{"id":4855,"date":"2013-02-26T13:40:00","date_gmt":"2013-02-26T11:40:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/"},"modified":"2016-03-17T14:26:11","modified_gmt":"2016-03-17T12:26:11","slug":"kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/","title":{"rendered":"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd"},"content":{"rendered":"<p>In die geskiedenis van Kroasi\u00eb is die tydspel deur eeue heen met oneindige herhaling gespeel. Dis \u2018n spel tussen lig en donker wat die verbygaan van tyd op die groot horlosie se wyserplaat afmeet soos die sonlig iedere nuwe dag die donker van die nag verdryf. Dis soos die Bora uit die noordpool wat die winter ysig koud inblaas en die Sirocco uit die Sahara woestyn wat daarna die somer weer vuurwarm terugbring.<\/p>\n<p>Tussen hierdie lig en donker swerf die skaduwees van tyd. In die lente bring dit nuwe botsel en blare wat in die somer lieflike skaduwees en vrugte van die arbeid uit wingerde en boorde lewer. In die herfs val die verkleurende blare na die grond en bly net spookagtige winterse skaduwees oor van kaal boomstamme en yl takke.<\/p>\n<p>Wanneer jy so na Kroasi\u00eb kyk sien jy \u2018n land geskep uit die smeltkroes van eeue. Sy mense se lewens het oor honderde jare dikwels in die kil winterskaduwee van tyd verwyl. Hulle triomf om uiteindelik \u2018n onafhanklike nasie te word met \u2018n eie landsgebied het sy offers gevra. Hul dankbaarheid daarvoor is soos \u2018n skaduwee wat hulle getrou iedere dag volg. Dit bemoedig en skep nuwe hoop wat \u2018n blye nuwe daeraad vir hulle uit elke donker nag laat verrys.<\/p>\n<p>Want hierdie is \u2018n volk wat steeds die toekoms met entoesiasme aanpak.<\/p>\n<p>Op die swart seerotse by Opatija waarteen die ogendbries die lui seegolfies begin vasdryf, staan die Meisie met die Seemeeu. Sy groet die koms van die nuwe dag in die helder rosigkleurende los wolkies wat verbywaai. Straks mag die seemeeu sy vlerke sprei en grasieus op wieke van die wind die moreson tegemoet sweef. Ver onder oor die water sal sy skaduwee sy vrye vlug uit die laaste greep van die nagdonker die nuwe daglig in volg.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_0581 rr(1).jpg\" alt=\"\" width=\"299\" height=\"448\" \/><\/div>\n<p>Soos die rotse by die see is die land van Kroasi\u00eb &#8211; hard en klipperig. Om met klip te werk is \u2018n natuurlike refleksie van Kroasi\u00ebs se verbintenis met hulle omgewing. Hierdie uitdagende natuuromstandighede kontrasteer met \u2018n eenvoudige maar ryk polsende volkskultuur. Die ritmes van lewe word weerspie\u00ebl in liedere, danse en kuns wat geraam hang teen die onverbiddellike agtergrond van donker rotse, \u2018n heldere blou see en lug.<\/p>\n<p>Hier geniet elkeen \u2018n eie stukkie land en see onder hulle eie stukkie van die hemelse helder blou lug.<\/p>\n<p>Wanneer die daeraad in die Ooste breek sal die eerste ver skietende sonstrale die seilskip in die hawe van \u0160ibenik se ho\u00eb maste tref. Algaande sal die son soos \u2018n takelaar afwaarts werk om die skip se romp uit die nagdonkerte van die see te bevry sodat slegs sy skaduwee in die waterspie\u00ebling nog aan sy verbintenis met die donker nag mag herinner.<br \/>\nAanstonds sal die groot seile gehys word en wanneer hulle bol staan in die oggend landwind, sal die statige klipper-replika uit vergange se dae weer die groot oseaan aandurf om \u2018n ryke seevaarttradisie van Kroatiese seemanne van durf en daad voort te sit.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_1948 rr.jpg\" alt=\"\" width=\"299\" height=\"448\" \/><\/div>\n<p>Wanneer die skip die waters tussen die eilande klief sal die matrose begin om die waaghalsige seerowersverhale van toeka met begraafde skatte en al op te diep. Stories van vergane skepe en kosbare vragte goud en silwer wat saam daarmee heen is sal opnuut die verbeelding aangryp.<\/p>\n<p>\u2018n Ou en \u2018n nuwe w\u00eareld sal onder die wapperende skaduwees van die seile bymekaarkom om avonture uit vergange se dae met die van vandag saam te smee soos die klipper voortstu om Kroasi\u00eb steeds met verre bestemmings oor die see te verbind.<\/p>\n<p>Soos die daglig sterker en die skaduwees meer intens word, sal die berghange vanaf die hoogste punte vinnig tot in die diepste van die dale ophelder. Die lig sal deur \u2018n oop venster van \u2018n afgebrande murasie straal waarvan die muur aan die skadukant verskeie kapmerke van geweerkoe\u00ebls weg het.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/IMG_2379 rr.jpg\" alt=\"\" \/><\/div>\n<p>Die krake wat nou nog in die pleister van die muur sigbaar is, sal wil verhaal van \u2018n oorlog wat daar gewoed het en \u2018n familie wat lank nie meer vrolike warm lewe aan die huis gee nie. Dis asof die donkerte van die nag die afskuwelike van die verhaal in sy sluier sal wil verberg en dit slegs ten dele in die skadu van die dag ontbloot. Aan die agterste sonkant van die muur wat nou gister en vandag van mekaar skei, kan die oog nie sien nie.<\/p>\n<p>Tog breek daar deur die vensterraam \u2018n helder blou hemelruim wat ook die bokant van die muur omvou. Terwyl dit die gruwel van die afgebrande huis skerper afets, bied dit nogtans aan die ligkant van die muur \u2018n meer sigbare vooruitsig op \u2018n nuwe toekoms wat hopelik net blyer van aard kan wees.<\/p>\n<p>In Kroasi\u00eb vergaan die hoop nooit nie.