{"id":54133,"date":"2016-04-08T11:40:32","date_gmt":"2016-04-08T09:40:32","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=54133"},"modified":"2016-07-08T11:43:45","modified_gmt":"2016-07-08T09:43:45","slug":"maanhaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/","title":{"rendered":"Ma(a)nhaar"},"content":{"rendered":"<p>Andr\u00e9 Agassi is aantreklik. Gev\u00e1\u00e1rlik\u00a0aantreklik. Ondanks daardie blink en\u00a0kale kop. Maar vra jou volkop man of hy\u00a0sy hare w\u00edl prysgee? Of vra hom as sy\u00a0haarlyn aan die kwyn is of hy dink hy lyk so sexy\u00a0soos Agassi? Of Vin Diesel? Sean Connery?<\/p>\n<p>Nee, vir die meeste mans kwalifiseer die pan\u00a0ni\u00e9 as \u2019n potensi\u00eble x-faktor nie. \u2019n Kwynende\u00a0haredos is eerder \u2019n sensitiewe saak, en hoe, hoe gevoeliger. Gelukkig het\u00a0haartegnologie die afgelope paar jaar so gevorder dat praghare\u00a0werklik vir \u00e1lmal moontlik is. Welig en so natuurlik dat hy jou \u00e9n sy\u00a0ma sou kon flous.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat moet jy weet?<\/h4>\n<p><strong>Hy is uiters sensitief<\/strong><\/p>\n<p>\u201cUit die letterlik duisende mans wat ek al voor my\u00a0gehad het, het ek nog nooit een ontmoet wie se\u00a0haarverlies nie sy selfvertroue knou nie,\u201d s\u00ea dr. Larry\u00a0Gersowitz, Kaapse haarchirurg. \u201cDit maak nie saak h\u00f3\u00e9 lief jy\u00a0vir hom is, of hoe suksesvol hy andersins is nie. Vir ons mans speel\u00a0hare \u2019n diep, psigologies-seksuele rol. Met hare sien ons kans vir ons\u00a0uitdagings; daarsonder voel ons minder m\u00e1n. Ek het al mans behandel\u00a0wat ophou hakkel het n\u00e1 hul haarvoorkoms herstel is.\u201d<\/p>\n<p>Waarom sal mans nie iets daaraan laat doen nie? Die tegnologie is\u00a0beskikbaar, en wat is dit anders as \u2019n Lasik vir sy o\u00eb eerder as \u2019n bril?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoeveel tyd het hy?<\/h4>\n<p>Niks. Of min. Verlore hare is vir altyd. Die een groot fout wat mans\u00a0maak, is om te wag en kyk of hulle regtig gaan bles word. Uitstel\u00a0maak die pan net groter en die herstel daarvan duurder en\u00a0moeiliker. Hoe gouer hy begin, hoe beter.\u00a0As sy inhamme op twintig of dertig duidelik dieper keep, kan\u00a0hy met net die gebruik van finasteride sy hele haredos behou\u00a0\u2013 wat eintlik baie bekostigbaar is en hom al die emosionele\u00a0stres van haarverlies spaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dit is nie sy skuld nie<\/h4>\n<p>Blesheid het net een oorsaak: die gene wat hy ge\u00ebrf het. Dit\u00a0werk soos \u2019n slot en sleutel. Sodra sy manlike hormone in die\u00a0tienerjare inskop, skakel die betrokke gene die groeiproses in\u00a0die kophare af.\u00a0Die troosstorie is dat bleskoppe glo testosteroongedrewe\u00a0men\u00e9re is. Al wat waar is, is dat 90% van bleskoppe die gene\u00a0het wat hulle geneties programmeer om op dihidro-testosteroon\u00a0(DHT) te reageer.<\/p>\n<p>Dit het niks te doen met hoev\u00e9\u00e9l\u00a0testosteroon nie maar met w\u00e1t dit aan sy kophare doen.\u00a0\u2019n Bietjie is oorgenoeg om as die sleutel te dien wat die slot\u00a0ontsluit sodat die blesgene die vorming van nuwe kophare\u00a0begin afskakel.<\/p>\n<p>Androgenetiese blesheid, soos dit genoem word, is baie\u00a0individueel. Vir party mans begin dit al in hul twintigerjare.\u00a0By party stop dit as diep inhamme, terwyl ander heeltemal\u00a0kaalkop word.\u00a0Hoe bles \u2019n man ook al word, behou byna almal \u2019n smal,\u00a0halwe sirkel hare laag om die agterkop. Die rede? Larry s\u00ea dit\u00a0begin in die embrio: hierdie strook hare ontstaan uit ander\u00a0embrioselle as die gene-sensitiewe hare bo-op die kop. Daarom\u00a0affekteer blesheidsgene ook nie sy borshare en wenkbroue nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die beste planne<\/h4>\n<p>Hier is die lys, van pille tot kleefhare, laser en chirurgie:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>\u2022 Kleefhare<\/strong><br \/>\nEnkelhare wat presies by sy eie gepas word, word letterlik met\u00a0\u2019n baie sterk biologiese kleefmiddel op sy kopvel vasgesit. Hy\u00a0kan van \u2019n klein kol tot sy hele kop bedek. Dit klou so sterk dat\u00a0hy kan rugby speel, diepsee duik en hare was net soos woes\u00a0soos hy wil. Dit gee onmiddellik \u2019n lieflike bos baie natuurlike\u00a0hare, net soos sy eie, wat hy kan aanvul, uitdun, skakeer en selfs\u00a0grys maak om by sy ouderdom te pas.