{"id":5102,"date":"2013-06-03T08:58:00","date_gmt":"2013-06-03T06:58:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-boomkind\/"},"modified":"2018-07-06T13:23:31","modified_gmt":"2018-07-06T11:23:31","slug":"die-boomkind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/","title":{"rendered":"Die Boomkind"},"content":{"rendered":"<p>Die Boomkind<\/p>\n<p>Hansie kon boomklim voor hy behoorlik kon stap. Niemand het sy vreemde fassinasie met bome verstaan nie. Die pragtige seuntjie het van sy geboorte byna aanhoudend geskree. Madrie, moeg n\u00e1 die moeilike geboorte, was radeloos met die skreeuende bondeltjie.<\/p>\n<p>Dit was eers toe Martin een nag met die skreeuende baba onder die groot vyeboom gaan staan het dat hy stil geword het. Sy ogies het op die welige blare gefokus, die dom handjies het onder die blou katoenkombersie uitgewoel, byna asof hy in die maanskyn na die takke wou gryp. Madrie het yskoud geword. \u2019n Gil het in haar keel gestol. Wat swaai daar in die donker takke? Waarna het die handjies gegryp? Daar is niks nie, verseker sy haarself, en sit \u2019n CD met vioolmusiek op. Die klank van musiek sal ons almal rustig maak, dink sy.<\/p>\n<p>Die baba in die arms van die groot boer onder die reuseboom was feitlik dadelik stil, maar Madrie was onrustig. Uitgeput en ontnugter met moederskap het sy op haar bed ingesluimer. Maar die stilte het haar slaap binnegedring. Sy het uitgestap op die groot stoep en toe haar o\u00eb gewoond raak aan die donker, het sy Martin sien sit, sy rug teen die vy se gladde stam. Hy was vas aan die slaap en Hansie se klein lyfie het re\u00eblmatig beweeg. Martin het die grootste deel van die warm nag daar gesit met die slapende kind in sy arms. Sy het onrustig in die verrinneweerde rottangstoel op die stoep opgekrul en moeg geslaap. Die ego\u00efstiese slaap van \u2019n skuldige, het sy haar die volgende oggend verwyt toe \u2019n moe\u00eb Martin op die trekker lande toe is.<\/p>\n<p>Die boom was hul redding as Hansie begin skree het. Sy blou babawaentjie het mettertyd die grootste deel van die dag onder die koel blaarsambreel gestaan. As kleuter het hy daar gespeel, die kinderoppasser altyd naby.<\/p>\n<p>Die skeel, opgeskote Katriena het een middag dringend na Madrie geroep. Hansie, skaars twee, was bo in die vyeboom. Sy gesiggie het gestraal en sy moes Martin van die lande af laat kom om hom af te kry. Sy en Katriena het intussen met uitgestrekte arms onder die boom rondgestap, al agter die vet beentjies en stewige armpies aan, gereed vir wanneer hy sy balans verloor.<\/p>\n<p>Maar \u2019n makliker en gemakliker peuter kon jy skaars kry. Hy was maar altyd in die boom, salig gelukkig tussen blare en takke in sy eie w\u00eareldjie. Madrie kon die onrus nie uit haar gemoed kry nie. Die donker skaduwees, die geslote donkergroen dak, die takke spookagtig in die maanlig het haar ontstel. Sy wou haar vet peutertjie om haar voete in die kombuis of op die koel houtvloer by haar klavier h\u00ea. Die probleem het in erns begin toe Hansie moes skool toe. Martin moes hom omkoop met die belofte van \u2019n dubbelverdieping-boomhuis. Op laerskool het dit nog goed gegaan. Die dorpskool het die kinders toegelaat om kaalvoet skool toe te gaan en niemand het gedink dis snaaks dat Hansie elke pouse in die bome op die skoolterrein was nie. Al die seuns het trouens boomgeklim en aan takke rondgeswaai. Smiddae n\u00e1 skool was Hansie soos blits in \u2019n boom. Geen boom op die plaas was vir hom te hoog nie. Hy het van boom tot boom beweeg, so tuis soos \u2019n apie in die boomtoppe. Hansie kon glad nie die ho\u00ebrskool op die naburige groot dorp hanteer nie. Hy het n\u00e1 \u2019n paar dae verdwyn en was een oggend rustig aan die slaap in die boomhuis. Sy w\u00eareld was die plaas se bome. Soms het hy ure na die wind in die dennebos geluister. Laatmiddag en vroegoggend het hy saam met die vinke en die pieterpolle in die populierbos langs die rivier deurgebring. Maar saans was hy altyd in die reusevyeboom vlak langs die stoep.