{"id":54588,"date":"2023-06-27T14:40:51","date_gmt":"2023-06-27T12:40:51","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=54588"},"modified":"2023-06-27T14:42:32","modified_gmt":"2023-06-27T12:42:32","slug":"die-abc-van-teenveroudering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/","title":{"rendered":"Die ABC van teenveroudering"},"content":{"rendered":"<h4>Alfahidroksiesure<\/h4>\n<p>\u201cAlfahidroksiesure is vrugte- of melksure wat in \u2019n konsentrasie van minder as 15% in skoonheidsprodukte gebruik word om dooie vel af te skilfer en selvernuwing te stimuleer. Die AHA\u2019s wat algemeen gebruik word, is glikoliese suiker (suikerriet), asook laktose- (melk), appel- (malic acid), steen- (druiwe-) en sitrussuur,\u201d s\u00ea Jody Hyam, uitvoerende groepkommunikasiebestuurder van Clarins.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Aminosure<\/h4>\n<p>\u201cAminosure is die boublokke van ons vel,\u201d s\u00ea Riette van Tonder, Clinque se nasionale opleidingsbeampte. \u201cHulle is die molekules waaruit prote\u00efene bestaan en groepeer saam om peptiedes (sien P) te vorm. Dit is \u2019n gewilde bestanddeel in teenverouderingsprodukte en is veral gewild onder mense wat sensitief is vir alfahidroksiesure. Ekstern bind hulle met selle om jou vel glad en vogtig maak en intern help dit om meer kollageen (sien K) te maak. Volgens Ri\u00ebtte sal die langdurige gebruik van \u2019n produk wat wei-prote\u00efen, \u2019n soort aminosuur, bevat, jou vel sterker en fermer maak en die voorkoms van lyne en plooitjies verminder.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Antioksidante<\/h4>\n<p>\u2019n Voedingstof of chemikalie wat vrye radikale (sien onder V) neutraliseer en keer dat hulle die molekul\u00eare struktuur van ons DNS beskadig. \u2019n Baie gewilde bestanddeel in skoonheidsprodukte. Vitamien A, C en E, sommige B-vitamiene, beta-karoteen en selenium is almal antioksidante. Dr. Nicholas Perricone, \u2019n hoogleraar in dermatologie wat sy eie skoonheidsreeks met dieselfde naam ontwikkel het, beveel aan dat jy ook voedselaanvullers en kos wat ryk is aan antioksidante by jou dieet insluit. Re\u00ebnboogkosse, soos kleurryke groente en vrugte (soos bloubessies, \u2019n verskeidenheid rooi bessies, granate, Acai-bessies en broccoli) is volgens hom die beste antioksidante.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesond-in-volkleur\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Eet re\u00ebnboogkosse soos kleurryke groente en vrugte. Klik hier vir ons idees<\/a>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Basaal-selle<\/h4>\n<p>&#8230; is die heel onderste lagie van ons epidermis (sien E), net bokant die dermis (sien D). Hulle is die boodskappertjies tussen ons kollageen en fibroblaste wat kollageen maak. Sodra ons kollageen min word, stuur hulle boodskappe na die fibroblaste om nog kollageen te maak. \u201cWanneer ons ouer word, word die sinapse van ons fibroblaste met \u2019n prote\u00efen-substansie omring en kan die boodskappe nie meer reg oorgedra word nie,\u201d verduidelik Jody.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ceramides<\/h4>\n<p>Seramiede is \u2019n baie belangrike lipiede (sien L) in ons <em>stratum corneum<\/em>, die heel boonste deeltjie van ons epidermis (sien E). Seramiede is soos die sement wat \u2019n baksteenmuur aanmekaar hou. Namate ons verouder, neem die produksie daarvan af, ons \u201csement\u201d word droog en die struktuur en tekstuur van ons \u201cmuur\u201d verander: ons velle word dowwer en dro\u00ebr en die eerste lyne en plooitjies verskyn.