<\/p>\n<p>Dit kom in allerlei\u00a0teksture en kan van reguit tot gekrul wees.\u00a0Dit is \u2019n risikovrye hare-vandag-nog oplossing met bitter min\u00a0onderhoud &#8211; net \u2019n maandelikse haarsny (vir sy eie, steeds\u00a0groeiende hare) en onderhoud aan die gom, as dit nodig is. Die\u00a0hare word jaarliks vervang.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>\u2022 Ingeplante kunshare<\/strong><br \/>\nWaar kleefhare met gom vasgesit word, word hier klossies\u00a0(wefts) kunshare met onsigbare stekies direk in sy kopvel\u00a0vasgesit. Dit word steeds in ons land en in Europa toegelaat\u00a0maar is verbode in Amerika, omdat tot 20% van die hare\u00a0jaarliks uitval en die risiko op langtermyninfeksie in die steke t\u00e9\u00a0algemeen is. As jy di\u00e9 roete kies: Dit is wel \u2019n kitsoplossing vir\u00a0\u2019n kop vol hare.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>\u2022 Haarintegrasie<\/strong><\/p>\n<p>Yl hare is meer \u2019n vroueprobleem maar\u00a0mans bo vyftig kan ook eerder yl as bles word. Hierdie tegniek\u00a0werk baie soos kleefhare, behalwe dat die\u00a0ekstra hare op \u2019n net vasgesit word, want dan\u00a0op die kop vasgeplak word. Ook \u2019n kitsoplossing,\u00a0met weinige risiko en niks meer as\u00a0maandelikse onderhoud en jaarlikse\u00a0vervanging nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>\u2022 Haarstukke<\/strong><br \/>\n\u2019n Vol pruik of pruikstuk vir die kaal kol is die\u00a0oudste van die oplossings. Dit is ook die\u00a0goedkoopste, solank sy haarpatroon nie verander\u00a0nie. En selfsorg is maklik: hy was en stileer dit soos\u00a0gewone hare. Die nadeel? Soos Giel Ferreira, \u2019n Kaapse\u00a0sakeman, dit stel: \u201c\u2019n Man se grootste vrees is dat die ding\u00a0geskuif het, of lankal afgeval het en almal behalwe jy weet. As\u00a0jy klante spreek, wil jy op selfvertroue kan reken.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>\u2022 Laserterapie<\/strong><br \/>\nParty dokters sien rooi as jy laserterapie noem; ander s\u00ea hulle het\u00a0sowat 80% sukses daarmee.\u00a0Didier Simoen van HairOptions is pro-laser maar s\u00ea hulle beveel\u00a0dit net aan vir mans in \u2019n baie vroe\u00eb stadium van blesword &#8211; wanneer\u00a0daar nog fyn haartjies op die bles oor is, en n\u00e9t saam met \u2019n\u00a0haargroeimiddel soos Trichotin.<\/p>\n<p>\u201cDie laser verbeter die bloedsomloop, terwyl die medikasie die\u00a0DHT afbreek en dus sy werking onderdruk sodat die jong hare kans\u00a0kry om in volwasse hare te ontwikkel.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Gersowitz van Medhair s\u00ea bloedsomloop het min met\u00a0haarverlies te doen. \u201cJy het die gene daarvoor, of jy het nie. Die\u00a0medikasie veroorsaak die effek, nie die laser nie. Dit kos jou net\u00a0baie ekstra.\u00a0\u2019n Laserkursus duur ses maande, waarna hy permanent op\u00a0medikasie moet bly.<\/p>\n<p>Laserterapie is egter nie die einde van die behandeling nie: die man moet\u00a0daarna lewenslank Trichotin of finasteride gebruik\u00a0om verdere haarverlies te keer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>\u2022 Haarinplantings<\/strong><\/p>\n<p>Dit is die topliga-opsie, en die naaste wat hy\u00a0ooit aan sy eie bos hare sal kom. Dink daaraan as \u2019n manier wat die\u00a0hare wat hy het, egalig oor sy hele kop versprei. Hy kry dus ni\u00e9 \u2019n\u00a0dik bos met baie ekstra hare nie, maar eerder oraloor hare wat yler\u00a0kan lyk. Gewoonlik gaan mans hierna permanent op \u2019n finasteride\u00a0om te keer dat sy bestaande hare uitval.