{"id":54779,"date":"2016-07-15T13:52:28","date_gmt":"2016-07-15T11:52:28","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=54779"},"modified":"2016-11-22T08:50:35","modified_gmt":"2016-11-22T06:50:35","slug":"die-seisoen-van-omgee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/","title":{"rendered":"Die seisoen van omgee"},"content":{"rendered":"<h4>Nerine\u00a0Gardiner:\u00a0<em>Girl With\u00a0Cake<\/em><\/h4>\n<p>Nerine en die kleurryke koeke waarmee sy \u2019n verskil in iemand se lewe probeer maak, het die land aan die praat. Die oud-Kapenaar, wat met die sanger Vaughan Gardiner getroud is, woon deesdae in Johannesburg. Sy s\u00ea sy het haar van \u00a0kleins af oor alle afvlerkvo\u00ebltjies ontferm. \u201cEk het op ho\u00ebrskool vir my ma ges\u00ea ek wil graag eendag in noodlydende gebiede gaan werk sodat ek \u2019n stem kan gee vir di\u00e9 wat nie gehoor word nie. Ek het later, nadat ek selfs by die Verenigde Nasies om \u2019n pos aansoek gedoen het, besef dat ek nie noodwendig dramatiese dinge hoef te doen om \u2019n verskil te maak nie. Ek moes net my o\u00eb oopmaak en die nood om my raaksien.<\/p>\n<p>\u201cNet voordat ek <em>Girl With Cake<\/em> begin het, het ek deur \u2019n moeilike tyd gegaan en het baie woede in my rondgedra. Ek was teleurgesteld en seergemaak en het besluit dat mense eintlik sleg is. Maar die wyse woorde van \u2019n ou kennis het my laat besef dat ek myself ook benadeel deur al hierdie negatiewe gevoelens saam te sleep. Ek het besluit om weer na die mooi in mense te begin soek. Dit het my nie lank geneem om te besef daar is ongelooflike mense daar buite nie.\u201d<\/p>\n<p>In Nerine se familie is koekbak \u2019n liefdesgebaar. Van kleintyd af het sy en haar ouma Rina saam koeke versier en daar was altyd \u2019n koek in die vrieskas vir wanneer Nerine kom kuier.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em><u>\u201cEn wanneer my ma bak, kan jy die liefde proe\u201d <\/u><\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>In Januarie verlede jaar het Nerine die eerste keer die strate as <em>Girl With Cake<\/em> ingevaar. \u201cDit het vir my gevoel asof die hele land kwaad was. Daar was soveel negatiwiteit. Ek het \u2019n koek gebak en dit in my motor gelaai maar was onseker oor waarheen vorentoe. In die middel van Kaapstad het ek \u2019n hawelose man onder \u2019n boom sien sit. Sy gesig het opgehelder toe ek vir hom die koek en \u2019n plastiekvurkie gee. Ek het dadelik geweet dit was wat ek voortaan sou doen.<\/p>\n<p>\u201cElke koek het sy eie storie. So ook elke ontvanger daarvan. Die sesde koek wat ek gebak het, sal my bybly. Die okkerneutkoek het Boudoir-beskuitjies en \u2019n halwe kilogram Chuckles bo-op gehad. Ek was baie trots op die skepping en het verwag dat die ontvanger &#8211; wat aan \u2019n stukkie dro\u00eb brood sit en kou het &#8211; my lof sou besing wanneer ek die koek vir hom gee. Maar hy het net\u00a0gevra of ek \u2019n sak het waarin hy die koek kan wegsteek. Hy het twee dae laas ge\u00ebet en was bang iemand vat die koek by hom af. Dit het my hard geslaan. Hy was so weerloos en uitgelewer aan die elemente dat daar geen vreugde meer in hom was nie. Ek het daardie aand geleer om nie te gee met verwagting nie. Dit gaan nie oor my nie, maar net oor die brose siel aan die ontvang-kant van die koek.\u201d<\/p>\n<p>Met koek nommer sewe het borge betrokke begin raak. Groot winkel-groepe stuur dose vol komberse en warm klere wat saam met Nerine se koeke uitgedeel word. Almal doen dit anoniem en nie vir publisiteit nie. Nerine bak voort. Elke koek het \u2019n kettingreaksie van goeie dade tot gevolg. Mense word geraak en raak daagliks by die onbaatsugtige projek betrokke. Daar is immers iets aan \u2019n mooi, oordadig versierde koek wat jou vir \u2019n oomblik die lelik in die lewe laat vergeet.<\/p>\n<p>Besoek Nerine se <a href=\"http:\/\/www.girlwithcake.co.za\" target=\"_blank\">blog<\/a>\u00a0vir meer inligting.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Elsab\u00e8 Esterhuizen:\u00a0Adaliah<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-54787 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Madela_Page_03_Image_0005-362x600.jpg\" alt=\"Madela_Page_03_Image_0005\" width=\"300\" height=\"497\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die band tussen die fyn Elsab\u00e8 en haar aanneemkind, die sesjarige Bongi, is byna tasbaar. Sommige kinders is vir \u2019n tydjie in haar sorg, en ander, soos Bongi en haar ander aanneemseun, die 12-jarige Nolan, word vir ewig familie. Elsab\u00e8 was van kleins af \u2019n omgeekind al het sy \u2019n lewe van uiterste armoede geken. Weens die swaarkrydae kon sy ook nie haar skoolloopbaan voltooi nie en moes sy in die pakhuis van die provinsiale hospitaal op haar tuisdorp, Belfast, gaan werk. Hier het sy daagliks soveel ellende gesien.