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dermis<\/h4>\n<p>\u201cOns dermis is net onder die epidermis gele\u00eb en beslaan negentig persent van die dikte van ons vel. Dit kan ook as die vel se senuweesentrum gesien word, veral omdat so baie van die belangrike werk van die vel hier gedoen word. Dit bevat ons senuweereseptore wat sensitief is vir druk, temperatuur en pyn, asook ons sweet- en oliekliere, haarvliesies en bloedvate,\u201d skryf dr. Perricone in sy boek <em>The Wrinkle Cure<\/em>. Jody s\u00ea die dermis word as die ondersteuningstruktuur van ons vel beskou: \u201cBloed en limfatiese vaatjies vloei daardeur. Dit is ook die plek waar ons fibroblaste (sien F) en immuunselle in \u2019n ekstra-sellul\u00eare matriks baai wat uit vesels (kollageen en elastien), \u2019n noodsaaklike stof, <em>proteoglycans<\/em> (sien P) en <em>glycosaminoglycans<\/em> bestaan.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Elastien<\/h4>\n<p>Soos kollageen is elastien \u2019n prote\u00efen. Dit maak die vel rekbaar, maar steeds ferm. Dit is aan elastien te danke dat die vel terugspring wanneer jy daaraan trek, \u2019n spier styf maak of jou mond oop en toe maak om te eet. Elastienproduksie neem af sodra die jare begin aanstap en laat \u2019n ouer vel uitgerek en plooierig lyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Epidermis<\/h4>\n<p>Die buitenste lagie van jou vel &#8211; die heel boonste lagie van die epidermis &#8211; word die <em>stratum corneum<\/em> genoem. Hierdie lagie is dunner as papier en bestaan meestal uit dooie velselletjies wat boontoe gestuur word sodra nuwe selle gemaak is. Die epidermis vervel gedurig, maar veroudering verlangsaam die vervelproses omdat die vervaardiging van nuwe velselle nou soveel langer duur (in \u2019n jongmens vind selhernuwing elke 28-30 dae plaas, maar n\u00e1 sestig vind dit slegs elke 45-50 dae plaas). Dit is die rede waarom ons velle daardie helder, vars voorkoms verloor namate ons verouder. Al is die <em>stratum corneum<\/em> \u201cdood\u201d, het dit steeds \u2019n baie belangrike funksie &#8211; dit help die vel om vog en olie binne te hou. Kyk by S (Sperfunksie) vir meer inligting.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Fibroblaste<\/h4>\n<p>Fibroblaste is van die sleutelselle wat in ons dermis gele\u00eb is. Dis hul taak om kollageen, elastien en ander belangrike molekules op te bou. Die behoorlike funksionering van fibroblaste is baie belangrik vir die algemene gesondheid van die vel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Foto-veroudering<\/h4>\n<p>Die proses waardeur ons vel weens ultraviolet-bestraling in sonlig of ander bronne verander of beskadig word. Die langtermynuitwerking is gewoonlik plooie, verkleuring of velkanker.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>GAGs<\/h4>\n<p>&#8230; (<em>glycosaminogluca<\/em>-molekules) word deur die liggaam geproduseer om struktuur en vloeistofbalans in weefsel te behou. Dit dien ook as \u2019n natuurlike bevogtiger tussen epidermale selle en help om die vel teen waterverlies te beskerm.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Glycans<\/h4>\n<p>\u201c<em>Glycans<\/em> word gesien as die sleutel tot sellul\u00eare jeug,\u201d s\u00ea Jason Eason, wetenskapbestuurder by L\u2019Or\u00e9al Suid-Afrika. \u201c<em>Glycans<\/em> kom op die oppervlak van selle voor en speel \u2019n belangrike rol in die binding van selle,\u201d s\u00ea prof. Peter H. Seeberger, direkteur van die Max Planck-instituut in Potsdam, Duitsland, en konsultant vir die YSL SKINSCIENCE-span. Hulle stuur seine na die selle waarop hulle voorkom om te verdeel en te vermeerder sodat jou vel digter en fermer kan word. \u201cWanneer ons ouer word, verminder ons <em>glycans<\/em> en ons reseptore daarvoor. Ons selle word nou \u2018gesluit,\u2019 want hulle kry nie meer die <em>glycan<\/em> se boodskappe nie en tekens van veroudering, soos plooie of \u00a0\u2019n vaal vel word sigbaar,\u201d verduidelik Jason.