{"id":4685,"date":"2013-01-06T15:55:00","date_gmt":"2013-01-06T13:55:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/"},"modified":"2018-04-06T12:10:14","modified_gmt":"2018-04-06T10:10:14","slug":"leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/","title":{"rendered":"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron"},"content":{"rendered":"<p>\u201cOur passion is our wild animals,\u201d lui Weltevrede Leeuplaas se strooibiljet. Dis nie le\u00eb woorde nie. Sit jy by die gesellige kroegtoonbank in Nico en Karen Roets se ruim restaurant met hulle en gesels, spreek hulle liefde vir diere uit hul stories \u00e9n die manier waarop hulle dit vertel.<\/p>\n<p>Karen het meer diere met die hand grootgemaak as wat sy kan onthou \u2013 van die allerkleinste krimpvarkies tot skopsuiltjies en jagluiperd-welpies. Dit beteken dat sy dikwels nagte wakker moes bly om die lyfies melk te gee. &#8220;Party drink elke drie en \u2018n half uur \u2013 nie eens my kinders het dit aan my gedoen nie!\u201c<\/p>\n<p>Di\u00e9 diere word onwaarskynlike maats; die Leeuplaas-fotoalbums wys meerkatjies, honde en leeuwelpies in die soort gesellige samesyn wat jy met die Tuin van Eden sou verbind.<\/p>\n<p>Karen en Nico se liefde vir diere is wyd bekend, wat beteken dat ongewensde of hawelose diere van oral aangedra word. Dis nou behalwe vir di\u00e9 wat hulle aankoop, soos die wildsbokke en swartwildebeeste vir teel en jag.<\/p>\n<p>Wat jy daar kan sien<\/p>\n<p>Op Leeuplaas is daar op die oomblik nege leeus, van wie party witleeus is. &#8220;Hulle is nie albino\u2019s nie, maar geel leeus met wit pels soos wat mense soms blond is. Hulle ouers en nasate is nie noodwendig wit nie.\u201d Vir my is daar iets magies aan di\u00e9 leeus, veral die maanhaar \u2013 \u2018n indrukwekkende dier.<\/p>\n<p>Chica, die mak rooikat, verwelkom jou as jy in die omgewing van die swembad bly. Sy spring ewe kontant in jou kar! Jy kan haar by jou laat slaap ook as jy wil, \u201cmits jy die oggend skoonmaak waar sy mors,\u201d maan Karen.<\/p>\n<p>Afgesien van die ander rooikatte, is daar hi\u00ebnas, wildehonde, Kanadese wolwe, bobbejane, bakoorjakkalse, woestynvosse uit Algeri\u00eb, rooijakkalse, vaalboskatte, tierboskatte, stokstertmeerkatte, ystervarke, skilpaaie, gevlegte ooruile, reuse Kaapse gevlekte ooruile, skopsuiltjies, nonnetjiesuile, rooivalkies, fluiteendjies, mandaryn-eende, emu\u2018s, miniatuurbergbokkies, en pensvarke. Die meeste van di\u00e9 diere is op hok of in kampe.<\/p>\n<p>En dan is daar die jagluiperds. Juba, wat nou in \u2018n kamp is om te teel, het jare lank hondmak tussen die besoekers gebly en selfs saam met jou op jou bed kom l\u00ea.<\/p>\n<p>Hierdie diere kan almal op die &#8220;Leeuloop\u201c bekyk word. Dis \u2018n begeleide toer van \u2018n uur teen die spotgoedkoop prys van R50 per volwassene en R40 per kind onder 12. &#8220;Ons wil graag h\u00ea dit moet bekostigbaar wees vir Suid-Afrikansers,\u201c s\u00ea Nico. Daar kom ook gereeld skool- en ander groepe na die plaas.<\/p>\n<p>Onder die wild tel blesbokke, swartwildebeeste, takbokke, rooihartebeeste, sebras, springbokke, rooibokke, waterbokke, gemsbokke en volstruise. &#8220;Dis almal vlaktediere,\u201c verduidelik Stefan Roets, ons gids op die wildrit wat sy werk duidelik geniet. &#8220;Koedoes aard byvoorbeeld nie hier nie.\u201c<\/p>\n<p>Een dier waarvan ek glad nie geweet het nie, is die ouvolk of <em>sungazer.<\/em> Dis \u2018n reptiel wat vir my op die foto\u2018s na \u2018n drakie uit \u2018n Chinese legende lyk, maar hulle is inheems en kom in die Vrystaat, dele van die Noord-Kaap en van Gauteng voor. Hulle is \u2018n bedreigde spesie. Jy het \u2018n permit nodig om hulle aan te hou. Omdat ons in die winter op Weltevrede was en hulle besig was met hul winterslaap, het ons ongelukkig nie een gesien nie.