{"id":53276,"date":"2025-05-12T09:48:05","date_gmt":"2025-05-12T07:48:05","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=53276"},"modified":"2025-05-14T08:48:42","modified_gmt":"2025-05-14T06:48:42","slug":"goeie-energieplanne-wat-altyd-werk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/","title":{"rendered":"Goeie energieplanne wat altyd werk"},"content":{"rendered":"<h4>As jy 20 minute het, sit in die son<\/h4>\n<p>Jy voel op en wakker as jou melatonienvlakke bedags laag is \u2013 mits dit die vorige nag behoorlik hoog gestyg het. Maar gestel jy het al \u2019n paar aande hierdie maand baie laat gewerk (jy is seker \u2019n vryskutjoernalis \u2026) en nou sukkel jy om aan die slaap te raak? Sit vroegoggend \u2019n rukkie in die son. Dit sal jou liggaam help om sy bioritme te herstel sodat jy kort voor lank weer goed sal slaap.<\/p>\n<p>Nog \u2019n rede om mooi na jou melatonienvlakke te luister: een van die jongste klasse antidepressante werk op die beginsel dat dit jou melatonienvlakke verhoog, omdat serotonien met die vervaardiging van ekstra melatonien ook opgestoot word. Serotonien is een van die vernaamste goedvoel-hormone. Dus: sit in die son, slaap goed en voel uitstekend in selfs die bedrywigste tyd.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lae-energievlakke-lees-hier\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoekom voel ek so moeg?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy \u2019n aand\u00a0het, sosialiseer<\/h4>\n<p>Navorsing wys die gevoel van ondersteuning wat ons ervaar wanneer ons sosialiseer, is \u2019n wonderlike stresontlaaier. Aan die ander kant is niks so negatief vir ons energievlakke soos \u2019n diep kuier met Johnny, die Kaptein, JC en Hans nie. Maak dit \u2019n aand van genot sonder spyt. Eintlik maak jy \u2019n gek van jouself as jy gekuier raak. Dit gebeur nie sommer met die eerste of tweede glasie nie. Vir party van ons gebeur dit ook nie n\u00e1 die vyfde glasie nie, aangesien mense verskillende toleransievlakke het wat afhang van hoe groot jou lewer is. Maar gestel iemand maak \u2019n spesiale bottel oop, of die gasvrou skink Dom Pedro\u2019s vir nagereg? Saamdoen is sosiaal, \u00e1s jy n\u00e1 nog \u2019n glasie met ongeskonde waardigheid daarvan kan afkom. Kan jy nog een skink, of moet jy di\u00e9 keer verbyhou?<\/p>\n<p>\u201cDis goed om jouself dop te hou,\u201d s\u00ea Sarah-Jane Oosterberg, SANCA-terapeut van Durbanville se Binnepasi\u00ebnte-behandelingsentrum. \u201cOns is almal altyd met \u2019n binne-gesprek besig. Niemand kan jou so goed soos jyself monitor nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Meet jou aan hierdie vyf vrae:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Wys my \u201cware\u201d self reeds? Jou persoonlikheid verander, jou inhibisies verdwyn en jy is impulsief. Jy word die ekstroverte flankeerder en siel-van-die-partytjie. Of die buffel wat met een en elk skoor soek. Of die waaghals wat op elke ingewing van die oomblik \u2019n o\u00ebnskynlike stuk pret aanvang.<\/li>\n<li>Praat ek nou makliker? Aan die ander kant praat party mense al minder en\/of voel hulle hartseer.<\/li>\n<li>Dink ek nog flink? Jou konsentrasie verswak, jy sukkel om jou gedagtes agter mekaar te kry as jy op \u2019n vraag moet antwoord, en jy volg nie die gesprek nie.<\/li>\n<li>Hoe is my tong en oog-hand-voet-ko\u00f6rdinasie? Voor jy begin rondval, word jy effe lomp, eet jy slordiger, laat jy goed val, moet jy fokus om iets raak te vat, sukkel jy om woorde skerp en afgerond uit te spreek, begin jy lispel en\/of praat jy in frases eerder as in volsinne.<\/li>\n<li>Is ek wakker? Jy voel vaag, tam, lui, pap, afwesig, asof jy sweef. Jy kan vaak voel, jou kop knik kort-kort en jy wil-wil wegdommel.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong><em>* Uitkomkans of waagkans? \u201cEk vra myself altyd af wat die voor- en nadele vir mys\u00e9lf is? Wat gaan ek wen as ek daardie een te veel drink? Wat kan ek verloor? Die koel meisie is nie onnosel nie.\u201d<\/em><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy 10 sekondes het, drink \u2019n vitamienpil<\/h4>\n<p>Die jongste riglyne is dat ons moet ligloop vir oordosisse van aanvullers omdat hulle jou organe harder laat werk. Aan die ander kant verskaf ons kos nie noodwendig genoeg van alles wat ons nodig het nie. Die oplossing is die goue middeweg: soveel gesonde, vars kos as wat jy kan, saam met \u2019n vitamienpil wat jou nie ooreis nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-wenke-vir-meer-energie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">13 wenke vir meer energie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy \u2019n aand tuis het, klim vroeg in die bed<\/h4>\n<p>Jy kan weke lank elke nag \u2019n uur minder slaap as wat jy nodig het en daarmee wegkom. Maar jy bou slaapskuld op. Jy weet jy slaap te min as jy nooit soggens vanself en uitgerus wakker word nie. Haal in op jou slaapskuld en steek vroegaand die kerse aan, of demp die ligte \u2013 dit fnuik jou brein om slaaphormone te begin afskei. Kry al jou aandtake klaar en gaan bad met al die bederfgoedjies wat jy vir spesiale geleenthede spaar.