<\/p>\n<p>Veral die\u00a0lot van die kinders het haar hart geraak. N\u00e1 haar egskeiding jare later het sy en haar twee kinders na Schweizer-Reneke verhuis. \u201cEk het in \u2019n apteek gaan werk en finansieel \u00a0werklik swaargekry,\u201d vertel sy. \u201cEk het hier ook my huidige man, Philip, ontmoet. In di\u00e9 tyd het ek by \u2019n uitreik-aksie van die kerk betrokke geraak en na Namibi\u00eb gegaan waar ons na verwaarloosde kinders omgesien het. Met hul armpies om my nek, het ek geweet ek het my roeping gekry.\u201d<\/p>\n<p>In 2004 het sy Nolan ontmoet. \u201cHy het \u2019n hospitaalkamer met my suster se kind gedeel. Elke keer wanneer ek gaan kuier, het hierdie verwaarloosde kind dieper in my hart gekruip. Nolan was in daardie stadium reeds 22 keer gehospitaliseer. Hy was amper drie jaar oud, maar kon nog nie praat of loop nie. Die maatskaplike werker was op soek na \u2019n huis vir hom, maar dinge het nie rooskleurig gelyk nie.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong><em><u>&#8220;Ons het hom vir rukkies huis toe geneem, en elke keer wanneer hy moes teruggaan, het die trane geloop.\u201d<\/u><\/em><\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Elsab\u00e8 en Philip, wat 14 jaar ouer as sy is, het reeds vier kinders gehad en sy het gevoel die aanneem-voorstel moes van hom af kom. Hy het toe die saak aangeroer en hulle het die seuntjie wettig aangeneem. \u201cDrie jaar nadat ons Nolan ingeneem het en gesien het hoe Jesus \u2019n stukkende seuntjie deur liefde kom heelmaak, het ons ons huis as \u2019n plek van veiligheid geregistreer. As Nolan in sy traumatiese babadae in so \u2019n huis kon bly, sou hy baie pyn gespaar gewees het.\u201d<\/p>\n<p>Adaliah is in 2008 gestig. Die naam beteken, \u201chemel, herberg en beskerming in God\u201d. Elsab\u00e8 wys niemand weg nie. Sy neem tienerverslaafdes, ongehude ma\u2019s en babas onder haar vlerk. Hoewel hulle \u2019n gedeelte aangebou het waar die babas versorg word, kampeer daar dikwels \u2019n tiener of twee in haar woonkamer. \u201cDie tieners is \u2019n uitdaging, maar ek het die gawe om onvoorwaardelik lief te h\u00ea. Hierdie omgee is dikwels die towersalf vir\u00a0stukkende mense.\u201d<\/p>\n<p>Adaliah is grootliks selfonderhoudend, want die staat ken net \u2019n klein toelaag per baba aan hulle toe. Gelukkig is die hawe op Swellendam waar die inwoners dikwels inspring en help.\u201cOns het tot nou reeds 143 nuwe huise vir ons babas gekry \u2013 dikwels van oorsee. Dit is so wonderlik as een van my vele kinders nuwe ouers kry, maar my trane loop elke keer wanneer ek moet afskeid neem.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vanessa Cunningham:\u00a0<em>Township Animal Rescue<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-54788 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Madela_Page_04_Image_0005-397x600.jpg\" alt=\"Madela_Page_04_Image_0005\" width=\"300\" height=\"453\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vanessa is van kindsbeen af gewoond aan daaglikse besoeke aan die townships. Haar ma, Jillian, was \u2019n diere-aktivis met \u2019n missie. Terwyl Vanessa so saam met haar ma diere in die stof-strate opgetel het, het sy geweet dit is wat sy vir die res van haar lewe wou doen.\u201cEk het n\u00e1 skool veeartse-nykunde gaan studeer, maar n\u00e1 twee jaar besef ek is nie \u2019n student nie. Ek het my rugsak gepak en is oorsee en het eers nege jaar later teruggekom.<\/p>\n<p>\u201cIn my tyd oorsee was my ma maar deurentyd by Animal Welfare betrokke. Ek het in die buiteland ook as vrywilliger by diere-instellings gewerk en het \u2019n borg gekry wat tienduisend pond vir dierewelsyn in Suid-Afrika geskenk het. Ons het die geld gebruik om \u2019n mobiele kliniek, wat my ma ontwerp het, aan die gang te kry.\u201d<\/p>\n<p>In 2004 het hulle uiteindelik op hul eie die <em>Township Animal Rescue<\/em> begin. Vanessa en Jillian het\u00a0gevoel dat die townships aan die agterspeen suig. Weens \u2019n groot agterstand in die opvoeding en bewusmaking van diere-eienaars, kom hulle daagliks op verwaarloosde diere af. Heelwat van hierdie diere het by Vanessa aan huis beland.<\/p>\n<p>\u201cMet sewe honde onder my dak het die bure genoeg gehad! Ek kon ook nie verblyf kry waar my hondefamilie welkom sou wees nie. Toe trek ek na die township Nomzamo buite Somerset-Wes. Ek is met ope arms verwelkom, want hulle het ook al my gesig geken. Veral my dogtertjie, Amy, het die townshiplewe geniet. Hier was immers meer maatjies as ure in die dag!\u201d<\/p>\n<p>Met hul daaglikse omswerwinge in die kronkelpaadjies van die townships, leer hulle ook van mense se nood. \u201cOns is dikwels die enigste mense met vervoer, of \u2019n selfoon en wat hulp kan verleen of ontbied. Ek het in hierdie tien jaar baie vriende &#8211; en ongelukkig ook vyande &#8211; gemaak. Ek is een aand aangerand en het ernstige beserings opgedoen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong><em><u>\u201cDit is nie \u2019n maklike roeping nie.&#8221;<\/u><\/em><\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cSoms wil ek net tou opgooi. Jy probeer verandering teweeg bring, maar beland keer op keer maar in dieselfde situasie. My rug is dikwels teen die muur en die frustrasievlakke en hartseer loop hoog. Dan kry jy skielik \u2019n oproep wat op \u2019n gelukkige einde uitloop; soms steel die hond wat jy red jou hart; en ander kere sien jy die dankbaarheid van die eienaar.