{"id":48589,"date":"2023-05-11T09:58:27","date_gmt":"2023-05-11T07:58:27","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=48589"},"modified":"2023-05-11T09:59:07","modified_gmt":"2023-05-11T07:59:07","slug":"ovaskenking-geweldige-leerkurwe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/","title":{"rendered":"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe"},"content":{"rendered":"<p>Jy moet by die sirkel regs draai. Of links? Ry so \u2019n entjie, verby \u2019n klomp strate tot om die draai. En dan is ons die eerste of die tweede straat daar naby.\u201d<\/p>\n<p>Dit is hoe Anieka Malan die pad na haar blyplek verduidelik.<\/p>\n<p>Dit is \u2019n dromer, di\u00e9 een, lei jy af.<\/p>\n<p>Sy is nie n\u00e9t \u2019n dromer nie, s\u00ea die twintigjarige Stellenbosse student gou. Sy is \u2019n d\u00f3\u00e9nende dromer; een wat haar hele hart sal gee en baie hard sal werk om groot kwessies op te los. Sy wil onder meer eendag as makro-ekonoom help om die Second Scramble for Africa te bestuur sodat Afrika nie weens die sogenaamde tweede imperialisme vanuit China weer alles verloor nie.<\/p>\n<p>\u201cJy kan groot dinge regkry as jy jouself <em>apply<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Toe sy destyds verby \u2019n stalletjie stap waar ovaskenkers onder studentemeisies gewerf word, was s\u00fd die een wat haarself letterlik wou gee om iemand te help.<\/p>\n<p>\u201cDink net hoe dit moet voel as jy die een ding wat \u2019n vrou definieer \u2013 om \u2019n ma te kan wees \u2013 nie kan doen nie? Dit is iets wat ek weet ek m\u00f3\u00e9t h\u00ea \u2013 my eie kinders, eendag.<\/p>\n<p>\u201cJong meisies soos ek het duisende kosbare eierselle wat doodeenvoudig weggegooi word omdat niemand genoeg omgee oor ander vroue se kinderloosheid nie. Ons kan so maklik help as ons net verby ons eie judgements kyk. Dit is \u2019n ongelooflike, uiters persoonlike <em>charity<\/em>.<\/p>\n<p>\u201cEk het my ma daardie aand gebel en dadelik vertel hoe \u2019n koel ding dit is om vir iemand anders te doen. Ek het nie eens aan die geld gedink nie. Ek het net gevoel ek kan iemand se lewe ongelooflik positief be\u00efnvloed. Ek wou uit my hart uit help.\u201d<\/p>\n<p>Dit was in haar eerste jaar, en sy was te jonk om ova te skenk. Maar die saadjie was geplant, reg om saad te skiet.<\/p>\n<p>Twee jaar later kontak Alisha Mitchell haar op facebook met \u2019n persoonlike In Box-boodskap: Stel\u00a0sy in ovaskenking belang? En \u2019n lekker sakgeldjie en vakansie in Indi\u00eb en Nepal?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em><span style=\"text-decoration: underline;\">Skenk liewer in SA. Ons wet beskerm jou deeglik<\/span><\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cSy het my na die webwerf verwys \u2013 die Kiran Infertility Centre in Indi\u00eb. Ek het hulle ge-google en weer met my ma oor die risiko\u2019s gesels. Alles het goed gelyk. En so baie meisies doen dit en kom sonder probleme terug. Ek het die aanbod aanvaar.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens voel so g\u00f3\u00e9d. Jy gaan as \u2019n heldin in die situasie in. Ek het regtig nie veel oor die geld gedink nie.\u00a0Jy gaan om mense te help, en jy is reg daarvoor.\u201d<\/p>\n<p>Kort voor lank was die geld in\u00a0haar bankrekening, die afspraak met \u2019n plaaslike ginekoloog deurgedraf en die vliegkaartjie in haar sak. Toe is dit Hiderabad, Indi\u00eb. Met meer vakansie as \u201cwerk\u201d.<\/p>\n<p>\u201cDie hotel was wonderlik. Ek is op uitstappies geneem. Ek was so oorweldig deur die skouspel van mense, die hartverskeurende\u00a0armoede en die kontraste. Ek sal nooit die meisietjie vergeet wat op die ashope sit en tog nog haar huiswerk doen nie.<\/p>\n<p>\u201cDie kliniek is pragtig, Eerstew\u00earelds en die personeel ondersteunend. Ek was heeltemal tevrede dat hulle weet wat hulle doen toe hulle my begin behandel. Aan die begin was ek alleen maar n\u00e1 \u2019n week het \u2019n meisie, Stella, ook met behandeling begin.\u201d<\/p>\n<p>Sewe dae later was die dokter tevrede dat sy gereed is vir ovaskenking. Sy is daarvoor na Katmandu in Nepal gestuur.<\/p>\n<p>Katmandu was selfs ho\u00ebr as Indi\u00eb op haar droom-lys. \u201cDie natuur is net ongelooflik. En die mense is so vriendelik. Dit is \u2019n eksotiese, anderste plek. Ek kon net in die strate dwaal, so verwonderd\u00a0oor wat ek sien.