<\/p>\n<p>Klim in die bed met \u2019n lekker boek en musiek. Lees &#8230; en dommel salig weg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy \u2019n Saterdag het, hou \u2019n geskenkpartytjie<\/h4>\n<p>Nie vir jouself nie maar vir minderbevoorregtes. Dit bly \u2019n waar woord dat dit \u2019n mens gese\u00ebnd voel as jy gee. Voel dit vir jou asof die R10 of R100 wat jy kan gee te min is om \u2019n duik in die tekort van \u2019n liefdadigheidsorganisasie se Kersbegroting te maak? Hou \u2019n maak-\u2019n-las partytjie waar elke gas iets bydra sodat julle saam \u2019n skaflike geskenk bymekaarsit. Idees: \u2019n kontantskenking; bad- en eetgoedjies vir bejaardes; sagtespeelgoed vir \u2019n kindersaal; \u2019n T-hemp en\/of \u2019n paar tekkies vir die nagskuiling se inwoners. As jy van bak en brou hou, doen gerus iets spesiaals, maar jy kan dit ook eenvoudig hou deur \u2019n pizza-, of vis-en-skyfies-aand te hou waartoe almal bydra. Tapas, broodjies en \u2019n groot slaai is ook eenvoudig en heerlik gesellig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-53396 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/rrr201579162613-e1464180473786.jpg\" alt=\"Glutenvrye kolwyntjies\" width=\"328\" height=\"390\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy 5 minute het, verdwaal op Pinterest<\/h4>\n<p>Raak ge\u00efnspireerd. Jy kan byna enige woord intik en vir seker sal iets interessants op jou skerm opduik.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lyk-minder-moeg\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lyk minder moeg met hierdie skoonheidskulkunsies<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy 15 minute het, maak mooi met blomme<\/h4>\n<p>Koop op pad huis toe \u2019n bos blomme en \u2019n paar los takkies groenigheid. Rangskik hulle. En staan terug en slaan jou handewerk gade. Niks is so bevredigend soos om \u2019n taak suksesvol \u00e9n met kreatiewe flair af te handel nie. Moenie bang wees nie. Blomme vergewe syferkoppe, tienduimiges en ander onkreatiewes sonder voorbehoud. Die geheim is om \u00f3f baie \u00f3f net een \u00f3f drie te koop.<\/p>\n<p>Nog \u2019n plus: blomme is kitskleurterapie. Baldadige geel, helder oranje, salmpienk en\/of seriesrooi sal die energie deur jou lyf laat bruis en jou kop opnuut in toprat gooi.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kostuin-deel-1\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Jy kan ook jou eie kombuistuin maak. Klik hier vir ons wenke<\/a>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-53398 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/DECTuin01RR-400x600.jpg\" alt=\"Blomme in tuin\" width=\"295\" height=\"443\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy 90 minute het, kry \u2019n massering<\/h4>\n<p>\u201cNeem \u2019n paar minute en raak bewus van wat in jou hart en lyf aangaan,\u201d s\u00ea Dineo van die Woodlands Center for Wellbeing &amp; Day Spa in Muldersdrift. \u201cIs jy moeg? Of eerder gespanne? Die ideale massering is terapie wat pas by jou liggaams- en gemoedstoestand.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hier is \u2019n paar soorte masserings:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Thai-massering werk op jou liggaam se drukpunte en meridiane. Uitstekend as jy oormoeg is.<\/li>\n<li>Sportmassering werk diep in jou spiere. Uitstekend as jy soggens seer en styf opstaan, of fisiek intens aktief is.<\/li>\n<li>Massering met aromatiese olies waarvan die olies op die senustelsel inwerk. Kies die olie wat pas by wat jy die nodigste het: nerolie, laventel en ilang-ilang as jy onder baie druk verkeer; swartpeper en gemmer as jy \u2019n detoks nodig het n\u00e1 \u2019n rits oordadige partytjies; of enige van die sitrusolies of ment of roosolie om jou energievlak op te stoot.<\/li>\n<li>Intonga-massering vir limfdreinering. Uitstekend as jy opgeblaas voel, sukkel met waterretensie of somerallergie\u00eb.