{"id":53294,"date":"2023-05-12T14:24:11","date_gmt":"2023-05-12T12:24:11","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=53294"},"modified":"2023-05-12T14:25:59","modified_gmt":"2023-05-12T12:25:59","slug":"oorlog-teen-die-ouderdom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/","title":{"rendered":"&#8216;n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet"},"content":{"rendered":"<p>Ingrypende gesigontrimpelings wat jou soos \u2019n boorling van \u2019n ander planeet laat lyk, is so uit soos die haarstyle van die jare tagtig. Met die koms van Botox en ander kitskure is daar \u2019n oplossing vir elke plooi en sonvlekkie, sonder dat jy jou tot die skalpel wend.<\/p>\n<p>Maar dis nie \u2019n een-grootte-pas-almal oplossing nie. \u2019n Plastiese chirurg waarsku dat jy jou huiswerk moet doen sodat jy die beste oplossing vir jou probleem en waarde vir jou geld kry, want elke jaar wat jy die tyd terugdraai, kos jou in harde kontant. En ligloop vir elke Jan Rap en sy maat wat wild en wakker spuit en vul. \u2019n Dokter moet gespe-sialiseerde kennis van die gesigspiere h\u00ea om die beste resultate te kry. Anders sit jy met die gebakte pere.<\/p>\n<p>Dis ook \u2019n goeie idee om na \u2019n plek te gaan wat al die verskillende opsies aanbied sodat jy weet jy kry die regte oplossing vir jou probleem. Dalk kan \u2019n chirurgiese ontrimpeling tog jou beste en die langdurigste opsie wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Laser<\/h4>\n<p>Hoe werk dit? Fraxel is die handelsmerk vir die nuwerwetse fraksionele laser wat in Suid-Afrika gebruik word. Dit gee dieselfde resultate as ander drastiese laserbehandelings waar die boonste laag van die vel verwyder word, maar dis nie so skadelik vir die vel nie en die hersteltyd is baie korter. Die geheim van fraksionele laser l\u00ea daarin dat dit net baie klein kolletjies van die vel behandel (sowat 600 kolletjies per vierkante cm en uiteindelik net 30% tot 40% van die gesig) sodat daar klein omringende gedeeltes van die vel is wat nie aangetas is nie. Dis hierdie onaangetaste dele wat herstel bespoedig. Die laser (wat die vel tot 1,4 mm kan binnedring) stimuleer die vel om kollageen te vorm en so vind vernuwing plaas. Jy behoort n\u00e1 ses maande optimale resultate te sien, maar die meeste mense s\u00ea dat hulle binne \u2019n week al \u2019n verandering sien en dat dit daarna aanhou verbeter.<\/p>\n<p><strong>Vir wie?<\/strong> Dis een van die enigste lasers wat vir alle veltipes en velkleure geskik is. Dis baie doeltreffend vir kleiner plooie op die gesig, ouderdomsvlekke, pigmentasiesvlekke van die son, akneelittekens, sonbeskadigde vel en hiperpigmentasie. Dit verfyn ook die tekstuur van die vel en laat die vel vars vertoon. Fraxel sal enige vullers (soos Perlane) uitwis, so wag met vullers tot n\u00e1 jou Fraxel.<\/p>\n<p><strong>Wat behels dit?<\/strong> Die behandeling word in \u2019n dokter se spreekkamer gedoen. Eers word \u2019n lokale verdowingsroom aangewend. Pasi\u00ebnte kry ook voor die tyd pynpille en medikasie teen koorsblare. Die sessie duur sowat \u2019n halfuur.<\/p>\n<p><strong>Is dit pynlik?<\/strong> Die promosiemateriaal be-skryf dit as \u2019n warm \u201cprikkelende\u201d sensasie, maar pasi\u00ebnte waarsku dat dit bitter onaangenaam kan raak. \u201cOmtrent een uit elke tien pasi\u00ebnte s\u00ea n\u00e1 die eerste sessie (sowat \u2019n halfuur) n\u00f3\u00f3it weer nie,\u201d s\u00ea dr. Marianne Duvenage \u2019n dermatoloog van Waterkloof, Pretoria. En dit ondanks die verdowingsroom en pynpille voor die tyd.<\/p>\n<p><strong>Hersteltyd<\/strong> Dr. Duvenhage waarsku dat jou vel rooi en geswel gaan wees en dat jy nie voor vyf dae sosiaal aanvaarbaar gaan lyk nie. Sy raai aan dat jy dit die Donderdag doen en die Dinsdag weer werk toe gaan. Jy voel nie sleg nie, maar lyk ietwat gehawend.