{"id":5181,"date":"2013-07-02T12:56:00","date_gmt":"2013-07-02T10:56:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/n-leeftyd-se-vreugde\/"},"modified":"2018-07-06T12:17:19","modified_gmt":"2018-07-06T10:17:19","slug":"n-leeftyd-se-vreugde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/","title":{"rendered":"\u2019n Leeftyd se vreugde"},"content":{"rendered":"<p>Die hittegolwe dans op die aanloopbaan van die hoofstad, Zagreb, toe ons land en ek verstom my oor die kleinerige lughawe en -gebou waar reisigers van reg oor die w\u00eareld daagliks die perfekte toeristebestemming binnestroom. Die kwaai doeanebeampte blaai haar kuif regop in my paspoort en toe sy uiteindelik die visum raaksien, is sy kennelik teleurgesteld.<\/p>\n<p>In die middestad blom al wat sypaadjie is in alle kombinasies van die re\u00ebnboog. Ons hotel is reg in die middel van die mooiste deel van die ou stad met \u2018n uitsig op die belangrikste plein, die Ban Jelacic. Dis \u2018n toeris se droom, want alles wat indrukwekkend en besienswaardig is, is om die plein ingepas. Daar is straatkafees en klein spesialiteitswinkels om elke hoek en draai, asook die varsproduktemark wat jy nie kan misloop nie. Alles wat vars, lekker en besonders is, ding mee om jou aandag te trek: rooiwanggranate, vars en dro\u00eb vye (smokva), druiwe, watertandkase, blommerangskikkings en tuisgemaakte pelinkovak (kruiewitblits) wat \u2018n ou, geplooide tannie in swart rustig sit en smous &#8230;<\/p>\n<p>Ons het laatmiddag in die bekende St. Markus-katedraal stilte gaan soek. Ook maar goed so, want die koor het later geoefen en \u2018n gratis konsert is nooit te versmaai nie!<\/p>\n<p>Varazdin in die noorde, byna op die grens tussen Sloweni\u00eb en Hongarye, is die ideale plek vir \u2018n daguitstappie. Dis sowat 80 km buite Zagreb op \u2018n pad wat deur die heuwels van die Kaprina- Zargojeje-streek kronkel. Varazdin se barok-argitektuur en die eg-Hongaarse spyskaarte in die restaurante weerspie\u00ebl die steeds noue band tussen die lande. As dit nie was vir die Kroatiese priester wat my in \u2018n geskenkwinkel met sy gebedsnoer gese\u00ebn het nie, het ek sowaar gedink ek het per ongeluk \u2018n grens of twee oorgesteek.<\/p>\n<p>Meer as net mere Suidweswaarts van Zagreb is \u2018n natuurwonder, die Plitvieka-Jezera Nasionale Park, Kroasi\u00eb se eie \u201cLake District\u201d met sy twintigtal mere waarvan 16 met mekaar verbind is. Die houtpaadjie om die waters is niks minder as \u2018n verbysterende roete nie. Jy verwag enige oomblik dat \u2018n feetjie tussen die blare vir jou gaan glimlag, of \u2018n kabouter wat onder sy sampioenhuis aan\u2019t spit is.<\/p>\n<p>By \u2018n nabygele\u00eb restaurant ontdek ons een van die land se tradisionele geregte: Peka \u2013 \u2018n soort platboompot met \u2018n koepeldeksel waarin skaapvleis (of, as jy gelukkig is, wildevark) met uie, wilde kruie en aartappels drie tot vyf uur lank op die kole gestowe word. Al is Kroasi\u00eb skaars groter as die Boland, is dit nie \u2018n landjie waardeur jy net kan jaag nie. \u2018n Deel van die aantrekkingskrag van hierdie land van vele gesigte is die na-aan-die-aarde mentaliteit en onopgesmukte leefwyse van sy mense. Daar is een snelweg wat van Zagreb na die kus loop, maar die bre\u00eb en vinnige weg ontneem jou van die vele vreugdes van klein dorpies met omies wat voor die caf\u00e9 sit en koffie drink, vroue wat langs die pad vars kersies verkoop of die tannie sonder tande wat vir jou middagete in haar huis maak, al het jy eintlik net die pad kom vra.<\/p>\n<p>Asemrowende Adriatiese kus<\/p>\n<p>Digby die kus, sowat 30 km van die stad Split af, l\u00ea die dorpie Trogir op \u2018n klein eiland tussen die vasteland en \u2018n ander eiland, Ciovo. Wanneer jy deur die groot, swaar stadsdeure loer, is dit \u2018n verrassing om skielik aan die ander kant die sjarmante, geskiedkundige deel van die plekkie te sien. Di\u00e9 deel van die stad is een van die sewe plekke in die land wat UNESCO-W\u00earelderfenis-status het en klein kobbelsteenstraatjies (ver)lei jou na skoenwinkels en roomystoonbanke. Natuurlik wen die roomys elke keer, want geen mens kan die tuisgemaakte verskeidenheid met heel vrugte, stukke sjokolade, kaneel en klapper weerstaan nie.