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy een minuut het, eet heuning<\/h4>\n<p>Niks laat jou energievlakke so vinnig hoog-skop soos \u2019n bietjie suiwer glukose nie. \u2019n Lepel goue heuning is die ideale bron. Kies organies (verkieslik in Suid-Afrika gemaak deur ons eie bye vir die ware, onverdunde Jakob) en kry jy ook \u2019n bietjie bye-antibiotika (MGO) wat uitstekend vir \u2019n seerkeel en mondseertjies is. Heuning help ook allergie effens verlig.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/heuning-se-skoonheidsvoordele\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Heuning bied ook baie skoonheidsvoordele. Lees meer hier<\/a>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy een uur het, \u00a0gesels hart tot hart<\/h4>\n<p>Nooi jou beste vriendin vir koffie of \u2019n glasie vonkelwyn n\u00e1 werk, of oor middagete of sommer in die middel van \u2019n Maandagoggend. Niks is so luuks as om lighartig en geheel en al pligvry op \u2019n weeksoggend in die vroeg-somer in \u2019n teetuin te sit en gesels nie.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-moeg-weens-n-te-min-yster\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Is jy moeg weens te min yster?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy 30 sekondes het, drink water<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-21862 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/rra2015108112933-400x600.jpg\" alt=\"Die nuwe dieetgier\" width=\"257\" height=\"386\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy 10 minute het, maak \u2019n gladdejantjie<\/h4>\n<p>Maak \u2019n <em>smoothie<\/em> met \u2019n lae GI en jy het energie vir die hele aand, of vir die dag daarna.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hier is \u2019n paar idees:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>1 k gekapte aarbeie + 1 e gekapte amandels + 1 e sesamsaad<\/li>\n<li>1 fyn gedrukte piesang + \u2019n hand vol rosyne + 1 e pekanneute + 1 t heuning<\/li>\n<li>1 k papaja of mango + 1 grenadella + 1 e sonneblom- of pampoensaad<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy 40 minute het, sweet!<\/h4>\n<p>Enige soort oefening breek streshormone af en help jou liggaam om van opgehoopte afvalstowwe ontslae te raak juis omdat jy meer water moet drink. Oefening sorg ook vir daaglikse gereeldheid.\u00a0Letterlik enigiets tel \u2013 van stap met die hond tot \u2019n springtou spring.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy ses minute het, doen \u2019n sjokolademeditasie<\/h4>\n<p>As jy \u2019n hele blok sjokolade verslind, skiet jou bloedsuikervlak die hoogte in, net om binne \u2019n halfuur nog laer te val as daarvoor. \u2019n Sjokolademeditasie is iets heel anders.<\/p>\n<p>Jy eet (\u201cwaardeer\u201d) net een blokkie sjokolade, wat te min is om jou bloedsuiker omver te gooi. Meditasie beteken maar net dat jy jou brein \u2019n blaaskans gee en aflei van sy werkstake deur volkome op iets wat baie eenvoudig en sonder eise is te fokus.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Maak so:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Breek jou blokkie sjokolade af en luister hoe dit kraak &#8211; met \u2019n dowwe klik of \u2019n klein skerp knalletjie.<\/li>\n<li>Bekyk die blokkie \u2019n paar oomblikke. Kyk na die diep, ryk kleur, die randjies en die vorm. As jou gedagtes dwaal, fokus van voor af op die blokkie.<\/li>\n<li>Hou dit voor jou neus en asem die geur diep in. Blaas die lug deur jou mond uit. Herhaal \u2019n paar keer. Watter geure bespeur jy?<\/li>\n<li>Druk die blokkie teen jou lippe en ervaar die tekstuur en temperatuur daarvan. Watter sensasies skep dit?<\/li>\n<li>En nou vir die proe. Maak jou o\u00eb toe en sit die blokkie in jou mond. Moenie kou nie. Laat dit stadig smelt. Ervaar die warm, ryk opwelling op jou tong, teen jou verhemelte en agter in jou mond.<\/li>\n<li>Ervaar elke molekule van daardie blokkie sjokolade, tot die laaste daarvan verdwyn. Herroep al jou sensasies en dink met dankbaarheid aan die voorregte wat jou sintuie vir jou bring.<\/li>\n<li>Haal diep asem en maak jou o\u00eb oop.<\/li>\n<li>En glimlag.<\/li>\n<\/ul>\n<p>(Wat van jou dieet? Die kenners s\u00ea dat as jy \u201cmindful\u201d eet sal een blokkie jou bevredig, en jou eerder op koers hou as jou dieet in die wiele ry.)