{"id":5342,"date":"2013-08-26T11:22:00","date_gmt":"2013-08-26T09:22:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/"},"modified":"2016-07-28T09:01:53","modified_gmt":"2016-07-28T07:01:53","slug":"walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/","title":{"rendered":"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop"},"content":{"rendered":"<p>In die winter is die R\u00fbens die ene lappies bottergeel canola en knopknie lammertjies al trippelend rondom hul weiende ooi-ma\u2019s in lande wat so sappiggroen lyk dat jy self wonder hoe lusern dan proe. Al met die grensdrade langs waak statige ou bloekoms met hul koppe afge\u00ebts teen die blou berge. Julie, Augustus sien jy dikwels \u2019n sneeulagie soos strooisuiker op die bergpieke l\u00ea.\u00a0Koud, maar bitter mooi. En lieflik stil. Asof die hele aarde sover as wat jy kan sien net vir jou geskep is. Want hierdie tyd van die jaar kom niemand na hierdie kus toe nie. In sulke stiltes is die wydsheid van die oseaan wat hier teen die suidpunt van Afrika aanspoel soveel indrukwekkender.<\/p>\n<p>Ek wens ek kon dit so hou, maar reisjoernaliste word betaal om die bes bewaarde geheime te verklap. Di\u00e9 een deel ek met \u2019n swaar hart. Dalk kan ek wegkom daarmee om dit net te fluister: De Hoop. Dalk s\u00ea die ander ingewydes dit ook net saggies hardop want min ken di\u00e9 absoluut ongerepte Overbergse kusreservaat. Ek lap net 4\u00a0van De Hoop se geheime uit:<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-55545 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/De-Hoop-walvisse-500x366.jpg\" alt=\"De Hoop walvisse\" width=\"500\" height=\"366\" \/><\/p>\n<h4>Die geheime lewe van walvisma\u2019s<\/h4>\n<p>As jy op die <em>trendy<\/em> manier wil walvis kyk met <em>live<\/em> musiek, pizza en bier in die hand en \u2019n walvisroeper op sy bamboeshoring vir tien sent se karakter, is Hermanus die volmaakte bestemming. Maar as jy die outentieke ervaring soek, kom na De Hoop.<\/p>\n<p>By Koppie Alleen, De Hoop se beste walviskykpunt, sit jy hoog op \u2019n ongerepte duin en sien tot 50\u00a0van die ou grotes op een slag.\u00a0Jy sien die walvisse die beste met laagwater want dan kan jy op die rotsplate staan en redelik naby aan hulle kom. Met ons naweek daar is laagwater toe om sesuur die oggend. In Augustus. Dit is \u2019n bykans ondenkbare donkernag opstaantyd vir Kapenaars maar die belofte van soveel walvisaksie is oorgenoeg om ons te oorreed om Koppie Alleen se duine aan te pak. Ons dik jasse, serpe,\u00a0mussies\u00a0en \u2019n kombers om die lyf hou die snydende seebriesie net-net uit.<\/p>\n<p>Die belofte van warm, gebotterde croissante en koffie vir \u2019n laatonbyt by die rusplek langs die see help sommer baie.<\/p>\n<p>Dit \u00eds spesiaal om die see so vroeg te beleef. Jy sak kniediep weg in die ongelooflike wit, fluweelsagte duinsand, met seemeeue en swarttobies intens afge\u00ebts teen die skerp lig.<\/p>\n<p>\u201cEn hou jou o\u00eb oop,\u201d s\u00ea ons gids, Delfranzo Laing. \u201cOns sien die skaars Bryde walvis hier en het ook al \u2019n<em> humpback <\/em>of twee opgetel.<\/p>\n<p>\u201cElke paar jaar of so kan jy die absolute rariteit van \u2019n wit walviskalfie beleef. \u2019n <em>Brindle<\/em>, soos soolo\u00eb hulle noem. Ons het vanjaar net drie wit kalfies gesien maar verlede jaar was hier so 8, 9\u00a0van hulle. Die wittes is byna sonder uitsondering bulletjies.\u201d<\/p>\n<p>Ons soek-soek tot by die horison maar niks wittetjies wys op nie. \u201cHulle bly nie wit nie,\u201d verklaar Dell hul afwesigheid. \u201cHulle raak ook nooit so swart as ander walvisse nie. Jy moet soek vir die liggrys volwassenes.\u201d<\/p>\n<p>Teen September is De Hoop die hoofkraamsaal van die w\u00eareld, met tot tweehonderd walvismoeders wat hier hul reusekleingoed kom baar.<\/p>\n<p>Wat d\u00f3\u00e9n walvisse?