{"id":48114,"date":"2016-05-05T13:57:03","date_gmt":"2016-05-05T11:57:03","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=48114"},"modified":"2017-07-13T13:02:06","modified_gmt":"2017-07-13T11:02:06","slug":"nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/","title":{"rendered":"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise"},"content":{"rendered":"<p>Sy word soggens langs die Hudson-rivier wakker. Die vrou met die gesig wat al op \u2019n groot skerm in New York se besige Times Square en op die kant van \u2019n enorme gebou te sien was. Op 36 is Nicola Breytenbach steeds die soort skoonheid wat w\u00eareldwyd in advertensies vir juwele en diamante skitter.<\/p>\n<p>Sy het as topmodel met Dior, Versace en Revlon die soort kontrakte losgeslaan wat mense oornag bekend maak. N\u00e1 17 jaar in die bedryf het hierdie Suid-Afrikaner van geboorte vir haar \u2019n gesogte plekkie in New York met sy meer as 8,5 miljoen inwoners uitgekerf. Die liedjie s\u00ea nie verniet dat as jy daarin kan slaag om in hierdie mededingende w\u00eareldstad uit te styg, jy oral sal kan uitstyg nie.<\/p>\n<p>En tog soek jy verniet na enige tekens van glansgansie-gedrag by hierdie ma van twee, s\u00ea rolprentvervaardiger Piet de Jager. Hy glimlag omdat hy \u201cdie slim boeredogter wat haar in die buiteland bewys het\u201d, \u2019n jaar of wat gelede kon aankeer om haar debuut as aktrise in die Suid-Afrikaanse rolprent <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eksklusiewe-voorskou-free-state\/\" target=\"_blank\"><em>Free State<\/em><\/a> te kom maak.<\/p>\n<p>\u201cNicola is een van die mooiste vroue op aarde. Die Amerikaners dink so en ek dink ook so,\u201d noem hy een van die beweegredes waarom sy die hoofrol losgeslaan het. \u201cEn nederig, hoor. Sy was bereid om vir veel minder as wat sy in die buiteland kan verdien,\u00a0vir ons te kom speel.\u201d<\/p>\n<p>Die rolprent, vanjaar (2016)\u00a0gewys word, is deur Piet se seun Sallas, \u2019n bekroonde rolprentmaker, geskryf en geregisseer. Dit is deur <a href=\"http:\/\/www.bosboksesfilms.co.za\/\" target=\"_blank\">Bosbok Ses Films<\/a> en Utkarsh Entertainment in samewerking met die Indiese produksiemaatskappy Parnam Entertainment vervaardig.<\/p>\n<p>Die verhaal speel hom in 1979 af en wentel om \u2019n verbode liefdesverhouding tussen Jeanette, \u2019n wit Afrikaanse meisie, en Ravi, \u2019n Indi\u00ebrman.<\/p>\n<p>Nicola speel die rol van Jeanette teenoor die voormalige Mnr. Suid-Afrika en Top Billing-aanbieder, <a href=\"http:\/\/andrewgovender.com\/\" target=\"_blank\">Andrew Govender<\/a>. Die rolverdeling sluit ook akteurs soos Leleti Khumalo (<em>Sarafina<\/em>, <em>Yesterday<\/em>), Deon Lotz (<em>Roepman<\/em>, <em>Skoonheid<\/em>) en Rolanda Marais (<em>Wolwedans in die Skemer<\/em>, <em>Ballade vir \u2019n Enkeling<\/em>) in. Marathi- en Bollywood-ster Mangesh Desai maak terselfdertyd sy eerste internasionale verskyning.<\/p>\n<p>Sallas s\u00ea: \u201cEk het Nicola glad nie geken nie maar het dadelik geweet sy het al die elemente wat Jeanette gaan verg. Haar emosionele intelligensie, dit wat \u2019n akteur nodig het om in \u2019n karakter se lewe en lyf te klim, is verstommend. Dis \u2019n kuns om dit oortuigend te kan doen en sy het dit net. Die manier waarop sy die rol benader het, laat jou besef die sukses wat sy as model en nou weer as aktrise behaal, kom haar toe. Daar is toewyding. \u00c9n beskeidenheid. Dit dwing respek af.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2018Free State het my\u00a0in meer as een opsig\u00a0weer huis toe gebring\u00a0na al die goed wat vir\u00a0my belangrik is\u2019 &#8211; Nicola<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Free State was nie \u2019n maklike storie om te vertel nie, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cEk is baie trots op die span akteurs en tegnici wat daarin geslaag het om lewe in die draaiboek te blaas. Dit ontgin die probleme van die ouer-kind-verhouding in drie gesinne wanneer hulle deur die rimpeleffek van die verbode liefdesverhouding tussen Ravi en Jeanette gekonfronteer word.<\/p>\n<p>\u201cOuers het \u2019n universele behoefte dat hul kind ware geluk moet vind. Daarom dus die verwikkeldheid as die kind afwyk van die riglyne wat sy van kindsbeen af geleer het. Ouers wil graag hul kinders teen die genadeloosheid van \u2019n samelewing beskerm wanneer iemand die \u2018re\u00ebls\u2019 oortree. Maar een persoon se liefde vir \u2019n ander bly een van die kragtigste menslike ervarings. Selfs nie die tragiese aard van verbode liefde is genoeg om gewone, goeie mense te keer om alles wat hulle het op die spel te plaas vir iets wat groter as hulself is nie,\u201d s\u00ea De Jager.