{"id":49723,"date":"2016-04-25T13:46:16","date_gmt":"2016-04-25T11:46:16","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=49723"},"modified":"2017-07-13T13:23:49","modified_gmt":"2017-07-13T11:23:49","slug":"nicole-kidman-sag-maar-sterk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/","title":{"rendered":"Nicole Kidman: sag maar sterk"},"content":{"rendered":"<p>Nicole Kidman het die grasie van \u2019n bokkie, \u2019n jongmeisie-giggel en sy kyk jou effe wantrouig aan. Haar stem laat jou aan karamel dink: soet en sag. Hoewel sy skraal is, straal daar \u2019n krag uit haar uit wat jy nie kan ignoreer nie. En tog wil \u2019n mens haar beskerm. Sy is sjarmant en kan altyd deur \u2019n ring getrek word. Haar rooi tapyt-rokke is ikonies.<\/p>\n<p>Bedags sal jy haar dikwels sien in die styl van die jare veertig \u2013 p\u00earels om die hals, \u2019n truitjie saam met \u2019n manlike broek en plat skoene wat haar vroulikheid net nog meer beklemtoon. Sy sit penregop terwyl sy gesels en stut haar ken op haar hand soos \u2019n blom op \u2019n lang stingel. Tog kry jy die idee dat sy enige oomblik kan weghardloop. Is sy regtig so skugter, of lyk sy net so?<\/p>\n<p>Dis hoe dit is met Nicole in haar lewe en in flieks. Daar is altyd iets anders aan die gang. Jy is bang dat as jy wegkyk, jy iets sal mis. Daarom moet jy nie jou o\u00eb knip wanneer jy in die teenwoordigheid van hierdie ware aktrise is nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Ek assosieer jou met sonskyn. Kom jy ooit in die sneeu?<\/strong><\/p>\n<p>Ons gesin gaan ski gereeld in Kanada en is gewoonlik \u2019n groep van twintig mense. Ons was een jaar daar vasgesneeu &#8211; wat \u2019n koue Kersfees! (lag).<\/p>\n<p><strong>Dit lyk of jy jonger regisseurs verkies?<\/strong><\/p>\n<p>(Lag) Nee, dis nie noodwendig jonger regisseurs nie. Ek probeer om in daardie plek te bly waar akteurs is wanneer hulle net begin toneelspeel; wanneer jy nuwe goed probeer. Ek wil altyd so wees. Ek hou daarvan om my oor te gee aan iets en dapper te wees. Ek wil nooit te bang wees om \u2019n wilde, vreemde keuse te maak nie. Dalk is dit hoekom ek onbewustelik jong regisseurs kies, want ek probeer om my as akteur in situasies te plaas wat nie noodwendig die veiligste plek vir my is nie.<\/p>\n<p>Ek gaan deur stadiums waar ek sekere soorte karakters vertolk. Op die oomblik speel ek gereeld \u2019n ma omdat dit die beskikbare rolle vir vroue van my ouderdom is. Soms\u00a0 handel die rolle oor intense liefde of intense verlies. Ek weet nie hoekom nie, maar dis die soort emosies wat ek goed kan weerspie\u00ebl. Maar soms kies ek \u2019n rol wat heeltemal anders is, soos die een in <em>Paddington<\/em>. Ek het \u2019n blonde pruik gedra en soveel pret gehad. My dogter was mal oor die pruik. Daar hoef nie altyd diep emosie in \u2019n rol te wees nie &#8211; soms is net \u2019n pruik goed genoeg.<\/p>\n<p><strong>Maar gewoonlik is jy aangetrokke tot die ongewone, die gekompliseerde prente met misterieuse storielyne. Is dit dalk die keersy van jou eie lewe?<\/strong><\/p>\n<p>Dis moontlik. Ek het in my kinderjare baie gelees. Ek het \u2019n sterk verbeelding wat nie altyd wil saamspeel nie. Ek dink dis belangrik dat \u2019n akteur \u2019n sterk verbeelding moet h\u00ea. Jy kan nie net die mooi, soet dele van die lewe uitbeeld nie. Die lewe is nie so nie. Kyk maar na goeie literatuur waar die ingewikkeldheid van die lewe dikwels uitgebeeld word.<\/p>\n<p>Daar is verskillende motiverings vir verskillende dinge. Die lewenspad kan lig en donker wees. Dis belangrik om die donkerder kant van jou menswees te ondersoek sodat jy kan besef dat jy nie volmaak is nie en immer na iets beter bly streef.<\/p>\n<p><strong>Ek hoor jy hou van skryf. Sal ons jou werk in \u2019n draaiboek of boek sien?<\/strong><\/p>\n<p>Dalk in \u2019n draaiboek. Ek is besig om iets in \u2019n draaiboek te verwerk, maar of dit ooit die lig gaan sien, weet ek nie. Ek is deesdae baie besig met my kinders en tree darem hier en daar iewers op. As ek gelukkig is, sal ek dalk in die volgende paar jaar &#8211; dalk \u2019n dekade &#8211; iets h\u00ea om te wys. Ek wil nie die regisseur wees nie. Ek sal te blootgestel voel (lag).<\/p>\n<p><strong>Is dit waar dat jy jou trourok op \u2019n vlooimark gekoop het?