{"id":5169,"date":"2013-07-02T12:00:00","date_gmt":"2013-07-02T10:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/"},"modified":"2018-07-12T08:52:41","modified_gmt":"2018-07-12T06:52:41","slug":"indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/","title":{"rendered":"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari&#8217;s en heilige koeie"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"#Delhi\">Delhi<\/a><br \/>\n<a href=\"#Jaipur\">Jaipur<\/a><br \/>\n<a href=\"#Agra\">Agra<\/a><br \/>\n<a href=\"#Goa\">Goa<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die woord &#8220;Indi\u00eb&#8221; ontlok twee soorte reaksies by mense: \u201cWonderlike land, wanneer gaan jy?\u201d of \u201cO nee, dis die laaste plek wat ek ooit wil besoek \u2013 hoor dis vreeslik vuil en deurmekaar daar.\u201d<\/p>\n<p>Laasgenoemde verbaas my elke keer, want as jy in Afrika bly, is jy alles gewoond \u2013 dis nou nie asof ons strate met goud beslaan is nie. In die Oos-Kaap kan jy \u2018n Getz verloor in een van die vele dongas en net so \u2018n draaitjie deur een van die informele woongebiede bied \u2018n klassieke voorbeeld van kraaines- elektriese drade wat oral in die lug hang, oor die pad l\u00ea of sommer net halflyf tussen die plakkershutte hang. Om dus Indi\u00eb te besoek, voel vir \u2018n Afrika-boorling vreemd, maar ook bekend.<br \/>\n<a name=\"Delhi\"><\/a><\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\">Delhi<\/span><\/span><\/p>\n<p>Dis middel Maart as ons op New Delhi se lughawe land. \u2018n Krans \u201cmarigolds\u201d word om my en die vriendinne se nekke gehang en as die taxi wegspring hotel toe, begin die groot avontuur. Ja, enige rit hier is gratis vermaak vir \u2018n adrenalienjunkie, want jy glip voor ander motors in, druk \u201cauto-rikshas\u201d (soortgelyk aan die tuk-tuks in Thailand) van die pad af en leer vinnig dat \u2018n wit streep eintlik nog \u2018n baan is.<\/p>\n<p>Ons toer van 8 dae, Delhi-Jaipur-Agra- Delhi, sluit \u2018n persoonlike taxi en sy bestuurder in wat jou oral heen neem en heeltyd soos \u2018n werfhaan oor ons waghou. Sohan lul Shwami is dan ook een van die onverwagse hoogtepunte van die toer. Hy praat goed Engels en het \u2018n wonderlike sin vir humor. Nog \u2018n bonus is dat hy die god Ganesh op sy \u201cdashboard\u201d het en dit ons, volgens hom, van sorgvrye veilige rite verseker.<\/p>\n<p>Delhi is in die ou gedeelte en die nuwe gedeelte (New Delhi) verdeel, en \u2018n dagtoer deur die unieke stad is die beste inisiasie wat \u2018n mens kan kry.<\/p>\n<p>Ons eerste afklimplek is die Jama Masjid-moskee waar elkeen summier in \u2018n lelike, geblomde oorjurk gedrapeer word en \u2018n paar insteekpantoffels kry. Al wat ek nog nodig gehad het was \u2018n kruller in die kuif en sigaret in die hand en ek sou met vlie\u00ebnde vaandels ant Stienie van \u201cAgter Elke Man\u201d se skoene kon vul. Gelukkig lyk die ander besoekers nie veel beter nie en ons \u201cblend\u201d mooi in \u2013 die foto\u2019s van ons besoek is natuurlik \u2018n ander storie.<\/p>\n<p>Die hele kompleks is pragtig \u2013 een van Mogul koning Shah Jahan se laaste argitektoniese opdragte en met sy 3 hekke, 4 torings en 2 minarette van 40 meter elk kan dit tot 25 000 mense in die binnehof huisves. My hoogtepunt is die stapels Korans wat in gekleurde lap toegedraai l\u00ea en \u2018n ou Moslem wat vir ure gehurk teen een van die mure sit en bid. Daar is \u2018n aparte gedeelte waar verwagtende vroue en vroue met \u2018n maandstonde moet aanbid en die lyk vir my heelwat meer knus &#8211; mens kan mos maar altyd \u2018n wit leuentjie vertel, of hoe?