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Groeifaktore<\/h4>\n<p>&#8230; is prote\u00efene wat sellul\u00eare groei reguleer. Dit sluit fibroblaste, keratinosiete en masselle in. Hulle bevorder ook die vorming van kollageen en elastiese vesels wat die vel sag en soepel maak. \u201cKliniese toetse het getoon dat wanneer groeifaktore in die regte kombinasie, verhouding en konsentrasie gebruik word en in \u2019n stabiele formule aangewend word, bevorder dit selvernuwing,\u201d s\u00ea Helene Schoombie, produkspesialis by SkinMedica.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Genomika<\/h4>\n<p>(<em>Genomics<\/em>) \u2019n Navorsingsmetode wat ontstaan het n\u00e1 die Human Genome Project in 2003 vasgestel het dat ons liggame uit byna 30\u00a0000 gene bestaan. Al 30\u00a0000 is ge\u00efdentifiseer en groot skoonheidsmaatskappye, soos Avon, L\u2019Or\u00e9al en P&amp;G het op grond van hierdie navorsing die \u201coptrede\u201d van gene in velle wat jonk, oud en deur son beskadig is, begin vergelyk. Met di\u00e9 kennis het hulle probeer om bestanddele te ontwikkel wat verandering in die vel sal te\u00ebwerk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hialuroonsuur<\/h4>\n<p>\u2019n Dik skuimrubberjel wat in ons dermis gele\u00eb is. Kollageen en elastien is in die jel ingebed. Saam maak dit jou vel sponserig en plomp. Hialuroonsuur is \u2019n algemene bestanddeel in skoonheidsprodukte wat baie vog verskaf en veroudering doeltreffend vertraag. Navorsing toon dat wanneer die suur ingeneem word, verhoog dit jou vogvolume dramaties en jou vel lyk plomp, soos \u2019n spons wanneer dit water absorbeer. Verhoogde vogvlakke maak jou vel elastieser en laat plooitjies sagter lyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hipodermis<\/h4>\n<p>Jou hipodermis is nie deel van jou vel nie; dit l\u00ea net onder jou dermis. Die hipodermis heg jou vel aan die onderliggende bene en spiere en voorsien jou vel van bloedvaatjies en senuwees. Dior se Capture Totale-navorsingspan het onlangs bewys dat \u2019n mens ook hipodermale stamselle kry wat \u2019n stewige basis vir die bou van \u2019n ferm vel vorm.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Infrarooi-bestraling<\/h4>\n<p>\u201cNuwe navorsing toon dit is nie net die hitte van die son wat veroudering veroorsaak nie, maar ook die hitte wat deur oonde, ligte, verwarmers en selfs jou rekenaarskerm uitgestraal word,\u201d het \u2019n bekende kosmetiese dokter, dr. Yves H\u00e9bert van Montreal, op \u2019n onlangse besoek aan Kaapstad ges\u00ea. \u201cSelfs bre\u00ebspektrum-sonroom blok slegs 55% van die son se uitstraling en beskerm jou ook nie teen infrarooi-bestraling nie. Daarom is dit belangrik om \u2019n goeie sonskerm saam met \u2019n produk te gebruik wat hoog in anti-oksidante is.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Idebenone<\/h4>\n<p>\u2019n Sterk anti-oksidant wat aanvanklik as \u2019n mediese produk in die behandeling van Alzheimer-siekte gebruik is. Dit is nou een van die bestanddele in Elizabeth Arden se Prevage-velprodukte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jojoba-olie<\/h4>\n<p>&#8230; word uit die sade van die vroulike jojoba-plant gepers. Die olie word goed deur ons velle geabsorbeer en help om die sperfunksie van die vel te versterk en vog binne te hou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kollageen<\/h4>\n<p>&#8230; is \u2019n lang, veselagtige en baie sterk prote\u00efen wat in die bindweefsel van die liggaam, asook in ons bene, ligamente, spiere en tande voorkom. Dis kollageen wat ons vel plomp en elasties laat lyk. Namate ons verouder, maak ons liggame minder kollageen en ouer velle begin sakkerig en plooierig lyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Langerhans-selle<\/h4>\n<p>&#8230; is immuunselle en word beskou as die voetsoldate van die vel. Hulle is gewoonlik in ons epidermis gele\u00eb, maar kan wanneer nodig ook na die dermis beweeg. Wanneer skadelike bakterie\u00eb of stowwe die vel binnedring, verteer hulle dit soos \u2019n wafferse Pac-man. Daarna beweeg hulle na die dermis om nog immuunselle te lok om infeksie te