<\/p>\n<p>Sielkundiges, psigiaters, die skoolhoof en selfs die dominee kon geen fout met Hansie kry nie. Herhaalde kere is hy skool toe gedwing, herhaalde kere het hy weggeloop en is hy ie-wers in \u2019n boom gekry.<\/p>\n<p>Vir Madrie en Martin was dit \u2019n verskriklike ding. Madrie het \u2019n tuisskolingskursus gekry en ure onder die boomhuis gesit by \u2019n tafel met haar boeke terwyl Hansie in die boom ywerig saamwerk. Hy het geen probleem gehad met wiskunde, Engels of enige ander vak nie. Martin het stiller en stiller geword. Hy het Hansie probeer besig hou om \u2019n mate van normaliteit te probeer kry. Hansie was snoeityd \u2019n doring in die vrugteboorde. Hy kon heeldag werk as dit in die omgewing van bome was. Saans het hy net saam het hulle ge\u00ebet as Madrie op die stoep by die vyeboom gedek het waar hy tussen die takke en blare na die maan en sterre kon tuur. Madrie het haar aan die gemeenskap onttrek. Sy het uit die kunsvereniging se bestuur bedank. Sy het n\u00e1 kerk nooit meer tee gedrink nie. Daar was altyd die verskoning van \u2019n boud in die oond of vriende van die stad wat kwansuis tuis wag. Later het sy nie eens meer kerk toe gegaan nie. Sy het die weeklikse inkopies op die naburige dorp gaan doen en later liewer in die stad. Vriende het nie meer oorgekom nie. Selfs die familie het nie meer gekom nie. Die hartlikheid in die mooi plaashuis met sy antieke meubels, goeie musiek en stimulerende gesprekke om die groot eettafel was nie meer nie. Sy het Martin se toenadering begin vermy.<\/p>\n<p>Hansie was feitlik nooit in die huis nie, maar sy vreemde gedrag was altyd daar, in elke vertrek. \u2019n Ondertoon in elke gesprek, \u2019n huiwering in die toenemende stiltes. Madrie het ure lank by die venster uitgestaar na die vyeboom, die dennebos, die populierbos, die vrugteboorde. Hansie was daar, gelukkig in sy eie w\u00eareld waar bome soveel werkliker as mense was.<\/p>\n<p>Die versmorende stilte het Madrie laatmiddae uit die huis gedryf. Sy het in die rigting van die berg gestap, verby die wind in die dennebos, die vo\u00eblgekwetter in die populierbos en weg van die vrugteboorde. Martin het net boerbokke op die dro\u00eb berggrond aangehou en gevolglik het daar selde iemand gekom. Madrie kon in vrede stap waar daar geen bome, geen takke wat gryp na die hemel, geen blaarsambrele was nie. Soms was sy verbaas dat sy nog trane oor het. Hoekom Hansie? Waarom die fassinasie met bome? Hy is tog intelligent. Hy kon lees voor hy skool toe is, het graag geteken en kleuterrympies gesing. \u201cWaarom? Waarom? Waarom?\u201d Sy skrik toe sy besef dat sy die vraag woedend teen die lae bossies en kranse van die berghange uitskree.<\/p>\n<p>En toe val haar o\u00eb op die vrou wat kruie pluk. Die vrou groet en Madrie draai skaam op haar spore terug. Wat soek die vrou op hul grond? Sy sukkel aanvanklik om die skraal fi-guur te plaas, maar onthou toe. Die kruievrou het in een van die verlate spoorweghuisies in-getrek. Dit is die een op die punt, guitig geverf met geel vensterrame en \u2019n welige kruietuin voor en agter. Baie dorpenaars glo aan die vrou se rate en kry gereeld iets by haar vir die kwale van die ouderdom en die aanslae van die lewe. Iemand het genoem dat sy kruieplantjies vir kwekerye in die stad kweek. Iemand anders het ges\u00ea die bankbestuurder was verbaas dat iemand van die vrou se vermo\u00eb op hul dorpie kom bly het en dit in so \u2019n klein huisie. Die aand noem sy aan Martin dat sy die vrou op hul grond gesien het. Hy knik afgetrokke. \u201cEk het ges\u00ea sy kan kruie daar oes. Daar is soveel en sy weet presies hoe om te pluk sonder om dit uit te roei. Sy is \u2019n botanis; het vroe\u00ebr klas gegee by jou ou universiteit.