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: small;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_2380.JPG\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"263\" \/><\/span><\/div>\n<div><span style=\"font-size: small;\"> \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<em>Korans in gekleurde lap<\/em><br \/>\n<\/span><\/div>\n<p><span style=\"font-size: small;\"><br \/>\nOns kry elkeen \u2018n persoonlike fiets-riksha (\u2018n waentjie met \u2018n fiets vooraan wat iemand verwoed trap) om die strate van Ou Delhi te verken. Dis rye en rye winkels met versierings, klere, krale, armbande en materiaal in strate so nou dat dit voel of jy jou arms kan uitsteek en alkant aan iets raak. Jy en jou riksa kompeteer met voetgangers, nog ander riksas en waentjies vol vrugte, kerriepoeiers, geregte en sap. Die trapper het hom misgis met ons gesonde eetgewoontes. Hy kyk kort-kort swetend om en wys dan bekommerd \u2018n stel bruin tande. Oral om jou wapper die helderkleurige pante van sari\u2019s agterop motorfietse en die kakofonie van toeters sorg vir agtergrondmusiek van \u2018n ander aard.<\/span><\/p>\n<p>Die middag besoek ons die pragtige Outub Minar wat die begin van die Moslemregeringsjare verteenwoordig. Dit is die eerste Moslem-moskee wat in Indi\u00eb gebou is. Die imposante toring spits 73 meter in die lug en is van sandsteen en marmer. Binne krul die trappe in \u2018n duiselende spiraal \u2013 nou gesluit vir besoekers. Die kompleks vertel die verhaal van vervlo\u00eb tye, Moslemheerskappy en ingewikkelde leefwyses.<\/p>\n<p>Ons maak ook \u2018n draai by die Lotus Tempel \u2013 \u2018n Baha\u00ef geloofstruktuur, maar dis gesluit vir die dag. Volgens die geloof moet daar 9 sirkelvormige kante in hul tempels wees, vandaar die slim ontwerp van \u2018n lotusblom wat besig is om oop te gaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: small;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_1007.JPG\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"263\" \/><\/span><\/div>\n<p><span style=\"font-size: small;\"> \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <em>Die Lotus-tempel<\/em><\/span><\/p>\n<p>Ons laaste stop vir die dag, is \u2018n \u201ccottage industries\u201d winkel waar Indiese ware aan toeriste verkoop word teen belaglike pryse. My vriendin koop die eerste van vele lappe, ek \u2018n pashmina en ander vriendin \u2018n sari. Delhi het ook sy spatsel groot winkelsentrums, maar hier kyk jy net, want dis almal internasionale ontwerpersname wat jy enige ander plek in die w\u00eareld kan vind.<\/p>\n<p>Sohan leer al op dag drie dat hy altyd sy opteltyd soggens \u2018n halfuur vroe\u00ebr moet gee, want drie vrouens, drie tasse en een haardro\u00ebr is \u2018n lelike ding.<\/p>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><a name=\"Jaipur\"><\/a><span style=\"color: #ff0000;\">Jaipur<\/span><\/span><\/p>\n<p>Dit is sowat 6 ure se ry na Jaipur &#8211; in Indi\u00eb reken jy \u2018n rit volgens hoe lank jy ry, want daar is kameelperde, donkies, vragmotors, mense, optogte en plaastrekkers op elke pad en almal het die reg om \u00earens te kom \u2013 al ry party ook stroomop. Een van my grootste \u201ctreats\u201d is die vragmotors wat van koplig tot agtermodderskerm versier is: geverf met die wildste kleure, gesegdes en wapperende tossels om die spie\u00ebls. Party se metaaldeure is met metaalsneewerk uitgesny en in die bestuurskajuit kan jy skaars deur die plastiekblomme en diskoligte sien. Een swierige wa het \u2018n ou skoen op die modderskerm \u2013 baie belangrik vir goeie geluk. Daar is selfs stalletjies met vragmotorversierings langs die hoofpad en ek dwing Sohan om stil te hou vir foto\u2019s. So moet hy ook stilhou by die wa wat deur \u2018n kameel getrek word, \u2018n vrou wat op \u2018n sandhoop sifwerk doen en by twee verskillende matplekke \u2013 die ses ure word dus sewe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: small;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_1135.JPG\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"263\" \/><\/span><\/div>\n<p><span style=\"font-size: small;\"> \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <em>Die Amber Fort<\/em><\/span><\/p>\n<p>Net buite Jaipur pryk die Amber Fort op een van die hoogste koppies en aan die onderpunt laai ons \u2018n toergids op. Die olifante, geverf soos baldadige blombeddings, dra jou al met \u2018n nou paadjie tot bo.