<\/p>\n<p>Jou vel sal vir die eerste 48 uur n\u00e1 behandeling voel asof jy sonbrand het. Oor die volgende twee weke sal dit soos n\u00e1 sonbrand verbruin. As jy baie pigmentasie het, sal die verbruining erger wees.<\/p>\n<p>Daar kan ook afskilfering van die vel wees soos n\u00e1 sonbrand.<\/p>\n<p><strong>Hoe lank hou die behandeling en hoeveel het jy nodig?<\/strong> Behandeling kan, afhangende van jou probleem, van twee tot ses sessies wissel. Diep akneelittekens kan tot ses sessies noodsaak. Daar is geen ouderdomsbeperking nie, en hoewel dit nie diep plooie kan uitstryk nie, sal dit steeds die vel se tekstuur en kollerige pigmentasie baie verbeter. Hoewel sommige pasi\u00ebnte binne \u2019n week \u2019n verskil opmerk, duur dit ses maande voor jy die volle uitwerking sien. As jy ses sessies gehad het, behoort die resultaat twee tot drie jaar te hou. As jou begroting beperk is, sal selfs een behandeling baie doen om pigmentasie en veltekstuur te verbeter, s\u00ea dr. Duvenage. Jy kan ook besluit of jy op sekere dele soos rondom die mond en o\u00eb wil fokus.<\/p>\n<p><strong>Resultate<\/strong> Dokters en dermatolo\u00eb is baie in hul noppies met hierdie behandeling. Omdat die diepte van die laser gestel kan word, kan dit vir oppervlakkige probleme soos pigmentasie gebruik word, sowel as dieper littekens soos aknee en plooie (wat nie diep genoeg vir \u2019n gesigontrimpeling is nie). Die vel lyk gladder, fermer en varser en plooie en littekens verminder of verdwyn. Die velkleur is egaliger en pigmentasie verdwyn of verminder drasties. Die ander voordeel is dat dit ewe goed op donker en ligte velle werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Botox<\/h4>\n<p>Wat is dit en hoe werk dit? Botox is die handelsnaam vir \u2019n spierverslapper, Botulinum toxin A, en word gesien as die towermiddel wat fyn plooie wegtoor. Hoewel dit \u2019n gifstof is, is dit volkome veilig as dit in mikro-dosisse in die senu-eindpunte van \u2019n spier gespuit word. Dit verlam die spier tydelik wat weer jou plooie versag. Maar dis baie belangrik dat \u2019n dokter wat gespesialiseerde opleiding gehad het die middel toedien, want as dit in die verkeerde spier gespuit word, kan jy byvoorbeeld \u2019n hang-oog h\u00ea tot die Botox n\u00e1 drie maande uitgewerk is.<\/p>\n<p>Dis ideaal om dinamiese plooie (di\u00e9 wat ontstaan vanwe\u00eb gesiguitdrukking soos frons of glimlag) uit te stryk. Die spiere in die boonste gedeelte van jou gesig raak ook sterker namate jy ouer word. Botox breek hierdie gewoonte en kan selfs met herhaalde gebruik \u2019n spiertjie permanent verswak en plooie permanent versag.<\/p>\n<p><strong>Hoe lank hou die effek en hoeveel het jy nodig?<\/strong> Gewoonlik werk dit vir twee tot vier maande, maar met gereelde gebruik kan dit langer hou. Die hoeveelheid plooie en diepte gaan bepaal hoeveel jy nodig het.<\/p>\n<p><strong>Vir wie?<\/strong> \u201cBaie vroue bestee groot geld aan duur rome wat nie naastenby so doeltreffend soos Botox is nie,\u201d s\u00ea dr. Bianca Busch van Ageless Lasers in Hyde Park, Johannesburg. \u201cEk glo dis \u2019n baie doeltreffende verjongingsmetode. Dit werk op enige ouderdom, maar dis beter om Botox vroeg te begin gebruik voor die plooie statiese, diep lyne word.\u201d<\/p>\n<p><strong>Hersteltyd en pyn<\/strong> Die prosedure is baie vinnig en behels net \u2019n paar inspuitings wat soos naaldprikke voel. Daar is geen hersteltyd nie en jy kan direk n\u00e1 jou afspraak werk toe gaan. Die uitwerking kan eers n\u00e1 \u2019n paar dae gesien word.