beveg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Lipiede<\/h4>\n<p>Lipiede hou die water (wat 70% van ons vel vorm) in ons vel. Lipiede (die belangrike een vir ons vel is fosfolipiede) het \u2019n waterhatende kant en \u2019n waterliewende kant. In ons velselle is hulle in twee rye gerangskik met die waterliewende kante wat na mekaar toe wys en die waterhatende kante na buite. Die waterhatende kant los nie in water op nie en voorkom so dat water ontsnap. Lipiede is \u2019n belangrike bestanddeel in velsorgprodukte omdat dit ons sperfunksie (sien S) versterk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Melanien<\/h4>\n<p>&#8230; is die pigment wat kleur aan ons vel gee. Hoe meer mela-nien jy het, hoe donkerder is jou vel. Dit bepaal ook hoe goed jou vel sonskade en irritasie kan hanteer &#8211; hoe ligter jou vel, hoe weerloser is jy teen sonskade.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Mitochondria<\/h4>\n<p>Die mitochondria word gesien as die kragopwekkers van ons\u00a0selle. Hulle skakel energie om in \u2019n vorm waarin die selle dit kan gebruik maar aan die ander kant kan hierdie energieproduksie ook chaos in ons selle veroorsaak. Navorsing deur \u2019n bekende Amerikaanse dermatoloog Leslie Bauman toon dat die mitochondria suurstof nodig het om energie te vervaardig, hoewel suurstof elektrone dra. Sommige elektrone verbind in gelyke getalle aan die suurstof, maar ander in ongelyke getalle wat vrye radikale (sien V) veroorsaak. Ons liggaam (en nie net eksterne faktore nie) veroorsaak dus self ook vrye radikale. Daar is tans nie juis \u2019n oplossing vir die probleem nie. Al wat ons kan doen, is om \u2019n goeie sonskerm en produkte hoog in anti-oksidante te gebruik, meen Bauman.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nasolabiale voue<\/h4>\n<p>Dit staan ook bekend as lagplooie, en is die twee lyne wat van die kant van jou neus na jou mondhoeke loop. Veroudering maak dit meer prominent. Kosmetiese vullers kan gebruik word om die lyne minder sigbaar te maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Osmose<\/h4>\n<p>Osmose is die beweging van water deur die selmembrane. Dit beweeg in die waterkanale (<em>aquaporins<\/em>) van die selle van dig na minder dig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>Aktiewe bestanddele van velsorgprodukte word so gekoppel aan osmotiese draers om die selle binne te dring<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Peptiede<\/h4>\n<p>&#8230; is die boublokke van \u2019n prote\u00efen soos kollageen. Dit word vrygestel wanneer kollageen afgebreek word &#8211; wanneer ons kollageen minder word, stuur die peptiede boodskappe na jou vel dat dit kollageen verloor het en nog moet maak. Wanneer peptiede in die vorm van \u2019n velsorgproduk aangewend word, stuur jou vel \u2019n vals alarm dat kollageen besig is om te verminder en meer daarvan gemaak moet word. En danksy die wetenskap verhoog die vel sy vorming van kollageen!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Pigmentasie<\/h4>\n<p>&#8230; beteken verkleuring en be\u00efnvloed dus die kleur van jou vel. Velselle gee kleur aan jou vel deur melanien te maak. As hierdie selle beskadig of ongesond word, be\u00efnvloed dit die melanienproduksie. \u201cEk s\u00ea gewoonlik vir my pasi\u00ebnte dat pigmentasie \u2019n lewenslange probleem is,\u201d s\u00ea dr. Yves Herbert. Dit moet ook so behandel word. Die kanse is skraal dat die toestand ooit heeltemal sal weggaan. As jou vel te veel melanien maak, word dit donkerder (swangerskap en sonblootstelling kan oorsake wees). Dit is uiters belangrik om uit die son te bly wanneer jy pigmentasie wil verminder. \u2019n Bre\u00ebspektrum-sonroom is \u2019n moet. \u2019n Vel wat te min melanien maak, word ligter.