<\/p>\n<p>Daar is twee tegnieke: die strookinplanting, waar \u2019n strook (van so\u00a0klein as 1 cm x 10 cm tot so groot as 2 cm x 33 cm) van die haarmaan\u00a0agterom sy kop (daardie geen-bestande hare) geoes word en\u00a0dan worteltjie vir worteltjie op die kaal dele ingeplant word. Met\u00a0follikul\u00eare ekstraksie (FUE) word die hare nie as \u2019n strook geoes nie\u00a0maar een-een uitgehaal en individueel oorgeplant.<\/p>\n<p>Dit neem baie langer, en omdat \u2019n beperkte aantal hare per keer\u00a0ingeplant kan word, kan dit \u2019n hele paar sessies beteken. Di\u00e9\u00a0tegnieke is baie duur maar heeltemal suksesvol. Maar dit is nie vir\u00a0mans met baie fyn en min hare nie.<br \/>\nDit neem sowat 5 000 hare om \u2019n gedeelte so groot\u00a0soos jou handpalm toe te maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>\u2022 Medikasie<\/strong><\/p>\n<p>Dit werk maar jy moet die implikasies verstaan.\u00a0Vir baie mans is dit al wat hulle nodig het \u2013 mits hulle vroeg\u00a0genoeg begin.\u00a0Finasteride middels soos Propecia en sy\u00a0generies Thinpecia is net op voorskrif beskikbaar.<\/p>\n<p>Hulle werk soos \u2019n \u201cpause\u201d- knoppie. Dit stop die bleswordproses\u00a0terwyl hy dit drink. Sodra hy ophou, hervat die storie. Hy moet ook\u00a0vroeg genoeg begin, want dit werk net in op bestaande hare, en\u00a0kan nie \u2019n bles in \u2019n haredos omtower nie. Maar dit help vir byna\u00a0almal: vir party kwalik, maar vir ander baie goed.<\/p>\n<p>Dit help terselfdertyd by ouer mans om die prostaat te krimp. Die\u00a0meeste mans \u2013 99% &#8211; vaar uitstekend daarop. Larry s\u00ea hy\u00a0gebruik dit al 18 jaar lank. Die groot rooi vlag wat die\u00a0meeste mans hulself laat koud skrik, is dat een uit\u00a0elke honderd ereksieprobleme ondervind, maar\u00a0Larry s\u00ea sake kom meestal reg namate die\u00a0liggaam daaraan gewoond word.<\/p>\n<p>Die monoksidille soos Regaine se sukseskoers\u00a0is goed: dit help vir 50% &#8211; 80% van\u00a0mans. Die rooi vlag hier? As hy eers\u00a0daarmee begin het, moet hy die res van sy\u00a0lewe daarmee aanhou. Sodra hy ophou, val\u00a0\u00e1l die hare uit wat tydelik deur die medikasie\u00a0in stand gehou is. Daar is geen waarborg dat\u00a0die hare sal teruggroei nie. Mans wat hierop\u00a0is, moet hierop bly maar nuwe bleskoppe het\u00a0beter opsies.<\/p>\n<p>Hoe meer gekonsentreerd hoe suksesvoller\u00a0\u2013 maar ongelukkig is sy kanse op kopvelallergie\u00a0en velontsteking ooreenstemmend groter. Die ligter\u00a02%-konsentrasies is sonder voorskrif te koop vir die gekonsentreerde soorte. Die navorsing oor\u00a0Saw Palmetto-kombinasies is baie teenstrydig: party ondersoeke\u00a0wys dit is net so goed soos die finasteride; ander wys dit is net so\u00a0goed soos die plasebo\u2019s. Tog s\u00ea Hair Options hulle sien baie sukses\u00a0met Trichotin.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is die beste?<\/h4>\n<p>Teen ho\u00eb\u00a0pryse soek jy gewaarborgde sukses.<\/p>\n<p><strong>\u2022 Kyk na die pryse:<\/strong> wat kos dit aanvanklik \u00e9n op lang termyn vir\u00a0opvolg?<br \/>\n<strong>\u2022 Kyk na die risiko&#8217;s:<\/strong> goedkoop met infeksie werk nie.<br \/>\n<strong>\u2022 Kyk na wat hy werklik nodig het:<\/strong> net \u2019n bietjie hare?\u00a0Baie hare vir \u2019n groot deel?<br \/>\n<strong>\u2022 Kyk na die handewerk<\/strong>\u00a0op ander koppe en vra wie dit\u00a0gedoen het. Vermy maar liewer die verwysing as jou kontak se\u00a0haarlyn onnatuurlik loop, as hy klossies hare eerder as egalige\u00a0hare het, as hy letsels op sy kop het, as hy sukkel met infeksie,\u00a0of as hy \u2019n onnatuurlik welige kuif in vergelyking met die res van die\u00a0hare het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vir manne met panne is hier \u2019n rits suksesvolle planne. Maar as bles al opsie vir jou man is, is niks alles behalwe niks mooi nie. Kyk net hoe slim hierdie beroemde, mooi manne styltruuks inspan en aantrekliker as ooit lyk. Deur Salom\u00e9 Delport.