{"id":5378,"date":"2013-09-09T08:54:00","date_gmt":"2013-09-09T06:54:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ek-wil-weer-borste-he\/"},"modified":"2016-05-27T13:41:29","modified_gmt":"2016-05-27T11:41:29","slug":"ek-wil-weer-borste-he","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/","title":{"rendered":"Ek wil weer borste h\u00ea"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Mastektomie doen iets aan jou psige. Dis oor meer as ontuisheid met die nuwe, vreemde dimensies van jou lyf. Hier is jou vrouwees aangeraak, verander. Die beeld van jouself wat jy met elke verbystap by \u2019n spie\u00ebl vang, is soos \u2019n lewensgroot advertensie wat uitbasuin jou bors(te) is weg. So skielik ook, sonder kans om saam met die verandering te groei tot by vertroudheid met die nuwe feitelikheid van jou lyf. So anders as swangerskap wat jou nege maande gee vir geleidelike aanpassing, of die middeljare wat jou dekades gun. En te vroeg. Jou vriendinne is waar vroue veronderstel is om op jou ouderdom te wees; jy\u2019s in \u2019n onbekende kategorie ingedwing.<\/p>\n<p>As jy so daaroor dink, klink \u2019n onmiddellike rekonstruksie so logies. Jy systap hierdie konfrontasie met borsloosheid en die implikasies daarvan. As jy wakker word, is daar pleisters, ja, maar daar is \u2019n bors daaronder. Soos altyd.<\/p>\n<p>Maar talle dokters dink \u2019n onmiddellike rekonstruksie is ni\u00e9 so \u2019n goeie idee nie; vir baie vroue is die pyn en groter risiko op mislukking nie die sous werd nie; en die jongste navorsing wys dis nie so eenvoudig nie. Dit wat j\u00f3\u00fa weer mooi sal laat voel, l\u00ea dalk op \u2019n heel ander vlak as die fisieke.<\/p>\n<p>N\u00e1 sewe jaar voel Annemarie Joubert, mediese tegnoloog in molekul\u00eare biotegnologie, steeds ontuis met haar lyf. \u201cEk\u2019s te gou in die hele ding ingedruk. Die dokter het daarop aangedring dat ek die mastektomie oombliklik moet ondergaan, saam met \u2019n gelyktydige rekonstruksie. Ek is geen keuses en g\u2019n tyd gegun om aan die idee gewoond te raak nie. Nee eens \u2019n week nie.<\/p>\n<p>\u201cEk was heeltemal onvoorbereid: op die pyn, op die pype uit my bors, op die skielike menopouse n\u00e1 jou eierstokke verwyder is \u2026 op elke aspek van borskanker, mastektomie, terapie en rekonstruksie. Ek het nie geweet \u00f3f verwag dat ek twee jaar lank verskriklik pyn gaan h\u00ea nie, en natuurlik ook nie dat ek \u2019n staph-hospitaalinfeksie sal opdoen en maande aaneen dreineringspype sal dra en skoonmaak nie.\u201d<\/p>\n<p><em>*Oorspronklik gepubliseer in Oktober 2004<\/em><\/p>\n<p>Vir haar het dit vooraf so prakties en lig geklink &#8211; narkose, bors af, nuwe een in sy plek, word wakker en gaan aan. Maar die realiteit was \u2019n onberekende nagmerrie.<\/p>\n<p>\u201cJy dink jy gaan minder geskok wees as jy m\u00e9t \u2019n bors wakker word, maar die ontnugtering kom steeds, net later.<\/p>\n<p>\u201cEk het gedink ek gaan weer \u2018reg\u2019 lyk. Met klere aan lyk ek seker oukei. Maar ek voel onvoltooid. Nie net omdat ek nie \u2019n tepel het nie. My lyf is t\u00e9 anders. Omdat ek \u2019n tramflap gehad het, sit my naeltjie nou baie laag, en as ek gewig aansit, kom sit die vet nie om my middel nie, maar onder my ribbekas. My borste is oneweredig en het geen gevoel nie.\u201d<\/p>\n<p>Anders as Annemarie wat nie verdere rekonstruksie beplan nie, is Frieda Henning al by haar vyfde een. Sy is een van die kontakpersone van Journey of Hope, die groep motorfietsryers wat jaarliks op hul geborgde Harleys die land deurkruis om bewustheid van borskanker te kweek. Onderhoud op haar is hoog, spot sy vrolik.<\/p>\n<p>\u201cNiemand het kon voorspel dat ek ook vir bestraling sou moes gaan nie, en dus het ek rekonstruksie saam met my mastektomie gehad, met \u2019n dorsi-flap en \u2019n klein prostese. Maar dit werk nie met bestraling nie, en my liggaam het \u2019n kapsel daarom gemaak. Dit het geskuif en was uiters ongemaklik. Ons het weer probeer, die keer net \u2019n prostese.<\/p>\n<p>Weer sonder sukses. Ek w\u00f3\u00fa \u2019n derde poging aanwend, en dit lyk of di\u00e9 een, \u2019n dorsale tramflap, gaan werk. Ek kry ook \u2019n tepel, en ek w\u00e9\u00e9t ek gaan reg lyk.<\/p>\n<p><span style=\"color: #333333;\"><strong>Regtig reg?