<\/strong><\/p>\n<p>Ja, op \u2019n vlooimark in Amsterdam! (lag).<\/p>\n<p><strong>Hoe was jou kinderjare?<\/strong><\/p>\n<p>My ma s\u00ea altyd ek kyk deur rooskleurige lense na my grootword-jare, want as kind was ek nooit gemaklik met myself nie. Ek was baie lank met \u2019n ligte vel en het glad nie soos \u2019n tipiese Australiese meisie gelyk nie. Ek wou \u2019n blonde meisie wees wat op die strand rondl\u00ea, maar my vel was so lig dat my ma my nie toegelaat het om strand toe te gaan nie. Dis hoe ek my liefde vir lees ontdek het. My ma het vir my al die klassieke boeke gegee om te lees: <em>War and Peace, Madame Bovary, Crime and Punishment<\/em> \u2013 noem dit maar en ek het dit gelees. Ek het my in hul stories ingeleef en my verbeel ek is die karakters. Dis hoekom ek \u2019n aktrise geword het.<\/p>\n<p><strong>Watter soort pa is jou man (country-sanger Keith Urban)? En hoe gemaak met die kinders wanneer julle albei werk?<\/strong><\/p>\n<p>My dogtertjies is nog nie in die skool nie. Ek het hulle altyd saamgeneem stel toe waar hulle ook \u2019n kamer en \u2019n bed gehad het sodat hulle bedags \u2019n bietjie kon slaap. Dit was vir hulle opwindend om saam met my by die werk te wees, maar oor \u2019n paar jaar sal hulle seker nie meer daarin belang stel nie (lag). Dis eintlik die ideale situasie.<\/p>\n<p>Keith vlieg heen en weer sodat ons nie te lank van mekaar weg is nie. Wanneer hy toer, ry ons almal saam met hom op die bus. Dis gewoonlik vir my \u2019n baie ontspanne tyd en ek kry kans om te skryf. Dis wonderlik omdat ek nie hoef op te tree nie &#8211; net Keith moet elke aand werk. Ons beskou dit as \u2019n soort vakansie.<\/p>\n<p><strong>Wat is die belangrikste les wat jou ma jou geleer het en wat jy ook vir jou kinders sal wil leer?<\/strong><\/p>\n<p>My ma het ons as jong meisies laat verstaan dat ons tot enigiets in staat is en dat daar gelykheid in die w\u00eareld is. Dis wat ek my dogters wil leer. Sy het geglo jy moenie toelaat dat enigiemand jou gees breek nie; jy moet sterk staan en nie konformeer nie. Ek hoop ek kan dit vir my dogters leer, want daar is deesdae so baie druk op jong meisies. Ek dink dis goed dat meisies nie noodwendig doen wat die gemeenskap van hulle verwag nie (lag). Dis goed om \u2019n eie wil te h\u00ea. Ek verkies di\u00e9 ingesteldheid bo onderdanigheid.<\/p>\n<p><strong>Na wie aard jou kinders?<\/strong><\/p>\n<p>Hulle is hul eie mense. Sunday lyk soos Keith en mense s\u00ea Faith lyk soos ek. Die twee het een ding gemeen: albei baie musikaal. Ek moedig dit aan &#8211; ek sal graag \u2019n klein Urban-band wil h\u00ea (lag).<\/p>\n<p><strong>Wat maak jou bang?<\/strong><\/p>\n<p>Die verlies van \u2019n geliefde is my grootste vrees; ook dat een van my geliefdes in pyn verkeer en ek niks daaraan kan doen nie. Nare goed gebeur maar in die lewe, dis deel van die reis. Ek dink baie van die seerkry kan deur onvoorwaardelike liefde genees word. \u2019n Kind het die krag van \u2019n ouer se liefde nodig.<\/p>\n<p>\u2019n Mens leer hoe om die versoekings en die slegte dinge in die w\u00eareld te hanteer deur die liefde en ondersteuning van die gesin. Soms gaan jy dit regkry en soms nie, maar wanneer jy \u2019n sterk basis het, is jy beter toegerus om jou pad deur die lewe te stap. Ek dink die w\u00eareld is grotendeels \u2019n goeie plek wanneer ons kies om so daarna te kyk, maar daar is altyd slegte kragte ook aan die werk, en nare goed gaan gebeur. Dis hoe dit is. Ons moet net van jongs af leer hoe om dit te hanteer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nicole Kidman speel dikwels gekompliseerde rolle, maar in die werklike lewe is die aktrise \u2019n introvert wat eerder by die huis sal bly as om op die rooi tapyt te verskyn.<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":49728,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[147,972,1387,4628,23450],"class_list":["post-49723","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-bekendes","tag-margaret-uit-hollywood","tag-celebs","tag-nicole-kidman","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nicole Kidman: sag maar sterk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nicole Kidman: sag maar sterk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Nicole Kidman speel dikwels gekompliseerde rolle, maar in die werklike lewe is die aktrise \u2019n introvert wat eerder by die huis sal bly as om op die rooi tapyt te verskyn.