{"id":51782,"date":"2023-06-05T13:30:48","date_gmt":"2023-06-05T11:30:48","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=51782"},"modified":"2023-06-05T13:30:03","modified_gmt":"2023-06-05T11:30:03","slug":"kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/","title":{"rendered":"Beplan &#8216;n lieflike, selfs romantiese, kraam"},"content":{"rendered":"<p>Pragtige geboortstories oor kraam is haar passie, vertel suster Heather Wood, ervare vroedvrou van die Kaap wat al honderde ma\u2019s deur kraam gehelp het. As daar een ding is waaraan sy glo, is dit dat ons die tradisie van mooi geboortestories moet laat herleef.<\/p>\n<p>&#8220;Hollywood laat ons dink dit moet \u2019n\u00a0krisis van gille en komplikasies wees. Maar verreweg die meeste geboortes kan \u2019n rustige, mooi belewenis wees. Dit k\u00e1n \u2019n\u00a0ervaring wees waarvan jy jou kind lateraan kan vertel wat haar\u00a0spesiaal sal laat voel, eerder as skuldig omdat sy jou soveel pyn verskaf het.<\/p>\n<p>&#8220;Die wonderhormoon van die liggaam is oksitosien.\u00a0Dit speel \u2019n groot rol in romanse \u00e9n in die hele kraamproses. Wanneer jy verlief is, en tydens \u2019n orgasme, skiet jou oksitosienvlak die hoogte in. So ook tydens kraam, waar dit jou binding met jou baba, wondheling en borsvoeding stimuleer.<\/p>\n<p>&#8220;Net soos romantiese sagte beligting, melodieuse musiek en rustigheid romanse bevorder, bevorder dit die kraamproses.\u00a0Hoekom dan nie als vir die\u00a0kraamproses doen soos wat jy sal doen wanneer jy verlief is nie?&#8221;<\/p>\n<p>Hier is haar wenke om jou kraamtydperk mooi, spesiaal \u00e9n romanties te maak. Dit begin by jou aanvanklike ingesteldheid, loop deur jou swangerskap en eindig met jou benadering op die dag van kraam.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vroeg in jou swangerskap<\/h4>\n<p><strong>1 Neem jou voor om jou kraam spesiaal te maak<\/strong><\/p>\n<p>Met elke geboorte word daar nie net\u00a0\u2019n baba gebore nie, maar ook \u2019n ma en\u00a0pa. Dit \u00eds opwindend en verdien erkenning as \u2019n\u00a0baie spesiale geleentheid.<\/p>\n<p><strong>2 Kies vooraf jou ondersteuners en stories<\/strong><\/p>\n<p>Omring jouself met mense wat jou verseker\u00a0dat jy \u2019n\u00a0goeie ma sal wees.\u00a0Gesels met vriendinne oor hul bevallings. Vra uit hoe hulle dit positief gemaak het, en wat vir hulle gewerk het.\u00a0Luister en leer veral by\u00a0di\u00e9 wat positief is.\u00a0Vind ook uit oor die detail. Dit help jou om te verstaan wat is normaal en abnormaal.<\/p>\n<p><strong>3 Beplan \u2019n lieflike ruimte vir kraam<\/strong><\/p>\n<p>Tydens kraam voel jy geweldig ontbloot en ontneem van alle privaatheid. Soos in die natuur, is dit natuurlik om jouself te wil afsonder.\u00a0As jy tuis kraam is privaatheid \u2019n\u00a0gegewe, en jy kan self sorg vir sagte lig, gemaklike sitplek, strelende musiek en selfs blomme.\u00a0Die nuwe neiging is superluukse kraamsuites wat soos \u2019n\u00a0vyfster hotelkamer lyk, met kandelare, ontwerpermeubels, persiese tapyte en so aan.<\/p>\n<p>Gelukkig is luuksheid nie \u2019n\u00a0voorvereiste vir \u2019n onthoubare kraam nie. Al vereiste is dat jy veilig, gemaklik en privaat voel.\u00a0As jy in \u2019n hospitaalkamer kraam,\u00a0kyk wat jy kan byvoeg. Dalk sagte lig en\u00a0strelende musiek. Gesels met jou dokter en die kraamsaalbestuur vooraf, en hoor wat vir hulle ook sal pas.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>In die maande voor jy kraam<\/h4>\n<p><strong>4 Kry jou lyf kraam-fiks<\/strong><\/p>\n<p>Vir jou groot dag moet jy sterk, fiks en soepel wees.\u00a0Voed dus jou liggaam. Eet eerder twee keer so verstandig, eerder as om vir twee te eet.\u00a0Vir fiksheid kan jy kan met die meeste soorte oefening aangaan tot op vyf\/ses maande. Of stap elke dag twintig minute teen \u2019n\u00a0matig-vinnige pas.\u00a0Vir soepelheid, veral as jou eerste bevalling na dertig is, is joga uitstekend.<\/p>\n<p><strong>5 Lig jouself goed in<\/strong><\/p>\n<p>Vind alles uit wat jy kan, sodat jy weet wat om te verwag. Daar is talle boeke, webwerwe en voorgeboorteklasse wat op kraamsake fokus.\u00a0Kies verstandige, sinvolle bronne. Die sensasionele soorte materiaal is net wat dit is: sinlose sensasie wat jou nie beter toerus nie maar eerder angstig maak.<\/p>\n<p><strong>6 Wat is jou opsies vir kraam?<\/strong><\/p>\n<p>Vind uit wat is alles vir jou beskikbaar. Tuisgeboorte? Kraamsaalgeboorte? Waterbad vir ontspanning vooraf? Watergeboorte? Keisersnit? Epiduraal? Hipnose?