<\/p>\n<p>\u201cWel, hulle spioeneer, koel af, baar, soog \u2026 en kuier. Ek het al \u2019n klein walvissie op sy ma se maag sien l\u00ea. Dit was so \u2019n mooi <em>bonding<\/em>-oomblik. Op \u2019n ander keer het ek 4, 5 walvisma\u2019s in \u2019n kring sien sosialiseer, met hul kleintjies wat rondom hulle speel. Soos<em> ladies<\/em> wat kom tee drink en <em>chat<\/em>!\u201d<\/p>\n<p>Daar is nog net 10 000 Southern Right-walvisse in die w\u00eareldoseane oor, waarvan amper die helfte elke jaar van Antarktika na ons kus swem vir hul winterwegbreek \u2026 teen 2 kilometer per uur.<br \/>\nEn wat is dit met ons kus? Net soos ons vroue onmiddellik begin dieet as ons aan \u2019n paar weke se seevakansie dink, is walvisma\u2019s die hele tyd aan ons kus op dieet. Walvisse eet hulself spekvet aan die kril van Antarktika. By ons is hul kosbronne skaarser en is hulle noodgedwonge op dieet, ten spyte daarvan dat hulle hul kalfies moet soog. Hulle word hier dus rietskraal.<\/p>\n<p>Sodra hul telge gespeen is en elke walvisma haar lyfie terug het, is dit tyd vir die terugtog. Maar eers na \u2019n draai in die Namibiese waters. Van ons kus af swem die walvisse Weskus langs na Namibi\u00eb, en dan teen die koue Benguelastroom in af terug Antarktika toe.<\/p>\n<p><strong>\u2019n Wenk:<\/strong> beplan jou uitstappie om saam met laagwater te val, en soek rooi-aas, anemone, kastaiings, slaai, tongwier en seesterre in die seepoeletjies wat net met laagwater toeganklik is.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-55546 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/De-Hoop-voels-500x333.jpg\" alt=\"De Hoop vo\u00ebls\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<h4>Die oproep waarop vo\u00eblkykers wag<\/h4>\n<p>De Hoop is vo\u00eblkykerparadys. Maar nie sommer vir amateurs nie. Toe die bostelegraaf in 2004 die boodskap uitstuur dat \u2019n<em> little crake<\/em> hier gesien is, het dit vo\u00eblkykers van oor die hele w\u00eareld so op hol gehad dat honderde mense binne dae op De Hoop toegesak het. En wat \u2019n ekonomiese inspuiting was dit nie \u2013 die kykers het rondom R70 miljoen binne \u2019n week die land ingebring.<\/p>\n<p>Al lyk De Hoop-vlei bra gewoonweg modderbruin, geniet dit groot aansien onder die ernstige vo\u00eblkykers. Hier is 260 spesies te sien, onder andere die <em>Damaratern<\/em>. Daar is net 3 000 Damaraterns w\u00eareldwyd waarvan rondom 90\u00a0broeipare in De Hoop tussen November en Februarie kom broei.<\/p>\n<p>Vo\u00eblkykers se verkykers kan hier ook die Kaspiese tern, die Kaapse griffonaasvo\u00ebl, Stanley se Bustard en swart tobies nadertrek.<\/p>\n<p>De Hoop-vlei is die eerste Suid-Afrikaanse vlei wat \u2019n Ramsar-gradering verwerf het. Jy kan kies en keur uit 97 soorte watervo\u00ebls soos lepelaars, slanghalse, duikers \u2026 en bleshoenders by die dosyne.<\/p>\n<p>Die vo\u00eblbevolking groei meetbaar. Waar daar in 2009 rondom 70 pelikane was, is daar tans 180-200 van die ou groot snawels. Teen sowat 500 vis per pelikaan per jaar moet die vlei \u2019n florerende visbevolking kan onderhou om die groeiende pelikaanbevolking te voed. Die bewaringsukses van die stukkie aarde is onteenseglik, en na jy die vo\u00eblspesies van De Hoop klaar afgetik het, kan jy begin werk aan jou aftiklys vir fynbos. Die 1 500 plus inheemse grasse, erikas en proteas kan jou nog \u2019n leeftyd lank besig hou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Bonus geheim<\/h4>\n<p>As jy vir drie of meer dae hier oorbly, kan jy op \u2019n gratis begeleide vlei-staptog van sowat 8 km gaan. Doen dit gerus omdat die gids jou baie meer sal wys as wat jy op jou eie sal raaksien en jou verras met feite soos dat babaflaminke vaal is, en nie pienk nie.<\/p>\n<p>Wat maak flaminke pienk? Die kos wat hulle eet. Sekere alge en krewels is propvol kareteno\u00efede (die stof wat wortels en beet kleur gee). Die kleurpigment word afgebreek in hul lewer en dan in hul snawels, vere en bene neergel\u00ea. Hoe ouer \u2019n flamink raak, hoe pienker raak hy.