{"id":4751,"date":"2013-02-11T00:00:00","date_gmt":"2013-02-10T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ou-liefde-roes-nie\/"},"modified":"2018-07-06T13:28:14","modified_gmt":"2018-07-06T11:28:14","slug":"ou-liefde-roes-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/","title":{"rendered":"Ou liefde roes nie"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ou liefde roes nie<\/p>\n<p>Juffrou Lettie was gevorderd in jare, maar hoe oud sy regtig was, het niemand geweet nie. Sommige van ons het al by geleentheid gewonder of sy ooit \u2018n baba was.<\/p>\n<p>Miskien is sy in \u2018n donker snyerspakkie en bolla gebore. Haar skerp blou o\u00eb en ewe skerp verstand het haar in \u2018n eie kategorie geplaas. Geen maatskaplike werker of verpleegkundige sou dit waag om liefderyk na haar as \u201ceen van my oumensies\u201d te verwys nie.<\/p>\n<p>Sy het in haar groot huis op die plaas gebly, \u2018n onmiskenbare deel van die lewe op Uitsig. Al het haar broerskind lankal die boerdery oorgeneem, was haar ysterhand deeglik in die bestuur sigbaar. Klein Jan sou dit nie waag om \u2018n groot besluit oor die boerdery te neem sonder om eers vir Juffrou Lettie te raadpleeg nie. Haar broer is al jare oorlede en die enigste suster is die vorige jaar stil in die familiekerkhof weggeb\u00eare. Mense het steeds gefluister oor Anna se skielike troue met die mannetjie van die ko\u00f6perasie. Niemand het die twee ooit eens saam by die kerk of die Saterdagtennis gesien nie. Maar toe die dorp hul o\u00eb uitvee, was die twee getroud en het Sawwe Stefaans en Anna in \u2018n splinternuwe Dodge die dorp uitgery. Sawwe Stefaans se skuld by die plaaslike hotel is skynbaar oornag afgelos. Boonop het hy glo iewers \u2018n pos in die stad gekry. Anna en Stefaans het daarna maar min gesig gewys. Daar is lank geskinder oor die Jordaans se getroude buurman wat so danig met Anna was in die boorde waar Uitsig en Vrolikheid aanmekaar grens. Stories het die dorp vol gel\u00ea dat die baba wat vroeg gebore is, glad nie na Stefaans trek nie.<\/p>\n<p>Skaars \u2018n week n\u00e1 die destydse onverwagte troue het \u2018n vreemde meisie onverwags vir Stefaans by die ko\u00f6perasie kom soek. Dit was \u2018n hele gedoente en die meisie is inderhaas uit plaas toe, waar Juffrou Lettie skynbaar \u2018n tjekboek uitgehaal het. Die meisie is nooit weer gesien nie en hoeveel stertjies die storie gekry het, weet niemand nie. Juffrou Lettie het haar nie veel aan die geskinder gesteur nie. Soos altyd het sy ongestoord haar goeie gang gegaan en plaas en dorp met \u2018n ferm hand bestuur.<\/p>\n<p>Juffrou Lettie was wyd belese, ingelig en \u2018n doener. Sy het nooit teruggesit en persoonlike of gemeenskapsake maar hul loop laat neem nie. Daar was min wat sy nie van die politiek, ekonomie, boerdery, of plaaslike sake geweet het nie. Hier in 1998 rond het sy teenoor die uittredende predikant beken dat sy in \u2018n versoeking is om nie meer oor die politiek te lees nie. \u201cEk het \u2018n sterk be-geerte om my heeltemal van die twak te distansieer, maar dit sou baie kortsigtig wees,\u201d het sy met kenmerkende nugterheid ges\u00ea.<\/p>\n<p>Dit het dus as \u2018n skok gekom toe die gemeenskap een koue Sondagoggend besef dat Juffrou Lettie oud en broos geword het. Die eerste sneeu van die seisoen het die vorige nag geval en die boere het met rooi neuse die weer staan en bespreek toe sy by die kerk neerslaan. Sy het vergeefs probeer opstaan. Die koster het die mense haastig na die syingang weggekeer.<\/p>\n<p>Juffrou Lettie sou voorwaar nie daarvan hou dat sy \u2018n spektakel van haarself maak nie. Die heupvervanging was suksesvol. Sy was n\u00e1 ses weke terug in haar eie huis. Met \u2018n nugterheid eie aan haar onafhanklike aard, het sy begin voorberei vir die trek na een van die woonstelletjies by die dorp se ouetehuis. Sy het lysies uit die kluis gehaal en presies geweet wat waarheen moet gaan en wie wat moet kry. Daar was selfs \u2018n belegging waarvan Mina, haar jare lange huishulp, gerieflik sou kon leef.