{"id":49383,"date":"2023-11-21T14:11:05","date_gmt":"2023-11-21T12:11:05","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=49383"},"modified":"2023-11-21T14:16:08","modified_gmt":"2023-11-21T12:16:08","slug":"die-beste-raad-vir-seesiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/","title":{"rendered":"Die beste raad vir reisnaarheid"},"content":{"rendered":"<p>Maak seker jy lees hierdie raad vir reisnaarheid wanneer jy jou tas vir jou eerste bootrit pak, want seesiek is \u2019n\u00a0ware pretbederwer. Gelukkig kan die meeste van ons met \u2019n bietjie gesonde verstand seesiekheid vermy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Simptome van\u00a0reisnaarheid<\/h4>\n<p>\u2022 Jy lyk doodsbleek en voel pap, swak en moeg.<\/p>\n<p>\u2022 Jy voel en word\u00a0vinnig\u00a0naar. Party mense ontwikkel ook diaree.<\/p>\n<p>\u2022 Jy sweet al is dit nie warm nie. Of jy slaan in koue sweet uit, of voel benoud.<\/p>\n<p>\u2022 Jy is lighoofdig en duiselig &#8211; jou ore suis, jou kop is seer en voel dof. Jy sukkel om te konsentreer.<\/p>\n<p>\u2022 Jy voel angstig en haal vlak en\/of vinnig asem. Jy is slaperig en gaap ongewoon meer. Jy sluk aanhoudend.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Raad vir reisnaarheid<\/h4>\n<p>Ons het vir dr. Pete Vincent van die Netcare Reiskliniek in Tokai, Kaapstad, om raad genader. Ons wou spesifiek weet wat jy kan doen om jouself te help.<\/p>\n<p>&#8220;Seesiekheid ontstaan omdat jou liggaam aanvoel jy beweeg maar jou o\u00eb wys dat alles rondom jou stil staan. Jou binne-oor \u2018verstaan\u2019 dit nie en pas dus nie aan nie, met die gevolg dat jy die tipiese simptome van naarheid, duiseligheid en so meer ontwikkel.<\/p>\n<p>&#8220;Voorkoming is die beste raad omdat dit moeiliker is om simptome soos duiseligheid en vomering te stop as dit\u00a0eers begin het.<\/p>\n<p>&#8220;Jy kan met \u2019n paar eenvoudige stappe\u00a0jou liggaam help om vinnig aan te pas en so keer dat jy\u00a0seesiek raak.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-49470 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Boot-op-see-500x334.jpg\" alt=\"Boot-op-see\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Natuurlike raad vir reisnaarheid<\/h4>\n<p>Wat as jy nie van medikasie hou nie? Of reeds ander medikasie gebruik en nie nog iets daarby wil sit nie?\u00a0Dr. Vincent s\u00ea die beste voorkoming is juis nie gebaseer op medikasie nie, soos die volgende:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>1. Bly so na aan die middel van die boot as wat jy kan<\/strong><\/p>\n<p>Jou liggaam sukkel om by die beweging aan te pas. Help jouself deur aan die begin op die stilste deel van die boot te bly.\u00a0Waar is dit? Die middelste deel van die boot (en regoor die vlerke, as jy met vlugnaarheid sukkel) is die stabielste, terwyl die meeste beweging op die boeg en agterdek plaasvind.<\/p>\n<p>As jy weet jy is geneig tot seesiekheid, bespreek \u2019n\u00a0kajuit na\u00a0aan die middel van die laagste dekke.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>2. Help jou o\u00eb om beweging te interpreteer<\/strong><\/p>\n<p>Wanneer die boot die hawe verlaat, kry \u2019n gemaklike sitplek en kyk in die rigting waarheen die boot vaar. Dit help jou o\u00eb om die beweging te interpreter.\u00a0Jy kan soos wat die boot\u00a0uitvaar, kyk hoe die hawe kleiner raak; kyk later na die horison.<\/p>\n<p>Sit buite waar jy lekker vars lug kan inasem.\u00a0Moenie nou sit en lees nie. Skakel ook elektroniese ware af en vermy televisie, rekenaar en selfs speletjies op jou selfoon.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>3. Eet lig en gesond \u2013 en los die sjampanje vir jou eerste sonsondergang op die boot<\/strong><\/p>\n<p>Eet \u2019n\u00a0ligte maaltyd sowat drie uur voor die boot vertrek met vars groente, vrugte en hoender of vis en water.<\/p>\n<p>Wat jy in die 24 uur voor jou reis moet vermy is\u2019n\u00a0swaar, ryk, groot ete, sterk kruie, baie sout en \u2019n\u00a0hele paar glase wyn.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>4. Haal diep en ritmies asem<\/strong><\/p>\n<p>Ritmiese asemhaling is baie kalmerend.\u00a0Keer dat jy hiperventileer deur vir ses tellings in te asem, asem op te hou vir drie tellings, dan uit te blaas vir ses tellings en dan drie tellings te wag voor jy weer inasem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>5. Druk op jou pols<\/strong><\/p>\n<p>Baie mense vind dat akupunktuur hul naarheid verlig. Jy kan spesiale akupunktuur-armbandjies koop wat aaneenlopende druk op die akupunt op jou pols plaas, of jy kan self op jou pols se akupunt druk.\u00a0Dit sit aan die binnekant van jou pols, twee vingerbreedtes onder jou handgewrig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>6. Suig\u00a0\u2019n\u00a0peperment en drink gemmertee of gemmerbier<\/strong><\/p>\n<p>Peperment en gemmer help om naarheid te laat bedaar.\u00a0\u2019n\u00a0Klein bietjie suiker help ook. Drink\u00a0dus \u2019n\u00a0lepeltjie suiker of twee in jou tee, en drink gemmerbier.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Mediese raad vir\u00a0reisnaarheid<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hou die volgende items in jou noodhulpkissie wanneer jy reis:<\/p>\n<p>\u2022 Stugeron (jy kan dit oor die toonbank by jou apteek koop).<\/p>\n<p>\u2022 As jy uit ervaring\u00a0weet jy raak erg seesiek, vra jou dokter om iets voor te skryf.<\/p>\n<p>\u2022 Vra uit oor die newe-effekte: sekere medikasie is baie suksesvol maar maak jou ook baie slaperig, terwyl die ligter middels effens minder doeltreffend kan wees maar jou ook minder aantas. Mense met hart-, lewer- of nierprobleme kan sekere middels nie gebruik nie.