{"id":51563,"date":"2016-06-17T06:00:35","date_gmt":"2016-06-17T04:00:35","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=51563"},"modified":"2016-11-23T09:17:17","modified_gmt":"2016-11-23T07:17:17","slug":"vriendinne-met-angelina-jolie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/","title":{"rendered":"Vriendinne met Angelina Jolie"},"content":{"rendered":"<p>* Hierdie artikel het in die Oktober 2015-uitgawe van <em>rooi rose<\/em> verskyn.<\/p>\n<p>Wanneer die beroemde aktrise Angelina Jolie by haar vriendin Marlice van Vuuren op die plaas N\/a\u2019an ku s\u00ea 42 kilometer buite Windhoek kom kuier, los sy haar roem op die lughawe.<\/p>\n<p>\u201cOp N\/a\u2019an ku s\u00ea &#8211; uitgespreek \u2018naankuse\u2019, dit beteken \u2018God sal ons bewaar\u2019 in Khoisan &#8211; kan Angelina haar skoene uitskop en net mens wees. Brad en Rudie braai en ek en Angelina gesels en was skottelgoed terwyl ons kinders op die plaas baljaar. Hulle is net sulke gewone mense soos ons. Vir haar is ek net Vlooi of Marlice, haar vriendin.\u201d<\/p>\n<p>Die Jolie-Pitts sluip dikwels onder die lense van die paparazzi uit en kom kuier ongesiens in Namibi\u00eb.<\/p>\n<p>\u201cVanselfsprekend is daar veiligheidsmaatre\u00ebls, maar hulle wil graag soos ander mense net gewone dinge doen. Hulle het een Kersfees by ons op die plaas kom kuier en het net voor Kersdag besef hulle het te min geskenke gebring. Ek en Rudie was op pad plaas toe toe Brad en Angie in een van ons voertuie verby ons ry \u2013 sonder enige wagte \u2013 en ewe nonchalant vir ons waai. Hulle het besluit om gou in Windhoek te gaan inkopies doen. Niemand het hulle herken nie. Brad s\u00ea hy kon sien een kassier voel onseker oor wie hulle is en \u2019n verkeersman by \u2019n padblokkade het gelyk of hy hulle vaagweg herken. Dit is hoekom dit vir hulle lekker is om hier te kom kuier. Hier kan hulle net mens wees.\u201d<\/p>\n<p>Die Jolie-Pitt-kroos hou van die plaaslewe, veral Shiloh, Pax en Knox verken graag die plaas saam die twee Van Vuuren-seuns, Zacheo (9) en Nicklai (4). Marlice s\u00ea Sahara en Vivienne is twee dametjies en hou nie so baie van rof speel nie en Maddox (16) is al \u2019n tiener.<\/p>\n<p>\u2019n Mens kan jou kwalik die bedrywigheid voorstel wanneer die gesinne saamkuier. Die Van Vuurens se huishouding is ook nie juis rustig nie, want hulle het op die oomblik vier jagluiperdjies, \u2019n stinkmuishond, twee honde en drie katte wat dinge in die huis interessanter maak.<\/p>\n<div id=\"attachment_51569\" style=\"width: 397px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-51569\" class=\"size-medium wp-image-51569\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Angelina-Jolie-387x600.jpg\" alt=\"Angelina-Jolie\" width=\"387\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-51569\" class=\"wp-caption-text\">Angelina saam met die klein jagluiperdjies<\/p><\/div>\n<p>\u201cBrad en Angelina is wonderlike ouers en maak hul kinders soos normale kinders groot. Angie is die sagte een en Brad die pa wat meer dissipline toepas. Al die kinders kan Frans en Engels praat en Sahara, Pax en Maddox kan ook die tale van hul lande van herkoms praat.\u201d<\/p>\n<p>Marlice en Angelina is al 16 jaar goeie vriende.<\/p>\n<p>\u201cOns gesels weekliks per e-pos, stuur SMS\u2019e of Skype. Sy is baie besiger as ek en sy is gewoonlik die een wat my kontak. Sy is \u2019n lojale en goeie vriendin met wie ek enigiets kan bespreek &#8211; van kleinighede oor die kinders tot persoonlike probleme.\u201d<\/p>\n<p>Marlice het al die wilde diere in verskeie internasionale flieks hanteer en speel soms die dubbelganger van sterre wat met diere moet werk.<\/p>\n<p>\u201cEk het Angie ontmoet toe sy in 2003 aan <em>Beyond Borders<\/em> in Namibi\u00eb gewerk het. Ek het aasvo\u00ebls vir die fliek voorsien. Ek het een aand \u2019n drankie by die rolprentspan gaan drink toe ek \u2019n baba vreeslik hoor huil. Ek het gaan kyk of ek kan help. Die oppasser was radeloos, want die baba was koorsig. Ek het gesien die baba se armpie is geswel en ons het koolblare opgesit, soos ons soms in Namibi\u00eb doen. \u2019n Vrou het op my afgestorm en gillend gevra of ek weet wie se kind dit is en dat ek nie aan hom mag raak nie. Ek het die volgende dag eers gehoor dit is Angelina se kind, Maddox. Sy het my die volgende dag gebel en om verskoning gevra en was so dankbaar dat ek die oppasser gehelp het om Maddox se koors te breek. Die volgende week het ons saam ge\u00ebet en van toe af is ons vriende.