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ko-ensiem Q10<\/h4>\n<p>(CoQ10) is \u2019n vitamienagtige stof wat meestal in die mitochondria-selle teenwoordig is. Dit is ook \u2019n kragtige antioksidant en teenverouderingsmiddel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Retino\u00efede<\/h4>\n<p>Dermatolo\u00eb skryf graag retino\u00efede voor om die vroe\u00eb tekens van ouderdom te verminder en om te keer. Die hoeveelheid retino\u00efede wat in voorgeskrewe produkte voorkom, kry jy nie in gewone oor-die-toonbank produkte nie. Maar dit is ook \u2019n produk wat diegene met sensitiewe velle kan irriteer en tot sonskade kan lei wanneer dit nie reg gebruik word nie. \u201cDie sterkste retino\u00efede is nie noodwendig die beste vir jou nie. Kies eerder een wat jou vel kan hanteer en jy gereeld kan gebruik pleks van \u2019n sterk produk wat jou vel so irriteer dat jy dit net sporadies kan aanwend,\u201d beveel die Amerikaanse dermatoloog dr. Jeffrey Dover aan. Retino\u00efede is familie van vitamien A en sluit verskillende soorte retino\u00efede in, soos retinol, retinal, retino\u00efede-suur, Retin-A en tretino\u00efen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Sperfunksie<\/h4>\n<p>Een van die vel se belangrikste funksies is om die liggaam te help om vog binne te hou. \u00a0Die sperfunksie beskerm ons vel. \u201cDis ontsettend belangrik dat jou sperfunksie goed werk en die selletjies goed inmekaar pas waar dit op die oppervlakselle voorkom. Weens veroudering en sonblootstelling pas hierdie selletjies later nie meer so lekker saam in nie en ons is geneig om vog te verloor,\u201d s\u00ea Clinique se dermatoloog, dr. David Orentreig. Dit kan tot voortydige veroudering lei. As jou vel droog is, het jy gewoonlik baie dooie selle op die oppervlak wat afgeskilfer moet word voor \u2019n vogroom die vel behoorlik kan binnedring.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Tonikums<\/h4>\n<p>\u201cTonikum-aanwending is \u2019n noodsaaklike stap in enige ernstige velsorgprogram. Die werking en voordele van \u2019n tonikum (verfrisser) is nie aldag so bekend nie. Jou vel het \u2019n deursigtige lagie op die oppervlak, die hidrolipidiese film, wat uit vog en sebum (die vel se natuurlike olies) bestaan en pH-sensitief is. Sodra die pH uit balans is &#8211; reinigers, water, daaglikse blootstelling aan die elemente en lugversorging is die groot sondaars &#8211; is jou vel kwetsbaar vir vrye radikale en die tekens van voortydige veroudering sal weldra sigbaar wees. As jou vel styf voel nadat jy jou gesig gewas het, kan dit ook daarop dui dat jou pH-balans nie reg is nie. Die enigste produk wat dan jou pH kan balanseer, is \u2019n verfrisser. Dit help ook dat jou serum en vogroom beter geabsorbeer word,\u201d verduidelik David White, handelsmerk-en-opleiding-bestuurder van Givenchy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>Die enigste produk wat dan jou pH kan balanseer, is \u2019n verfrisser. Dit help ook dat jou serum en vogroom beter geabsorbeer word<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ultraviolet-strale (UV)<\/h4>\n<p>&#8230; kan nie vermy word nie. Die hoofbron is die son. UV is verantwoordelik vir die verbruining van die vel en die produksie van vitamien D. Oormatige blootstelling aan die son kan lei tot velkanker en voortydige velveroudering. Oormatige UV dring die vel diep binne en breek die kollageenweefsel af wat lei tot die vorming van lyne en plooie en daardie afgesakte voorkoms. \u2019n Bre\u00ebspektrum-sonskerm is daarom \u2019n moet,\u201d s\u00ea David.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vrye radikale<\/h4>\n<p>&#8230; is die boelies van ons velsel-w\u00eareld. Di\u00e9 radikale is suurstofmolekules wat \u2019n elektron verloor het en onstabiel is. Hulle probeer hulself genees en steel elektrone by gesonde molekules, wat op hul beurt net nog vrye radikale vorm en in die proses ons selle beskadig. Vrye radikale word nie net deur ons eie liggame vrygestel nie, maar ook deur eksterne faktore soos besoedeling, sonlig en sigaretrook. Vrye radikale veroorsaak veroudering omdat hulle veral ons kollageen aanval.