<\/p>\n<p><strong>Koste<\/strong> Botox word in eenhede gekoop en die koste van \u2019n behandeling sal afhang van die hoeveelheid plooie en die hoeveelheid Botox wat jy gebruik. Fronsplooie tussen die o\u00eb is hardnekkig en kan R1 000 tot R1 300 kos. Lyne op jou voorkop en lagplooie langs jou o\u00eb sowat R800 en R900 onderskeidelik. Dus R3 000 as jy die boonste gedeelte van jou gesig wil behandel. (Pryse is net \u2019n riglyn en verskaf deur Ageless Lasers.)<\/p>\n<p>Daar is ook \u2019n ooreenstemmende produk op die mark: Dysport. Dit bevat dieselfde aktiewe bestanddeel maar is tot 25% goedkoper. Sommige dokters s\u00ea Dysport is ge-neig om uit die gedeelte waar dit ingespuit is te beweeg en kan omliggende spiere aantas. Maar die meeste vind dat die resultate dieselfde is. Mans het meer Botox nodig omdat hul spiere sterker is.<\/p>\n<p><strong>Risiko\u2019s<\/strong> Omdat jou gesigspiere uitdrukking verskaf, kan onoordeelkundige verlamming daarvan vreemde gevolge h\u00ea. As die lagplooitjies om mans se o\u00eb heeltemal verlam is, kan hulle vroulik lyk. \u201cDie nuwe neiging is ook om eerder minder as meer te spuit sodat mense nie met uitdrukkinglose gesigte sit nie,\u201d s\u00ea dr. Busch. \u201cDie kli\u00ebnt kan altyd terugkom vir meer as die uitwerking te gering is. Maar as jy te veel spuit, moet die kli\u00ebnt wag tot die middel uitwerk.\u201d<\/p>\n<p><strong>Resultate<\/strong> Botox kan nie die veltekstuur verander nie, maar is ideaal vir matige plooie en geskik vir enige ouderdom. Vir dieper plooie kan die spier verlam word en daarna met vuller glad gemaak word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vullers<\/h4>\n<p><strong>Wat is dit en hoe werk dit?<\/strong> Silikoon en kollageen word reeds lank as vullers gebruik, maar omdat dit permanent is, kan dit ook groot probleme skep. Mense kan ook \u2019n allergiese reaksie h\u00ea. Die nuwe generasie vullers bevat hialuroonsuur wat \u2019n komponent is wat natuurlik in die liggaam voorkom as vuller in die vel en gewrigte. Dit het die geneigdheid om water aan te trek, dus verbeter vullers ook die algemene voorkoms van die vel waar dit ingespuit is.<\/p>\n<p>Die liggaam produseer ook meer kollageen rondom die vuller wat die vel verder opplomp. Handelsmerke sluit in Perlane, Restylane, Juvederm, Radiesse en Sculptra. Die konsistensie gaan bepaal hoe en waar dit gebruik word.<\/p>\n<p><strong>Hoe lank hou die effek en hoeveel het jy nodig?<\/strong> Die effek kan ses tot 18 maande hou, afhangende van waar die vuller ingespuit is en ook van die vaardigheid van die dokter. Plekke soos om die mond waar die spiere baie gebruik word, hou nie so lank nie.<\/p>\n<p><strong>Vir wie<\/strong> Vullers werk vir enige plooie en kan ook gebruik word om die kontoere van die gesig te verander. Volgens dr. Busch van Ageless Laser in Hyde Park, kan dikker vullers wat dieper in die vel gespuit word, meer volheid aan die wange gee wat met ouderdom hol vertoon. Dit werk goed om diep letsels op te vul en is ook baie doeltreffend om akneelittekens glad te maak.<\/p>\n<p><strong>Hersteltyd en pyn<\/strong> Die vullers is werklik \u2019n behandeling oor middagete. Jy sien dadelik die resultate en geen hersteltyd is nodig nie.<\/p>\n<p><strong>Risiko\u2019s<\/strong> Dit klink baie eenvoudig, maar dis belangrik dat die dokter wat dit toedien, ge-spesialiseerde kennis en \u2019n oog vir balans het. Die simmetrie van die gesig moet in gedagte gehou word.<\/p>\n<p>Komplikasies is skaars, maar newe-effekte soos matige swelling, rooiheid, jeukerigheid en kneusing kan voorkom, maar behoort spontaan binne \u2019n paar dae op te klaar. Bly weg van bloedverdunners soos arnika en omega-olies wat kneusing kan vererger. Selfs pynstillers met aspirien kan bloeding onder die vel veroorsaak en die gedeelte tydelik laat blou word.