<\/p>\n<p>Een binnehof van die fort het die mooiste mosa\u00efekwerk van marmer, ingelegde edelgesteentes en klein spie\u00ebltjies. Oral op die hoeke is klein uitkyktorings waar elk van die Moghul se vroue saans verskyn het wanneer dit haar beurt was om hom te vermaak. Daar was ook rye kamers vir houvroue. Die man moes definitief op iets sterker as die gewone tabakrolletjie gewees het om vir soveel kans te sien. Ons gids vertel dat die vroue en meisies altyd voor baie helder ligte moes dans sodat hul rokke kon deurskyn. \u201cMen will be men&#8230;.\u201d<\/p>\n<p>As ons laatmiddag Jaipur inry, staan gedroogde beesmiskoeke toringhoog teen die pad. Dis die vooraand van die Holi-fees en hierdie koeke word gebrand as simbool van die slegte wat vernietig word en more, die eerste dag van Holi ,is die begin van die lente hier \u2013 \u2018n nuwe begin en \u2018n fees van kleur en geur. Ons stop by een van die stalletjies met die helderste, gegeurde poeierverf en elkeen kies sy sakkie vol verf vir die volgende dag se feestelikheid.<\/p>\n<p>Jaipur se pragtige Windpaleis asook die vele stadspoorte is iets ouw\u00earelds wat jou na \u2018n ander tyd neem. Die bre\u00eb hoofstraat het \u2018n laning bome in die middel en langs die straat word van hoenders tot kamme verkoop. Om een van die sirkels pyl \u2018n motorfiets reg op my kant van die motor af en terwyl ek gereedmaak vir die slag, swenk ons bestuurder swierig uit en sorg dat \u2018n ander motor onverwags tot stilstand gedwing word \u2013 nie een van die bestuurders knip \u2018n oog nie en almal ry voort asof niks gebeur het nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: small;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_1424.JPG\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"303\" \/><\/span><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Op die eerste dag van Holi trek almal tradisioneel spierwit aan. Ons drywer en sy vriend stap saam met ons deur die strate. Jy word bestook met gekleurde poeierverf en skote water uit speelgoedwatergewere en al wat \u2018n man is het vandag toestemming om jou gelukkige Holi toe te wens met \u2018n druk en \u2018n soen. Jy leer sommer gou om \u2018n wye draai te loop om die vuil ou omies en hul nog vuiler planne. By die poloklub word \u2018n spesiale toeristeprogram aangebied met toutrek, olifant-polo en mense wat aangetrek is soos die gode Shiva, Hanuman en Ganesh. Teen laatmiddag steek net ons o\u00eb tussen die verfblertse uit, maar dit keer ons geensins om by \u2018n mathandelaar langs te gaan en meer as \u2018n uur lank te redekawel oor pryse nie. As jy later probeer om dit alles af te was, tref die werklikheid jou in die spie\u00ebl. Poeierverf, water en blonde hare werk glad nie saam nie. Weke daarna was ek nog blertse groen uit my kuif en die res van die hare het \u2018n helder pienk skynsel.<\/p>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><a name=\"Agra\"><\/a><span style=\"color: #ff0000;\">Agra<\/span><\/span><\/p>\n<p>Die landskap tussen Jaipur en Agra is half-woestynagtig , maar besaai met mosterdvelde. Die mosterd is aangeplant soos koring en staan omtrent dieselfde hoogte. Sohan vertel as jy \u2018n jongman is, is dit die plek waar jy jou geliefde skelm ontmoet! Hier is die gesegde seker \u201cmosterd voor die maal&#8230;\u201d<\/p>\n<p>Sohan draai van die pad af na \u2018n paar huise onder \u2018n brug. Hier woon kinderprostitute en as hul die motor sien, stroom hulle na die motor &#8211; die meeste is skaars 16 jaar. Die hartseerste is \u2018n klein seuntjie van 10 of jonger wat ook sy liggaam daar verkoop terwyl talle kinderma\u2019s met baba\u2019s op die heup loop. Een van die jong meisietjies vra vir my sonbril, maar as ek vir haar \u2018n pakkie bindi\u2019s aanbied, klap sy die fyn handjies vrolik. Sohan vertel hierdie groepe prostitute skuif elke maand na die volgende \u201cwerkplek\u201d verder af met die hoofpad \u2013 \u2018n soort van sirkulasieprogram. Die meeste van hierdie kinders kom van Kolkatta, een van die armste gebiede in die land. Hul inkomste hou hele families elders aan die lewe.