<\/p>\n<p>\u2022 Daar is \u2019n\u00a0hele aantal opsies: pille, stropies vir kinders, langwerkende formules sodat jy net twee keer per dag pille hoef te sluk, en selfs \u2019n\u00a0plakker. Die plakker is ongelukkig nie op land beskikbaar nie maar kan moontlik aan boord gekoop word. Onthou net dat jy betaal vir medikasie en doktersbesoeke aan boord.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vakansieskoonheid-sos\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Vakansieskoonheid SOS<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is raad vir reisnaarheid van reisdokter Pete Vincent wat jou sommer gou-gou reg sal kry vir \u2019n onvergeetlike plesiervaart. En moenie sleg voel as jy die een is wat seesiek raak nie &#8211; seesiekheid kan enigeen tref, selfs gesoute bootpersoneel. Deur Salom\u00e9 Delport. Foto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":140909,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[4585,4587,4589,4591,4592,753,3830,4552,4553,4577,4578],"class_list":["post-49383","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-vlugnaarheid","tag-pille-vir-naarheid","tag-simptome-van-seesiek","tag-medikasie-vir-reisnaarheid","tag-akupunktuur","tag-salome-delport","tag-rondrits","tag-bootreis","tag-reisnaarheid","tag-raad-vir-seesiek","tag-naar-op-boot"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die beste raad vir reisnaarheid | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hier is raad vir reisnaarheid van reisdokter Pete Vincent wat jou sommer gou-gou reg sal kry vir \u2019n onvergeetlike plesiervaart.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die beste raad vir reisnaarheid | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is raad vir reisnaarheid van reisdokter Pete Vincent wat jou sommer gou-gou reg sal kry vir \u2019n onvergeetlike plesiervaart.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-11-21T12:11:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-11-21T12:16:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"988\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Die beste raad vir reisnaarheid\",\"datePublished\":\"2023-11-21T12:11:05+00:00\",\"dateModified\":\"2023-11-21T12:16:08+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/\"},\"wordCount\":804,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg\",\"keywords\":[\"vlugnaarheid\",\"pille vir naarheid\",\"simptome van seesiek\",\"medikasie vir reisnaarheid\",\"akupunktuur\",\"Salom\u00e9 Delport\",\"rondrits\",\"bootreis\",\"reisnaarheid\",\"raad vir seesiek\",\"naar op boot\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/\",\"name\":\"Die beste raad vir reisnaarheid | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg\",\"datePublished\":\"2023-11-21T12:11:05+00:00\",\"dateModified\":\"2023-11-21T12:16:08+00:00\",\"description\":\"Hier is raad vir reisnaarheid van reisdokter Pete Vincent wat jou sommer gou-gou reg sal kry vir \u2019n onvergeetlike plesiervaart.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg\",\"width\":1920,\"height\":988},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-seesiek\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die beste raad vir reisnaarheid\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die beste raad vir reisnaarheid | rooi rose","description":"Hier is raad vir reisnaarheid van reisdokter Pete Vincent wat jou sommer gou-gou reg sal kry vir \u2019n onvergeetlike plesiervaart.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die beste raad vir reisnaarheid | rooi rose","og_description":"Hier is raad vir reisnaarheid van reisdokter Pete Vincent wat jou sommer gou-gou reg sal kry vir \u2019n onvergeetlike plesiervaart.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-11-21T12:11:05+00:00","article_modified_time":"2023-11-21T12:16:08+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":988,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Die beste raad vir reisnaarheid","datePublished":"2023-11-21T12:11:05+00:00","dateModified":"2023-11-21T12:16:08+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/"},"wordCount":804,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg","keywords":["vlugnaarheid","pille vir naarheid","simptome van seesiek","medikasie vir reisnaarheid","akupunktuur","Salom\u00e9 Delport","rondrits","bootreis","reisnaarheid","raad vir seesiek","naar op boot"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/","name":"Die beste raad vir reisnaarheid | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg","datePublished":"2023-11-21T12:11:05+00:00","dateModified":"2023-11-21T12:16:08+00:00","description":"Hier is raad vir reisnaarheid van reisdokter Pete Vincent wat jou sommer gou-gou reg sal kry vir \u2019n onvergeetlike plesiervaart.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/ben-o-bro-ZbWSt_Hz0-I-unsplash-e1700568779676.jpg","width":1920,"height":988},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-seesiek\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die beste raad vir reisnaarheid"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49383","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=49383"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/49383\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/140909"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=49383"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=49383"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=49383"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}