur. Dis die verhaal van Bea,\u00a0\u2019n tienermeisie, wat vlug uit\u00a0\u2019n samelewing waar sy \u2018n verworpe bestaan gevoer het. As gevolg van\u00a0\u2019n fratsongeluk beland sy in\u00a0\u2019n parallelle dimensie waar sy nie net haar herkoms ontdek nie, maar ook haar ware self.<\/li>\n<li><strong>Elke dag met die Engele<\/strong> is\u00a0\u2019n dagboek met daaglikse inspirasies en boodskappe van die engele. Ek is tans besig daarmee.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Meer oor <em>Awakening to Angels<\/em><\/h4>\n<p>\u2019n Engelse man, van Sotho-afkoms, bel my eendag. Hy vra of hy my boek kan bestel. Na ek aan hom verduidelik het dat dit in Afrikaans is, vra hy my om dit asseblief ook in Engels beskikbaar te stel. Ek verduidelik dat daar baie Engelse boeke oor engele beskikbaar is. Hy lag en s\u00ea dat hy graag wil lees dat daar ook engele in Suid-Afrika is wat na Suid-Afrika se mense omsien. Hy wil nie hoor dat daar engele in Amerika is nie, want die \u201cAliens\u201d land ook net in Amerika. Ek het lekker gelag, maar hierdie man was my inspirasie om die boek in Engels gepubliseer te kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-55240 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/IMG_20160721_183539_resized-500x500.jpg\" alt=\"belinda-bras-nel-versteekte waarheid\" width=\"500\" height=\"500\" \/><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Meer oor <em>Versteekte Waarheid \u2013 die Doodsengel bring besoek<\/em><\/h4>\n<p>Di\u00e9 boek is vir my so belangrik, aangesien elke kli\u00ebnt wat by my kantoor instap, letsels dra van die dood van\u00a0\u2019n geliefde. Daar is dikwels verwyte, onafgehandelde konflikte of gesprekke wat nooit gevoer is nie. Wanneer die geliefde deurkom om te gesels en die persoon van al die onopgeloste emosies verlos, vind daar\u00a0\u2019n hergeboorte voor my plaas. Elkeen het soveel vrae en dus is dit goed om al die antwoorde vir hulle op skrif te bied, om weer en weer te oorweeg. Die feit dat ander mense ook hul verhale deel mag dalk vir mense die oorweging bring dat dit nie verkeerd is om jou geliefde langs jou aan te voel nie. In Suid-Afrika is dit nog taboe om daaroor te praat. Ek wil vir mense die ruimte bied om self te besluit of hulle wel hul geliefdes wil ervaar of nie, en dus vrede te maak met die konsep van die dood en wie ons na die dood is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Meer oor <em>Die Kind van Keuse<\/em><\/h4>\n<p>Dis wel\u00a0\u2019n fiksieverhaal, maar spreek elke tiener se gevoel van \u201canders\u201d wees aan. Veral di\u00e9 wat grootword met die talent om dinge te sien wat ander nie kan sien nie.\u00a0 Deur Bea se verhaal beleef jy die werklikheid van jou eie \u201candersheid\u201d en hoe jy dit jou eie uniekheid kan maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die kosbaarste dinge wat Belinda geleer het<\/h4>\n<p>Deur die engele het God vir my die kosbaarste geskenk kom gee. Ek het skielik besef ek is nie\u00a0\u2019n pion op \u2018n skaakbord nie, maar ek het\u00a0 k\u2019neuse om saam met God aan my lewe te skep. Elke dag bou ons aan ons eie ervarings met dit wat ons vir onsself glo. Met die hulp van die engele se begeleiding het ek my eie negatiewe gedagtes begin vervang deur hoop en geloof in vreugde. Die engele daag my gereeld uit om steeds meer vir myself te glo, en so word ek herhaaldelik nuut gebore.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Belinda se wens vir ander<\/h4>\n<p>Ek het\u00a0\u2019n intense begeerte om ook ander te inspireer tot\u00a0\u2019n vreugdevolle lewenservaring. Ons sal nooit aan siekte of swaarkry kan ontsnap terwyl ons\u00a0\u2019n aardse liggaam en bestaan het nie. Maar ons het\u00a0\u2019n keuse oor h\u00f3\u00e9 ons dit ervaar. Ek wil niemand oortuig of verander nie. Ek wil net vir hulle die sleutel gee, sodat hulle nie ook eers teen\u00a0\u2019n muur van selfvernietiging hoef vas te loop om tot die besef te kom nie. Die engele s\u00ea altyd vir my dat die lewe nie so moeilik h\u00f3\u00e9f te wees nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kontak Belinda hier<\/h4>\n<p>Ek deel daaglikse inspirasies van die engele op my Facebook-blad Belinda Bras-Nel asook op Instagram.<\/p>\n<p>Op my Facebook-groep: Walking with Angels, deel ek weeklikse en maandelikse begeleiding van die engele. Kyk ook na die \u201cEvents\u201d vir inligting oor my optredes. Al die nuutste inligting oor my boeke is beskikbaar op my Facebook skrywersblad: Belinda Bras-Nel @Belinda.angel.author<\/p>\n<p>Alle inligting oor my, my werk, datums van optredes, werkswinkels en boekbekendstellings is beskikbaar op my webtuiste: <a href=\"http:\/\/belindabrasnel.co.za\" target=\"_blank\">belindabrasnel.co.za<\/a> \u2013 hier kan jy ook sien waar om my boeke, kaarte en CD\u2019s, asook kunswerke te kry.