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cEk hoop so \u2026 maar vroue \u00e9n dokters is onrealisties in hul verwagtinge . Ek was ook, aan die begin, en dit was nie net my na\u00efwiteit nie. My eerste chirurg het voor die operasie beloof ek sit Desember in my bikini op die strand met \u2019n begeerlike gleufie. Hy het goed bedoel en ek het heerlik ingekoop in di\u00e9 prentjie. Maar dit het my nie voorberei op die werklikheid van gerekonstrueerde borste nie. Net die Here kan borste maak &#8211; rekonstruksie is nabootsings. Die realiteit is dat jy nooit terugkry wat jy gehad het nie.\u201d<\/p>\n<p>Mari\u00ebtte Pitlo \u2019n vrouegesondheid-fisioterapeut stem saam dat die prentjie wat vir vroue geskilder word, te rooskleurig is.<\/p>\n<p>\u201cOns wys hulle die vroulike, pienk brosjures met netjiese voor- en na-lynsketse so perfek soos klein kunswerkies &#8211; nie foto\u2019s wat die werklikheid van letsels, oneweredigheid en verwringing uitbeeld nie. Hoe-wel jy geskokte vroue nie verder wil ontstel nie, skep ons prentjies van hoop wat weer verpletter kan word. Vroue moet liewer op die sielkundige uitwerking van die proses en die verandering voorberei word.<\/p>\n<p><span style=\"color: #333333;\"><strong>Dadelik of nie?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Tot onlangs is \u2019n mastektomie en gelykty-dige rekonstruksie aanbeveel om jou die emosionele pyn van jou borsverlies te spaar. Maar plastiese chirurg D\u00e9han Struwig vertel die jongste navorsingsresultate dui toe aan dat vroue wat \u2019n onmiddellike rekonstruksie gehad het, n\u00e1 drie maande net soveel oor hul verlore bors rou as vroue wat deur die trauma van borsloosheid is.<\/p>\n<p>\u201cVir vroue is die psigo-seksuele persepsies rondom hul borste kompleks, en om te dink \u2019n knopweefsel gaan dan vergoed vir die borsverlies, is te simplisties. \u2019n Onmiddellike rekonstruksie spaar vroue nie noodwendig hartseer of aanpassing nie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is selfs beter redes vir wag. Die belangrikste is radioterapie (bestraling). Jou vel is daarna baie dun en vatbaar vir infeksie. Wag beslis as jy radioterapie gaan kry. Jy kan ook nie prosteses voor radioterapie kry nie. Dit maak die prosteses hard, wat dan verwyder moet word.<\/p>\n<p>\u201cEk verkies dat my pasi\u00ebnte wag en genoeg tyd maak om werklik te besluit wat hulle wil h\u00ea en waarvoor hulle kans sien.\u201d<\/p>\n<p>Mari\u00ebtte stem saam: \u201cAs fisioterapeut sien ek net die vroue met komplikasies. Dit val my op dat my pasi\u00ebnte meestal di\u00e9 is wat rekonstruksie direk n\u00e1 die mastektomie ondergaan het. Natuurlik loop baie onmiddellike rekonstruksies goed af, maar jou risiko\u2019s is beslis baie groter.\u201d<\/p>\n<p>Jy kan selfs teen rekonstruksie besluit, s\u00ea Frieda. Dis immers nie verpligtend nie. \u201cDit het my al opgeval dat goed tagtig persent van veral vroue bo sestig s\u00ea hulle wil liewer \u2019n gemaklike braprostese as \u2019n rekonstruksie h\u00ea. Dit kan jy eers n\u00e1 jou operasie weet.\u201d<\/p>\n<p>Soos iemand dit stel: Ek is nie skaam vir my geskondenheid nie &#8211; dis my rang in die weermag teen kanker.<br \/>\nD\u00e9han beveel aan dat jy jou nooit in \u2019n rekonstruksie laat inboelie nie. \u201cGun jou die tyd. Die terapie en mastektomie verg klaar oorgenoeg van jou.\u201d<\/p>\n<p><span style=\"color: #333333;\"><strong>Jou beste opsie<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Die drie maniere waarop jy jou voorkoms terugwen, kom kortliks neer op \u2019n ingeplante prostese, nuwe borste van jou eie spiere of los braprosteses.<\/p>\n<p>Maar Mari\u00ebtte is versigtig vir die spiere-opsie: \u201cDaardie spierweefsel waarmee die nuwe bors gebou word, moet weer iewers \u2018gesteel\u2019 word. Spierweefsel groei nooit weer nie; dis vir altyd weg. Elke spier in jou liggaam vervul \u2019n noodsaaklike funksie, en dit kan jou jare later pla.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Struwig s\u00ea daar is no free lunch; elkeen het sy voordele \u00e9n nadele. En vir sommige vroue kan van die opsies in elk geval heeltemal buite die kwessie wees; dan moet jy maar die beste van \u2019n slegte saak maak. Maar daar is nie navorsingsresultate wat toon dat vroue later slegter af is omdat spierweefsel elders geoes is nie, en dis nie vir hom \u2019n rede tot kommer nie.