{"id":5183,"date":"2013-07-02T13:58:00","date_gmt":"2013-07-02T11:58:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/waar-de-joos-is-tonteldoos\/"},"modified":"2018-07-06T12:16:34","modified_gmt":"2018-07-06T10:16:34","slug":"waar-de-joos-tonteldoos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/","title":{"rendered":"Waar de joos is Tonteldoos?"},"content":{"rendered":"<p>Die ompad<\/p>\n<p>Ek was op soek na geel varkore, want vertel iemand my, op die Steenkampsberge naby Roossenekal groei geel varkore in rotsskeure. Komende van die Boland, waar wit varkore in klam plekke gedy, vat ek die N4 van Pretoria af ooswaarts om te gaan kyk hoe lyk die helder geel varkoor in sy natuurlike staat op die berg waar Mpumalanga en Limpopo mekaar ontmoet. Nie lank nadat ek die R555 by Middelburg vat nie, weet ek: di\u00e9 reis gaan besonders word. Die naambordjies vertel stories van baanbrekers wat die w\u00eareld getem het: Groblersdal, Stofberg en Roossenekal.<\/p>\n<p>En toe is daar \u2018n afdraaibordjie: Tonteldoos. Seker \u2018n plaas, mymer ek oor die onverwagte stukkie kultuurgeskiedenis. Nog voordat ek my gedagte kan laat gaan oor hoe presies \u2018n tonteldoos lyk, is daar n\u00f3g \u2018n bordjie en \u2018n rukkie later n\u00f3g een. Ek kyk op my horlosie en sien daar is hope tyd voordat ek die Ackermans, kwekers van die geel varkblomme op Roossenekal, moet ontmoet. Ek is opgewonde oor die vooruitsig, want die blomme is aangrypend mooi \u2013 selfs twee van die grootste kunstenaars van die 20ste eeu, die Mexikaan Diego Rivera en die Amerikaner Georgia O\u2019Keeffe, het die aronskelk meermale in hul beroemde werke gebruik.<\/p>\n<p>Die grondpad verby Laersdrif se statige klipkerk is klipperig en sinkplaat. Dit slinger tussen plaasopstalle knus teen klipkoppies deur. En toe is ek daar, of liewer was ek daar, want ek is deur Tonteldoos voor ek dit weet. Ek keer die Landy se neus terug na die enkele geboue en \u2018n plaasopstal. Net toe ek wonder of dit wel die dorpie is, sien ek die Cheese Shop. Die deur is half toe en ek roep-klop. \u201cCome in! It\u2019s open.\u201d Die vrouestem praat die koningin vanoor die water se taal: die klinkers uitgerek en presies afgerond.<\/p>\n<p>My o\u00eb raak gewoond aan die skemer en ek sien dis \u2018n kuierplek met \u2018n leerbank en tafeltjies en \u2018n yskas vol bleek kase. Nie bleek sonder byt nie, maar natuurlik bleek \u2013 gemaak van ongepasturiseerde melk, sou ek later verneem.<\/p>\n<p>Eers toe sien ek haar: \u2018n vrou met lang grys hare wat sy met onge\u00ebrgde elegansie in \u2018n poniestert draai en op haar kop vasknip. Sy sit by die kroeg met \u2018n glasie witwyn in die hand. \u201cHave some mampoer while you wait. Locally brewed. The owner quickly went to the little girl\u2019s room,\u201d s\u00ea sy net so effentjies verveeld.<\/p>\n<p>Die mampoer slaan my byna grond toe en baie later, nadat ek \u2018n tweede mampoer beleefd bedank het in ruil vir \u2018n forelpastei, sien ek sy het effens ingedut. Steeds elegant, rus haar kop effens gekantel, teen die muur.<\/p>\n<p>\u201cSy is \u2018n Britse lady. Of liewer was. Nou is sy \u2018n Tonteldoser. Die lord het iewers in Afrika agtergebly. Maar \u2018n lady bly \u2018n lady \u2013 met of sonder die lord,\u201d gesels \u2018n ou inwoner. Ek verkyk my aan die besondere vrou, min wetende dat sy enkele weke later finaal haar burgerskap van Tonteldoos sou ontvang \u2013 tussen die veldblomme en klippe van Tonteldoos.<\/p>\n<p>Tonteldoos is een van daardie plekke wat mens beurtelings opgewonde en hartseer maak. Dis \u2018n juweel &#8211; ongeslyp, maar nie ongene\u00eb om ontdek te word nie. Wat \u2018n vinnige inloer sou wees, word \u2018n kuier met asem-wegslaan mampoer, forel uit die omgewing se damme en mense wat (sonder verkoopagenda) hartlik gesels oor die ditjies en datjies van die lewe op<br \/>\nTonteldoos. Die plek het \u2018n stewige knypie van Genis se Ko\u00f6perasiestories, \u2018n skeutjie van Greyton se bekoring en \u2018n goeie porsie van Nieu-Bethesda se afsondering. Daar is \u2018n verskeidenheid gasteplase, foreldamme en geskiedkundige boerevestings, en tog is dit veel meer as \u2018n toeristebestemming.