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-04-25T11:46:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:23:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/MAYNicole04RR.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"419\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Nicole Kemp\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Nicole Kemp\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\"},\"headline\":\"Nicole Kidman: sag maar sterk\",\"datePublished\":\"2016-04-25T11:46:16+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:23:49+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/\"},\"wordCount\":1301,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/MAYNicole04RR.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"Margaret uit Hollywood\",\"celebs\",\"nicole kidman\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/\",\"name\":\"Nicole Kidman: sag maar sterk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/MAYNicole04RR.jpg\",\"datePublished\":\"2016-04-25T11:46:16+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:23:49+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/MAYNicole04RR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/MAYNicole04RR.jpg\",\"width\":400,\"height\":419,\"caption\":\"Nicole Kidman\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nicole Kidman: sag maar sterk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55\",\"name\":\"Nicole Kemp\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Nicole Kemp\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nicole Kidman: sag maar sterk | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Nicole Kidman: sag maar sterk | rooi rose","og_description":"Nicole Kidman speel dikwels gekompliseerde rolle, maar in die werklike lewe is die aktrise \u2019n introvert wat eerder by die huis sal bly as om op die rooi tapyt te verskyn.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-04-25T11:46:16+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:23:49+00:00","og_image":[{"width":400,"height":419,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/MAYNicole04RR.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Nicole Kemp","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Nicole Kemp","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/"},"author":{"name":"Nicole Kemp","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55"},"headline":"Nicole Kidman: sag maar sterk","datePublished":"2016-04-25T11:46:16+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:23:49+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/"},"wordCount":1301,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/MAYNicole04RR.jpg","keywords":["bekendes","Margaret uit Hollywood","celebs","nicole kidman","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/","name":"Nicole Kidman: sag maar sterk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/MAYNicole04RR.jpg","datePublished":"2016-04-25T11:46:16+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:23:49+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/MAYNicole04RR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/MAYNicole04RR.jpg","width":400,"height":419,"caption":"Nicole Kidman"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nicole Kidman: sag maar sterk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/ee6d3db27432284bcd72d1149fda6d55","name":"Nicole Kemp","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8f51673a8e8110d87ff40c216a9a56fffd59a6d8c26116fc08fca41a2b610cf2?s=96&d=mm&r=g","caption":"Nicole Kemp"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49723","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=49723"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49723\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/49728"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=49723"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=49723"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=49723"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}