<\/p>\n<p>Dink vooraf hieroor * Maak gereed om die verandering te vat soos dit kom Daar is g\u00e9\u00e9n plaasvervanger vir jou eie bors nie. Jy gaan anders lyk en nooit weer die sensasies van vroe\u00ebr ervaar nie. Daar sal littekens oorbly en die tepel sal kunsmatig lyk. Selfs n\u00e1 rekonstruksie kan jou borste assimmetries wees. Die beste wat jy kan verwag, is dat jy in klere (selfs swemklere) normaal lyk. Sommige is aangenaam verras, maar jy moet realisties wees, want jy kan nie daarop reken nie.<\/p>\n<p>* Hoe belangrik is jou borste vir jou? Weet jy r\u00e9gtig voor jy hulle verloor het? Vir sommige vroue is hulle belangrik vir visuele, seksuele en psigiese identiteit. Ander vroue ervaar en druk hulself op ander maniere uit. Wat jy ook al vooraf dink, moenie verras wees as jy agterkom jy rou oor jou borste nie. Dit impliseer dat jy deur fases van ontkenning, onderhandeling en hartseer sal gaan voor jy uiteindelik by aanvaarding kom.<\/p>\n<p>* Wat laat jou regtig mooi voel? Dis dalk ni\u00e9 gerekonstrueerde borste nie. Soek j\u00f3\u00fa sleutel. Dalk is los prosteses genoeg; dalk jou gesin; of dalk bring \u2019n nuwe belangstelling, uitreik na ander, of blote fokus op jou lewe soos dit nou is, jou by daardie innerlike aanvaarding.<\/p>\n<p>Sonder geld vir rekonstruksie? Die Harley-vroue wat jaarliks die Journey of Hope-borskankerrit aanpak, het vanjaar<br \/>\n\u2019n indrukwekkende R1 miljoen ingesamel wat aangewend gaan word om rekonstruksies te skenk aan vroue wat dit nie kan bekostig nie. As jy wil aansoek doen, of geld wil skenk om ander vroue te help \u2013 kyk by <span style=\"color: #0000ff;\">www.journeyofhope.co.za<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #333333;\"><strong>Hier is die vyf tegnieke<\/strong><\/span><\/p>\n<ol>\n<li>Die Lattisimus Dorsi-flap Die plat spier op die rug en die vel word na vore geflap en in \u2019n bors omvorm. As jy \u2019n B of C is, word \u2019n prostese terselfdertyd ingesit. * Onthou die spier verskaf \u2019n stewige buffer waaragter die prostese onopsigtelik ingesit kan word. D\u00e9han glo dat jy di\u00e9 spier die minste mis en dink vroue is n\u00e1 die operasie vinniger aan die gang. Maar tot veertig persent van vroue ontwikkel \u2019n seroom (vog wat opbou) op hul rug en in hul armholtes wat gedreineer moet word. Baie verloor sekere bewegings wanneer hulle met hul arms bo die kop werk, wat veral sportiewe vroue pla. Daar is ook \u2019n besliste risiko dat jou liggaam \u2019n harde kapsel om die prostese sal maak, al het jy nie bestraling ontvang nie. Jy gaan ook \u2019n letsel op jou rug oorhou. Bring jou bra saam sodat die dokter die posisie van die litteken kan beplan sodat die merk deur jou bra verbloem kan word.<\/li>\n<li>Die TRAMflap Vir hierdie gewilde opsie word die helfte van jou maagspier opgetel en saam met die vet daarom onder die vel deurgetrek na jou bors, waar dit vasgeheg word. * Onthou So te s\u00ea alle bewegings ontspring eintlik vanaf jou maagspier; vergeet dus van opsitte en sport. Jy kan ook makliker \u2019n breuk ontwikkel. Hierdie tegniek is glad nie geskik vir vroue met diabetes (of \u2019n groot risiko daarop) nie.<\/li>\n<li>Die DIEP Vir hierdie jongste tegniek word die groot arterie wat oor jou maag loop, versigtig losgemaak en saam met vet en maagvel opgeneem na die bors, waar die arterie aan \u2019n ander een in die bors geheg word sodat die bloedvloei deur die vetweefsel behou word en verder as borsweefsel funksioneer. *Onthou Dis \u2019n tegnies moeiliker operasie wat langer as die ander duur, maar dis baie suksesvol in die regte hande. Jy kry ook \u2019n gratis tummy tuck.<\/li>\n<li>Ekspansie en prostese Die tegniek word in twee fases gedoen: eers word \u2019n klein ballon onder die vel ingeplant en dan geleidelik gevul sodat die borsweefsel daaroor rek. Wanneer dit die regte grootte bereik, word die ballon deur \u2019n prostese vervang. * Onthou Dit verg \u2019n kleiner operasie en gee \u2019n baie natuurlike resultaat, maar dit neem maande voor dit voltooi is en die rekproses kan ongemaklik wees. By baie vroue ontwikkel \u2019n harde kapsel om die prosteses wat later verwyder moet word.