{"id":55187,"date":"2016-07-25T06:00:08","date_gmt":"2016-07-25T04:00:08","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=55187"},"modified":"2018-04-19T15:39:16","modified_gmt":"2018-04-19T13:39:16","slug":"die-groot-olimpiese-droom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/","title":{"rendered":"Die groot Olimpiese droom"},"content":{"rendered":"<h4>Cameron van der Burgh<\/h4>\n<p>Die swemmer Cameron van der Burgh het in 2010 by die Statebondspele Suid-Afrikaners se harte aangegryp. Nie net oor die twee goue medaljes wat hy in die 50 m- en 100 m-borsslag losgeswem het nie, maar ook oor die woorde \u201cKe nako\u201d wat met \u2019n swart pen op sy handpalms geskryf was. Toe hy sy medalje op die podium ontvang, het hy sy hande triomfantelik gelig met die woorde duidelik sigbaar: \u201cDie tyd is hier!\u201d<\/p>\n<p>Cameron was op skool \u2019n veelsydige sportman wat in atletiek, krieket en sokker uitgeblink het en hom eers op 16 werklik op swem toegel\u00ea het. Hy is ook die eerste Suid-Afrikaanse swemmer wat plaaslik afgerig is en daarin kon slaag om \u2019n w\u00eareldrekord op te stel &#8211; dit boonop op \u2019n jeugdige twintig jaar. Vir hom was Ryk Neethling \u2019n rolmodel, en hy waardeer die ambassadeurswerk wat mense soos Ryk en Roland Schoeman vir Suid-Afrikaanse swem gedoen het. Danksy die groep swemmers was daar skielik meer borgskappe vir swemmers beskikbaar.<\/p>\n<p>Die 2012\u00a0Olimpiese Spele was die tweede waaraan Cameron deelgeneem het. Ons kyk terug na sy voorbereiding vir daai Spele:<\/p>\n<p>\u201cEk dink hierdie gaan die Spele van my lewe wees en dis waar die kaf van die koring geskei word. Al was ek teleurgesteld met my vertoning in Beijing, was dit \u2019n wonderlike ondervinding en Londen gaan anders wees. Hierdie keer weet ek presies wat om te verwag. Ek is op die oomblik baie gelukkig met my prestasie in die swembad, ek dink al die harde werk wat ons die afgelope paar jaar gedoen het, is besig om vrugte af te werp. Ek dink die swemmer wat dit gaan regkry om koel en kalm te bly, en op die presiese oomblik die regte ding te doen, is die een wat met die medalje sal huis toe gaan.\u201d<\/p>\n<p>Cameron het baie waardering vir sy mense wat hom al die jare ondersteun het. Veral sy ma, Beverley, wat al die rondrywerk moes doen, verdien beslis \u2019n groot dankie, s\u00ea hy. Sy was ook die een wat altyd nagelees het en seker gemaak het hy kry die regte voeding.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea swem verg baie harde werk, toewyding, vasbyt en ure alleen in die swembad. Maar, s\u00ea hy laggend, dit is nie so \u2019n slegte plek om te wees nie. Hy is ook \u2019n finansi\u00eble beplanner, maar vanjaar het hy so \u2019n bietjie afgevat en net op sy swemloopbaan gekonsentreer. N\u00e1 die Spele sal hy kyk hoe hy in die swembad gevaar het, en dan sal hy oor die toekoms besluit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;\u2019n Mens leer gewoonlik net uit jou foute, jy leer nie wanneer jy alles regkry nie.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wanneer ek misluk, besluit ek altyd ek sal die mense verkeerd bewys. Dan pas ek aan en sorg dat dit nie weer gebeur nie. Dit is daardie veggees wat \u2019n mens motiveer om harder te werk en so te keer dat jy weer dieselfde foute begaan.\u201d<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Olimpiese medalje is elke jong sportster se droom. Sonder daardie droom sal jy nooit iets bereik nie, want dit motiveer jou om hard te werk. Sommige mense se drome word waar, ander s\u2019n nie. Ek is gelukkig dat my droom om aan die Olimpiese Spele deel te neem waar geword het.\u201d<\/p>\n<p>*Cameron het by die 2012 Olimpiese Spele in Londen die w\u00eareldrekord in die 100 m-vryslag gebreek in\u00a0\u2019n tyd van 58.46 sekondes.