<\/p>\n<p>ALLES WAS HAARFYN BEPLAN, behalwe dat daar nie \u2018n woonstel beskikbaar was nie. \u201cGrieta,\u201d het sy vir Klein Jan se vrou ges\u00ea. \u201cEk het \u2018n probleem. Ek kan nie meer lank alleen hier woon nie en ek sal nooit by jou of enige ander familie intrek nie. In normale omstandighede sou ek bloot die saak in gebed opgeneem het. Soos jy weet, is daar \u2018n vertrouensverhouding tussen my en die Hemelse Vader. Oor hierdie saak kan ek nie sonder meer bid nie. Ek kan tog nie bid dat een van die vier woonstelbewoners moet sterf sodat ek kan intrek nie. Dit is tog \u2018n uiterste sonde, gelykstaande aan moord, om te bid dat iemand moet doodgaan. Nee, hierdie is nie \u2018n saak van gebed nie.\u201d Juffrou Lettie, hoewel gelowig en liggaamlik broos, het onomwonde geweet di\u00e9 saak moet sy self oplos.<\/p>\n<p>Grieta het matrone Fourie by die tehuis gaan opsoek. Daar het dit aan die lig ge-kom dat Juffrou Lettie die vier woonstelle destyds gefinansier het op voorwaarde dat sy enige tyd op \u2018n woonstel aanspraak mag maak. \u201cGrieta, dis \u2018n stewige bedraggie wat Juffrou Lettie destyds bewillig het. Ons moes die grond by oorlede oom Oelofse uitkoop en Juffrou Lettie het aangedring op ruim vertrekke, goeie afwerking en toebehore. As Juffrou Lettie \u2018n woonstel wil h\u00ea, is ons verplig om een te ontruim. Daar is so \u2018n klousule in elk van die kontrakte ingebou. Sodra Juffrou Lettie laat weet, sal die bestuur met die vier inwoners begin onderhandel. Maar wie van die vier ons sal moet uitsit? O, dis \u2018n tameletjie.\u201d Matrone Visagie het \u2018n migraine voel kom en \u2018n pilletjie by die siekeboeg gaan vra.<\/p>\n<p>Die vier inwoners was goed aan die gemeenskap bekend. Woonstel een is bewoon deur Mevrou Dominies Retief. Dominies Retief het die gemeente 24 jaar lank bedien voordat hy een oggend op die preekstoel \u2018n hartaanval gekry het. Predi-kante het destyds nie juis goeie pensioenfondse gehad nie en mevrou Retief het geen ander heenkome gehad nie. Die gemeente het verantwoordelikheid vir mevrou Retief geneem en versorg haar steeds met woord en daad.<\/p>\n<p>In woonstel twee bly juffrou Mimmie Volschenk, dekades lanks reeds \u2018n staatmaker in die gemeenskap. Sy het as jong meisie op die dorp kom skoolhou en het nooit getrou nie. Iemand weet te vertel dat sy op troue gestaan het met \u2018n jong boer uit haar tuisdorp iewers in die Karoo, toe di\u00e9 in \u2018n motorongeluk oorlede is. Mimmie Volschenk het baie dekades lank die dorp se kinders onderrig en word steeds hoog ge\u00eber. Waar sal sy tog heen sonder kind of kraai?<\/p>\n<p>In woonstel drie bly Tannie Mari Maritz, die blinde orrelis wat altyd gereed is om haar plek agter die orrel in te neem, al is sy reeds diep in die sewentig. Sy het laat in haar lewe haar sig verloor. Sy was jare lank die voorsitter van die Vroue- Landbou-unie, die sustersvereniging, en waarlik \u2018n Israeliet sonder bedrog. Haar man is lank reeds dood en haar enigste dogter by die geboorte van \u2018n tweeling. Die skoonseun en sy tweede vroutjie het aanvanklik nog gereeld gesig gewys, maar hulle het mettertyd Australi\u00eb toe verhuis. Die tweeling het nie juis kontak met hul ouma behou nie. Mari Maritz is wel finansieel versorg, maar waar gaan \u2018n blinde, ou vrou heen?<\/p>\n<p>In woonstel vier bly \u2018n inkommer, \u2018n liewe, vriendelike, fyn vroutjie, Jemima Jooste. Jemima het bloot eendag net met \u2018n paar koffers haar opwagting op die dorp gemaak. Juffrou Lettie het haar skynbaar geken, want toe \u2018n woonstel beskikbaar geraak het, het Jemima ingetrek. Sy was effe jonger as die res. Sy dra fleurige, pastelkleurige, geblomde rokkies en was elke week haar hare in \u2018n perserige spoelmiddel. Daar speel altyd dansmusiek op haar radio en haar tuintjie is reg deur die jaar vol kleur. Daar word soms goediglik na haar as \u201cdie vrolike weduwee\u201d verwys.<\/p>\n<p>GRIETA EN MATRONE HET NA mekaar gekyk. Jemima, soos sy aangedring het dat oud en jonk haar noem, het laaste ingetrek. Sy was die enigste een wat nog nie lank op die dorp gebly het nie. Sy het trouens nie eens kerk toe gegaan nie en ondanks haar vrolikheid, het sy altyd so \u2018n effense buite-stander gebly.<br \/>\nTerug by Juffrou Lettie het Grieta die saak versigtig aangeroer. \u201cMatrone en die bestuur reken dat hulle Jemima sal vra om \u2018n ander plan te maak.