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-55543 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/De-Hoop-500x375.jpg\" alt=\"De Hoop\" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/p>\n<h4>Die Cloetes se spoke<\/h4>\n<p>Die sappigste geheim draai om die Cloetes, die kleurryke nasate van die oorspronklike Cloetes van Groot Constantia \u2026 en hul spoke. Maar dan moet jy die personeel aan die praat kry.<\/p>\n<p>Die eerste plaaslike Cloete, Pieter Lourens, se huis staan al van 1872 langs De Hoop-vlei. Hy het vir sy seun aan die oorkant van die vlei \u2019n ware herehuis laat bou wat \u2019n presiese kopie is van \u2019n lank vergange<em> Scottish manor house<\/em>. Ene Bean was die bouer. Die huis \u2013 \u2019n pragwerk van klipsteen met \u2019n rietdak \u2013 het j\u00e1re geneem om te voltooi.<\/p>\n<p>Dit was \u2019n tydsame proses want die sandsteen is in De Hoop gemyn en per ossewa na Caledon gery, waar die treinspoor destyds gestop het. Hier is dit per trein Kaap toe, waar dit gekap is \u2026 en dan die hele roete terug, vir Bean om mee te bou. En toe die huis klaar is, hang Bean himself op aan \u2019n balk in een van die kamers. Hoekom? Was daar \u2019n onbeantwoorde liefde? \u2019n Geldskandaal? Of was \u2019n lewe weg van Melkkamer se mooiheid doodeenvoudig ondenkbaar vir hierdie Engelsman? Die ou dagboeke van die Cloetes verklap nie daardie geheim nie. Die personeel hoor egter soms Bean se voete deur die ou opstal stap &#8230;<\/p>\n<p>In die Cloetes (hulle het hulself die Cloeties genoem: hulle was immers na hul mening in \u2019n heel ander klas as die gewone soort Cloete), se <em>heyday<\/em> het mense geld uit een van twee bedrywe gemaak: resiesperde en volstruise. Die Cloeties het altwee beoefen. Hul stalle het maandeliks 4, 5 wenners vir die Kaapse perderesies opgelewer, en onder andere die perd York wat die 1904 Met vir sy eienaars gewen het. <em>By hook or by crook<\/em>? Of dalk maar net omdat hulle briljante perdetelers en \u2013afrigters was? Of omdat De Hoop se grond ideale teelaarde is? In elk geval &#8211; die perdestalle staan nog en is vandag \u2019n gesogte <em>venue<\/em> vir troues van\u00a0tot 200\u00a0gaste.<\/p>\n<p>Gepraat van trou. Die Mevrou Cloete, vrou van die seun vir wie die Skotse herehuis gebou is, het op haar huweliksnag aan \u2019n reuseoester verstik. Twee weke later het die gebroke bruidegom selfmoord gepleeg. Gaste en personeel sien haar nou nog gereeld. Sy\u2019s blond, sy is in wit geklee en sy lag. Die bruidegom rus egter.<\/p>\n<p>En dan is daar waterkrane wat loop \u2013 waar daar geen waterkrane is nie. Ons bly in Pelikaan, en Vrydagaand, nog voor ek van di\u00e9 stories hoor, hoor ek op \u2019n stadium water soos in \u2019n stort buitekant loop. Die geluid is so werklik dat ek venster toe gaan om te kyk of dit dan skielik begin re\u00ebn het. Maar buite flonker die Suiderkruis en g\u2019n windjie ritsel nie. En die stort word toegedraai. Ek dag ek het my dit verbeel, tot ek hoor dat die personeel self gereeld dieselfde ervaar \u2026<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-55547 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Die-Hoop-verblyf-500x331.jpg\" alt=\"Die Hoop verblyf\" width=\"500\" height=\"331\" \/><\/p>\n<h4>De Hoop is oop<\/h4>\n<p>Die laaste geheim wat ek bereid is om te deel, is om te vertel presies waar De Hoop is want di\u00e9 plek is goed weggesteek. Geen groot borde op die N2 by Caledon of Swellendam s\u00ea jou hier, draai h\u00ed\u00e9r af nie. Jy sien op <em>Google<\/em> dit is anderkant Bredasdorp. Kaapse kant van Malgas. Skipskop van Sonja Heroldt se gelyknamige liedjie l\u00ea aan die suidwestelike hoek. Lekkerwater, die staatspresidente en eersteministers se oud-toevlugsoord, staan hier reg voor op die see. Dit is in 1984 onteien as toetsterrein vir missiele en ander milit\u00eare prototipes.