<\/p>\n<p>Laatmiddag slenter ons al langs die Riva (waterfront) en vergaap ons aan luukse jagte met die bemanningslede in uniform en olyfbruin blondines wat langbeen op die dek aan skemerdrankies teug. Jou boude skuur sommer aspris teen mekaar om jou te herinner hoe ver verwyder jy van hierdie lewe van weelde, pamperlang en dun sonbruinbene is. Op my reisplan het die antieke stad Split slegs halfdagbesoek-status gehad en skaars meer as \u2018n split-sekonde was dit toe, al word dit dikwels \u201cdie mooiste stad in die w\u00eareld\u201d genoem. Behalwe vir die pragtige waterkant en n\u00f3g kronkelstraatjies, was \u2018n vinnige deurstap van die paleis wat die Romeinse keiser Diokletianus in 305 n.C. daar laat bou het, genoeg kultuur vir een dag!<\/p>\n<p>Split het ook een van die sentrale hawens vanwaar \u2018n wye netwerk busse en veerbote na enige plek in die land vertrek. Kry so gou moontlik by die veerbootmaatskappy Jadrolinija \u2018n rooster om seker te maak jou planne pas by hul skedule in. Kroasi\u00eb het meer as duisend eilande waarvan sowat 65 bewoon is. Hulle dryf soos opdrifsels al langs die kus, maar om die hele kus met al sy dorpies, eilande en geheime baaitjies in een vakansie te besoek, is onmoontlik. Ek het op Hvar-eiland, Peljesak-skiereiland, Korkoela en Doebrofnik en omgewing besluit.<\/p>\n<p>Eilande in die son<\/p>\n<p>Stari Grad op die Hvar-eiland is net \u2018n veerbootrit ver. Hvar is al talle kere deur die internasionale reistydskrif Cond\u00e9 Nast as een van die vyf mooiste eilande in die w\u00eareld aangewys. Dit is groen, bergagtig en sowat 70 km lank en 6 km breed. Stari Grad is die oudste dorpie op die eiland \u00e9n in Kroasi\u00eb. Soggens beier die St. Stefanus-kerk se klokke jou wakker en die Pekara Paris-bakery se vars gebakte sjokolade-croissants gaan goed af saam met eerste koffie van die dag.\u00a0 Hier hou die kelner jou verlore beursie tot die volgende dag, tamaties is net in seisoen beskikbaar en die burgemeester is ook die hawemeester en hoofsanger van die dorpie se klapa (mannekoor). Laatmiddag stap jy water langs tot by die dowe oom se vino (wynwinkeltjie) en op die houtbankie voor die deur drink jy prosek (soet rosyntjiewyn) en tel die menigte seiljagte wat die een n\u00e1 die ander vasmeer .\u00a0 In die stad Hvar, sowat 20 km van Stari Grad, meng jy met die \u201crich &amp; famous\u201d van oor die w\u00eareld. Prins Harry het hier al met klere en al in \u2018n hotel se swembad gespring; Beyonc\u00e9 het die eerste keer haar boepie by die Carpe Diem Bar\/Lounge gewys en haar dogtertjie, Blue Ivy, vernoem na \u2018n rankplant-blom wat sy hier gesien het; Tom Cruise het onlangs hier gekuier en saam met die burgemeester, \u2018n kelner en vele vissermanne vir foto\u2019s geposeer. Die naglewe gons en die langbeenmeisies van Oos-Europa sweef in bling van een klub na die ander.<\/p>\n<p>Ons reis neem ons weer eens van die een uiterste tot die ander. Van die bling van Hvar tot die Peljesak-skiereiland waar die pad na Doebrofnik verby talle vrugtepadstalle, piepklein wynkelders en talle wynlandgoedere kronkel. Ons stop terstond om madirazza-wyn te proe. Dis \u2018n bekende druifsoort in Kroasi\u00eb en herinner baie aan ons sauvignon blanc \u2013 die kleur \u2018n bietjie geler, maar dis tipies vanwe\u00eb die baie son wat die druiwe kry.<\/p>\n<p>Kroasi\u00eb het meer as sy deel van skilderagtige dorpies. Ston, op ons pad na Doebrofnik, is een van hulle. \u2018n Eeue oue klipmuur seil vir 5,5 km teen \u2018n koppie uit. Dit word beskou as een van die min \u201coorlewende\u201d beskermingsmure ter w\u00eareld &#8211; \u2018n kortkop agter die Groot Muur van China. Ons stop langs die stadspoorte &#8211; ja, letterlik \u2018n poort waardeur jy moet stap. Buite die poort l\u00ea oestervelde, asook die bekende soutpanne van die Dalmatiese kus. Binne wag die klipstraatjies, winkeltjies en seekosrestaurante, kompleet met foto\u2019s om jou met jou keuse te help. Daar word besluit op 12 oesters, vispatee met geroosterde broodjies, verouderde Dalmatiese ham (przut) en seekat (die kleintjies met die pootjies nog aan). Volgens tradisie word die kos nie bedien voor jy \u2018n knertsie grappa of soetwyn op die huis geniet het nie.