<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":54151,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[5231,5232,5233,46,114,605,5093,5097,5230],"class_list":["post-54133","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-bles","tag-pankop","tag-haarlyn","tag-raad","tag-mans","tag-hare","tag-teenveroudering","tag-anti-aging","tag-haarverlies"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ma(a)nhaar | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ma(a)nhaar | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vir manne met panne is hier \u2019n rits suksesvolle planne. Maar as bles al opsie vir jou man is, is niks alles behalwe niks mooi nie. Kyk net hoe slim hierdie beroemde, mooi manne styltruuks inspan en aantrekliker as ooit lyk. Deur Salom\u00e9 Delport.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-04-08T09:40:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-08T09:43:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Nicole Kemp\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\"},\"headline\":\"Ma(a)nhaar\",\"datePublished\":\"2016-04-08T09:40:32+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-08T09:43:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/\"},\"wordCount\":1636,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg\",\"keywords\":[\"bles\",\"pankop\",\"haarlyn\",\"raad\",\"mans\",\"hare\",\"teenveroudering\",\"anti aging\",\"haarverlies\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/\",\"name\":\"Ma(a)nhaar | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg\",\"datePublished\":\"2016-04-08T09:40:32+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-08T09:43:45+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg\",\"width\":1200,\"height\":800,\"caption\":\"Swart-en-wit-foto-man-profiel\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maanhaar\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ma(a)nhaar\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\",\"name\":\"Nicole Kemp\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Nicole Kemp\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ma(a)nhaar | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ma(a)nhaar | rooi rose","og_description":"Vir manne met panne is hier \u2019n rits suksesvolle planne. Maar as bles al opsie vir jou man is, is niks alles behalwe niks mooi nie. Kyk net hoe slim hierdie beroemde, mooi manne styltruuks inspan en aantrekliker as ooit lyk. Deur Salom\u00e9 Delport.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-04-08T09:40:32+00:00","article_modified_time":"2016-07-08T09:43:45+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Nicole Kemp","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Nicole Kemp","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/"},"author":{"name":"Nicole Kemp","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55"},"headline":"Ma(a)nhaar","datePublished":"2016-04-08T09:40:32+00:00","dateModified":"2016-07-08T09:43:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/"},"wordCount":1636,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg","keywords":["bles","pankop","haarlyn","raad","mans","hare","teenveroudering","anti aging","haarverlies"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/","name":"Ma(a)nhaar | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg","datePublished":"2016-04-08T09:40:32+00:00","dateModified":"2016-07-08T09:43:45+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Swart-en-wit-foto-man-profiel.jpg","width":1200,"height":800,"caption":"Swart-en-wit-foto-man-profiel"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maanhaar\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ma(a)nhaar"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55","name":"Nicole Kemp","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","caption":"Nicole Kemp"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54133","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54133"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54133\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/54151"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54133"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54133"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54133"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}