<\/p>\n<p>Die onbeskaamde romantikus in Nicola kon dadelik hierby aansluiting vind.<\/p>\n<p>Ons ontmoet mekaar in Kaapstad waar sy eers by haar prokureur-pa, Dick Breytenbach, kuier voordat sy terugkeer Amerika toe. Sy is nog kennelik opgewonde oor alles wat sy met die maak van die rolprent beleef het. Om die eerste keer deel van \u2019n rolprentspan te kon wees en dit omring deur haar \u201ceie mense\u201d, laat alles in haar tintel.<\/p>\n<p>\u201cEk sal \u00e1ltyd terugkom om met sulke mense te werk. Dit was ongelooflik,\u201d s\u00ea sy. \u201cElke dag, of jy nou vieruur in die oggend op moes wees of nie, was vir my goed en opwindend.<\/p>\n<p>\u201cFree State is \u2019n mooi storie. En ek h\u00f3\u00fa van mooi stories.\u201d Danksy haar kontak met haar familie, vloei haar Afrikaans n\u00e1 al die jare in die buiteland steeds verrassend glad en skoon.<\/p>\n<p>\u201cWanneer ons in Desember Kaap toe kom, is almal gewoonlik by die see en hoor \u2019n mens min Afrikaans. Maar n\u00e1 die ses weke op Memel in die Vrystaat saam met die rolprentspan het ou, vergete woorde teruggespring en kon ek lekker loskom.\u201d<\/p>\n<p>Daar was baie dinge in die liefdesverhaal waarmee sy haar kon vereenselwig. \u201cAs jong meisie het ek my byvoorbeeld verloor in \u2019n verhaal soos Gone with the Wind.\u201d<\/p>\n<p>Haar glimlag word bre\u00ebr. \u201cEk het gelukkig met die regte man getrou. Ben (Steiner) se ma is \u2019n Amerikaner en sy pa oorspronklik \u2019n Oostenryker. Hoewel hy in New York grootgeword het, praat sy Joodse familie Engels en Frans. Ons het mekaar deur \u2019n gemeenskaplike vriendin in Parys ontmoet toe ek vir modelwerk daar was en hy \u2019n internskap by \u2019n bank kom doen het. Dit was in die somer van 1999 in die stad van die liefde en die res is geskiedenis!<\/p>\n<p>\u201cMy man is enige tyd net so romanties soos ek. Noudat ek by die rolprentw\u00eareld betrokke is, kyk \u2019n mens uiteraard meer krities, maar <em>Love Story<\/em> sal ook seker een van my gunstelinge bly.\u201d<\/p>\n<p>Die weke op Memel vir die maak van Free State was vir Nicola, wat van kleins af dramalesse geneem het en aan opvoerings deelgeneem het, \u2019n intense ervaring. Dis of die storie steeds saam\u00a0met haar bly loop. Sy weet dit gaan nog \u2019n tydjie neem vir haar om weer mooi in te pas in haar gewone lewe as vrou vir Ben en ma vir hul dogters Evangeline (6) en Enya (4).<\/p>\n<p>\u201cFree State het my in meer as een opsig weer huis toe gebring na al die goed wat vir my belangrik is. Die apartheidstema word aangeraak maar dis uiteindelik die storie van gewone mense en nie net die groot verhaal van apartheid nie. Daar is in elk geval sosiale kwessies wat w\u00eareldwyd probleme veroorsaak.\u201d<\/p>\n<p>Dit was asof sy iets van haarself weer in die Vrystaat in die hande kon gaan kry. Van die landskap by Memel wat haar teruggevoer het na spesiale tye op haar pa se plaas naby Kestell tot die goeie verhoudings wat sy destyds tog oor die kleurgrense heen beleef het.<\/p>\n<p>\u201cMy Afrikaanse kindertyd het \u2019n onuitwisbare grondslag gel\u00ea vir die res van my lewe. Die Maria wat vir Jeanette grootmaak, het my herinner aan die Maria wat my opgepas het \u2013 sy was soos \u2019n ma. Ek onthou klein, spesiale goedjies soos dat ons in die tuin gespeel het en dat sy my rondgedra het.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u2018Elke dag, of jy nou\u00a0vieruur in die oggend\u00a0op moes wees of nie,\u00a0was vir my goed\u00a0en opwindend\u2019<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nicola is dankbaar dat haar kinders nou ook iets van hierdie wydse, aardse w\u00eareld kon kom proe waar sy en haar boetie as kinders die dag kon betree \u201csonder dat iemand hulle hulle oor ons veiligheid bekommer het of sou wonder waar ons is. Ons wou net altyd buite toe, koeie en varke toe. Aan jouself oorgelaat om te ontdek maar tog met die wete dat ons ouers wel iewers is\u201d.<\/p>\n<p>Op besoek aan haar ma se suster, Sanda Koen, in Pretoria was dit ook of die tyd gaan stilstaan het sedert sy as 13-jarige die Suid-Afrikaanse kuslyn moes agterlaat. Haar stiefpa, Johan Rautenbach, is destyds na die Verenigde Nasies in Switserland verplaas. \u201cDit was aanvanklik maar \u2019n gesukkel met die Frans en ek het my vriende gemis, maar dit het ook \u2019n nuwe, internasionale w\u00eareld vir my oopgebreek,\u201d onthou sy haar tienerjare.