\u201d<\/p>\n<p>(Marlice moes op dieselfde fliek ook inspring en sorg dat vlie\u00eb op Angelina se gesig saampak om te benadruk dat die fliek hom in Afrika afspeel.)<\/p>\n<p>\u201cSy is \u2019n wonderlike mens met haar voete plat op die aarde. Sy is opreg en is nie soos ander bekendes wat net pr\u00e1\u00e1t oor hoe hulle \u2019n verskil aan die w\u00eareld wil maak nie. Sy doen dit en<br \/>\nleef dit uit.\u201d<\/p>\n<p>Maar Marlice is net so \u2019n besonderse vrou. Sy is \u2019n bekende Namibiese natuurbewaarder en staan ook as die jagluiperd-fluisteraar bekend. Mense sal haar veral onthou vir die VW Golf-advertensie waarin sy en haar driebeen-jagluiperd, Lucky, in 2009 gespeel het. Sy werk van 13-jarige ouderdom af met wilde diere op rolprentstelle en het al dertig stuks rolprente en advertensies agter die blad. Regisseur Philip Selkirk het al \u2019n dokument\u00eare prent, <em>Marlice \u2013 A Vision for Africa<\/em>, oor haar gemaak. Sy en Rudie het \u2019n reeks van 13 episodes oor Namibiese bewaringsprojekte vir kykNET se <em>Groen<\/em> gemaak.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/kyknet.dstv.com\/2016\/05\/19\/groen-namibie-kry-tweede-seisoen\/\" target=\"_blank\">Die nuwe seisoen van <em>Groen: Namibi\u00eb<\/em> begin op 6 Julie 2016 op kykNET draai. Lees meer hier<\/a>.<\/p>\n<p>Sy het op die Namibiese plaas Harnas grootgeword waar gewonde en weesdiere dekades lank versorg is. Sy het saam met die San Boesmans grootgeword en kan hulle taal vlot praat. Dit is haar passie om die diere, asook die kultuur van die land se oorspronklike inwoners te bewaar.<\/p>\n<p>Sy en haar man, Rudie, \u2019n mediese dokter, het N\/a\u2019an ku s\u00ea in 2006 begin waar nie net die wilde diere nie, maar ook die plaaslike San-gemeenskap veilig voel.<\/p>\n<p>\u201cOns visie is \u2019n Afrika waar mense en wilde diere saam kan leef en floreer. Ons missie is om die land, kultuur en wildlewe van Namibi\u00eb te bewaar en om spesies te red wie se habitat al meer krimp.\u201d<\/p>\n<p>Toe die Jolie-Pitts se dogter Shiloh in 2006 in Namibi\u00eb gebore is, het hulle haar geboorte ook met die Jolie-Pitt-stigting gevier. Di\u00e9 organisasie het in 2010 twee miljoen dollar aan N\/a\u2019an ku s\u00ea se langtermynprojekte geskenk. Angelina het ges\u00ea hulle doen dit namens Shiloh, want hulle wil h\u00ea sy moet by haar geboorteland betrokke wees. Veral die San-gemeenskap en die Lifeline-kliniek op die plaas het by die skenking baat gevind. By die kliniek word onder meer aandag gegee aan wanvoeding, tuberkulose, MIV\/vigs en ander siektes.<\/p>\n<p>\u201cAngelina was een keer by toe ek vir \u2019n bejaarde Boesman \u2019n kospakkie vat. Sy het haar hand na hom uitgesteek, maar hy het haar hand b\u00e1ie hard weggeklap. Ons het nogal geskrik. Toe ek hom vra hoekom hy dit doen, het hy ges\u00ea hy het gedink sy wou sy kos vat! Natuurlik kon sy sy reaksie verstaan.\u201d<\/p>\n<p>Die Jolie-Pitts is ook betrokke by die bewaring van wildehonde, \u2019n bobbejaanskuiling en behuising vir mense wat bewaringswerk met leeus, luiperds en jagluiperds doen. Hulle het selfs onlangs die afkamping van \u2019n bewaringsgebied vir jagluiperds befonds.<\/p>\n<p>Marlice s\u00ea sy en Angelina het \u2019n doodnormale vriendskap. Hulle is vriendinne wat hul harte vir mekaar kan oopmaak.<\/p>\n<p>\u201cSy is opreg, eerlik, toegewyd en \u2019n besondere goeie ma. Sy doen moeite om elkeen van haar kinders spesiaal te laat voel, soos om \u2019n kind alleen saam met haar te laat reis. Op haar laaste besoek aan ons was net Pax saam met haar. Sy het met \u2019n Namibiese staatsman gestaan en praat toe Pax haar iets vra. Sy het die vername man gevra om haar te verskoon, want sy wil net gou hoor wat haar kind wil h\u00ea. Ek wou al by haar weet hoe sy dit regkry om ses kinders te hanteer. Ek sukkel soms met twee, maar sy is so gemaklik en rustig. Niks kry haar onder nie. Brad is \u2019n goeie man en pa. Ek is so bly sy het hom in haar lewe. Hulle het pragtige, gedissiplineerde kinders met mooi maniere.<\/p>\n<p>\u201cOns is daar vir mekaar sonder om mekaar te oordeel oor wie en wat ons is. By my kan sy kaalvoet en sonder grimering ontspan.\u00a0Sy kan haarself wees.\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_51573\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-51573\" class=\"size-medium wp-image-51573\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Angelina-Jolie-en-span-500x235.jpg\" alt=\"Angelina-Jolie-en-span\" width=\"500\" height=\"235\" \/><p id=\"caption-attachment-51573\" class=\"wp-caption-text\">Angelina (middel van foto) en haar seun Pax (met die wit kappiebaadjie voor Angelina) saam met die personeel van N\/a\u2019an ku s\u00ea.