{"id":53687,"date":"2016-07-03T11:08:47","date_gmt":"2016-07-03T09:08:47","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=53687"},"modified":"2017-07-13T14:48:17","modified_gmt":"2017-07-13T12:48:17","slug":"nagligte-vir-die-donker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/","title":{"rendered":"Nagligte vir die donker"},"content":{"rendered":"<p>Drie gewone ouens. Mans met gesinne. Pa\u2019s wat pa-dinge doen en huisverbande afbetaal. Maar wanneer hulle saamstaan en musiek maak, is \u201cdoodgewoon\u201d nie deel van die klank nie. Hulle maak al meer as \u2019n dekade lank saam musiek maar het eers verlede jaar hul eerste enkelsnit \u201cDit stop nou\u201d uitgereik en kort daarna hul CD <em>Hoop in die Donker<\/em>, en toe word <em>Nagligte<\/em> \u2019n gonswoord. Die groep is ook vir twee <em>Ghoemas<\/em> benoem: <em>Beste Nuweling van die Jaar<\/em> en <em>Beste Alternatiewe Album<\/em>.<\/p>\n<p>Wanneer hulle nie hul musiekdroom najaag nie, is Jacobus Brink (34), beter bekend as Roof, \u2019n beleggingsanalis, sy kleinboet Eddie (32) praktiseer as NAV-spesialis en Wynand Jonker (38) is \u2019n advokaat.<\/p>\n<p>En ja, daar is baie goed wat om hul aandag meeding. Die uitdaging is om \u2019n balans te kry tussen die daaglikse werklikhede van gesin, werk en verbande betaal, en hul droom om musiek te maak.<\/p>\n<p>Hul vroue ondersteun hulle ten volle, behalwe wanneer hulle hulle soos 18-jariges gedra. Dan loop hulle deur!<\/p>\n<p>Die groep probeer om een keer per week in Wynand se motor-huis te oefen. Hulle gebruik elektriese tromme en binneoormonitors sodat die bure darem kan slaap. Gelukkig is die bure groot aanhangers, en dit help.<\/p>\n<p>Roof en Wynand was as studente in die dieselfde koshuis op Stellenbosch. Hulle het \u2019n gemeenskaplike passie vir musiek ontdek en het gou in die koshuis se kroegie begin optree. In daardie stadium het hulle nie oorspronklike musiek gehad nie.<\/p>\n<p>\u201cVoor Nagligte het ek en Roof net ander kunstenaars se musiek gespeel,\u201d vertel Wynand. \u201cDis maar moeilik om so lank opgewonde te bly oor musiek wat nie jou eie is nie. Omdat ons \u2019n begeleiding-band gebruik het, het ons nie \u2019n tromspeler nodig gehad nie. Maar toe ons besluit om ons eie groep te stig is Eddie amptelik as tromspeler aangestel.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMy ma het my die dood voor die o\u00eb gesweer as ek nie vir Eddie as tromspeler kies nie, en ek het nie juis \u2019n keuse gehad nie,\u201d vertel Roof laggend.<\/p>\n<p>\u201cEk dink ons is \u2019n goeie span. Ek is die dromer en Eddie en Wynand die realiste. Die feit dat ons maats was voor ons saam gespeel het, het baie gehelp.\u201d<\/p>\n<p>Toe Hoop in die Donker opgeneem is, het die drie die eerste keer volwaardig saamgewerk.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-53696 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Nagligte-musiek-400x600.jpg\" alt=\"Nagligte-musiek\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>\u201cDie plan was om drie liedjies op te neem en te kyk of mense daarvan hou,\u201d s\u00ea Wynand. \u201cOns was regtig onervare in die ateljee en dit het lank geneem om op dreef te kom.\u201d<\/p>\n<p>Toe die eerste drie liedjies in 2014 opgeneem is, was hulle seker Nagligte kan \u2019n sukses wees, en dit het hulle aangespoor om die album klaar te skryf en op te neem. Hul harde werk is beloon toe Universal\u00a0Music vir hulle \u2019n kontrak aanbied.<\/p>\n<p>Dit was \u2019n lang en opdraande pad vir die drie manne en hulle het soms maar moedeloos gevoel maar tou opgooi was nooit \u2019n opsie nie. Ateljeetyd was beperk en met hul uitdagende beroepe en die besige skedules van vervaardigers, was daar baie vertragings. Maar hulle het deurgedruk. Dit was nou of nooit.<\/p>\n<p>Die gemene deler is passie, s\u00ea Roof. \u201cPassie is alles. Ons passie vir musiek het ons gemotiveer en die dryfkrag gegee om die taak betreklik laat in ons lewe aan\u00a0te pak.\u201d<\/p>\n<p>En moenie van deursettingsvermo\u00eb vergeet nie, s\u00ea Wynand en Eddie, dis net so belangrik.<\/p>\n<p>Verskille duik ook soms op. \u201cAan die begin het ons baie verskil en geredeneer, maar dit was \u2019n nodige proses. Ons het immers drie uiteenlopende persoonlikhede,\u201d s\u00ea Wynand. \u201cToe ons besef dat ons dieselfde passie deel en dieselfde doel wil bereik, het ons beter begin saamwerk en ons verskille tot ons voordeel laat werk.