<\/p>\n<p>Dus verbode terrein in die volksbewussyn. Ja, maar dit was t\u00f3\u00e9. Vandag is De Hoop is \u2019n doodgewone natuurreservaat wat deur <em>Cape Nature<\/em> as die bewaringsarm en die De Hoop Collection as die toerisme-arm bedryf word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy kan &#8230;<\/h4>\n<p>\u2022 Deurry vir \u2019n daguitstappie see se kant toe, en swem, stap of walviskyk. Of klein konferensies vir 10, 20\u00a0mense of groot spogtroues vir 200\u00a0gaste hier hou. Jy kan in \u2019n werklik lekker restaurant eet of jou<em> room service<\/em> in jou blyplek tot 16 km hiervandaan laat aflewer. Of jou eie vleisie op jou eie kole gooi.<\/p>\n<p>\u2022 Jy kan rondom jou <em>Landy<\/em> kamp opslaan of jou Jurgens insleep. Jy kan in rondawels met net opelug storte bly. Of bly in een van die Cloeties se lieflik luukse herehuise, met hemelbeddens, knus donskomberse, kaggels, koperpotte, kandelare, kelims en ou geelhouttafels.<\/p>\n<p>\u2022 Jy kan 4&#215;4 of fietsry. Jou kamera gaan hier onophoudelik klik, en jou verkyker gaan net soveel werk h\u00ea. Jy kan re\u00ebl dat die plaaslike bobbejaan- en slanggids jou op \u2019n uitstappie neem. Of jy kan op jou eie gaan stap, tennis speel of sommer net lees.<\/p>\n<p>\u2022 Die kinders kan vry rondhardloop maar jy kan ook \u2019n baba-oppasser of \u2019n aktiwitieitsprogram vir hulle laat re\u00ebl, sodat jy tyd het om self die ander geheime te gaan uitsnuffel \u2026<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-55548 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/De-Hoop-vleio-500x375.jpg\" alt=\"De Hoop vlei\" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/p>\n<h4>Pak in<\/h4>\n<p><strong>Vir \u2019n wintervakansie in De Hoop<\/strong><br \/>\n\u2022 Laag-op-laag klere<br \/>\n\u2022 \u2019n Windjekker<br \/>\n\u2022 Sonskerm, sonbril, sonhoed<br \/>\n\u2022 Verkyker en kamera<br \/>\n\u2022 Al jou eie kos &#8211; jy kan uiteet maar nie bestanddele en items soos brood koop nie, en Bredasdorp is 38 km ver<br \/>\n\u2022 Stapskoene en ekstra kouse<\/p>\n<p><strong>Vir \u2019n somervakansie in De Hoop<\/strong><br \/>\n\u2022 Swemgoed \u2013 die see is aan di\u00e9 kant van die Kaap warm genoeg vir swem, al is dit nie Durban se watertemperature nie<br \/>\n\u2022 Duikbrille en snorkels vir die kleingoed<br \/>\n\u2022 Plus die gepaste items op die winterlys<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Te doen<\/h4>\n<p>\u2022 Huur fietse en ry self rond<br \/>\n\u2022 Bespreek \u2019n begeleide vierwielrit of bergfietsrit<br \/>\n\u2022 Gaan saam met die plaaslike bobbejaankenner na hul grot en beleef hulle van naderby<br \/>\n\u2022 Stap die twee vleiroetes op jou eie of re\u00ebl \u2019n gids<br \/>\n\u2022 Stap \u2019n deel van die driedag De Hoop Staproete.<br \/>\n\u2022 Kyk walvisse (September en Oktober is die beste, mits jy kan plek kry, want die Duitsers het lankal De Hoop ontdek)<br \/>\n\u2022 Bederf jouself met \u2019n topgehalte maal of twee by die <em>Wild Fig<\/em><br \/>\n\u2022 TV in die restaurantkroeg<br \/>\n\u2022 Speel tennis of boulles<br \/>\n\u2022 Swem in die swembad of see<\/p>\n<p>Besoek <a href=\"http:\/\/www.dehoopcollection.co.za\" target=\"_blank\">www.dehoopcollection.co.za<\/a> vir meer besonderhede en besprekings, of bel\u00a00861 33 4667 \/ 021 422 4522. Jy kan ook \u2019n\u00a0e-pos stuur aan <a href=\"mailto:info@dehoopcollection.co.za\" target=\"_blank\">info@dehoopcollection.co.za<\/a> of<a href=\"mailto:res@dehoopcollection.co.za\" target=\"_blank\"> res@dehoopcollection.co.za<\/a><\/p>\n<p>Foto&#8217;s: <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/DeHoopCollection\/photos_stream\" target=\"_blank\">De Hoop Collection Nature Reserve Facebook-blad<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die winter is die R\u00fbens die ene lappies bottergeel canola en knopknie lammertjies al trippelend rondom hul weiende ooi-ma\u2019s in lande wat so sappiggroen lyk dat jy