{"id":54881,"date":"2016-07-17T08:02:22","date_gmt":"2016-07-17T06:02:22","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=54881"},"modified":"2017-07-13T13:01:28","modified_gmt":"2017-07-13T11:01:28","slug":"ons-gesels-met-jan-braai-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/","title":{"rendered":"Ons gesels met: Jan Braai"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vertel ons meer oor die opkomende <em>Jan Braai vir Erfenis<\/em>-seisoen. Wat kan ons verwag?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is ons sesde jaar en die eerste episode van hierdie reeks is die 105ste episode van <em>Jan Braai vir Erfenis<\/em>. So jy sou kon s\u00ea ons is teen di\u00e9 tyd al goed ge-braaisout. Met sosiale media, veral die Jan Braai Facebook-blad kom mens natuurlik baie vining agter wat dit is waarvan kykers hou, want hulle vertel vir jou. En as dit nie op Facebook is nie, dan keer mense jou voor in die straat, supermark of op \u2019n vliegtuig en vertel jou.<\/p>\n<p>Die dinge waarvan mense hou is lekker braai-avonture waar ek op snaakse, gevaarlike of vreemde plekke braai. Kykers hou van nuwe braai metodes of \u2018tricks\u2019 en dan natuurlik fantastiese braairesepte wat jy self, met groot sukses by die huis kan aanpak. Dit was\/is dus die idee om seker te maak dat kyker di\u00e9 drie elemente in elke episode sien.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat maak di\u00e9 seisoen anders as die voriges?<\/strong><\/p>\n<p>Ons braai in elke episode ten minste een keer in my eie huis se braai-kombuis. Soos hierbo genoem het ons fantastiese, ho\u00eb-kwaliteit, innoverende braairesepte en om hulle so aan te bied dat elke kyker hom met sukses by sy\/haar eie huis kan herhaal, is \u2019n integrale deel van die program.<\/p>\n<p>Ons het in die verlede die resepte op enige plek, maak nie saak hoe chaoties dit was nie, aangebied. Soms sak die son te vining of dit re\u00ebn of die wind waai of honde blaf of vliegtuie kom verby of die polisie jaag ons weg of die kameras se batterye raak pap. En dan moet ons hoeke sny en die kwaliteit van die aanbieding van die resep moes daaronder lei.<\/p>\n<p>Di\u00e9 jaar wil ek seker maak dat die hoofresep van die episode 100% perfek op TV vertoon. Daarom braai ons in elke episode in my huis waar daar perfekte toestande is. Hier kan ons dus alle energie fokus om vir jou te wys presies hoe om die perfekte braaigeregte op die vuur, by jou huis, aanmekaar te slaan. Die res van die tyd braai ons natuurlik steeds wild en wakker soos ons toer!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is jou gunstelingepisode uit di\u00e9 reeks?<\/strong><\/p>\n<p>Ek en my TV-span gee 110% krag, energie en liefde vir elke episode. Ek dink nie daaraan as \u2019n halfuur-episode in \u2019n reeks van 26 nie. Ek dink daaraan as \u2019n halfuur-kortfilm wat op sy eie moet sin maak en op sy eie een van die lekkerste halfure van jou lewe moet wees. Elke episode moet goed genoeg wees dat as dit \u2019n spesifieke mens se eerste keer is wat hy of sy kyk, hulle dit volgende week weer sal wil kyk. My gunstelingepisode is dus die eerste een wat nou uitsaai.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Watter rol, dink jy, speel die konsep van \u201cbraai\u201d in ons erfenis?<\/strong><\/p>\n<p>Ons land, Suid-Afrika, het \u2019n ryk en diverse erfenis, maar om te braai is ons gemeenskaplike erfenis. Om rondom \u2019n vuur saam te kom en daar kos te maak en gesellig te verkeer is die een ding wat alle Suid-Afrikaners in gemeen het. Dit is \u2019n gebruik wat al van oertydperke in Suid-Afrika voorkom en was\/is integraal tot ons ontwikkeling as samelewing.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Waar kom jy aan al jou braairesepte?<\/strong><\/p>\n<p>Ek is maar altyd op die uitkyk vir nuwe idees. My twee hoofbronne van inspirasie is om dinge wat reeds bestaan, vir braai aan te pas, byvoorbeeld \u2019n malva pudding in \u2019n potjie of pizzas op \u2019n rooster.<\/p>\n<p>Die ander ding is om te kyk na geur- en smaakkombinasies wat op ander plekke as wenners bewys is en daardie wysheid op die braaivuur toe te pas. As \u2019n konsep in \u2019n toprestaurant se kombuis werk, gaan daardie selfde smaakkombinasie tog werk as jy hom op die braaivuur gebruik, byvoorbeeld heuning en mosterd wat lekker saam met vark werk.<\/p>\n<p>So my huidige gunstelingbedruipsous vir varktjops is \u2019n 50\/50-mengsel van heuning met twee soorte mosterd.<\/p>\n<p>Die ander ding is om met \u2019n nuwe, vars oog na algemene aanvaarde praktyk te kyk. In daardie opsig is ek \u2019n baie liberale braaier. Net omdat iets nog altyd so gedoen is, beteken dit nie dat ons dit moet aanhou doen nie.<\/p>\n<p>Toe ek 11 jaar gelede met Nasionale Braaidag begin het, en nog nie eens as Jan Braai bekend was nie, het alle steakbraai-gidse ges\u00ea dat jy nie die steak moet sout voor jy hom braai nie, want dit maak hom taai! Vandag weet ons dat dit nie waar is nie. Daar is selfs sekere gevalle waar jy \u2019n beter resultaat kry deur juis die steak \u2019n uur v\u00f3\u00f3r die braai te sout.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Waar in Suid-Afrika is dit, na jou mening, die beste plek om te braai?<\/strong><\/p>\n<p>Ons land is so mooi dat dit onmoontlik is om te s\u00ea, maar vir my persoonlik is die Karoo (klein en groot) sowel as die Weskus altyd baie lekker.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is jou gunstelingvleissnit om te braai?<\/strong><\/p>\n<p>Tans gaan ek nogal deur \u2019n hamburger-fase. So ek vat \u2019n paar lekker beessnitte, maal hulle en maak my eie patties. Dan in terme van steak, braai ek <em>chuck<\/em> omdat hy lekker baie smaak het, lekker stukkies vet in het en goed geprys is.<\/p>\n<p>Met skaap is ek baie lief vir \u2019n lendetjop en met hoender hou en van daardie pakkies dye en boude sonder die vel. Ek maak \u2019n lekker kerrie-potjie daarmee.