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_55193\" style=\"width: 365px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-55193\" class=\"size-full wp-image-55193\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Khotso-Mokoena.jpeg\" alt=\"Khotso Mokoena\" width=\"355\" height=\"355\" \/><p id=\"caption-attachment-55193\" class=\"wp-caption-text\">Khotso Mokoena. Foto Twitter<\/p><\/div>\n<h4>Khotso Mokoena<\/h4>\n<p>In 2008 het die verspringer Khotso Mokoena ons hele land trots gemaak toe hy met die enigste Suid-Afrikaanse Olimpiese medalje van Beijing teruggekeer het.<\/p>\n<p>Khotso se verhaal is \u2019n merkwaardige een. Hy het op Heidelberg, Gauteng, grootgeword en het sy laerskoolloopbaan aan Laerskool Shalimar Ridge in Ratanda, die township buite Heidelberg, voltooi. Hy het kleintyd aan verskeie sportsoorte deelgeneem: gimnastiek, basketbal, landloop, 1000 m, hoogspring en verspring. Hy was selfs \u2019n kranige baldanser. In sy ho\u00ebrskooldae aan Nigel High, het Elna de Beer sy verspringtalent raakgesien en hom intensief vir die item, asook die driesprong, afgerig.<\/p>\n<p>Alle o\u00eb was op Khotso toe hy in 2004 die w\u00eareld se junior driesprongkampioen geword het. By di\u00e9 kampioenskap het hy ook \u2019n silwer medalje vir verspring gewen. Hy het in 2004 in Athene aan die Olimpiese Spele deelgeneem, maar was nog jonk en onervare. N\u00e1 die Olimpiese Spele in 2008 het hy in Julie 2009 \u2019n nuwe Afrika-rekord opgestel met \u2019n sprong van 8,50 m op \u2019n byeenkoms in Madrid.<\/p>\n<p>Khotso s\u00ea hy het reeds op 17 besluit hy wil eendag sy land op die Olimpiese Spele verteenwoordig.<\/p>\n<p>\u201cDis seker maar baie jongmense se kleintyddroom, maar ek het nie opgehou om die droom na te jaag totdat dit werklikheid geword het nie. Wanneer \u2019n mens die geleentheid kry om aan hierdie prestigeryke kompetisie deel te neem, weet jy alles was die moeite werd. Baie mense besef nie dit verg jare se toewyding en harde werk om uiteindelik daar deel te neem nie. Net om lid van die span te wees is reeds \u2019n groot prestasie.\u201d<\/p>\n<p>Vir Khotso is die silwermedalje wat hy in Beijing verower het, iets om op trots te wees. Hy s\u00ea dit was vir hom die regmerkie om te weet dat \u2019n mens maar vir jouself doelwitte kan stel. Indien jy reg voorberei, en hard werk, gaan daar \u2019n tyd kom dat jou droom bewaarheid word.<\/p>\n<p>Vir hom is dit belangrik om nederig te bly. Hy s\u00ea baie mense raak verlore in hul eie sukses. Sommige atlete bou hulself op, maar breek hulself weer af deur hoogmoedig te word, of grootkop te kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk is dankbaar teenoor God dat ek my gedagtes reg kon hou. Ek fokus op dit wat ek moet doen en niks anders nie.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Khotso s\u00ea sy ma, Sonto, was deur al die jare vir hom \u2019n steunpilaar. Khotso is ook dankbaar vir die manier waarop sy familie hom bystaan. \u201cGod het my gese\u00ebn met \u2019n wonderlike familie wat my nog altyd in my loopbaan bygestaan het. Hulle het van die begin af verstaan wat my drome is en watter visie ek het. Om daardie begrip van jou familie te kry is \u2019n groot se\u00ebn. Ander jongmense se ouers sou dalk wou h\u00ea hulle moet gaan studeer, maar ek het \u2019n ander pad gekies en my familie het my bygestaan.\u201d<\/p>\n<p>Een ding waaroor hy soms spyt is, is dat atletiek in Suid-Afrika nie soveel erkenning soos sokker, krieket en rugby kry nie. Uiteindelik is dit moeiliker om met individuele deelname sukses te behaal. Wanneer jy aan \u2019n spansport deelneem, het jy immers jou spanmaats wat kan instaan wanneer jy \u2019n slegte dag beleef. Maar atlete wat droogmaak, moet maar druipstert huis toe gaan.<\/p>\n<p>&#8220;Kleintyd het ek altyd gekyk na atlete wat die voorreg het om op die podium te staan terwyl die landsvlag gehys word. Ek het lank daaroor gedroom. Toe dit uiteindelik met my gebeur, was dit \u2019n oorweldigende oomblik. Meteens besef jy al die jare se harde werk was nie tevergeefs nie.