{"id":49884,"date":"2013-10-25T13:31:09","date_gmt":"2013-10-25T11:31:09","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=49884"},"modified":"2017-07-13T13:12:09","modified_gmt":"2017-07-13T11:12:09","slug":"cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/","title":{"rendered":"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees"},"content":{"rendered":"<p>Bo in die huis klim die kabelkarretjie in die een venster teen Tafelberg uit. In \u2019n ander venster waak die Twaalf Apostels roerloos oor \u2019n koue Atlantiese Oseaan wat verder ondertoe l\u00ea en blink. Ons is vir \u2019n wyle op een van daardie puntjies van die planeet waar jy net die fantastiese vlerkslae van skoonheidskoninginne, topmodelle en rolprentsterre hoor ruis.<\/p>\n<p>Cindy, fiks en fluks, h\u00f3\u00fa van besig wees. En is mal oor organiseer. Sy was maar twaalf toe sy al haar ma oorreed het om die winkels in te vaar vir nuwe klere om aan \u2019n skoonheidskompetisie deel te neem.<\/p>\n<p>\u201cDie hele familie het saamgespeel en opgetrek, almal uitgevat vir die geleentheid,\u201d onthou sy. \u201cPa en Ma het my uit die gehoor uit aangemoedig terwyl my broer, vandag nog min gepla met al die roem en glans, al die ander mooi meisies toegespits het. Ek was in die wolke. Opge-<em>dress<\/em> met gedoende hare en baie in my skik dat ek toegelaat is om \u2019n bietjie lipstiffie aan te sit.\u201d<\/p>\n<p>Sy was uit die staanspoor net gek na die verhoog.\u00a0<span style=\"line-height: 1.5;\">\u201cAg, eintlik sommer oor die hele gedoente. Ek vermoed dis al die geesdrif wat my laat wen het!\u201d\u00a0<\/span>Vandag is sy steeds verbaas oor waarheen dit uiteindelik alles gelei het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk het geen ervaring gehad nie en was met my Edgars-rokkie boonop die jongste deelnemer, maar het nietemin met die louere weggeloop. Een van die pryse was \u2019n modelkursus.<\/em><\/span>\u201d<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar die pad na die Mej. SA-titel en alles wat daarop gevolg het, was glad nie \u2019n oornag suksesverhaal nie. Om vandag \u2019n skoonheidskoningin te wees, verg in teenstelling met wat baie mense dink, veel meer as om net baie mooi of baie dun te wees.<\/p>\n<p>Cindy, van jongs af ambisieus en gedrewe, het \u2019n vermo\u00eb om \u2019n ding te takel, deur te sien en dit dan boonop te geniet met die lewenslus wat haar kenmerk. Daarvan getuig haar meer as sewentig plaaslike en internasionale skoonheidstitels, haar welslae as model en TV-aanbieder en ook haar vernuf in die sakew\u00eareld.<\/p>\n<p>Maar di\u00e9 vrou wat nie daarvoor teruggedeins het om op 16 die buiteland binne te vaar nie, kans gesien het om aan Survivor Santa Carolina deel te neem en al enigiets van mopaniewurms eet tot valskermspring aangedurf het, erken ruiterlik dat die stamperige Kaap tot Ka\u00efro-reis van moederskap h\u00e9\u00e9l ander vereistes aan \u2019n mens stel. As ingelyfde ken sy nou ook situasies wat jou soms wild na vashouplekke laat gryp.<\/p>\n<p>\u201cOm \u2019n ma te wees is beslis een van die moeilikste dinge wat ek tot nog toe gedoen het indien nie di\u00e9 moeilikste nie.\u201d Sy lag. \u201cIn \u2019n stadium het ek, wat altyd so daarna strewe om dinge \u2018reg\u2019 te doen, ietwat desperaat begin voel &#8211; en ek is hoegenaamd nie goed hiermee nie! Ek moes maar mettertyd leer om \u2019n ma te word.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Kleintjies daag jou op elke moontlike vlak van jou menswees uit. Dit is ook verwarrend omdat jy aan die een kant so gelukkig is en so diep liefhet, maar aan die ander kant soms net so moeg is dat jy nie reguit kan dink nie.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die geboortes het gelukkig beter verloop as wat sy dit vir haar voorgestel het. \u201cEk het gedink dit gaan erg en luid en chaoties wees en toe is dit hierdie pynlike maar mooi ervaring met soveel vrede in en om my.\u201d<\/p>\n<p>Waar ander meisies soms van vroeg af drome droom oor trou en kinders h\u00ea, was dit vir lank baie laag op die besige Cindy se prioriteitslys. \u201cEk onthou dat ek van baie kleins af die beste in alles wou wees. Geen mens weet hoekom nie en dit was ook nie weens druk of verwagtinge van my ouers se kant nie. Dit was nou maar net so.<\/p>\n<p>\u201cEk was \u2019n regte meisietjie met bypassende strikkies by my kerkrokke en in my vlegsels vir skool. Maar ek het ook saam met die seuns, en daar is baie in ons familie, gekerjakker; dinge soos om op my oupa se plaas in die mielielande rond te hardloop om die hoenders te probeer vang voor die grootmense agterkom ons het die hek oopgelos.\u201d<\/p>\n<p>As tiener was sy gewoon te besig vir verkeerde dinge. \u201cBehalwe die modelwerk het ek gesing, gedans, aan redenaarskompetisies deelgeneem, netbal gespeel en die seuns toegelaat om my huiswerk af te skryf in ruil daarvoor dat hulle my tas tussen periodes dra. Nie dat hulle noodwendig oor hulle voete geval het vir my met my ronde wange, tande vol drade, lang rompe en plat borsies nie!