self wonder hoe lusern dan proe. Al met die grensdrade langs waak [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55542,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[3830,5595,5596,5597,5598,157,3829],"class_list":["post-5342","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-rondrits","tag-de-hoop-natuurreservaat","tag-walvisse","tag-uitkykpunt","tag-kusreservaat","tag-vakansie","tag-reisresensie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In die winter is die R\u00fbens die ene lappies bottergeel canola en knopknie lammertjies al trippelend rondom hul weiende ooi-ma\u2019s in lande wat so sappiggroen lyk dat jy self wonder hoe lusern dan proe. Al met die grensdrade langs waak [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-08-26T09:22:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-28T07:01:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Walvisse-De-Hoop.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"658\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop\",\"datePublished\":\"2013-08-26T09:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-28T07:01:53+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/\"},\"wordCount\":2129,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/08\\\/Walvisse-De-Hoop.jpg\",\"keywords\":[\"rondrits\",\"de hoop natuurreservaat\",\"walvisse\",\"uitkykpunt\",\"kusreservaat\",\"vakansie\",\"reisresensie\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/\",\"name\":\"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/08\\\/Walvisse-De-Hoop.jpg\",\"datePublished\":\"2013-08-26T09:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-28T07:01:53+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/08\\\/Walvisse-De-Hoop.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/08\\\/Walvisse-De-Hoop.jpg\",\"width\":1024,\"height\":658,\"caption\":\"Walvisse De Hoop\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop | rooi rose","og_description":"In die winter is die R\u00fbens die ene lappies bottergeel canola en knopknie lammertjies al trippelend rondom hul weiende ooi-ma\u2019s in lande wat so sappiggroen lyk dat jy self wonder hoe lusern dan proe. Al met die grensdrade langs waak [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-08-26T09:22:00+00:00","article_modified_time":"2016-07-28T07:01:53+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":658,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Walvisse-De-Hoop.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop","datePublished":"2013-08-26T09:22:00+00:00","dateModified":"2016-07-28T07:01:53+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/"},"wordCount":2129,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Walvisse-De-Hoop.jpg","keywords":["rondrits","de hoop natuurreservaat","walvisse","uitkykpunt","kusreservaat","vakansie","reisresensie"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/","name":"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Walvisse-De-Hoop.jpg","datePublished":"2013-08-26T09:22:00+00:00","dateModified":"2016-07-28T07:01:53+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Walvisse-De-Hoop.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Walvisse-De-Hoop.jpg","width":1024,"height":658,"caption":"Walvisse De Hoop"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/walvisse-spoke-en-ander-geheime-van-de-hoop\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Walvisse, spoke en ander geheime van De Hoop"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5342","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5342"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5342\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55542"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5342"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5342"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5342"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}