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vitamien C<\/h4>\n<p>\u2019n Ho\u00eb dosis stabiele vitamien C wat gereeld op die vel aangewend word, kan mettertyd fyn lyntjies om jou mond en o\u00eb, asook ander plooie minder sigbaar maak. Dit verbeter ook die tekstuur en toon van die vel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wimperserums<\/h4>\n<p>Kosmetiese chirurge meet die \u201couderdom\u201d van jou o\u00eb van die binnehoek van jou oog tot by die punte van jou wimpers. Hierdie nuwe manier van meet beklemtoon die belangrikheid van langer wimpers en verklaar waarom wimperoorplantings, groeiprosedures en behandelings vir wimperverdikking nou so gewild is. Vichy se navorsingspan meen hoe ouer ons word, hoe meer lyk dit asof ons o\u00eb toe is. So, langer wimpers kan jou jonger laat lyk!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Xylose<\/h4>\n<p>&#8230; \u2019n natuurlike suiker wat uit houtvesels en bas verkry word, is \u2019n aktiewe bestanddeel van Pro-Xylane TM. Lanc\u00f4me het ProXylane, \u2019n suiker-prote\u00efen-mengsel wat die produksie van GAGS stimuleer, in 1996 ontwikkel (sien G). ProXylane dring die velle binne en moedig die produksie van <em>proteoglycans<\/em> aan wat deeltjies is van ons ekstra-sellul\u00eare matriks, \u2019n jelagtige netwerk van prote\u00efene en suiker wat as die boustrukture en skokabsorbeerders tussen selle dien. Hierdie molekules absorbeer water wat die matriks meer jelagtig en ons selle en vel fermer maak. Dit bevorder\u00a0ook kollageenvorming.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Yl hare<\/h4>\n<p>Namate ons ouer word, word ons hare ook yler en dunner. Vrouens sien dit veral in of n\u00e1 menopouse wanneer ons estrogeen verminder en androgene hormone vermeerder. \u201cAs jy kaal kolle het, wend \u2019n bietjie oogskadu wat dieselfde kleur as jou hare is, op die kolle aan,\u201d is grimeerkunstenaar Bobbi Brown se wenk in haar boek, <em>Living Beauty<\/em>. Laat jou haarkapper \u2019n snit aanbeveel wat meer volheid gee.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Zzzz<\/h4>\n<p>&#8230; staan vir skoonheidslaap. Wanneer jy slaap, kry jy meer as net rus. Die vel vernuwe snags op sy doeltreffendste omdat daar geen ultravioletlig of besoedeling is nie. Slaap is \u2019n wonderlike tyd van selvernuwing vir jou liggaam en veral vir jou vel. Baie teenverouderingsbestanddele bly langer aktief wanneer dit nie aan sonlig blootgestel word nie. Dis snags die ideale tyd om plooie te beveg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis nie aldag maklik om teenverouderings-lingo te verstaan nie! Ons het probeer om die \u201ctaal\u201d vir jou (en vir ons ook!) te ontsyfer sodat jy weet wat die vreemde terme in die advertensies en op die verpakking beteken. Deur Suzanne Kotz\u00e9. Foto\u2019s deur Johan Wilke<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":138330,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3467,666],"tags":[2491,5093,124,1389],"class_list":["post-54588","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-velsorg-skoonheid","category-skoonheid","tag-ouderdom","tag-teenveroudering","tag-velsorg","tag-beauty"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die ABC van teenveroudering | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dis nie aldag maklik om teenverouderings-lingo te verstaan nie! Ons het probeer om die \u201ctaal\u201d vir jou (en vir ons) te ontsyfer sodat jy weet wat die vreemde terme in die advertensies en op die verpakking beteken.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die ABC van teenveroudering | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis nie aldag maklik om teenverouderings-lingo te verstaan nie! Ons het probeer om die \u201ctaal\u201d vir jou (en vir ons) te ontsyfer sodat jy weet wat die vreemde terme in die advertensies en op die verpakking beteken.