\u201d Hy kyk stip na haar, asof sy die vrou moet ken.<\/p>\n<p>\u201cEk het nie juis die personeel van die natuurwetenskappe geken nie, was maar altyd besig by die konservatorium,\u201d s\u00ea sy sag en vermy sy o\u00eb. \u2019n Paar dae later dryf die stilte Madrie weer na die kranse. Die vrou sit in die skaduwee van \u2019n rots, \u2019n mandjie met kruie by haar voete. Madrie is ongemaklik. Sy het nog nooit laat blyk hoe diep Hansie se gedrag haar raak nie. Sy weet die dorpsmense het destyds, toe Martin met die musiekdosent van die universiteit getroud is, ges\u00ea sy is snobisties. Hoe min het hulle haar toe verstaan en hoe min verstaan hulle steeds. Sy dra haar verlede opgesluit in haar binneste. Die vrou het geen reg gehad om haar swakste oomblik, toe sy in die namiddagwind geskree het, te beleef nie. Die vrou groet asof hulle mekaar elke dag terloops te\u00ebkom en hou \u2019n sakkie met gedroogde blare na haar uit. \u201cDit is goed vir spanning,\u201d s\u00ea sy. \u201cKattekruid hier van jul eie plaas. Daardie grysgroen plante met die pienk blomme. Die blare lyk soos di\u00e9 van \u2019n malva. Die Khoi het die blare en takkies eeue terug al vir \u2019n verskeidenheid kwale gebruik. Jy is bekommerd oor jou seun?\u201d<\/p>\n<p>Madrie ken haar eie stem nie, sy weet skaars toe sy begin praat. Sy vertel van Hansie as vet baba, onnutsige peuter, ernstige seuntjie. Die geleidelike onttrekking aan mense, sy fassinasie met bome. Wanhoop, woede en verbittering stroom soos \u2019n gebreekte damwal n\u00e1 \u2019n storm. Later, toe sy bloot nog bewus is van die diep seer, bly sy stil. Die geur van kruie en stof hang in die lug.<\/p>\n<p>Die vrou luister sonder om te praat. Madrie is dankbaar dat sy nie met le\u00eb trooswoorde probeer help nie. Sy kyk na die etiket op die sakkie kattekruid en s\u00ea moeg: \u201cEk sien ek moet dit trek op kookwater en soos tee drink.\u201d Die vrou knik net en n\u00e1 \u2019n lang stilte staan Madrie op. \u201cDan loop ek nou maar.\u201d<\/p>\n<p>Die vrou roep haar terug. \u201cKattekruid sal bloot help vir die simptome. Jy moet eerder die sweer in jou binneste oopmaak, laat gesond word. Nie kattekruid of enigiets anders kan daar diep binne genees nie. Laat dit uit &#8230; \u201dMadrie is bitter toe sy omdraai: \u201cDink jy ek weet dit nie? Ek leef hiermee saam, sal altyd hiermee moet saamleef. Dink jy vir een oomblik \u2019n koppie kruietee kan soveel onreg regmaak? Kattekruid &#8230; \u201d Sy spoeg die woord uit en gooi die sakkie neer. Die kruievrou gaan onverstoord voort. \u201cMiskien moet jy jouself vergewe. Hansie se pa &#8230; sy dood was nie jou skuld nie. Hou op om hom te sien swaai in die akkerboom in die konservatorium se tuin. Jy het dit nie aan hom gedoen nie. Hy het dit self gedoen. Ek het later jou briefie op sy klavier gekry. Jy het reg gekies. Hy sou gou verveeld geraak het met die sleur van \u2019n baba. Ek is Lotte Kusstner. Ek het my, soos jy, vir jare self verwyt. Selfs al kon ek hom kinders gee, dit sou nooit vir hom genoeg wees nie. Gedink dis oor ek so vaal, so onopwindend, so vervelig is, dat hy jou en al die ander verkies het. Jare n\u00e1 sy dood het ek my pos by die universiteit opgegee, hier kom wegkruip. Dit was eers toe ek Martin genader het vir die kruie op jul berggrond dat ek besef het wie se kind Hansie is. Daar is meer in die lewe as skuld en lyding. Drink die kattekruid vir die bietjie hulp wat dit kan gee. Vergewe jouself, God het lankal.