<\/p>\n<p><strong>Koste<\/strong> Dit hang van die hoeveelheid en diepte van die plooie af en die beste sal wees om \u2019n afspraak te maak vir \u2019n kwotasie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Afskilfering<\/h4>\n<p>Chemiese afskilferings verwyder die boonste laag dooie selle wat op jou vel saampak sodat jou veltekstuur varser en jonger lyk en rome die vel makliker binnedring. Sterker konsentrasies kan ook van fyn plooitjies, pigmentasie en sonskade ontslae raak en akneeletsels verbeter. Hoewel dit ook geskik is vir donker velle, moet jy versigtig wees, want dit kan pigmentasie vererger as dit onoordeelkundig gedoen word, s\u00ea dr. Genevieve Marks van Pretoria.<\/p>\n<p>Die AHA-groep en glikoliensure is ligte afskilferings, s\u00ea dr. Jeanne Botha, \u2019n plastiese chirurg van Pretoria. Dit kan elke maand gedoen word. Die TCA- (trichloroacetic) afskilferings se konsentrasie kan aangepas word om \u2019n ligte, medium of diep afskilfering te gee en die resultaat is baie goed. Die diep phenol-afskilferings word weens die ho\u00eb risiko\u2019s nie meer gedoen nie.<br \/>\nOppervlakkige afskilferings het nie verdowing nodig nie, maar dis noodsaaklik vir \u2019n dieper TCA-afskilfering. Met \u2019n oppervlakkige afskilfering behoort jy die volgende dag werk toe te kan gaan. Met die medium een kan dit tien dae duur omdat jou vel rooi is en dan afskilfer soos met kwaai sonbrand. Vir \u2019n diep afskilfering kan jou vel vir \u2019n paar weke rooi wees. Baie belangrik: vermy die son n\u00e1 \u2019n afskilfering en dra altyd \u2019n sonblok.<\/p>\n<p>Die sterkte be\u00efnvloed die koste en word soms met ander behandelings gekombineer wat algemene pryse bemoeilik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wen-n-diego-dalla-palma-professional-fillift-geskenkpak-ter-waarde-van-r5-020\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">WEN &amp;#8216;n Diego dalla Palma Professional FilLift-geskenkpak ter waarde van R5 020!<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met \u2019n vol beursie en oop middaguur kan jy maklik \u2019n dekade van jou gesig wegtoor. Ons kyk na \u2019n paar kitsoplossings wat min hersteltyd nodig het en jou jonger gaan laat lyk. Deur Anet Schoeman<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":137359,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3467,666],"tags":[5100,5101,6,124,1389,2491,5093,5094,5095,5097,5098,5099],"class_list":["post-53294","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-velsorg-skoonheid","category-skoonheid","tag-vullers","tag-afskilfering","tag-skoonheid","tag-velsorg","tag-beauty","tag-ouderdom","tag-teenveroudering","tag-anti-ageing","tag-jonger-vel","tag-anti-aging","tag-laser","tag-botox"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>&#039;n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Met \u2019n vol beursie en oop middaguur kan jy maklik \u2019n dekade van jou gesig wegtoor. Ons kyk na \u2019n paar kitsoplossings wat min hersteltyd nodig het en jou jonger gaan laat lyk.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"&#039;n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Met \u2019n vol beursie en oop middaguur kan jy maklik \u2019n dekade van jou gesig wegtoor. Ons kyk na \u2019n paar kitsoplossings wat min hersteltyd nodig het en jou jonger gaan laat lyk.