<\/p>\n<p>\u2018n Langer wordende menseskaduwee teen \u2018n eeue oue kasteelklipmuur teken die verbygaan van die ure aan. Teen hierdie muur is die dag en nag kortstondig as dit gemeet word teen die grysheid van tyd waarin die kasteel se meestersteenhouers se handewerk die massiewe bouwerk geskep het. Dit maak van die hedendaagse mens maar \u2018n toevallige verbyganger waarvan die koms van die nag spoedig sy vlietende skaduspore sal wegvee.<\/p>\n<p>In die Weste van Rovinj trek die son laatmiddag water. Die skaduwees verdonker teen die mure van die hawegeboue en straks is dit nog net die toppunt van die kerktoring wat in die laaste ligstrale van die dag sal glinster voordat die nagdonker dit ook met die hemelruim versmelt.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/IMG_0792-rr.jpg\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"234\" \/><\/div>\n<p>Op die vissersbote wat nou nog allenig ronddobber, sal die vissermanne aanstonds beweging bring as hulle gereedmaak om uit te vaar vir die nag se vangs. Eers moreoggend teen dagbreek sal die bote weer soos skaduskimme uit die ogendmistigheid van die daeraad oor die water aangesweef kom.<\/p>\n<p>Teen die son die mistigheid begin verdryf, sal \u2018n nuwe dag se skaduwees daag. Gereed om hulle meesters te agtervolg tot die dag se uurglas leeg geloop het en die nagdonker weer die vooruitsig bring op \u2018n nuwe helder daeraad van hoop en verwagting vir die mense van Kroasi\u00eb.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die geskiedenis van Kroasi\u00eb is die tydspel deur eeue heen met oneindige herhaling gespeel. Dis \u2018n spel tussen lig en donker wat die verbygaan van tyd op die groot horlosie se wyserplaat afmeet soos die sonlig iedere nuwe dag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":43845,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682],"tags":[387,388],"class_list":["post-4855","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","tag-frikkie-kraamwinkel","tag-kroasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In die geskiedenis van Kroasi\u00eb is die tydspel deur eeue heen met oneindige herhaling gespeel. Dis \u2018n spel tussen lig en donker wat die verbygaan van tyd op die groot horlosie se wyserplaat afmeet soos die sonlig iedere nuwe dag [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-02-26T11:40:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-17T12:26:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/02\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"533\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd\",\"datePublished\":\"2013-02-26T11:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-17T12:26:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/\"},\"wordCount\":1008,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/02\\\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg\",\"keywords\":[\"Frikkie Kraamwinkel\",\"Kroasie\"],\"articleSection\":[\"Blogs\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/\",\"name\":\"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/02\\\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg\",\"datePublished\":\"2013-02-26T11:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-17T12:26:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/02\\\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2013\\\/02\\\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg\",\"width\":800,\"height\":533},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd | rooi rose","og_description":"In die geskiedenis van Kroasi\u00eb is die tydspel deur eeue heen met oneindige herhaling gespeel. Dis \u2018n spel tussen lig en donker wat die verbygaan van tyd op die groot horlosie se wyserplaat afmeet soos die sonlig iedere nuwe dag [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-02-26T11:40:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-17T12:26:11+00:00","og_image":[{"width":800,"height":533,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/02\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd","datePublished":"2013-02-26T11:40:00+00:00","dateModified":"2016-03-17T12:26:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/"},"wordCount":1008,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/02\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg","keywords":["Frikkie Kraamwinkel","Kroasie"],"articleSection":["Blogs"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/","name":"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/02\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg","datePublished":"2013-02-26T11:40:00+00:00","dateModified":"2016-03-17T12:26:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/02\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2013\/02\/Kroasi\u00eb-se-swerwende-skaduwees-van-tyd.jpg","width":800,"height":533},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kroasie-se-swerwende-skaduwees-van-tyd\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kroasi\u00eb se swerwende skaduwees van tyd"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4855","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4855"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4855\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/43845"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4855"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4855"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4855"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}