\u201d<\/p>\n<p>Madrie snak na haar asem en sak op die dro\u00eb grond neer. Sy kyk met gesperde o\u00eb na die vrou. Haar skouers ruk en sy huil met aaklige roggelgeluide. Lotte gaan voort: \u201cEk het nie die gesprek beplan nie. Maar die lewe het ons paaie nie verniet laat kruis nie. Jy was nie die eerste nie, ook nie die laaste van sy verowerings nie. Vandag weet ek dit was nie my skuld nie. Dit was iets in sy diepste wese wat altyd bewonder moes word, avontuur moes beleef, verowering wou smaak. Weet jy, ek glo die nag toe hy hom aan die akkerboom opgehang het, was een van sy suiwerste omgee-oomblikke. Hy het min van homself vir ander gegee. Hy het altyd geglo sy musiek is sy geskenk aan die mensdom, sy talent was sy gawe aan ander. \u201cMaar iewers in die aanloop tot daardie donker nag moes hy besef het hoe vernietigend sy gedrag was, moes hy geweet het hy sou nooit kon verander nie. Miskien was hy bloot bang vir ouer word, sy slag met vroue verloor. Miskien het hy regtig omgegee vir al die vroue op sy kerfstok, vaal ekke ingesluit. Ek glo sy dood was een van die min onselfsugtige dade in sy lewe. Eers toe ek myself en hom vergewe het, kon ek weer leef.\u201d<\/p>\n<p>Die aand dek Madrie die tafel op die stoep met \u2019n wit tafeldoek en wit geborduurde servette soos in die ou dae. Sy steek kerse op. N\u00e1 Martin gedank het, druk Hansie oudergewoonte met sy linkerhand op die stoepmuurtjie, gryp die oorhangende tak met die regter en verdwyn in die takke van die boom. Madrie en Martin kyk lank in stilte uit oor die boorde, die dro\u00ebveld en die ongenaakbare berg op die agtergrond. Die pas gesnoeide vrugtebome is silwerwit in die verdwynende lig. Die kaal takke is skerp afgeteken teen die donker lug. Net voor die swart nag hulle omsluit, is die lug vir oomblikke intens indigoblou. Die kaal gesnoeide bome gryp met strak takke smekend na bo.<\/p>\n<p>\u201cKyk,\u201d s\u00ea Martin later: \u201cDie dennebos daar by die grootpad, die populiere langs die rivier en die berg, die grense van die plaas, die grense van ons eie w\u00eareldjie, is duidelik sigbaar ondanks die donker nag.\u201d\u00a0 En toe antwoord Martin haar op haar dringende ontboeseming vroe\u00ebr die middag in sy studeerkamer. \u201cEk het altyd geweet van Hansie. Daar was tye dat ek jou fisiek uit die bed wou skop, jou kop teen die gangmuur wou stamp.\u201d Hy is lank stil voor hy skor fluister: \u201cMaar ek het altyd geweet ek wil nie sonder jou nie &#8230; en ek het altyd gehoop &#8230; \u201d Die wind speel sag deur die vyeboom se taai blare en streel deur Madrie se hare. \u201cMartin, dis net iemand met \u2019n groot gees wat sulke bedrog kan vergewe. Ek verstaan dit teoreties. Ons word trouens van kindsbeen daarin onderrig dat God ons ondanks alles liefhet, vergewe. Jy moet baie na aan Hom wees om so te kan vergewe. Maar ek moet nog jou vergifnis met my hart aanvaar. Die aanvaarding met my kop is een ding. Om dit met my hart te aanvaar is \u2019n langer pad. Help my, asseblief. Bowenal moet ek myself vergewe. Miskien, Martin, sal hoop uiteindelik die keersy van vergifnis wees.\u201d<\/p>\n<p>Baie, baie later kom Hansie se stem vakerig uit die boom: \u201cMa, ek het gedink, ons moet van m\u00f4re af meetkunde by die tafel onder die boom doen. Ek sukkel met die driehoek en gradeboog hier in die takke.\u201d Martin vat haar hand in die donker. \u201cHoop is die keersy van vergifnis.