\u201d<\/p>\n<p>Vanessa het net een boodskap vir dierelief-hebbers: \u201cSterilisasie. So bekamp jy diere sonder heenkome \u2013 die wortel van die kwaad,\u201d s\u00ea die passievolle hondema. Anatole France het dit gelyk gehad toe hy ges\u00ea het: \u201cTot jy \u2019n dier liefgehad het, bly \u2019n deel van jou siel altyd onvervuld.\u201d<\/p>\n<div data-canvas-width=\"78.16666666666667\"><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die warrelwindtye waarin ons leef, is soveel mense op hulself ingestel, maar gelukkig is daar nog daardie mense wat moeite doen om die lewe vir mens en dier sagter te maak. Ons gesels met drie sulke vroue. Deur Corn\u00e9l Dunn.<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":54789,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[348,2392,5368],"class_list":["post-54779","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-inspirasie","tag-mandela-dag","tag-township-animal-rescue"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die seisoen van omgee | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die seisoen van omgee | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In die warrelwindtye waarin ons leef, is soveel mense op hulself ingestel, maar gelukkig is daar nog daardie mense wat moeite doen om die lewe vir mens en dier sagter te maak. Ons gesels met drie sulke vroue. Deur Corn\u00e9l Dunn.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-07-15T11:52:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-11-22T06:50:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"522\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Nicole Kemp\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\"},\"headline\":\"Die seisoen van omgee\",\"datePublished\":\"2016-07-15T11:52:28+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-22T06:50:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/\"},\"wordCount\":1540,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg\",\"keywords\":[\"inspirasie\",\"Mandela Dag\",\"township animal rescue\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/\",\"name\":\"Die seisoen van omgee | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg\",\"datePublished\":\"2016-07-15T11:52:28+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-22T06:50:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg\",\"width\":400,\"height\":522},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-seisoen-van-omgee\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die seisoen van omgee\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\",\"name\":\"Nicole Kemp\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Nicole Kemp\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die seisoen van omgee | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die seisoen van omgee | rooi rose","og_description":"In die warrelwindtye waarin ons leef, is soveel mense op hulself ingestel, maar gelukkig is daar nog daardie mense wat moeite doen om die lewe vir mens en dier sagter te maak. Ons gesels met drie sulke vroue. Deur Corn\u00e9l Dunn.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-07-15T11:52:28+00:00","article_modified_time":"2016-11-22T06:50:35+00:00","og_image":[{"width":400,"height":522,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Nicole Kemp","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Nicole Kemp","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/"},"author":{"name":"Nicole Kemp","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55"},"headline":"Die seisoen van omgee","datePublished":"2016-07-15T11:52:28+00:00","dateModified":"2016-11-22T06:50:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/"},"wordCount":1540,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg","keywords":["inspirasie","Mandela Dag","township animal rescue"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/","name":"Die seisoen van omgee | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg","datePublished":"2016-07-15T11:52:28+00:00","dateModified":"2016-11-22T06:50:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Madela_Page_02_Image_0001.jpg","width":400,"height":522},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-seisoen-van-omgee\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die seisoen van omgee"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55","name":"Nicole Kemp","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","caption":"Nicole Kemp"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54779","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54779"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54779\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/54789"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54779"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54779"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54779"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}