<\/p>\n<p>Agra is \u2018n hoogtepunt waarna ons almal uitsien as gevolg van die Taj Mahal. Maar eers besoek ons Fatepur Sikri. Dit is \u2018n blitstoer en al wat ek onthou is dat hier ook \u2018n Moghul met vier vroue van verskillende gelowe gewoon het. Elkeen het haar eie kombuis gehad waar haar en haar gevolg se kos voorberei is volgens haar geloof se wette. Een gebou, \u2018n tipe raadsaal, het \u2018n uiters ongewone boustyl waar die owerstes op die boonste vlak op houtbalke plaasgeneem het vir vergaderings. Dit gee natuurlik nuwe betekenis aan die gesegde \u201choog en droog\u201d.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: small;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_1926.JPG\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"263\" \/><\/span><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Laatmiddag nader ons die Taj Mahal. Dis \u2018n vakansiedag en die mense ryg soos stringe krale deur die groot poort. Eers as jy in die poort self staan, sien jy die perfekte simmetrie van die Taj Mal voor jou met sy pragtige tuine, identiese geboue alkant en die lang, dun dam voor die gebou waarin die ode aan ewige liefde reflekteer. Niks kan jou voorberei op die onvergeetlike gesig van prag, simmetrie en grootsheid nie. Die Moghul Sha Jahan het hierdie kompleks vir sy derde en mees geliefde vrou gebou na haar dood. die gestoei om die graf self te sien is \u2018n mors van tyd, want eintlik is dit onder die grond begrawe en \u2018n vals graf bo-op gebou in die Taj Mahal. Almal sweet en stoom om rondom die marmertraliewerk te stap en sien net mooi niks. Tog is die inlegwerk in die marmer ongelooflik mooi en die gids vertel dat die kompleks elke Vrydag gesluit is sodat die juweliers van die omgewing gratis restourasiewerk kan kom doen waar edelgesteentes met die tyd uit die marmer geval het.<\/p>\n<p>Ek en my twee vriendinne het in Jaipur vir ons sari\u2019s gekoop en drapeer dit net daar in die beroemde tuin om \u2018n foto te laat neem met die Taj Mahal op die agtergrond. Ons staan ook geduldig saam met die menigtes in die ry vir \u2018n beurt op Prinses Diana se bankie en verneem dat dit Shah Jahan se geliefde bankie was waarop hy elke dag na sy pragtige handewerk sit en kyk het. Ongelukkig het hy so obsessief geraak dat sy seun hom moes laat opsluit voordat hy die volk se geld verder gebruik het om vir homself \u2018n soortgelyke mausoleum te bou.<\/p>\n<p>Die aand neem Sohan ons uit vir ete en ons trek al drie splinternuwe hemde aan wat in Jaipur in twee uur se tyd vir ons gemaak en afgelewer is by die hotel. Om liries te raak oor Indi\u00eb se kos, speserye en geure klink soos \u2018n clich\u00e9. Die eenvoudige naanbrood met komynsaad en ghie smelt in jou mond en elke gereg se geure ontplof op jou tong.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: small;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_1940.JPG\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"263\" \/><\/span><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die laaste dag in Agra is my vriendin Wilma se verjaardag, en vroegoggend bring ons drywer vir haar \u2018n ruiker hotel toe \u2013 met sy eie geld gekoop. Sy motor is vandag met stringe rissies en lemmetjies versier en voor in die motor, om Ganesh se nek, hang \u2018n krans van roosblare \u2013 net om weer seker te maak alles gaan goed met ons reis. Ons is op pad terug New Delhi toe vir \u2018n vlug na Goa, maar is hartseer om ons ondervindinge in die Goue Driehoek agter te laat.<\/p>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><a name=\"Goa\"><\/a><span style=\"color: #ff0000;\">Goa<\/span><\/span><\/p>\n<p>Goa l\u00ea aan die weskus, omtrent twee uur se vlieg van New Delhi. Dit het \u2018n tropiese klimaat en plantegroei met \u2018n sterk Portugese invloed op die boustyle en geregte wat bedien word.