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-45793 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Sjokoladetruffels-met-kakao-1-500x562.jpg\" alt=\"Sjokoladetruffels-met-kakao\" width=\"326\" height=\"366\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is lekker energieplanne wat altyd werk. Almal is maklik en \u2019n hele paar kos jou nie \u2019n sent nie. Die beste van alles is dat jy die plan kan kies wat inpas by die hoeveelheid tyd wat jy tot jou beskikking het. Ons waarborg elkeen werk, want hulle is ons eie staatmakers. Deur Salom\u00e9 Delport<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":153015,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,2232],"class_list":["post-53276","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-energie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Goeie energieplanne wat altyd werk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hier is lekker energieplanne wat altyd werk. Almal is maklik en \u2019n hele paar kos jou nie \u2019n sent nie. Die beste van alles is dat jy die plan kan kies wat inpas by die hoeveelheid tyd wat jy tot jou beskikking het.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Goeie energieplanne wat altyd werk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is lekker energieplanne wat altyd werk. Almal is maklik en \u2019n hele paar kos jou nie \u2019n sent nie. Die beste van alles is dat jy die plan kan kies wat inpas by die hoeveelheid tyd wat jy tot jou beskikking het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-05-12T07:48:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-05-14T06:48:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1282\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Goeie energieplanne wat altyd werk\",\"datePublished\":\"2025-05-12T07:48:05+00:00\",\"dateModified\":\"2025-05-14T06:48:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/\"},\"wordCount\":1739,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"energie\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/\",\"name\":\"Goeie energieplanne wat altyd werk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2025-05-12T07:48:05+00:00\",\"dateModified\":\"2025-05-14T06:48:42+00:00\",\"description\":\"Hier is lekker energieplanne wat altyd werk. Almal is maklik en \u2019n hele paar kos jou nie \u2019n sent nie. Die beste van alles is dat jy die plan kan kies wat inpas by die hoeveelheid tyd wat jy tot jou beskikking het.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1282},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Goeie energieplanne wat altyd werk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Goeie energieplanne wat altyd werk | rooi rose","description":"Hier is lekker energieplanne wat altyd werk. Almal is maklik en \u2019n hele paar kos jou nie \u2019n sent nie. Die beste van alles is dat jy die plan kan kies wat inpas by die hoeveelheid tyd wat jy tot jou beskikking het.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Goeie energieplanne wat altyd werk | rooi rose","og_description":"Hier is lekker energieplanne wat altyd werk. Almal is maklik en \u2019n hele paar kos jou nie \u2019n sent nie. Die beste van alles is dat jy die plan kan kies wat inpas by die hoeveelheid tyd wat jy tot jou beskikking het.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-05-12T07:48:05+00:00","article_modified_time":"2025-05-14T06:48:42+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1282,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Goeie energieplanne wat altyd werk","datePublished":"2025-05-12T07:48:05+00:00","dateModified":"2025-05-14T06:48:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/"},"wordCount":1739,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg","keywords":["Gesondheid","energie"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/","name":"Goeie energieplanne wat altyd werk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg","datePublished":"2025-05-12T07:48:05+00:00","dateModified":"2025-05-14T06:48:42+00:00","description":"Hier is lekker energieplanne wat altyd werk. Almal is maklik en \u2019n hele paar kos jou nie \u2019n sent nie. Die beste van alles is dat jy die plan kan kies wat inpas by die hoeveelheid tyd wat jy tot jou beskikking het.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/chris-K0GYFcAVhj8-unsplash.jpg","width":1920,"height":1282},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/goeie-energieplanne-wat-altyd-werk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Goeie energieplanne wat altyd werk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53276","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=53276"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53276\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/153015"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=53276"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=53276"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=53276"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}