\u201d<\/p>\n<p>Al was dit by \u2019n ander kliniek, het alles ook op die oog af goed gelyk. Sy is vir die prosedure opgeneem. N\u00e1 sowat ses uur het die\u00a0verpleegster haar \u2019n toebroodjie gegee en hotel toe gestuur.\u00a0Toe begin dinge skeef loop \u2026 En die span laat haar in die steek.<\/p>\n<p>\u201cBy die hotel het ek begin sleg voel. Hier\u201d \u2013 sy wys na waar haar eierstokke sit \u2013 \u201chet dit so groot soos polonies opgeswel en geklop. Ek kon nie asemhaal nie en het geweldig pyn gehad. Al wat ek geweet het, is dat daar groot fout is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>Skenk om die r\u00e9gte\u00a0rede \u2013 omdat jy iemand wil help<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cToe ek n\u00e1 die prosedure wakker word, het ek die dokter hoor s\u00ea hulle kon 24 ova uithaal. Ek was nog nie heeltemal by nie maar ek het toe al in my agterkop geweet dit is verkeerd. Die hele tyd in Indi\u00eb het die dokter ook elke keer die suster ingeroep as hulle na die sonars kyk wat geneem word om te sien of jy ovuleer.<\/p>\n<p>Ek het die dokter gebel maar hy het ges\u00ea my reaksie is normaal en ek moenie myself opwerk nie. Dit het al erger geraak en ek het Alisha in Suid-Afrika en die kliniek in Indi\u00eb ook gebel.<\/p>\n<p>\u201c\u00c1lmal van hulle het ges\u00ea ek verbeel my, ek is net histeries en ek moet maar net water drink en slaap. Toe ek weer bel en s\u00ea dit word al erger en iets ernstigs moet fout wees, het hulle \u2013 almal van hulle \u2013 alle verdere oproepe van my ge\u00efgnoreer.<\/p>\n<p>\u201cEk was alleen \u2013 en skielik dood, doodbang om dood te gaan. Maar dit is dan dat jy jou eie krag leer ken. Ek het die hotelbe-stuurder oorreed om die kliniek te bel en ge\u00ebis dat hulle my opneem.<\/p>\n<p>\u201cHulle het my op \u2019n drup gesit, slaappille ingejaag en op die vliegtuig terug Suid-Afrika toe gepos.\u201d<\/p>\n<p>Stoksielalleen en goed bedwelmd weens die slaappille.<\/p>\n<p>\u201cDie terugvlug was 32 uur lank, met oorklimme. Ek weet nie hoe ek elke keer die regte vlugte gekry het nie. Ek het net.\u201d<\/p>\n<p>Anieka erken sy het so half ingekoop op almal se gerusstelling dat haar reaksie normaal is. Sy het haarself vertel dat sy eintlik maar net hardlywig is, of selfs \u2019n bietjie voedselvergiftiging van die toebroodjie het. Daarom is sy sommer na \u2019n apteek-kliniek op Stellenbosch.<\/p>\n<p>Ek het alles vertel: hoe ek wonder of daar iets fout is weens die skenking, en of dit dalk maar net my maag is wat pla. Die suster het my \u2019n lakseermiddel gegee, en ges\u00ea ek moet maar net rus. Sy het my nogal baie geprys dat ek so iets vir iemand anders gedoen het. Maar ek het regtig \u00e1\u00e1klig bly voel.\u201d<\/p>\n<p>Haar ma, wat in Gauteng woon, was teen di\u00e9 tyd uiters bekommerd en het \u2019n vriendin gestuur om te kom kyk of\u00a0alles reg is.<\/p>\n<p>Met \u2019n oorgroot skep genade was sy \u2019n pasi\u00ebnt van dr. Johannes van Waart van die Wijnland Fertiliteitskliniek, m\u00e9t sy nommer op haar selfoon. So word Anieka dieselfde aand opgeneem in een van die min plekke in Suid-Afrika waar hulle presies weet wat aan die gang is en presies die regte behandeling vir die behoud van haar eierstokke kon gee.<\/p>\n<p>Buiten haar eierstokke was haar lewe op \u2019n mespunt: in daardie stadium het haar een long reeds platgeval en haar risiko op beroerte \u2013 op twintig \u2013 was hemelhoog.\u00a0Dit het haar \u2019n week in die hospitaal en R50 000 tot\u00a0R80 000* gekos voor sy\u00a0sou uitstap.<\/p>\n<p>\u201cGelukkig, gelukkig het ek by die regte mense beland. As ek by \u2019n gewone ginekoloog aangeklop het, sou hy \u2019n sist op die eierstokke gediagnoseer het en my eierstokke verwyder het. En dan sou ek nooit, ooit my eie kinders kon\u00a0h\u00ea nie.\u201d<\/p>\n<p>(*N\u00e1 onderhandelings het die kliniek in Indi\u00eb geskik en die hele bedrag betaal maar as hulle geweier het sou Anieka dit moes opdok.)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat kan fout gaan?<\/h4>\n<p><strong>Dr. Johannes van Waart van die Wijnland Fertiliteitskliniek verduidelik dit so:<\/strong><\/p>\n<p>Jy word met <strong>vrugbaarheidshormone<\/strong> behandel wat jou eierstokke stimuleer sodat jy meer as net die gewone een eiertjie vrystel.