&#8221;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deelname aan die Olimpiese Spele verg j\u00e1re se harde werk, toewyding en deursettingsvermo\u00eb. Die atlete moet ook die vermo\u00eb h\u00ea om ondanks vorige teleurstellings, deur te druk en in hulself te glo. Vanjaar se Spele vind tussen 5 en 21 Augustus 2016 in Rio plaas. Ons kyk terug op twee Suid-Afrikaanse atlete wat in 2012 deelgeneem het. Deur Alita Steenkamp<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":55191,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,5406,23450,24339],"class_list":["post-55187","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-olimpiese-spele","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die groot Olimpiese droom | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die groot Olimpiese droom | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Deelname aan die Olimpiese Spele verg j\u00e1re se harde werk, toewyding en deursettingsvermo\u00eb. Die atlete moet ook die vermo\u00eb h\u00ea om ondanks vorige teleurstellings, deur te druk en in hulself te glo. Vanjaar se Spele vind tussen 5 en 21 Augustus 2016 in Rio plaas. Ons kyk terug op twee Suid-Afrikaanse atlete wat in 2012 deelgeneem het. Deur Alita Steenkamp\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-07-25T04:00:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-19T13:39:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"989\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"673\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Die groot Olimpiese droom\",\"datePublished\":\"2016-07-25T04:00:08+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-19T13:39:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/\"},\"wordCount\":1164,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"olimpiese spele\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/\",\"name\":\"Die groot Olimpiese droom | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg\",\"datePublished\":\"2016-07-25T04:00:08+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-19T13:39:16+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg\",\"width\":989,\"height\":673,\"caption\":\"Die groot droom\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-olimpiese-droom\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die groot Olimpiese droom\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die groot Olimpiese droom | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die groot Olimpiese droom | rooi rose","og_description":"Deelname aan die Olimpiese Spele verg j\u00e1re se harde werk, toewyding en deursettingsvermo\u00eb. Die atlete moet ook die vermo\u00eb h\u00ea om ondanks vorige teleurstellings, deur te druk en in hulself te glo. Vanjaar se Spele vind tussen 5 en 21 Augustus 2016 in Rio plaas. Ons kyk terug op twee Suid-Afrikaanse atlete wat in 2012 deelgeneem het. Deur Alita Steenkamp","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-07-25T04:00:08+00:00","article_modified_time":"2018-04-19T13:39:16+00:00","og_image":[{"width":989,"height":673,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Die groot Olimpiese droom","datePublished":"2016-07-25T04:00:08+00:00","dateModified":"2018-04-19T13:39:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/"},"wordCount":1164,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg","keywords":["celebs","olimpiese spele","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/","name":"Die groot Olimpiese droom | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg","datePublished":"2016-07-25T04:00:08+00:00","dateModified":"2018-04-19T13:39:16+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Cameron-van-der-Berg-e1469600926711.jpg","width":989,"height":673,"caption":"Die groot droom"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-olimpiese-droom\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die groot Olimpiese droom"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55187","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=55187"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55187\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55191"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=55187"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=55187"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=55187"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}