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Watter staatmaker braaigereg is jou gunsteling?<\/strong><\/p>\n<p>Die tradisionele, Suid-Afrikaanse braaibroodjie. Witbrood, gebotter aan die buitekant, bloedrooi tamaties, uie, sout en peper, \u2019n bietjie blatjang en natuurlik verouderde cheddar. Braai dit oor baie matige kole en draai gereeld tot dit goudbruin aan die buitekant is en die kaas gesmelt is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is die mees waardevolste braai-les wat jy geleer het?<\/strong><\/p>\n<p>As jy wonder of die vuur groot genoeg is, dan is die vuur te klein!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kan ons \u2019n 10de reeks verwag?<\/strong><\/p>\n<p>Definitief! 2017 hier kom ons!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>*<\/strong> <\/span>Onthou om <em>Jan Braai vir Erfenis<\/em>, elke Sondagaand om 18:00 op kykNET, DSTV kanaal 144, te kyk.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bekende leefstylprogram, Jan Braai vir Erfenis, skop vanaand (17 Julie) met sy sesde reeks af! Ons het met die man agter di\u00e9 bekende program, Jan Scannell, gesels om meer oor hom, maar ook hierdie baanbreker reeks, uit te vind. Deur Nicole Kemp.<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":22937,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[166,1387,1412,2316,23450,24339],"class_list":["post-54881","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-kyknet","tag-celebs","tag-jan-braai","tag-erfenis","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ons gesels met: Jan Braai | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ons gesels met: Jan Braai | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die bekende leefstylprogram, Jan Braai vir Erfenis, skop vanaand (17 Julie) met sy sesde reeks af! Ons het met die man agter di\u00e9 bekende program, Jan Scannell, gesels om meer oor hom, maar ook hierdie baanbreker reeks, uit te vind. Deur Nicole Kemp.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-07-17T06:02:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:01:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Jan-braai.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1274\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Nicole Kemp\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\"},\"headline\":\"Ons gesels met: Jan Braai\",\"datePublished\":\"2016-07-17T06:02:22+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:01:28+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/\"},\"wordCount\":1005,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/08\\\/Jan-braai.jpg\",\"keywords\":[\"kyknet\",\"celebs\",\"jan braai\",\"Erfenis\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/\",\"name\":\"Ons gesels met: Jan Braai | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/08\\\/Jan-braai.jpg\",\"datePublished\":\"2016-07-17T06:02:22+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:01:28+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/08\\\/Jan-braai.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/08\\\/Jan-braai.jpg\",\"width\":800,\"height\":1274},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-jan-braai-2\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ons gesels met: Jan Braai\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\",\"name\":\"Nicole Kemp\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Nicole Kemp\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ons gesels met: Jan Braai | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ons gesels met: Jan Braai | rooi rose","og_description":"Die bekende leefstylprogram, Jan Braai vir Erfenis, skop vanaand (17 Julie) met sy sesde reeks af! Ons het met die man agter di\u00e9 bekende program, Jan Scannell, gesels om meer oor hom, maar ook hierdie baanbreker reeks, uit te vind. Deur Nicole Kemp.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-07-17T06:02:22+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:01:28+00:00","og_image":[{"width":800,"height":1274,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Jan-braai.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Nicole Kemp","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Nicole Kemp","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/"},"author":{"name":"Nicole Kemp","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55"},"headline":"Ons gesels met: Jan Braai","datePublished":"2016-07-17T06:02:22+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:01:28+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/"},"wordCount":1005,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Jan-braai.jpg","keywords":["kyknet","celebs","jan braai","Erfenis","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/","name":"Ons gesels met: Jan Braai | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Jan-braai.jpg","datePublished":"2016-07-17T06:02:22+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:01:28+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Jan-braai.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Jan-braai.jpg","width":800,"height":1274},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-jan-braai-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ons gesels met: Jan Braai"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55","name":"Nicole Kemp","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","caption":"Nicole Kemp"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54881","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54881"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54881\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/22937"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54881"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54881"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54881"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}