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Boomkind Hansie kon boomklim voor hy behoorlik kon stap. Niemand het sy vreemde fassinasie met bome verstaan nie. Die pragtige seuntjie het van sy geboorte byna aanhoudend geskree. Madrie, moeg n\u00e1 die moeilike geboorte, was radeloos met die skreeuende [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98934,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[239],"class_list":["post-5102","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhaal"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die Boomkind | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die Boomkind | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Boomkind Hansie kon boomklim voor hy behoorlik kon stap. Niemand het sy vreemde fassinasie met bome verstaan nie. Die pragtige seuntjie het van sy geboorte byna aanhoudend geskree. Madrie, moeg n\u00e1 die moeilike geboorte, was radeloos met die skreeuende [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-06-03T06:58:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:23:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"863\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"13 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Die Boomkind\",\"datePublished\":\"2013-06-03T06:58:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:23:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/\"},\"wordCount\":2505,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg\",\"keywords\":[\"Verhaal\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/\",\"name\":\"Die Boomkind | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg\",\"datePublished\":\"2013-06-03T06:58:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:23:31+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg\",\"width\":863,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-boomkind\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die Boomkind\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die Boomkind | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die Boomkind | rooi rose","og_description":"Die Boomkind Hansie kon boomklim voor hy behoorlik kon stap. Niemand het sy vreemde fassinasie met bome verstaan nie. Die pragtige seuntjie het van sy geboorte byna aanhoudend geskree. Madrie, moeg n\u00e1 die moeilike geboorte, was radeloos met die skreeuende [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-06-03T06:58:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:23:31+00:00","og_image":[{"width":863,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"13 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Die Boomkind","datePublished":"2013-06-03T06:58:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:23:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/"},"wordCount":2505,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg","keywords":["Verhaal"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/","name":"Die Boomkind | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg","datePublished":"2013-06-03T06:58:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:23:31+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Die-boomkind.jpg","width":863,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-boomkind\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die Boomkind"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5102","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5102"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5102\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98934"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5102"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5102"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5102"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}