\u00a0Gesels met jou ginekoloog en ook met \u2019n\u00a0vroedvrou. Ons is nie almal eenders nie, en dus is alles nie vir almal geskik nie.\u00a0Gestel jy droom van \u2019n\u00a0tuisgeboorte. Dit kan werk mits jy en jou baba fiks en gesond is, met \u2019n\u00a0hospitaal binne twintig minute van jou af as iets verkeerd loop.<\/p>\n<p><strong>7 Watter soort kraam wil jy regtig h\u00ea?<\/strong><\/p>\n<p>Mens weet nie altyd vooraf nie, maar elimineer ten minste die opsies waarvan jy die minste hou. Dit sal jou ook help om aanpasbaar te wees.<\/p>\n<p><strong>8 Herbedink kraampyn<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n feit dat jy pyn ervaar hoe jy\u00a0daaroor dink.\u00a0As jy dink kraam is pynlik, gaan jy selfs ligte ongemak as pyn ervaar.\u00a0Gelukkig verskil kraampyn van werklike pyn. Gewone pyn beteken jou liggaam kry skade met tekens daarvan, soos \u2019n\u00a0brandwond. Geboorte laat nie \u2019n wond agter nie. Dit gaan oor die vrymaak van \u2019n baba. Jy en die baba is agterna heel, hoewel gekneus.\u00a0Jy ervaar eerder drukking, as pyn.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Op die kraam-dag<\/h4>\n<p><strong>9 Voel mooi<\/strong><\/p>\n<p>Troetel en versorg jouself vooraf sodat jy mooi en gemaklik voel.\u00a0Jy kan selfs tussendeur stort, mits jou kraampyne ver genoeg uit mekaar is en jou dokter of vroedvrou saamstem.<\/p>\n<p><strong>10 Glo in jou liggaam<\/strong><\/p>\n<p>Herbevestig aan jouself dat jou liggaam sterk\u00a0en volmaak toegerus is vir kraam. Vertrou die wonder van die proses en laat Moeder Natuur oorneem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>11 Fokus op die drukvrye tyd<\/strong><\/p>\n<p>Geboortepyne is soos golwe wat kom en gaan, met minder golftyd en meer tussenposes. Selfs in die heeldrukste fase duur die pyngolf slegs vir\u00a0\u2019n minuut, teenoor die twee minute rusposes tussenin. Aan die begin het jy selfs twintig minute tussenin.<\/p>\n<p><strong>12 Verwonder jou aan jou liggaam se krag<\/strong><\/p>\n<p>Ontspan. Kyk hoe jou liggaam oorneem en \u2018weet\u2019 wat om te doen.<\/p>\n<p><strong>13 Visualiseer die drukking<\/strong><\/p>\n<p>Dit beteken nie jy is onrealisties oor die inspanning wat van jou liggaam verwag word nie. Jy is nugter daaroor en weet dat baie van wat jy ervaar so erg is as wat jy verwag dit gaan wees. Met ander woorde dit is so seer as wat jy dink dit gaan wees. Maak jouself rustiger deur te visualiseer wat aan die gebeur is. Sien die plek waar jy die drukking ervaar as werklike druk van die baba se kop daarop. Jy ervaar dus die vordering van die kraamproses en voel daarom meer in beheer.<\/p>\n<p><strong>14 Wees aanpasbaar<\/strong><\/p>\n<p>Jy is hier omdat jy hierdie opsie vir kraam gekies het \u2013 miskien \u2019n\u00a0epiduraal of \u2019n\u00a0natuurlike geboorte.\u00a0Maar onthou dat dinge nie altyd uitwerk soos mens beplan nie. Niemand kan voorspel wat die dag kan inhou nie. Daarom moet jy ook kan aanpas en kan oorskakel na Plan B, en selfs C of D.<\/p>\n<p>Alles gaan oor wat die beste is vir jou baba en vir jou. As dinge teen die einde verander, val rustig in by jou tweede opsie sodat alles ten beste meewerk.<\/p>\n<p><strong>15 Behou simpatie vir jou man<\/strong><\/p>\n<p>Mans wil van nature dinge \u2018reg maak\u2019 en oplos. Hier is hy egter magteloos. En hy moet staan en toekyk hoe jy swaarkry, sonder jou inherente wete dat jou liggaam dit kan hanteer.\u00a0Dit is juis hierdie drang om jou te beskerm wat veroorsaak dat party mans wil oorneem en \u2018opstaan\u2019 vir jou regte. Moenie dat hy inmeng nie. Hy is daar om jou te ondersteun, nie om besluite namens jou en die dokter te neem nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>16 Adem die wonder van jou kind in<\/strong><\/p>\n<p>Onthou hoe jou baba lyk. Vou jou vinger in sy vuisies toe. Tel sy toontjies. Ruik aan sy haartjies. Streel oor sy lyfie. Versamel die klein besonderhede, sodat jy later met jou kind daardie allerkosbaarste oomblikke kan deel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Lees ook<\/h4>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/velsorg-en-swangerskap\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Velsorg en swangerskap<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wyn-terwyl-ek-swanger-is-of-borsvoed\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kan ek wyn drink terwyl ek swanger is? Wat van wyn en borsvoeding<\/a><\/p>\n<p>Bekommerd oor rekmerke? Vier <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-wenke-om-rekmerke-te-verminder\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">wenke om rekmerke<\/a> te keer<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kraam is van die lewe se heelgrootste ure. Dit hoort so, want dit is &#8216;n viering van &#8216;n nuwe mensie met al die beloftes en drome wat dit inhou. Om daarby te pas maak ons vandag kraam mooi. Ons skep selfs kraamstories. Die dae van hospitaalstyl kraam asof jy siek is verby. Daar is &#8211; of kan wees, want jy kan kies &#8211; van kerse, kandelare en lieflike beddegoed tot sagte musiek. Deur Salom\u00e9 Delport. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":137861,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[28,134,4845],"class_list":["post-51782","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-baba","tag-ouerskap","tag-kraam"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beplan &#039;n lieflike, selfs romantiese, kraam | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Kraam moet &#039;n viering van &#039;n nuwe mensie se lewe wees. Beplan jou kraam so dat jou kind spesiaal sal voel as jy hom van hierdie kosbare oomblikke vertel.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beplan &#039;n lieflike, selfs romantiese, kraam | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kraam moet &#039;n viering van &#039;n nuwe mensie se lewe wees. Beplan jou kraam so dat jou kind spesiaal sal voel as jy hom van hierdie kosbare oomblikke vertel.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-06-05T11:30:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Beplan &#8216;n lieflike, selfs romantiese, kraam\",\"datePublished\":\"2023-06-05T11:30:48+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/\"},\"wordCount\":1243,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg\",\"keywords\":[\"baba\",\"ouerskap\",\"kraam\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/\",\"name\":\"Beplan 'n lieflike, selfs romantiese, kraam | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg\",\"datePublished\":\"2023-06-05T11:30:48+00:00\",\"description\":\"Kraam moet 'n viering van 'n nuwe mensie se lewe wees. Beplan jou kraam so dat jou kind spesiaal sal voel as jy hom van hierdie kosbare oomblikke vertel.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beplan &#8216;n lieflike, selfs romantiese, kraam\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beplan 'n lieflike, selfs romantiese, kraam | rooi rose","description":"Kraam moet 'n viering van 'n nuwe mensie se lewe wees. Beplan jou kraam so dat jou kind spesiaal sal voel as jy hom van hierdie kosbare oomblikke vertel.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beplan 'n lieflike, selfs romantiese, kraam | rooi rose","og_description":"Kraam moet 'n viering van 'n nuwe mensie se lewe wees. Beplan jou kraam so dat jou kind spesiaal sal voel as jy hom van hierdie kosbare oomblikke vertel.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-06-05T11:30:48+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Beplan &#8216;n lieflike, selfs romantiese, kraam","datePublished":"2023-06-05T11:30:48+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/"},"wordCount":1243,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg","keywords":["baba","ouerskap","kraam"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/","name":"Beplan 'n lieflike, selfs romantiese, kraam | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg","datePublished":"2023-06-05T11:30:48+00:00","description":"Kraam moet 'n viering van 'n nuwe mensie se lewe wees. Beplan jou kraam so dat jou kind spesiaal sal voel as jy hom van hierdie kosbare oomblikke vertel.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-rene-asmussen-325690.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kraam-gerieflik-veilig-en-selfs-romanties\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beplan &#8216;n lieflike, selfs romantiese, kraam"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/51782","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=51782"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/51782\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/137861"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=51782"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=51782"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=51782"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}