\u201d<\/p>\n<p>Grieta het nog nie haar sin voltooi nie toe Juffrou Lettie kwaai met haar vuis op die antieke hoektafeltjie kap: \u201cJy het geen reg om in te meng nie, Grieta. Jy het geen reg om agter my rug en namens my te gaan praat nie. Daardie antieke kas sal nou na my niggie se dogter op Upington moet gaan. Jemima Jooste bly net waar sy is. Ek het destyds gesorg dat sy die woonstel kry toe sy geen ander heenkome gehad het nie. Ek sal haar nie nou van \u2018n dak oor haar kop beroof nie. Sy is \u2018n ligsinnige vrou, maar dit gee niemand die reg om haar kwaad aan te doen nie.\u201d<\/p>\n<p>Juffrou Lettie het voet by stuk gehou en nie Grieta of Klein Jan kon hond haaraf maak nie. \u201cNou ja, Juffrou Lettie, dan weet ek nie,\u201d het Grieta n\u00e1 weke se heen en weer moedeloos ges\u00ea. \u201cKom ons bid maar oor die saak.\u201d<br \/>\nWeer het Juffrou Lettie met die vuis op die hoektafeltjie geslaan en di\u00e9 keer was Grieta die hemelbed kwyt. \u201cEk het jou van die begin af ges\u00ea, bid sou ek in normale omstandighede bid, maar in di\u00e9 saak durf ek nie bid nie.\u201d<\/p>\n<p>Grieta het omgedraai en eers huis toe gegaan. Sy was nie regtig ontsteld oor die kas of die bed nie, het sy aan Jan verduidelik. \u201cOns het reeds \u2018n huis vol pragtige meubels. Dis net dat Juffrou Lettie regtig nie meer alleen moet bly nie. Vir die eerste keer begin ek wonder of sy nie nou so effens kens raak nie. Reken, sy wat in elke moeilikheid die Here se wil soek, wil oor die saak nie eens bid nie.\u201d<\/p>\n<p>KLEIN JAN WAS VERSTOM. Juffrou Lettie was \u2018n bidder van formaat. Statig en oortuigend het sy die rol van voorbidder in die Pinksterdienste vervul. Sy het gebid by familiebyeenkomste, by die voorstelling van geliefde broerskinders en di\u00e9 se kinders. Daar was geen sentiment of geteem in haar gebede nie. Nee, dit was nugter, saaklike gebede wat met vertroue aan die Hemelse Vader opgedra is. Reken, Juffrou Lettie wil nie bid nie! Dit op sigself is die duidelikste teken dat sy nie meer in staat is om alleen te bly nie.<\/p>\n<p>Laatnag kry Grieta die antwoord in \u2018n droom. Vroegoggend is sy met Juffrou Lettie se emmertjie melk, vars van die koeie, by die agterdeur. \u201cKyk, Juffrou Lettie, ek het nou so gedink. Natuurlik wil ons nie bid dat die Vader een van die vier vroue \u2018deur die dood\u2019 moet wegneem nie. Maar wat verhinder ons om te bid dat een van hulle uit eie wil sal besluit om uit te trek?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn vir wat sal \u2018n ou vrou wat by haar volle positiewe is, nou uit so \u2018n gerieflike woonstel wil trek? Grieta, jy mors my tyd. Hierdie is nie sonder meer \u2018n saak van gebed nie. Ek het jou reeds so ges\u00ea. Ek sal hierdie saak eers goed oordink voordat ek optree.\u201d<\/p>\n<p>Vies draai Grieta met die le\u00eb emmertjie om. \u201cAg, Juffrou Lettie, kom ons bid dat vrolike Jemima \u2018n man kry en haar ou dae gelukkig en verlief sal deurbring.\u201d Sy verwag dat Juffrou Lettie oor di\u00e9 ligsinnigheid die eetkamerstel ook uit haar erfporsie sal wegneem, maar toe sy omkyk, is daar \u2018n ingenome glimlaggie om die vasbeslote mond.<\/p>\n<p>\u201cGelukkig en verlief! \u2018n Man vir haar oudag. \u2018n Man, n\u00e8? Nou ja, daarvoor kan ek dalk bid,\u201d s\u00ea sy diep nadenkend. \u201cOf dalk hoef ek nie eens te bid nie. \u2018n Mens moet die Vader darem ook nie belas met dinge wat jy self kan regstel nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cRegstel, Juffrou Lettie?\u201d<\/p>\n<p>Juffrou Lettie antwoord nie, kyk net ingenome oor die boorde van Uitsig.<br \/>\nGrieta is so nuuskierig soos kan kom. Sy draai die dag by Juffrou Lettie rond. Sy bied aan om Juffrou Lettie te help met die regpak van haar studeerkamer. Sy bied aan dat hulle biblioteek toe kan gaan, maar Juffrou Lettie kyk haar alwetend aan. \u201cJy vis verniet, Grieta. Jy bars van nuuskierig-heid, maar hierdie saak is vir my en my gewete alleen.\u201d<\/p>\n<p>Die volgende week daag Juffrou Lettie se wewenaarswaer onverwags op. Sawwe Stefaans stop by Juffrou Lettie se opstal, drink tee en ry toe oor na Klein Jan en Grieta en vra hulp met sy koffers.<\/p>\n<p>\u201cLettie het my genooi,\u201dverduidelik hy, \u201cmaar sy meen dis onbetaamlik dat ek by haar intrek.\u201d Hy maak hom tuis, onbewus van die betekenisvolle blikke tussen Klein Jan en Grieta.