<\/p>\n<p>Die streek se ekonomie is gelukkig nie afhanklik van toerisme nie. Die gemeenskap is ook nie s\u00f3 afgesonderd dat besoekers agterdogtig aangekyk word nie. Dit is hoekom dit so lekker is om op Tonteldoos te kuier. Hier is \u2018n vreemdeling, soos Jim Reeves lank terug gesing het, net \u2018n vriend wat jy nog nie ken nie.<\/p>\n<p>The Cheese Shop en Planters l\u00ea langs die deurpad en dit is die gemeenskapsentrum waar mense kuier, pakkies aflaai, nuus uitruil en die dors les. Die gesprekke wissel van mampoer tot donkies. Die distrik se (wettige) mampoerstokers is opgewonde oor die mooi perske-oes. Die spyskaart vir die opkomende donkiedans word uitgepluis.<\/p>\n<p>Die afgelope dekade het my pad oor baie vastelande geloop en dikwels het ek myself beloof: Hierheen kom ek terug. Dit was meestal net \u2018n voorneme, want \u2018n mens se pad neem mos maar sy eie vreemde loop. Maar die middag op Tonteldoos, maak ek \u2018n vaste afspraak vir \u2018n volgende besoek. Ek gaan kom inloer by die donkieprojek van Ren\u00e9 Naude, die donkie Florence Nightingale, en sy beloof om my te laat weet wanneer die volgende donkiedag is.<\/p>\n<p>Roossenekal toe<\/p>\n<p>N\u00e1 Tonteldoos is my eerste blik van Roossenekal teleurstellend &#8211; rye mobiele huise. Ek sou later hoor dis tydelike behuising vir die De Hoop-dam wat in die omgewing gebou word. By \u2018n driffie ontmoet ek \u2018n tant Miem van der Merwe. Sy kom skaars tot by my skouer en nooi my vir tee en \u2018n kort geskiedenisles:<\/p>\n<p>\u201cRoossenekal het sy naam te danke het aan twee boerevegters \u2013 Roos en Senekal &#8211; wat in die Mapoch-oorlog gesneuwel het. Ek kan jou gaan wys waar Roos en Senekal se grafte is, ook die Geloftefeesterrein. Ons hou jaar vir jaar Geloftefees \u2013 lekker! Ons mense ken die op en af van die lewe. In 1901 het die Kakies die dorp plat met die grond gemaak. Net die geraamte van kerk het bly staan. Maar die dorp is weer opgebou, die kerk herbou en die boerdery aan die gang gekry.\u201d<\/p>\n<p>Ek vat die pad Remhoogte toe waar die Ackermans suiwer water uit die berg bottel en vroegsomer lande vol geel varkore kweek. \u201cEk ry \u2018n Defender,\u201d het ek ewe kordaat ges\u00ea toe hulle so vaagweg verwys na \u2018n sleg pad. Di\u00e9 middag breek ek \u2018n skokbreker, verloor \u2018n agterflap en drie stukkies tuinslang wat die daktent knus moet anker. Dit help nie veel dat die Ackermans die pad met daagliks met Toyotas ry nie. (Maar skryf dit asseblief toe aan die bestuurder, nie die Landrover nie. Ek het daardie die 4&#215;4-kursus destyds gedop \u2013 sertifikaat ten spyt.)<\/p>\n<p>En waarlik die geel varkore blom hoog teen die berghange tussen die klippe in die son.<\/p>\n<p>Die skaars Zantedeschia pentlandii, wat sy naam te danke het aan \u2018n Italiaanse botanis (Zantedeschia) en \u2018n Skotse landgoed (Pentland), is inheems aan suidelike Afrika en kom voor van Suid-Afrika tot noord Malawi. Ondanks die wye verspreiding is Roossenekal en Tonteldoos die hartland van die geel varkoor.<\/p>\n<p>Ongelukkig word daar toenemend onwettig handel gedryf in die bolle en plante. In die blomtyd word plante en bolle voor die voet gestroop. Dis \u2018n hartseergesig, maar die blomme in hul natuurlik staat word jaar na jaar minder.<\/p>\n<p>\u2018n Paar weke later keer ek terug Tonteldoos toe, maar di\u00e9 keer maak ek eers \u2018n draai in Dullstroom. Verby Dunkeld Country Estate vat ek \u2018n ewe klipperige sinkplaatpad na Ren\u00e9 Naude toe.<\/p>\n<p>Planters se werf is vol donkiekarretjies. Hier en daar vreet \u2018n donkie aan \u2018n graspol en in die skaduwee is die staatsveearts van Lydenburg besig om \u2018n onwillige donkie se wonde te verpleeg. Dr. Marietjie Malan maak tyd om na die donkies se gesondheid om te sien. Sy ontwurm en behandel wonde wat veroorsaak word deur draadstange, toue en te swaar karretjies.