<\/p>\n<p>Korkoela is die geboorteplek van Marco Polo en met die aan wal gaan verstaan jy dat so \u2018n skilderagtige eiland \u2018n mens tot groot dinge kan inspireer, soos om die w\u00eareld te gaan verken! Die dorpie Korkoela het my hart gesteel met sy ho\u00eb stadsmuur op die rand van die oseaan waarop die restaurante ingeryg sit. Die plek het \u2018n aura van onverganklikheid en ook hier ry klipstraatjies wipplank op en af. Laatmiddag se opklim in een van die ou stadsmuurtorings bring ons by \u2018n skemerkelkiekroeg en toe die boera (warm wind) deur my hare speel, knipoog die eerste liggies van die oorkantste baai na ons kant toe.\u00a0 Doebrofnikdae Doebrofnik se ou stad l\u00ea soos \u2018n brosjure-foto uitgestal toe ons die laaste kronkeldraaitjie vat. Daar is geen hysers of roltrappe in die ou stad nie en as jou verblyf in die ou deel is, beteken dit honderde trappe wat oor restauranttafeltjies tot by jou voordeur tuimel.\u00a0 Onder die vele private verblyfplekke in die ou stad, was my gunsteling een van die talle gastekamers (sobe) of woonstelle in Ploce \u2013 sowat tien minute se stap van die Pile-hek en ou stadskern. Die woonbuurt leun teen die hange van die berg en het die mooiste uitsig oor rooi kleidakke, die ou hawe van Doebrofnik en die nabygele\u00eb eilandjie Mljet in die turkooisblou oseaan. Op \u2018n dag sien ons selfs \u2018n seilskip wat soos die VOC-modelle van ouds lyk. Maak te wille van die uitsig seker jou blyplek het \u2018n balkon.<\/p>\n<p>Aandete in een van die talle restaurante in die ou stad kan enigiets van pizza, pasta tot skaapvleis of visgeregte wees, maar wees gewaarsku &#8211; \u2018n vol maag en te veel wyn maak van die terugtog teen die steil trappe op \u2018n oefening in oorlewing. Ons verdwaal doelbewus deur die strate van die stad, al langs die ou hawemuur en deur die doolhof van straatjies waar elke hoekie as restaurant ingespan word. In die verte hoor ons mansstemme, mandoliens en kitare. Al agter ons ore aan loop ons tot ons op \u2018n groep netjies geklede mans afkom. Dis \u2018n bekende klapa (mannekoor) wat by \u2018n restaurant kuier. Ons staan nader en hulle sing spesiaal vir ons \u201cMy Bonnie lies over the Ocean\u201d, maar toe hulle agterkom ons kom van Suid-Afrika af, wil hulle \u2018n Afrikaanse liedjie hoor. Ek trek los met \u201cAs Oktobermaand weer hier is\u201d \u2013 \u2018n liedjie wat my ma altyd vir my gesing het. Daar klink die Afrikaanse note toe in \u2018n ou stad op, tussen die antieke mure en nuwe dakke van \u2018n stad wat die Serwi\u00ebrs twintig jaar gelede amper platgeskiet het.<\/p>\n<p>Nuttige wenke:<\/p>\n<ul>\n<li>Hoe kom ek daar?<\/li>\n<li>Die Turkse lugdiens en Emirates het voor ons vertrek die beste vlugpryse na Zagreb gehad.<\/li>\n<li>Jy kan vanaf Londen (Easijet), M\u00fcnchen, Amsterdam en Parys direk na Split of Doebrofnik vlieg.<\/li>\n<li>In die somer kan jy gewoonlik maklik met \u2018n veerboot vanaf Itali\u00eb (via Bari of Ancona) na Kroasi\u00eb vaar. Besoek www.jadrolinija.hr vir die internasionale vlugrooster.<\/li>\n<li>Zagreb kan per trein vanaf Boedapest (4 uur) of Wene (6 uur) bereik word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>*Visumvereistes<\/p>\n<ul>\n<li>Vanaf 1 Julie vanjaar is die land deel van die Europese Unie en \u2018n Schengen-visum is \u2018n vereiste.<\/li>\n<li>Vervoer in Kroasi\u00eb:<\/li>\n<li>Uitstekende openbare busvervoer op die vasteland maar op die eilande is die busse minder gereeld en dit is soms beter om \u2018n motor te huur.<\/li>\n<li>Motorhuur is duur &#8211; bespreek liefs aanlyn. www.rentalcargroup.com bied goedkoper, maar betroubare opsies.<\/li>\n<li>Besoek www.jadrolinija.hr vir tye en roetes van veerbote.<\/li>\n<li>Die hoofpaaie is goedversorg, maar enkelbane maak jou reistyd langer.<\/li>\n<li>Waarmee betaal ek?<\/li>\n<li>Die geldeenheid is tans Kuna, maar dit is nog onseker of die land n\u00e1 Julie 2013 Euro of Kuna gaan gebruik. Maak seker voor jy vertrek.<\/li>\n<li>Selfs die kleinste dorpie het kitsbanke en ten minste een bank. Jy kan \u2018n Visa Passportkaart,gewone debiet- of kredietkaart gebruik. Meeste restaurante verkies kontant \u2013 moet dus nie op jou kredietkaart staatmaak nie. Winkels aanvaar wel kaarte.