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-05-12T12:24:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-05-12T12:25:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"&#8216;n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet\",\"datePublished\":\"2023-05-12T12:24:11+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-12T12:25:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/\"},\"wordCount\":1939,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg\",\"keywords\":[\"vullers\",\"afskilfering\",\"skoonheid\",\"velsorg\",\"beauty\",\"ouderdom\",\"teenveroudering\",\"anti ageing\",\"jonger vel\",\"anti aging\",\"laser\",\"botox\"],\"articleSection\":[\"Velsorg\",\"Skoonheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/\",\"name\":\"'n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg\",\"datePublished\":\"2023-05-12T12:24:11+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-12T12:25:59+00:00\",\"description\":\"Met \u2019n vol beursie en oop middaguur kan jy maklik \u2019n dekade van jou gesig wegtoor. Ons kyk na \u2019n paar kitsoplossings wat min hersteltyd nodig het en jou jonger gaan laat lyk.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg\",\"width\":1280,\"height\":853},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oorlog-teen-die-ouderdom\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"&#8216;n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"'n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet | rooi rose","description":"Met \u2019n vol beursie en oop middaguur kan jy maklik \u2019n dekade van jou gesig wegtoor. Ons kyk na \u2019n paar kitsoplossings wat min hersteltyd nodig het en jou jonger gaan laat lyk.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"'n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet | rooi rose","og_description":"Met \u2019n vol beursie en oop middaguur kan jy maklik \u2019n dekade van jou gesig wegtoor. Ons kyk na \u2019n paar kitsoplossings wat min hersteltyd nodig het en jou jonger gaan laat lyk.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-05-12T12:24:11+00:00","article_modified_time":"2023-05-12T12:25:59+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":853,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"&#8216;n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet","datePublished":"2023-05-12T12:24:11+00:00","dateModified":"2023-05-12T12:25:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/"},"wordCount":1939,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg","keywords":["vullers","afskilfering","skoonheid","velsorg","beauty","ouderdom","teenveroudering","anti ageing","jonger vel","anti aging","laser","botox"],"articleSection":["Velsorg","Skoonheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/","name":"'n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg","datePublished":"2023-05-12T12:24:11+00:00","dateModified":"2023-05-12T12:25:59+00:00","description":"Met \u2019n vol beursie en oop middaguur kan jy maklik \u2019n dekade van jou gesig wegtoor. Ons kyk na \u2019n paar kitsoplossings wat min hersteltyd nodig het en jou jonger gaan laat lyk.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/pexels-gustavo-fring-3985311.jpg","width":1280,"height":853},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorlog-teen-die-ouderdom\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"&#8216;n Gids tot kosmetiese behandelings: Wat jy oor laser, Botox, vullers en afskilfering moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53294","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=53294"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53294\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/137359"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=53294"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=53294"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=53294"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}