<\/p>\n<p>\u201cEk het darem \u2019n piksoen van die seun oorkant die straat gekry wat my \u2019n week daarna nog laat bloos het. Skool was net nie my ding nie. Ek wou groter dinge bereik en toe ek hoor ek kan graad 11 en 12 in een jaar doen, het ek my nie tweemaal laat nooi nie. Dit het vir my uiteindelik die vryheid gegee om uiting te gee aan my ondernemingsgees en om my drome te verwesenlik.\u201d<\/p>\n<p>Maar daar is \u2019n tyd vir alles.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cOm te trou en kinders te h\u00ea, was uiteindelik net \u2019n natuurlike uitvloeisel van my liefde vir Clive. Ek dank die Here elke dag daarvoor en ek weet ek sou dit nie vir al die geld in die w\u00eareld anders wou h\u00ea nie.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is vir haar belangrik om dissipline by haar kinders te kweek. \u201cEk is \u2019n streng mamma, iets wat ek seker van my ouers af kry. My ma was en is \u2019n sagte mens, maar jy het geweet jy word geraps as jy nie skoonmaak waar jy mors nie. En my pa was nie verniet \u2019n milit\u00eare man nie; ek moes van jongs af in my spoor trap.<\/p>\n<p>\u201cHy het selfs n\u00e1 skool nog \u2019n stokkie daarvoor gesteek toe ek \u2019n verhouding aangeknoop het met iemand wat hulle nie goedgekeur het nie. Dankie tog daarvoor! Al daardie trane wat ek destyds gestort het, het my ongetwyfeld later baie trane gespaar. By hom kon ek ook baie dinge leer wat my in die sakew\u00eareld goed te pas kom, soos om fyn waar te neem en eerder te luister as te praat.\u201d<\/p>\n<p>Sy kry \u2019n geamuseerde trek op haar gesig. \u201cMense is geneig om \u2019n skoonheidskoningin te onderskat. Hulle dink hulle kan vir jou ore aansit, iets wat nogal vir my stilletjies pret verskaf.<\/p>\n<p>Vandag waardeer ek my ouers se voorbeeld. Soms wil dit \u2019n mens se hart breek om vir \u2019n kind te s\u00ea: nee, jy kan nie dit doen of dat eet nie.<\/p>\n<p>\u201cDit sou soms net soveel makliker wees om te s\u00ea: ja, eet sjokolade vir ontbyt, laai al die speelgoed in die inkopietrollie, spring op die bank, of gaan slaap wanneer jy wil. Maar nou ja, \u2019n ma moet bereid wees om soms die ongewilde een te wees ter wille van goeie maniere en sodat kinders kan leer waar geld vandaan kom.\u201d<\/p>\n<p>Klein kinders verg ook heelwat aanpassings in \u2019n huwelik. Maar, s\u00ea Cindy, Clive is gelukkig \u2019n rustige ou met dieselfde soort agtergrond en waardes as sy. \u201cOns kan dinge saam geniet maar is ook albei hardwerkende mense wat glo dat jy soveel uit die lewe uit haal as wat jy daarin sit.<\/p>\n<p>&#8220;Ek wil geensins probeer voorgee dat ons \u2019n perfekte huwelik het nie. Maar hy het my al geleer om konflik op \u2019n kalmer en logieser manier te hanteer. Ek is goed met mense en gee regtig om, maar is soms ongeduldig en moet maar waak teen \u2019n skerp tong en \u2019n kort humeur. \u2019n Bietjie afkoeltyd help soms om groter duidelikheid oor \u2019n situasie te kry.\u201d<\/p>\n<p>Sy het nog baie ideale. Een daarvan is om eendag \u2019n opleidingskool vir modelle te begin. \u201cEk sou graag vir jong meisies goeie riglyne wil verskaf en vir hulle kontak bewerkstellig met die regte mense sodat hulle \u2019n sukses van hul lewe kan maak. Dit is eintlik verstommend hoe hulle soms oor mense in die kollig kan idealiseer \u2013 ek ervaar dit nogal as \u2019n groot verantwoordelikheid.<\/p>\n<p>\u201cClive s\u00ea altyd ek kan enige tyd net kinders grootmaak, maar ek weet ek is \u2019n beter ma as ek ook buite betrokke bly net soos wat ek \u2019n beter mens is as ek dans. My deelname aan <em>Strictly come Dancing<\/em> is steeds een van die hoogtepunte van my lewe. Die ses jaar as Pasella-aanbieder was ook \u2019n wonderlike leerskool en ek sou in die toekoms weer televisiewerk wil doen.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk is wel op \u2019n punt in my lewe dat ek baie kieskeuriger is met wat ek doen en met wie ek my tyd deurbring sodat my gesin en ons sakeonderneming nie daaronder ly nie.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Cosmetix verskaf landwyd skoonheidsprodukte aan duisende salonne, apteke en kettingwinkels. Clive, tien jaar haar senior, is die stigter en besturende direkteur en is ook by verskeie ander ondernemings betrokke.<\/p>\n<p>\u201cHy was in die jare negentig die jongste sakeman wat \u2019n maatskappy op die JSE genoteer het,\u201d vertel sy. \u201cDie feit dat hy ook vroeg in sy lewe bekendheid verwerf het en in \u2019n soort warrelwindbestaan opgeneem is, help ons om mekaar se w\u00earelde te verstaan.<\/p>\n<p>\u201cEn tog het ons ook \u2019n baie spesiale, private lewe weg van die kameras. \u2019n Paar foto\u2019s hier en daar doen tog nie skade nie,\u201d praat sy oor die kwessie van publisiteit. \u201cDis trouens nogal vir my lekker om my mooi man en kinders met die w\u00eareld te deel \u2013 dalk is dit eendag as sy groot is vir ons klein Aenea \u2019n aardigheid om haar gesin in \u2019n ou tydskrif te sien!