<\/p>\n<p>Dit is een van jou liggaam se eie, natuurlike hormone.<\/p>\n<p>Die hormoon is dus nie \u2019n probleem nie. Dit is die <strong>dosis<\/strong> wat bepaal of dit veilig vir jou is.<\/p>\n<p>Vir <strong>eierskenking<\/strong> ontvang jy \u2019n groot hoeveelheid hiervan.<\/p>\n<p>Jy is veilig, mits die dosis <strong>gemonitor<\/strong> word sodat dit nie oor \u2019n spesifieke drempelwaarde gaan nie.<\/p>\n<p>Dit is juis hier waar jy aan die <strong>kliniek se integriteit<\/strong>\u00a0uitgelewer is. As hulle uit jou <strong>wins<\/strong> moet maak, wil hulle soveel moontlik eiers verwyder, en jou soveel stimuleer as waarmee hulle kan wegkom, al raak die risiko\u2019s hoog. Hulle kan druk tot net di\u00e9 kant van jou lewe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat gebeur as jy t\u00e9 veel hormoon ontvang?<\/strong><\/p>\n<p>Jou <strong>bloed<\/strong> begin verdik.<\/p>\n<p>Stolsels (<strong>bloedklonte<\/strong>) vorm, wat beroerte kan veroorsaak.<\/p>\n<p>Jy kan ook \u2019n <strong>trombose<\/strong> (bloedklont wat iewers \u201cvashaak\u201d) ontwikkel, veral as jy \u2019n lang terugvlug het en heeltyd stilsit. Dit sal in \u2019n stadium loskom en na jou hart of brein skiet, met \u2019n <strong>beroerte<\/strong> of <strong>hartaanval<\/strong> tot gevolg. Die skade kan <strong>permanent<\/strong> wees, en <strong>sterfte<\/strong> is nie uitgesluit nie.<\/p>\n<p>Omdat jou <strong>liggaam<\/strong> se <strong>vogbalans<\/strong> aangetas is, verander jou <strong>kaliumbalans<\/strong> ook. Dit lei tot <strong>nierskade<\/strong>. Jou hartritme word aangetas, wat tot jou dood kan lei.<\/p>\n<p>Jy sal ook <strong>vog op die longe<\/strong> ontwikkel, en baie swaar asemhaal. Een of albei longe kan platval. As albei\u00a0platval, sterf jy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4 Foute wat jy\u00a0ni\u00e9 durf maak nie<\/h4>\n<p><strong>Hoe sou Anieka dit anders doen?<\/strong><\/p>\n<p>\u201cAs ek terugkyk, weet ek ek het te maklik vertrou. Ek het hulle sommer net geglo. Al is dit \u2019n fantastiese idee om eiers te skenk, een wat ek altyd sal ondersteun, moes ek dit net nie so aangepak het nie. Moenie di\u00e9 foute maak nie<\/p>\n<p><strong>1 Jy kry sommer net \u2019n ginekologiese ondersoek<\/strong><br \/>\n\u2019n Mens m\u00f3\u00e9t vooraf hier in Suid-Afrika vir \u2019n spesifieke ginekologiese ondersoek vir ovaskenkers gaan. \u2019n Gewone ginekoloog kyk maar net dat jy gesond is. Hulle kan nie seker maak jy het nie polisistiese ovaria nie. Gaan vooraf na \u2019n fertiliteitspesialis, al betaal jy self daarvoor.<\/p>\n<p><strong>2 Oningeligtheid<\/strong><br \/>\nJy moet dieper grawe as om net die kliniek te google. Jy moet vooraf vasstel wat die tekens van komplikasies is sodat jy w\u00e9\u00e9t wanneer iets verkeerd loop. Ek sou dan beter ingelig gewees het toe ek na-effekte begin kry het. Die ginekoloog wat ek gespreek het, het my nie eens gewaarsku dat daar komplikasies kan wees nie.<\/p>\n<p><strong>3 Jy is alleen<\/strong><br \/>\nDit is \u2019n fout om alleen te gaan. Ek was sonder hulp of ondersteuning in \u2019n vreemde land. Ek kry nou nog koue rillings as ek dink wat kon gebeur het. Ek het nog<br \/>\nnie eens aan mensehandel begin dink nie.<\/p>\n<p><strong>4 Jy verstaan nie die implikasies van elke punt in die kontrak nie<\/strong><br \/>\nEk het aanvaar dat die kontrak my sal beskerm en nie regtig vasgestel wat sekere terme beteken nie. Ek het regtig nie besef hoe sonder verweer ek is nie. Ek het my regte op nasorg weggeteken.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Skenk jy oorsee?<\/strong><br \/>\n\u2019n Ondersoek deur \u2019n gewone, plaaslike ginekoloog is nie goed genoeg nie. N\u00e9t fertiliteitsginekolo\u00eb doen die fyner ondersoeke wat bepaal of jy veilig kan skenk.\u00a0Bel\u00ea hierin en betaal vir jou eie ondersoek \u2013 v\u00f3\u00f3r jy\u00a0oorsee vertrek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kommunikasie-tussen-jou-en-jou-kind\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kommunikasie tussen jou en jou kind<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Uit die diepte van haar idealistiese, vrygewige, twintigjarige hart wou sy deur ovaskenking kinderlose vroue die innige geluk van \u2019n eie baba gee. En toe loop dinge skeef \u2026 Deur Salom\u00e9 Delport. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":137325,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949],"tags":[136,1783,2481,3590,4475],"class_list":["post-48589","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","tag-gesondheid","tag-swangerskap","tag-eierselle","tag-ovaskenking","tag-eierselskenking"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ovaskenking: my geweldige leerkurwe | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Uit die diepte van haar idealistiese, vrygewige, twintigjarige hart wou sy deur ovaskenking kinderlose vroue die innige geluk van \u2019n eie baba gee. En toe loop dinge skeef \u2026\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Uit die diepte van haar idealistiese, vrygewige, twintigjarige hart wou sy deur ovaskenking kinderlose vroue die innige geluk van \u2019n eie baba gee. En toe loop dinge skeef \u2026\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-05-11T07:58:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-05-11T07:59:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1536\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe\",\"datePublished\":\"2023-05-11T07:58:27+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-11T07:59:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/\"},\"wordCount\":1846,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"swangerskap\",\"eierselle\",\"ovaskenking\",\"eierselskenking\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/\",\"name\":\"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-05-11T07:58:27+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-11T07:59:07+00:00\",\"description\":\"Uit die diepte van haar idealistiese, vrygewige, twintigjarige hart wou sy deur ovaskenking kinderlose vroue die innige geluk van \u2019n eie baba gee. En toe loop dinge skeef \u2026\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1536},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe | rooi rose","description":"Uit die diepte van haar idealistiese, vrygewige, twintigjarige hart wou sy deur ovaskenking kinderlose vroue die innige geluk van \u2019n eie baba gee. En toe loop dinge skeef \u2026","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe | rooi rose","og_description":"Uit die diepte van haar idealistiese, vrygewige, twintigjarige hart wou sy deur ovaskenking kinderlose vroue die innige geluk van \u2019n eie baba gee. En toe loop dinge skeef \u2026","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-05-11T07:58:27+00:00","article_modified_time":"2023-05-11T07:59:07+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1536,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe","datePublished":"2023-05-11T07:58:27+00:00","dateModified":"2023-05-11T07:59:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/"},"wordCount":1846,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg","keywords":["Gesondheid","swangerskap","eierselle","ovaskenking","eierselskenking"],"articleSection":["Leef gesond"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/","name":"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg","datePublished":"2023-05-11T07:58:27+00:00","dateModified":"2023-05-11T07:59:07+00:00","description":"Uit die diepte van haar idealistiese, vrygewige, twintigjarige hart wou sy deur ovaskenking kinderlose vroue die innige geluk van \u2019n eie baba gee. En toe loop dinge skeef \u2026","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/colin-maynard-CEEhmAGpYzE-unsplash.jpg","width":1920,"height":1536},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ovaskenking-geweldige-leerkurwe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ovaskenking: my geweldige leerkurwe"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48589","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=48589"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48589\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/137325"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=48589"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=48589"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=48589"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}