<\/p>\n<p>Die eerste leeu<\/p>\n<p>Nico het op hierdie stuk grond grootgeword, en aanvanklik hier geboer sonder dat hy en Karen eens gedink het aan die toerismebedryf. Hy het wel van mielies oorgeskakel na beeste en skape, en toe na wild vir jagdoeleindes. Wanneer het hulle hul eerste leeu gekoop?<\/p>\n<p>&#8220;Tien jaar terug,\u201c vertel Karen. &#8220;Nico het gebel en ges\u00ea hy het vir my \u2018n verrassing. Hy het vir my \u2018n leeu gekoop, \u2018n wyfie. Dit was vir my die wonderlikste gebaar, en hy is nie eens vreeslik romanties nie!\u201c Nico lag net ondeund. Hulle het nie geskikte hokke gehad nie en het die wyfie eers by bure met leeus laat oorstaan.<\/p>\n<p>&#8220;Jy moet \u2018n hektaar grond vir jou eerste leeu toespan, en daarna \u2018n halwe hektaar vir elke bykomende leeu,\u201c verduidelik Nico. &#8220;Hulle kort beweegruimte. Jy moet ook die vermo\u00eb h\u00ea om hulle te kan voer. Om \u2018n permit te kry, moet jy jou finansi\u00eble state wys!&#8217;<\/p>\n<p>As ons nie skenkings van die boere in die omgewing kry nie, sal ons nie kan oorleef nie. As \u2018n bees byvoorbeeld siek word of seerkry, bring hulle die dier vir ons om te slag. Ons het geleer as ons die vleis 72 uur vries, dood dit die meeste skadelike bakterie\u00eb. Met al die vleiseters op die plaas gaan ons deur twee beeste per week!\u201c<\/p>\n<p>Nico-hulle behoort aan die SA Rooftelersgenootskap en werk omsigtig wanneer hulle leeus, of ander diere, aankoop. &#8220;Ons m\u00f3\u00e9t leeus aankoop om die bloedlyne gesond te hou.\u201c<\/p>\n<p>Nadat die Roetse leeus aangeskaf het, het mense eenvoudig opgedaag om te kom kyk. &#8220;Ons het besef die leeus is \u2018n lokmiddel en toe al meer begin konsentreer op die gasvryheidsbedryf. Ons <em>hobby<\/em> het ons hooffokus geword.\u201c<\/p>\n<p>Daar is chalets van verskillende groottes op Leeuplaas (wat eintlik drie plase beslaan), keurig ingerig met ekstras soos swaaie en klimrame vir kinders. Die chalets werk hoofsaaklik met sonkrag. Die hoofaantrekkingskrag is die restaurant, waar klein welpies tussen die tafels speel indien die huidige werpsel nog klein genoeg is en die kontak met mense by hul geaardhede pas.<\/p>\n<p>Hoe kry Nico en Karen die leeuwelpies so mak? &#8220;Ons waarsku mense altyd hulle is net so mak soos wat jy \u2018n leeu kan kry \u2013 hulle bly wilde diere. Ons is baie versigtig wanneer mense en veral kinders met die welpies speel. Daar is ook streng re\u00ebls op die Leeuloop en jy kom op eie risiko op die plaas.\u201c<\/p>\n<p>Die leeuwelpies word op twee weke van die ma weggeneem om hulle met die hand groot te maak sodat hulle mense gewoond is. &#8220;Die ma treur net sowat \u2018n dag oor hulle,\u201c s\u00ea Nico. &#8220;Dis natuurlik nie lekker om te sien nie.\u201c<\/p>\n<p>Mense kan verskillende opinies oor hierdie gebruik h\u00ea. Wat my egter sal bybly, is die opregte liefde vir diere wat uit Nico, Karen en hulle personeel straal. Die hartseerstories oor diere wat doodgaan of mekaar soms doodmaak wanneer instink oorneem, sny baie diep. In die restaurant staan Seun, \u2018n geliefde maanhaarleeu wat aan bosluiskoors dood is en agterna opgestop is.<\/p>\n<p>My mooiste herinneringe aan Leeuplaas, behalwe vir die staptog waartydens ek my kon verkyk aan die manier waarop die vier maande-oue leeuwelpies op hulle sagte pantoffelvoete loop, is die naggeluide. Op \u2018n yskoue wintersaand, snoesig onder die komberse, is dit Afrika-musiek waarvoor ek spesiaal sal teruggaan na Leeuplaas.