\u201d<\/p>\n<p>Roof stem saam. \u201c\u2019n Musiekgroep werk baie soos \u2019n huwelik.<\/p>\n<p>Die belangrikste ding is om mekaar se menings te respekteer en behoorlik te kommunikeer. Musiek is baie subjektief en dit is belangrik om te onthou dat daar nie werklik \u2019n regte of verkeerde antwoord is nie.\u201d<\/p>\n<p>Hoe ontlont hulle \u2019n situasie? Hulle s\u00ea dit is \u2019n bietjie na\u00efef om te dink dat hulle die klein jakkalsies heeltemal kan vermy, maar soms is dit beter om net jou ego in jou sak te steek en op die groter prentjie te fokus. \u201cRoof se manier van situasies ontlont, is om nie sy teksboodskappe te beantwoord nie,\u201d spot Wynand.<\/p>\n<p>Roof, Wynand en Eddie het elk bepaalde eienskappe wat tot die sukses van die groep bydra. Wynand fokus op die melodie\u00eb en Roof en Eddie hoofsaaklik op die lirieke. Wat die daaglikse bestuur van Nagligte betref, is Roof verantwoordelik vir die administrasie en Wynand kyk na die tegniese aspekte rondom toerusting en klank. Besluitneming sluit sonder uitsondering die hele groep in.<\/p>\n<p>Die lirieke van Hoop in die Donker raak baie mense. Die temas is universeel en sinvol. \u201cOns het maar geskryf oor dinge wat ons pla,\u201d vertel Roof. \u201cEk dink hoe eerliker jy met jou lirieke is, hoe meer mense sal jy raak. Ons is almal Generation X-siele en die kwessies wat ons nou pla, is nie regtig anders as di\u00e9 van die Baby Boomers of Millennials nie. Mense bly mense.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie idee van Hoop in die Donker was juis om die boodskap oor te dra dat dit nie saak maak wie jy is of wat jy doen nie. Kluise-naar, blouboordjie of magnaat \u2013 elkeen het unieke uitdagings.<br \/>\nTog is daar vir almal hoop in die donker,\u201d s\u00ea Wynand. \u201cOns lewer meestal sosiale kommentaar in ons liedjies. Die konsep vir die liedjies kom uit lewenservaring. Tussen die drie van ons het ons meer as honderd jaar se ondervinding wat ons in ons liedjies verweef. Sodra ons op \u2019n konsep vir \u2019n liedjie besluit het, kom die lirieke en musiek redelik maklik.\u201d<\/p>\n<p>In watter kategorie plaas hulle Nagligte se musiek? Elkeen het sy eie mening. Dit wissel van alternatiewe elektroniese rock tot alternatiewe hard pop rock. Of soos Roof s\u00ea: \u201cNet \u2019n mengelmoes van goed waarvan ons hou.\u201d Hoe ook al, hulle het \u2019n wenresep.<\/p>\n<p>Hul CD-rakke is vol van kunstenaars wat hulle inspireer: Muse, Killers, Fall out Boy, One Republic, Coldplay en Metallica. Tog sonder hulle Bellville se rockgroepe uit wat buiten hul fantastiese bydrae tot die musiekbedryf ook vir Nagligte baie raad en ondersteuning gegee het.<\/p>\n<p>Nagligte het soveel in so \u2019n kort rukkie bereik, maar daar is nog \u2019n droom of twee. Wynand sou graag in \u2019n konsert wou hoor hoe duisende mense met Nagligte se musiek saamsing. Roof se droom is om relevant te bly en Eddie hoop op longevity. Die groep is nederig genoeg om elke persoon wat tot hul sukses bygedra het op die naam te bedank. Hunter Kennedy, die vervaardigers Fred den Hartog en Francois de Klerk. Ook Inus Smuts wat die beeld wat Nagligte vir hul groep gehad het, \u2019n werklikheid gemaak het.<\/p>\n<p>Vir al daardie mense wat ook sulke drome het, het die manne raad: \u201cDie grootste stap is om te begin. Kry ouens bymekaar wat lekker oor die weg kom en dieselfde passie deel. En moenie vergeet om dit te geniet nie! Moenie oorhaastig wees nie en bedink die konsep van die groep deeglik. Kry \u2019n unieke element wat jou groep sal laat uitstaan. Omring jou ook met goeie vervaardigers. Ons dink hulle is die werklike helde van die bedryf.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em>\u201cVergeet van die re\u00ebls<\/em><br \/>\n<em> Ons het dit nie geskryf nie<\/em><br \/>\n<em> Die w\u00eareld kan by ons leer<\/em><br \/>\n<em> Ons het die lewe hard gespeel<\/em><br \/>\n<em> Ons staan saam en saam sal ons vergaan\u201d<\/em><br \/>\n(\u201cDit stop nou\u201d \u2013 Nagligte)<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\">Kyk by <a href=\"http:\/\/www.nagligte.com\" target=\"_blank\">www.nagligte.com<\/a> waarmee Nagligte besig is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die groep Nagligte gee \u2019n nuwe dimensie aan alternatiewe Afrikaanse musiek. Hul musiek wissel van melodiese popmusiek tot heavy metal en hul lirieke praat met almal wat daarna luister. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s deur Johan Wilke<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":53689,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,5133,5135,23450,24339],"class_list":["post-53687","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-nagligte","tag-popmusiek","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nagligte vir die donker | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nagligte vir die donker | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die groep Nagligte gee \u2019n nuwe dimensie aan alternatiewe Afrikaanse musiek. Hul musiek wissel van melodiese popmusiek tot heavy metal en hul lirieke praat met almal wat daarna luister. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s deur Johan Wilke\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-07-03T09:08:47+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T12:48:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Nagligte-e1467628878725.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"988\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"635\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Nagligte vir die donker\",\"datePublished\":\"2016-07-03T09:08:47+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T12:48:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/\"},\"wordCount\":1254,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Nagligte-e1467628878725.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"nagligte\",\"popmusiek\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/\",\"name\":\"Nagligte vir die donker | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Nagligte-e1467628878725.jpg\",\"datePublished\":\"2016-07-03T09:08:47+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T12:48:17+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Nagligte-e1467628878725.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/07\\\/Nagligte-e1467628878725.jpg\",\"width\":988,\"height\":635,\"caption\":\"... vir die donker\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nagligte-vir-die-donker\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nagligte vir die donker\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nagligte vir die donker | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Nagligte vir die donker | rooi rose","og_description":"Die groep Nagligte gee \u2019n nuwe dimensie aan alternatiewe Afrikaanse musiek. Hul musiek wissel van melodiese popmusiek tot heavy metal en hul lirieke praat met almal wat daarna luister. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s deur Johan Wilke","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-07-03T09:08:47+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T12:48:17+00:00","og_image":[{"width":988,"height":635,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Nagligte-e1467628878725.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Nagligte vir die donker","datePublished":"2016-07-03T09:08:47+00:00","dateModified":"2017-07-13T12:48:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/"},"wordCount":1254,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Nagligte-e1467628878725.jpg","keywords":["celebs","nagligte","popmusiek","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/","name":"Nagligte vir die donker | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Nagligte-e1467628878725.jpg","datePublished":"2016-07-03T09:08:47+00:00","dateModified":"2017-07-13T12:48:17+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Nagligte-e1467628878725.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Nagligte-e1467628878725.jpg","width":988,"height":635,"caption":"... vir die donker"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nagligte-vir-die-donker\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nagligte vir die donker"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53687","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=53687"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53687\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/53689"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=53687"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=53687"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=53687"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}