<\/p>\n<p>Ren\u00e9 Naude het opgelet dat die drywertjies meestal jong kinders is, een van die tragiese gevolge van \u2018n gemeenskap waar die ouers in die stad moet gaan werk en net grootouers en kinders agterbly. Ren\u00e9 skets \u2018n hartroerende toneel wat hulle finaal aangespoor het om tot die donkies se redding te kom. Die donkie was in kraam en die baba se voetjies en neusie het al gewys, maar die drywertjie het nogtans ingel\u00ea met die sweep. Nodeloos om te s\u00ea: die dier en haar halfgebore kleintjie is letterlik in die tuig dood en is net so langs die pad gelos. Ren\u00e9 fokus daarop om die gesindhede van die jong drywertjies te verander. Een van die donkieprojek se suksesverhale is \u2018n aantal nuwe karretjies wat borge van Lydenburg geskenk het. Die liggewigkarretjies is soveel genadiger op die donkies.<\/p>\n<p>Weens inteling het Tonteldoos se donkies papegaaibekke, die onderkaak is aansienlik korter as die bokaak. Gelukkig het weldoeners uit Ohrigstad en Ermelo twee Spaanse hingse geskenk en dit maak reeds \u2018n verskil.<\/p>\n<p>Dis altyd kuiertyd op Tonteldoos. Johan Kuneke, die plaaslike geskiedkundige, nooi my binne toe ek sonder afspraak op sy werf stilhou. Op sy solder is twee doodskiste en by sy stoof \u2018n boks dagoud kuikens. Hy is gelate oor die hewige debat oor die herkoms van Tonteldoos se naam: \u201cSommige s\u00ea Paul Kruger het sy tonteldoos hier vergeet. Ander beweer dit is die opmeter, G.R. von Wielligh, wat sy tonteldoos hier verloor het. Hy glimlag. \u201cDit kan ek jou wel s\u00ea: As ek al die stories moes glo, het Paul Kruger omtrent in elke huis op Tonteldoos oorgeslaap toe hy destyds vlugtig hier verby is. Nee, niemand kon nog onomwonde bewys waar die naam vandaan kom nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy kyk ver oor die vlaktes: \u201cMaar dit verander g\u2019n aks aan Tonteldoos se siel nie.\u201d<br \/>\nAmen!<br \/>\nWAT\u00a0OM\u00a0TE\u00a0DOEN<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong>Tonteldoos-fees<strong><br \/>\n<\/strong>\u2019n Familiefees elke Paasnaweek met mampoer, kontreikos, \u2019n biertuin, boeresport en donkiepret.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong>Geel Varkoor-fees<strong><br \/>\n<\/strong>Eerste naweek in Desember waar jy bolle en plante kan koop met begeleide toere na die geel varkoor in die veld. Ook perskemampoer en Ndebele-kraalwerk van Draaikraal.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong>Akkommodasie: Christien by 082 550 6896 of <a>remhoogte@vodamail.co.za<\/a><\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong>Verlorenvallei-reservaat<strong><br \/>\n<\/strong>Op die Steenkampsberg-plato. Dertig vleie (onderling verbind) is die broeiplek van drie kraanvo\u00eblspesies wat op die internasionale rooi datalys is: Suid-Afrika se nasionale vo\u00ebl, die bloukraanvo\u00ebl, die uiters bedreigde lelkraanvo\u00ebl en die kroonkraanvo\u00ebl.<br \/>\nToere: 013 254 0799.<\/p>\n<p>Vlieghengel en staproetes <strong><br \/>\n<\/strong>Enige plek, enige rigting &#8211; \u2019n hengelaars- en stappersparadys.<\/p>\n<p>Fietsroetes<br \/>\n\u2019n Netwerk grondpaaie (kruis en dwars oor die Steenkampsberge en omringende dorpies) bied roe-tes tussen 14 en 100 km.Kontak Dullstroom se toerismevereniging vir roetes en afstande:<a>info@essential-info.co.za<\/a><\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong>Vierwielmotorfietse<strong><br \/>\n<\/strong>Dullstroom\/Tonteldoospad 071\u00a0139 8746.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong>Mapochgrotte <strong><br \/>\n<\/strong>Vyf kilometer buite Roossenekal. Dit was die wegkruipplek van Hoofman Nyabela se mense in die Mapoch-oorlog van 1882. Die ZAR-troepe het die oorhand gekry en Roossenekal is vier jaar later gestig. Vanaf die parkeerterrein met \u2019n standbeeld van hoofman Nyabela, is dit nog \u2019n stywe klim van sowat 15 minute na die grotte.