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis nie maklik om te erken dat jy met engele, afgestorwe geliefdes en diere kan kommunikeer nie. Maar as dit jou roeping is en jy die moed het om dit te volg, beleef jy genade op genade. Mariette Snyman gesels met Belinda Bras-Nel van Vanderbijlpark. Foto&#8217;s verskaf.<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":55216,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[5450,5452],"class_list":["post-55209","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-belinda-bras-nel","tag-engelvrou"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Belinda Bras-Nel: die &quot;Engelvrou&quot; | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Belinda Bras-Nel: die &quot;Engelvrou&quot; | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis nie maklik om te erken dat jy met engele, afgestorwe geliefdes en diere kan kommunikeer nie. Maar as dit jou roeping is en jy die moed het om dit te volg, beleef jy genade op genade. Mariette Snyman gesels met Belinda Bras-Nel van Vanderbijlpark. Foto&#039;s verskaf.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-07-22T12:53:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-11-21T13:51:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/IMG_0980.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"3543\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2362\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Belinda Bras-Nel: die &#8220;Engelvrou&#8221;\",\"datePublished\":\"2016-07-22T12:53:53+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-21T13:51:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/\"},\"wordCount\":1786,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/IMG_0980.jpg\",\"keywords\":[\"belinda bras-nel\",\"engelvrou\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/\",\"name\":\"Belinda Bras-Nel: die \\\"Engelvrou\\\" | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/IMG_0980.jpg\",\"datePublished\":\"2016-07-22T12:53:53+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-21T13:51:52+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/IMG_0980.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/IMG_0980.jpg\",\"width\":3543,\"height\":2362},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Belinda Bras-Nel: die &#8220;Engelvrou&#8221;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Belinda Bras-Nel: die \"Engelvrou\" | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Belinda Bras-Nel: die \"Engelvrou\" | rooi rose","og_description":"Dis nie maklik om te erken dat jy met engele, afgestorwe geliefdes en diere kan kommunikeer nie. Maar as dit jou roeping is en jy die moed het om dit te volg, beleef jy genade op genade. Mariette Snyman gesels met Belinda Bras-Nel van Vanderbijlpark. Foto's verskaf.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-07-22T12:53:53+00:00","article_modified_time":"2016-11-21T13:51:52+00:00","og_image":[{"width":3543,"height":2362,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/IMG_0980.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Belinda Bras-Nel: die &#8220;Engelvrou&#8221;","datePublished":"2016-07-22T12:53:53+00:00","dateModified":"2016-11-21T13:51:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/"},"wordCount":1786,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/IMG_0980.jpg","keywords":["belinda bras-nel","engelvrou"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/","name":"Belinda Bras-Nel: die \"Engelvrou\" | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/IMG_0980.jpg","datePublished":"2016-07-22T12:53:53+00:00","dateModified":"2016-11-21T13:51:52+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/IMG_0980.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/IMG_0980.jpg","width":3543,"height":2362},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belinda-bras-nel-die-engelvrou\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Belinda Bras-Nel: die &#8220;Engelvrou&#8221;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55209","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=55209"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55209\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55216"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=55209"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=55209"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=55209"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}