<\/p>\n<p>\u201cEk wil vir seker my huwelik en my gesin met alles in my beskerm. Maar ek hou ook daarvan om my steeds te omring met vroue wat daarop ingestel is om hulself te bly ontwikkel sodat hulle as mens kan aanhou groei. \u201cEk wil voortgaan om met die lewe te dans!\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bo in die huis klim die kabelkarretjie in die een venster teen Tafelberg uit. In \u2019n ander venster waak die Twaalf Apostels roerloos oor \u2019n koue Atlantiese Oseaan wat verder ondertoe l\u00ea en blink. Ons is vir \u2019n wyle op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":49888,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[147,1387,3434,4651,23450,24339],"class_list":["post-49884","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-cindy-nell","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Bo in die huis klim die kabelkarretjie in die een venster teen Tafelberg uit. In \u2019n ander venster waak die Twaalf Apostels roerloos oor \u2019n koue Atlantiese Oseaan wat verder ondertoe l\u00ea en blink. Ons is vir \u2019n wyle op [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-10-25T11:31:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:12:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Oct-2013.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"540\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Nicole Kemp\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\"},\"headline\":\"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees\",\"datePublished\":\"2013-10-25T11:31:09+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:12:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/\"},\"wordCount\":1649,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/Oct-2013.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"ons mense\",\"cindy nell\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/\",\"name\":\"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/Oct-2013.jpg\",\"datePublished\":\"2013-10-25T11:31:09+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:12:09+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/Oct-2013.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/Oct-2013.jpg\",\"width\":400,\"height\":540,\"caption\":\"Cindy Nell-Roberts\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\",\"name\":\"Nicole Kemp\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Nicole Kemp\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees | rooi rose","og_description":"Bo in die huis klim die kabelkarretjie in die een venster teen Tafelberg uit. In \u2019n ander venster waak die Twaalf Apostels roerloos oor \u2019n koue Atlantiese Oseaan wat verder ondertoe l\u00ea en blink. Ons is vir \u2019n wyle op [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-10-25T11:31:09+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:12:09+00:00","og_image":[{"width":400,"height":540,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Oct-2013.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Nicole Kemp","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Nicole Kemp","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/"},"author":{"name":"Nicole Kemp","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55"},"headline":"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees","datePublished":"2013-10-25T11:31:09+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:12:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/"},"wordCount":1649,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Oct-2013.jpg","keywords":["bekendes","celebs","ons mense","cindy nell","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/","name":"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Oct-2013.jpg","datePublished":"2013-10-25T11:31:09+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:12:09+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Oct-2013.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Oct-2013.jpg","width":400,"height":540,"caption":"Cindy Nell-Roberts"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cindy-nell-roberts-oor-die-liefde-en-ma-wees\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Cindy Nell-Roberts: oor die liefde en ma-wees"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55","name":"Nicole Kemp","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","caption":"Nicole Kemp"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49884","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=49884"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49884\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/49888"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=49884"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=49884"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=49884"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}