<\/li>\n<li>Water, kos en koop?<\/li>\n<li>Die land is baie trots op sy gesonde kraanwater.<\/li>\n<li>Kroatiese Cuisine is \u2018n mengsel van die Italiaanse, Hongaarse en Oostenrykse invloed: pasta, pizzas, skaapvleis, biefstuk en volop seekosgeregte. Nagereg is nie \u2018n sterk punt nie \u2013 beperkte verskeidenheid .<\/li>\n<li>Volop vars groente en vrugte en tuisgemaakte grappa of huiswyn.<\/li>\n<li>Gedroogde laventel, laventelolie, olyfolie en oorspronklike kuns is oral te vind.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die hittegolwe dans op die aanloopbaan van die hoofstad, Zagreb, toe ons land en ek verstom my oor die kleinerige lughawe en -gebou waar reisigers van reg oor die w\u00eareld daagliks die perfekte toeristebestemming binnestroom. Die kwaai doeanebeampte blaai haar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98923,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[],"class_list":["post-5181","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u2019n Leeftyd se vreugde | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2019n Leeftyd se vreugde | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die hittegolwe dans op die aanloopbaan van die hoofstad, Zagreb, toe ons land en ek verstom my oor die kleinerige lughawe en -gebou waar reisigers van reg oor die w\u00eareld daagliks die perfekte toeristebestemming binnestroom. Die kwaai doeanebeampte blaai haar [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-07-02T10:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T10:17:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"863\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"\u2019n Leeftyd se vreugde\",\"datePublished\":\"2013-07-02T10:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:17:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/\"},\"wordCount\":2016,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg\",\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/\",\"name\":\"\u2019n Leeftyd se vreugde | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg\",\"datePublished\":\"2013-07-02T10:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:17:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg\",\"width\":863,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-leeftyd-se-vreugde\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u2019n Leeftyd se vreugde\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2019n Leeftyd se vreugde | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u2019n Leeftyd se vreugde | rooi rose","og_description":"Die hittegolwe dans op die aanloopbaan van die hoofstad, Zagreb, toe ons land en ek verstom my oor die kleinerige lughawe en -gebou waar reisigers van reg oor die w\u00eareld daagliks die perfekte toeristebestemming binnestroom. Die kwaai doeanebeampte blaai haar [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-07-02T10:56:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T10:17:19+00:00","og_image":[{"width":863,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"\u2019n Leeftyd se vreugde","datePublished":"2013-07-02T10:56:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:17:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/"},"wordCount":2016,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg","articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/","name":"\u2019n Leeftyd se vreugde | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg","datePublished":"2013-07-02T10:56:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:17:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-leeftyd-se-vreugde.jpg","width":863,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-leeftyd-se-vreugde\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u2019n Leeftyd se vreugde"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5181","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5181"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5181\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98923"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}