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-06-27T12:40:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-06-27T12:42:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"633\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"15 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Die ABC van teenveroudering\",\"datePublished\":\"2023-06-27T12:40:51+00:00\",\"dateModified\":\"2023-06-27T12:42:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/\"},\"wordCount\":2965,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg\",\"keywords\":[\"ouderdom\",\"teenveroudering\",\"velsorg\",\"beauty\"],\"articleSection\":[\"Velsorg\",\"Skoonheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/\",\"name\":\"Die ABC van teenveroudering | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg\",\"datePublished\":\"2023-06-27T12:40:51+00:00\",\"dateModified\":\"2023-06-27T12:42:32+00:00\",\"description\":\"Dis nie aldag maklik om teenverouderings-lingo te verstaan nie! Ons het probeer om die \u201ctaal\u201d vir jou (en vir ons) te ontsyfer sodat jy weet wat die vreemde terme in die advertensies en op die verpakking beteken.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg\",\"width\":1280,\"height\":633},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-abc-van-teenveroudering\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die ABC van teenveroudering\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die ABC van teenveroudering | rooi rose","description":"Dis nie aldag maklik om teenverouderings-lingo te verstaan nie! Ons het probeer om die \u201ctaal\u201d vir jou (en vir ons) te ontsyfer sodat jy weet wat die vreemde terme in die advertensies en op die verpakking beteken.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die ABC van teenveroudering | rooi rose","og_description":"Dis nie aldag maklik om teenverouderings-lingo te verstaan nie! Ons het probeer om die \u201ctaal\u201d vir jou (en vir ons) te ontsyfer sodat jy weet wat die vreemde terme in die advertensies en op die verpakking beteken.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-06-27T12:40:51+00:00","article_modified_time":"2023-06-27T12:42:32+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":633,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"15 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Die ABC van teenveroudering","datePublished":"2023-06-27T12:40:51+00:00","dateModified":"2023-06-27T12:42:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/"},"wordCount":2965,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg","keywords":["ouderdom","teenveroudering","velsorg","beauty"],"articleSection":["Velsorg","Skoonheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/","name":"Die ABC van teenveroudering | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg","datePublished":"2023-06-27T12:40:51+00:00","dateModified":"2023-06-27T12:42:32+00:00","description":"Dis nie aldag maklik om teenverouderings-lingo te verstaan nie! Ons het probeer om die \u201ctaal\u201d vir jou (en vir ons) te ontsyfer sodat jy weet wat die vreemde terme in die advertensies en op die verpakking beteken.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-karolina-grabowska-7321316-e1687869702177.jpg","width":1280,"height":633},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-abc-van-teenveroudering\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die ABC van teenveroudering"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54588","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54588"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54588\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/138330"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54588"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54588"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54588"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}