<\/p><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hulle deel \u2019n liefde vir die beskerming van mens en dier en gesels weekliks oor kleinighede soos kinders grootmaak en familie. Angelina Jolie en haar Namibiese vriendin Marlice van Vuuren staan mekaar al 16 jaar deur vreugde en moeilike tye by. Deur Martie Swanepoel<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":51566,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[147,1517],"class_list":["post-51563","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-bekendes","tag-angelina-jolie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vriendinne met Angelina Jolie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vriendinne met Angelina Jolie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hulle deel \u2019n liefde vir die beskerming van mens en dier en gesels weekliks oor kleinighede soos kinders grootmaak en familie. Angelina Jolie en haar Namibiese vriendin Marlice van Vuuren staan mekaar al 16 jaar deur vreugde en moeilike tye by. Deur Martie Swanepoel\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-06-17T04:00:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-11-23T07:17:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"895\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"671\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Vriendinne met Angelina Jolie\",\"datePublished\":\"2016-06-17T04:00:35+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-23T07:17:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/\"},\"wordCount\":1340,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/06\\\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"angelina jolie\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/\",\"name\":\"Vriendinne met Angelina Jolie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/06\\\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg\",\"datePublished\":\"2016-06-17T04:00:35+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-23T07:17:17+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/06\\\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/06\\\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg\",\"width\":895,\"height\":671,\"caption\":\"Angelina Jolie en haar Namibiese vriendin, Marlice van Vuuren\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendinne-met-angelina-jolie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vriendinne met Angelina Jolie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vriendinne met Angelina Jolie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vriendinne met Angelina Jolie | rooi rose","og_description":"Hulle deel \u2019n liefde vir die beskerming van mens en dier en gesels weekliks oor kleinighede soos kinders grootmaak en familie. Angelina Jolie en haar Namibiese vriendin Marlice van Vuuren staan mekaar al 16 jaar deur vreugde en moeilike tye by. Deur Martie Swanepoel","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-06-17T04:00:35+00:00","article_modified_time":"2016-11-23T07:17:17+00:00","og_image":[{"width":895,"height":671,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Vriendinne met Angelina Jolie","datePublished":"2016-06-17T04:00:35+00:00","dateModified":"2016-11-23T07:17:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/"},"wordCount":1340,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg","keywords":["bekendes","angelina jolie"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/","name":"Vriendinne met Angelina Jolie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg","datePublished":"2016-06-17T04:00:35+00:00","dateModified":"2016-11-23T07:17:17+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Angelina-Jolie-en-Marlice-van-Vuuren-e1466752243963.jpg","width":895,"height":671,"caption":"Angelina Jolie en haar Namibiese vriendin, Marlice van Vuuren"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendinne-met-angelina-jolie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vriendinne met Angelina Jolie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/51563","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=51563"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/51563\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/51566"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=51563"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=51563"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=51563"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}