<\/p>\n<p>\u201cDis nie verniet dat Juffrou Lettie Sawwe Stefaans nooi om te kom kuier nie, en dit selfs buite die vrugteseisoen. Klein Jan, Juffrou Lettie voer iets in die mou,\u201d meen Grieta. Haar woorde was nog skaars koud toe kommandeer Juffrou Lettie vir Sawwe Stefaans op om saam met haar op die dorp te gaan besoek afl\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cReken,\u201d vertel Jemima later die hele dorp vol. \u201cDaar daag Stefaans toe op. N\u00e1 soveel jare. Stefaans het mos destyds so skielik met Juffrou Lettie se jongste suster getrou. Reken, as die brood nie in die oond was nie, sou hy haar nooit bo my &#8230; Nou ja, die see was vol visse, ek was altyd \u2018n aansienlike meisie. Ek het later met my oorlede Albert afgehak. Ons het nie so \u2018n slegte lewe gehad nie. Min het ek geweet my en Stefaans se we\u00eb sal tog weer kruis. Reken, ons gaan in \u2018n groot woonstel by die see woon. Lettie se trougeskenk. Mense, hulle s\u00ea mos ou liefde roes nooit nie!\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Ou liefde roes nie Juffrou Lettie was gevorderd in jare, maar hoe oud sy regtig was, het niemand geweet nie. Sommige van ons het al by geleentheid gewonder of sy ooit \u2018n baba was. Miskien is sy in \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98931,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[239],"class_list":["post-4751","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhaal"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ou liefde roes nie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ou liefde roes nie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&nbsp; Ou liefde roes nie Juffrou Lettie was gevorderd in jare, maar hoe oud sy regtig was, het niemand geweet nie. Sommige van ons het al by geleentheid gewonder of sy ooit \u2018n baba was. Miskien is sy in \u2018n [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-02-10T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:28:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"863\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Ou liefde roes nie\",\"datePublished\":\"2013-02-10T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:28:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/\"},\"wordCount\":2261,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg\",\"keywords\":[\"Verhaal\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/\",\"name\":\"Ou liefde roes nie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg\",\"datePublished\":\"2013-02-10T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:28:14+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg\",\"width\":863,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefde-roes-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ou liefde roes nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ou liefde roes nie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ou liefde roes nie | rooi rose","og_description":"&nbsp; Ou liefde roes nie Juffrou Lettie was gevorderd in jare, maar hoe oud sy regtig was, het niemand geweet nie. Sommige van ons het al by geleentheid gewonder of sy ooit \u2018n baba was. Miskien is sy in \u2018n [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-02-10T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:28:14+00:00","og_image":[{"width":863,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Ou liefde roes nie","datePublished":"2013-02-10T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:28:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/"},"wordCount":2261,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg","keywords":["Verhaal"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/","name":"Ou liefde roes nie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg","datePublished":"2013-02-10T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:28:14+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Ou-liefde-roes-nie.jpeg","width":863,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefde-roes-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ou liefde roes nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4751","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4751"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4751\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98931"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4751"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4751"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4751"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}