<\/p>\n<p>Leeuplaas 082 823 1038, <a href=\"mailto:nroets@telkomsa.net\">nroets@telkomsa.net<\/a> of <a>nroets1@carfone.net<\/a> \u2013 sien ook <a href=\"http:\/\/www.lionfarm.co.za\">www.lionfarm.co.za<\/a><\/p>\n<p>Leeuplaas bied konferensies, funksies en troues aan en kan tot 150 persone met gemak akkommodeer (met plek vir \u2018n dansvloer).<\/p>\n<p>Ander aktiwiteite:<br \/>\nKleiduifskiet, wildritte, 4&#215;4 ritte, visvang, jag, dagbesoekers welkom.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cOur passion is our wild animals,\u201d lui Weltevrede Leeuplaas se strooibiljet. Dis nie le\u00eb woorde nie. Sit jy by die gesellige kroegtoonbank in Nico en Karen Roets se ruim restaurant met hulle en gesels, spreek hulle liefde vir diere uit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[34,466,467,468],"class_list":["post-4685","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-reis","tag-mariette-snyman","tag-heilbron","tag-leeuplaas","tag-lion-farm"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u201cOur passion is our wild animals,\u201d lui Weltevrede Leeuplaas se strooibiljet. Dis nie le\u00eb woorde nie. Sit jy by die gesellige kroegtoonbank in Nico en Karen Roets se ruim restaurant met hulle en gesels, spreek hulle liefde vir diere uit [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-01-06T13:55:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-06T10:10:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron\",\"datePublished\":\"2013-01-06T13:55:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T10:10:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\\\/\"},\"wordCount\":1131,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"Mariette Snyman\",\"Heilbron\",\"leeuplaas\",\"lion farm\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\\\/\",\"name\":\"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2013-01-06T13:55:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T10:10:14+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron | rooi rose","og_description":"\u201cOur passion is our wild animals,\u201d lui Weltevrede Leeuplaas se strooibiljet. Dis nie le\u00eb woorde nie. Sit jy by die gesellige kroegtoonbank in Nico en Karen Roets se ruim restaurant met hulle en gesels, spreek hulle liefde vir diere uit [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-01-06T13:55:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-06T10:10:14+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron","datePublished":"2013-01-06T13:55:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T10:10:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/"},"wordCount":1131,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["Mariette Snyman","Heilbron","leeuplaas","lion farm"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/","name":"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2013-01-06T13:55:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T10:10:14+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leeuwereld-weltevrede-leeuplaas-heilbron\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leeuw\u00eareld: Weltevrede Leeuplaas, Heilbron"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4685","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4685"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4685\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4685"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4685"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4685"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}