<\/li>\n<li>Los bra-prosteses Die goedkoopste opsie pas los in jou bra. Daar is allerlei vorms, jy kan sport beoefen en swem, en party plak selfs vas sodat jy min verleentheid hoef te ervaar. Jy kan ook stelle van verskillende groottes kry om aan te pas by die hoeveelheid kurwes waarvoor jy vandag lus is \u2026<\/li>\n<\/ol>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Mastektomie doen iets aan jou psige. Dis oor meer as ontuisheid met die nuwe, vreemde dimensies van jou lyf. Hier is jou vrouwees aangeraak, verander. Die beeld van jouself wat jy met elke verbystap by \u2019n spie\u00ebl vang, is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":21205,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[667],"tags":[762,1063],"class_list":["post-5378","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gesondheid","tag-borskanker","tag-rekonstruksie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ek wil weer borste h\u00ea | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ek wil weer borste h\u00ea | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Mastektomie doen iets aan jou psige. Dis oor meer as ontuisheid met die nuwe, vreemde dimensies van jou lyf. Hier is jou vrouwees aangeraak, verander. Die beeld van jouself wat jy met elke verbystap by \u2019n spie\u00ebl vang, is [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-09-09T06:54:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-05-27T11:41:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Gekleurde-bras.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"900\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"824\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Ek wil weer borste h\u00ea\",\"datePublished\":\"2013-09-09T06:54:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-05-27T11:41:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/\"},\"wordCount\":1975,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/09\\\/Gekleurde-bras.jpg\",\"keywords\":[\"borskanker\",\"rekonstruksie\"],\"articleSection\":[\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/\",\"name\":\"Ek wil weer borste h\u00ea | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/09\\\/Gekleurde-bras.jpg\",\"datePublished\":\"2013-09-09T06:54:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-05-27T11:41:29+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/09\\\/Gekleurde-bras.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/09\\\/Gekleurde-bras.jpg\",\"width\":900,\"height\":824},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-wil-weer-borste-he\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ek wil weer borste h\u00ea\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ek wil weer borste h\u00ea | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ek wil weer borste h\u00ea | rooi rose","og_description":"\u2019n Mastektomie doen iets aan jou psige. Dis oor meer as ontuisheid met die nuwe, vreemde dimensies van jou lyf. Hier is jou vrouwees aangeraak, verander. Die beeld van jouself wat jy met elke verbystap by \u2019n spie\u00ebl vang, is [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-09-09T06:54:00+00:00","article_modified_time":"2016-05-27T11:41:29+00:00","og_image":[{"width":900,"height":824,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Gekleurde-bras.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Ek wil weer borste h\u00ea","datePublished":"2013-09-09T06:54:00+00:00","dateModified":"2016-05-27T11:41:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/"},"wordCount":1975,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Gekleurde-bras.jpg","keywords":["borskanker","rekonstruksie"],"articleSection":["Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/","name":"Ek wil weer borste h\u00ea | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Gekleurde-bras.jpg","datePublished":"2013-09-09T06:54:00+00:00","dateModified":"2016-05-27T11:41:29+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Gekleurde-bras.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Gekleurde-bras.jpg","width":900,"height":824},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-wil-weer-borste-he\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ek wil weer borste h\u00ea"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5378","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5378"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5378\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21205"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5378"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5378"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5378"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}