<\/p>\n<p>Ons hotel is ongeveer \u2018n uur noord van Goa se lughawe en as jy met die kus langs ry, groet sjokoladebruin kinders jou al hardlopend langs die motor. Ook hier staan villas, bouvalle en opslaanhutte styf teen mekaar. Niemand is te goed om jou buurman te wees nie en elkeen leef sy lewe voluit op straat \u2013 vir almal om te sien. Die haarkapper se spie\u00ebl staan skuins teen \u2018n boomstam en \u2018n kli\u00ebnt is toe onder die skeerskuim vir \u2018n opkikker en haarsny. \u2018n Entjie verder af in die pad is \u2018n ou man besig om iemand se ore skoon te maak met \u2018n dubbelgevoude draad, en langsaan wei een van die heilige koeie lustig aan \u2018n plastieksak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: small;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_2475.JPG\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"263\" \/><\/span><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons hotel, Sonesta Inn, is in die dorpie Candolim en het \u2018n koloniale boustyl. Dis weggesteek in \u2018n nou paadjie sowat 200 meter van die strand. Langs die skoonheidsalon is \u2018n piepklein Katolieke kerkie met \u2018n baie groot kruis op die muur. Oorkant is daar \u2018n lieflike opelugrestaurantjie met poeierblou tafels en die beste kalamari wat ek ooit geproe het \u2013 gestop met neute en garnale. Ons eerste aand begin egter met waterige skemerkelkies by een van die vele grasdakstrandrestaurante op die strand en as die son sak brand die beeld van drie mans wat met opgerolde pype in die water staan in my geheue vas.<\/p>\n<p>Elke dag verken ons die area met \u2018n taxibestuurder wat ons self kies (tot groot konsternasie, want jy is veronderstel om die eerste in die ry te gebruik). As ek terugkyk op my foto\u2019s sien ek 10 Hinduvroue op \u2018n uitstappie by die Donna Paulo Jetty, waar die Mandovi en Zuari-riviere bymekaar vloei, \u2018n antieke kassie by \u2018n opelugwinkeltjie \u00earens in die middel van n\u00earens en die agterkant van \u2018n taxi waarop staan \u201cGod is good\u201d. Ons besoek ook Die Basilika van Bon Jesus wat die liggaam van Xavier St Francis huisves. Sy liggaam het sonder enige logiese verklaring nooit heeltemal gedisintegreer na sy dood nie, al was dit op twee verskillende plekke begrawe. Die mense beskou hom as \u2018n heilige. Xavier Francis was \u2018n Portugese priester wat hier kom siele red het, kort van gestalte, maar verewig in die harte van Goa<\/p>\n<p>In die dorpies spandeer ons dae om veelkleurige geboue af te neem en snuisterye te koop, en ek ontdek die allermooiste aandhandsakkies en \u201cbling\u201d sandale. Te gou is ons tyd in Goa verby, en vir oulaas l\u00ea ons op die strandstoele terwyl \u2018n jong meisietjie ons voete masseer en vir elkeen \u2018n enkelkettinkie omhang. Te gou is die soel aande net spookasem, en die oggendontbyte in die tuin \u2018n vae gedagte gegeur met frangipanis.<\/p>\n<p>Indi\u00eb is nie vir sissies nie. Indi\u00eb is vir mense met \u2018n passie vir die lewe en liefde vir die ongewone wat nie omgee om geskud te word uit hul alledaagse bestaan van voorspelbare werksure, McDonalds en die kammaw\u00eareld van groot winkelsentrums nie. Gaan eenmaal in jou lewe en verryk jou sintuie, jou uitkyk op die lewe en skud die geykte denke van \u2018n Westerling af \u2013 al is dit ook net vir \u2018n paar dae. Toe, wees dapper!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Delhi Jaipur Agra Goa &nbsp; Die woord &#8220;Indi\u00eb&#8221; ontlok twee soorte reaksies by mense: \u201cWonderlike land, wanneer gaan jy?\u201d of \u201cO nee, dis die laaste plek wat ek ooit wil besoek \u2013 hoor dis vreeslik vuil en deurmekaar daar.