<\/p>\n<p>\u201cMy tannie-hulle bly steeds in dieselfde huis in Centurion waar ons as kinders smiddae krieket op die grasperk gespeel het. Terwyl my ma gewerk het, het ek smiddae n\u00e1 skool daar gaan bly. Nou kon my kinders op hul beurt weer elke middag toebroodjies in die kombuis eet en agterna in dieselfde swembad rinkink of onder dieselfde jakarandaboom gaan sit as ons. Dis of ek by die bekende reuk van daardie huis weer \u2019n kind word.\u201d<\/p>\n<p>En nou woon Nicola en haar gesin \u2019n blok weg van die 9\/11- gedenkteken in die stad waarop sy dadelik verlief geraak het nadat sy destyds die geleentheid gekry het om daar vir die Donald Trump-agentskap te gaan werk. \u201cTribeca is stiller as die res van die stad en daar is baie parke vir die kinders. Dit voel nie of jy so in die middel van als is nie.\u201d<\/p>\n<p>Hulle was daar met die aanval op die Twin Towers, \u2019n dag wat vir elke New Yorker gevoel het asof \u2019n stroom jou diepsee toe intrek. Sy wil soos enige ma \u2019n pad vir haar kinders vorentoe help maak.<\/p>\n<p>\u201cDie Amerikaanse politiek maak my nogal senuweeagtig. Die terreur raak \u2019n al hoe groter faktor. \u2019n Mens wil graag jou kinders hoopvol stem en veilig sien grootword. Ek lees koerant, maar wil regtig nie elke dag CNN kyk nie.\u201d<\/p>\n<p>Die saggeaarde Ben \u2013 \u201chy slaag daarin om sonder \u2019n bohaai dinge gedoen te kry en het \u2019n kalmerende invloed op my\u201d \u2013 bring balans in haar lewe, s\u00ea Nicola. \u201cHy trek mense aan. Ek dink nie hy het \u2019n vyand in hierdie w\u00eareld nie en sy gesin is vir hom belangrik. Ons vier nou ook Vrydag-aande as gesin Shabbat wat vir ons en ons kinders \u2019n vaste punt in \u2019n veranderende w\u00eareld is.<\/p>\n<p>\u201cEk is die meer ekstroverte een, \u2019n georganiseerde lysie-mens en altyd aan die gang. Soms moet ek waak teen my neiging om perfeksionisties te wees. Ek weet ek moet meer tyd vir myself inruim, soms net rustiger wees en my meer aan die kreatiewe proses oorgee.\u201d<\/p>\n<p>Maar sy is in die middel van waar sy wil wees. Die lewe het vir haar iets van alles en \u2019n bietjie meer gegee en sy is dankbaar daaroor. As alles goed gaan, wag daar vanjaar \u2019n eerste Amerikaanse rolprent en sy hoop op meer as net een kort vertoon-vluggie.<\/p>\n<p>Nicola het \u2019n nuwe kwas opgetel. Een wat sy na alle waar-skynlikheid net so goed soos die vorige een gaan beheer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-48124 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Nicola-Breytenbach-rooi-rose-voorblad-April-2016-399x600.jpg\" alt=\"Nicola-Breytenbach-rooi-rose-voorblad-April-2016\" width=\"399\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nicola\u00a0oor model-wees<\/h4>\n<p>\u201cMy ma se haarkapper in Holland het raakgesien dat ek oor die nodige eienskappe beskik om \u2019n sukses van modelwerk te maak. Dit het vir my baie deure oopgemaak maar ek is tog soms spyt dat ek nie verder studeer het nie. Ek kon my nie altyd op \u2019n persoonlike vlak met die modew\u00eareld vereenselwig nie. Die mens wat jy eintlik is, is soms ver verwyderd van die glanspersoonlikheid na buite.<\/p>\n<p>\u201cEk dink die beeld wat die modew\u00eareld vandag uitstraal, is \u2019n bietjie te jonk. Die jong meisies in hul onderklere wat so opgehemel word, skep verkeerde indrukke.<\/p>\n<p>\u201cMy raad aan iemand wat in modelwerk belang stel,\u00a0is dat jy bereid moet wees om hard te werk en moet glo in jouself en wat jy wil bereik. En jy moet kan deurdruk!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nicola\u00a0oor aktrise-wees<\/h4>\n<p>\u201cDit was maar altyd in my agterkop om eendag my\u00a0hand aan aktrise-wees te waag, maar terwyl die modelwerk my tyd so in beslag geneem het, het ek nie eens weer daaraan gedink nie. Ons was altyd aan\u2019t beweeg maar moederskap dop \u2019n mens se lewe om.\u00a0Gelukkig kan ek my ma, Rina, wat in Gen\u00e8ve woon,\u00a0kry om by die kinders te kom bly wanneer ek en Ben,\u00a0\u2019n sakeman, soms gelyk weg is.<\/p>\n<p>\u201cEk wil nie nou meer te veel modelwerk doen nie en het begin om weer dramaklasse in New York te neem.\u00a0\u2019n Mens is nou ouer en die groter lewenservaring help\u00a0jou om meer na \u2019n karakter toe te bring.