<\/p>\n<p>Verblyf in Tonteldoos<strong><br \/>\n<\/strong>\u2022 Random Rocks 082 389 2270<br \/>\n\u2022 Tinderbox Cottage 082 841 4932<br \/>\n\u2022 Granny\u2019s Cottage 013 254 0585<br \/>\nMampoerstook en historiese boerevestings: Johan Kuneke (013 254 0722) is die nie-amptelike mampoerkoning en \u2019n geskiedenisboek op twee bene.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ompad Ek was op soek na geel varkore, want vertel iemand my, op die Steenkampsberge naby Roossenekal groei geel varkore in rotsskeure. Komende van die Boland, waar wit varkore in klam plekke gedy, vat ek die N4 van Pretoria [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98913,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[],"class_list":["post-5183","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Waar de joos is Tonteldoos? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Waar de joos is Tonteldoos? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die ompad Ek was op soek na geel varkore, want vertel iemand my, op die Steenkampsberge naby Roossenekal groei geel varkore in rotsskeure. Komende van die Boland, waar wit varkore in klam plekke gedy, vat ek die N4 van Pretoria [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-07-02T11:58:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T10:16:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"863\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Waar de joos is Tonteldoos?\",\"datePublished\":\"2013-07-02T11:58:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:16:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/\"},\"wordCount\":1763,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg\",\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/\",\"name\":\"Waar de joos is Tonteldoos? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg\",\"datePublished\":\"2013-07-02T11:58:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:16:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg\",\"width\":863,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waar-de-joos-tonteldoos\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Waar de joos is Tonteldoos?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Waar de joos is Tonteldoos? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Waar de joos is Tonteldoos? | rooi rose","og_description":"Die ompad Ek was op soek na geel varkore, want vertel iemand my, op die Steenkampsberge naby Roossenekal groei geel varkore in rotsskeure. Komende van die Boland, waar wit varkore in klam plekke gedy, vat ek die N4 van Pretoria [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-07-02T11:58:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T10:16:34+00:00","og_image":[{"width":863,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Waar de joos is Tonteldoos?","datePublished":"2013-07-02T11:58:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:16:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/"},"wordCount":1763,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg","articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/","name":"Waar de joos is Tonteldoos? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg","datePublished":"2013-07-02T11:58:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:16:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-waar-te-joos-is-tonteldoos.jpg","width":863,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-de-joos-tonteldoos\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Waar de joos is Tonteldoos?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5183","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5183"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5183\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98913"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5183"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5183"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5183"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}