\u201d Laasgenoemde [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":99545,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[616,617],"class_list":["post-5169","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-beatrix-roux","tag-indie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari&#039;s en heilige koeie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari&#039;s en heilige koeie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Delhi Jaipur Agra Goa &nbsp; Die woord &#8220;Indi\u00eb&#8221; ontlok twee soorte reaksies by mense: \u201cWonderlike land, wanneer gaan jy?\u201d of \u201cO nee, dis die laaste plek wat ek ooit wil besoek \u2013 hoor dis vreeslik vuil en deurmekaar daar.\u201d Laasgenoemde [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-07-02T10:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-12T06:52:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"589\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"567\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"14 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari&#8217;s en heilige koeie\",\"datePublished\":\"2013-07-02T10:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-12T06:52:41+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/\"},\"wordCount\":2762,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/07\\\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg\",\"keywords\":[\"Beatrix Roux\",\"Indi\u00eb\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/\",\"name\":\"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari's en heilige koeie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/07\\\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg\",\"datePublished\":\"2013-07-02T10:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-12T06:52:41+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/07\\\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/07\\\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg\",\"width\":589,\"height\":567},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari&#8217;s en heilige koeie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari's en heilige koeie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari's en heilige koeie | rooi rose","og_description":"Delhi Jaipur Agra Goa &nbsp; Die woord &#8220;Indi\u00eb&#8221; ontlok twee soorte reaksies by mense: \u201cWonderlike land, wanneer gaan jy?\u201d of \u201cO nee, dis die laaste plek wat ek ooit wil besoek \u2013 hoor dis vreeslik vuil en deurmekaar daar.\u201d Laasgenoemde [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-07-02T10:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-12T06:52:41+00:00","og_image":[{"width":589,"height":567,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"14 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari&#8217;s en heilige koeie","datePublished":"2013-07-02T10:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-12T06:52:41+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/"},"wordCount":2762,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg","keywords":["Beatrix Roux","Indi\u00eb"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/","name":"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari's en heilige koeie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg","datePublished":"2013-07-02T10:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-12T06:52:41+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/ONTSPANNING-Indie-fiets-riskhas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie.jpg","width":589,"height":567},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/indie-fiets-rikshas-kleurvolle-saris-en-heilige-koeie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Indi\u00eb: fiets-rikshas, kleurvolle sari&#8217;s en heilige koeie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5169","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5169"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5169\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/99545"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5169"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5169"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5169"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}