\u201d<\/p>\n<p>Volg vir Nicola op <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/nicbrey\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>\u00a0| <a href=\"https:\/\/twitter.com\/nicbrey\" target=\"_blank\">Twitter<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Praat jy van die internasionale model Nicola Breytenbach, praat jy van glansmateriaal. Silwerware in \u2019n uitstalkabinet. En sy het pas haar eerste treetjie in die fliekw\u00eareld gegee. Deur Jacqueline Leuvennink. Foto&#8217;s deur Leana Clunies-Ross<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":48116,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661],"tags":[3955,4247,4426,4427,23450,24339,1387,1633],"class_list":["post-48114","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","tag-nicola-breytenbach","tag-suid-afrikaanse-aktrise","tag-rooi-rose-voorblad","tag-suid-afrikaanse-model","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-celebs","tag-voorbladvrou"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nicola Breytenbach, van model tot aktrise | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Praat jy van die internasionale model Nicola Breytenbach, praat jy van glansmateriaal. Silwerware in \u2019n uitstalkabinet. En sy het pas haar eerste treetjie in die fliekw\u00eareld gegee. Deur Jacqueline Leuvennink. Foto&#039;s deur Leana Clunies-Ross\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-05-05T11:57:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:02:06+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Nicola-Breytenbach.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"660\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise\",\"datePublished\":\"2016-05-05T11:57:03+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:02:06+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/\"},\"wordCount\":2027,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/Nicola-Breytenbach.jpg\",\"keywords\":[\"nicola breytenbach\",\"suid-afrikaanse aktrise\",\"rooi rose voorblad\",\"suid-afrikaanse model\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"celebs\",\"voorbladvrou\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/\",\"name\":\"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/Nicola-Breytenbach.jpg\",\"datePublished\":\"2016-05-05T11:57:03+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:02:06+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/Nicola-Breytenbach.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/05\\\/Nicola-Breytenbach.jpg\",\"width\":800,\"height\":660,\"caption\":\"Nicola-Breytenbach\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise | rooi rose","og_description":"Praat jy van die internasionale model Nicola Breytenbach, praat jy van glansmateriaal. Silwerware in \u2019n uitstalkabinet. En sy het pas haar eerste treetjie in die fliekw\u00eareld gegee. Deur Jacqueline Leuvennink. Foto's deur Leana Clunies-Ross","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-05-05T11:57:03+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:02:06+00:00","og_image":[{"width":800,"height":660,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Nicola-Breytenbach.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise","datePublished":"2016-05-05T11:57:03+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:02:06+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/"},"wordCount":2027,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Nicola-Breytenbach.jpg","keywords":["nicola breytenbach","suid-afrikaanse aktrise","rooi rose voorblad","suid-afrikaanse model","entertainment","local celebs","celebs","voorbladvrou"],"articleSection":["Ons mense"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/","name":"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Nicola-Breytenbach.jpg","datePublished":"2016-05-05T11:57:03+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:02:06+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Nicola-Breytenbach.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Nicola-Breytenbach.jpg","width":800,"height":660,"caption":"Nicola-Breytenbach"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicola-breytenbach-van-model-tot-aktrise\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nicola Breytenbach, van model tot aktrise"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48114","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=48114"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/48114\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/48116"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=48114"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=48114"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=48114"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}