{"id":4679,"date":"2013-01-29T15:26:00","date_gmt":"2013-01-29T13:26:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/"},"modified":"2018-07-06T13:40:36","modified_gmt":"2018-07-06T11:40:36","slug":"bewonder-namibie-leer-ken-jouself","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/","title":{"rendered":"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself."},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Krisjan Fourie.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Moenie die hele Namibi\u00eb in twee weke probeer sien nie. Dit sal voel of jy van \u2019n\u00a0burgeroorlog vlug. Namibi\u00eb is GROOT! Vlieg met\u00a0Kulula vanaf ORT retoer na Windhoek. Dis\u00a0\u2019n goedkoop twee uurlange vlug.\u00a0Sien\u00a0met\u00a0\u2019n volgende besoek die suidelike dele<span style=\"font-size: small;\"><span style=\"font-size: small;\">.<\/span><\/span><\/p>\n<p>\u2019n\u00a0Mens se paspoort verklap baie. Doopname, of jy gestem het, waar jy vandaan kom. Veral waar jy al was.<\/p>\n<p>Die doane-dame op Hosea Kutako-lughawe stempel myne die vyfde keer. Meer\u00a0\u2019n\u00a0tattoeer-merk as \u2019n toegangsbewys. As reisiger is ek nou hier\u00a0\u2019n hardebaard en het uiteindelik my ervaringspermit tot \u2019n\u00a0wereld.<\/p>\n<p>Google is handig as jy\u00a0\u2019n besoek na\u00a0\u2019n onbekende land beplan, maar is egter vergelykbaar met <em>internet dating<\/em>: die foto&#8217;s stem selde ooreen met die persoon wat op die ou end oorkant jou aan tafel sit!<\/p>\n<p>Juis daarom het ek in April in Namibi\u00eb gaan rondreis, om die ideale twee weke-reis te kan voorstel. Dikwels benader \u2019n\u00a0mens \u2019n\u00a0vreemde land met die verkeerde verwagtinge of op die verkeerde maniere.<\/p>\n<p>Die volgende beproefde wenke sal verseker dat jou vakansie in Namibi\u00eb \u2019n lewenservaring word, eerder as om te voel jy&#8217;t vir 40 jaar in die oudste woestyn op aarde verdwaal.<\/p>\n<p>Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou vakansie beplan:<\/p>\n<ul>\n<li>Geen visum word benodig nie. Jy&#8217;t wel \u2019n\u00a0SA paspoort nodig wat geldig is vir 6 maande<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Kies jou kamerade versigtig! Maak seker jou mede-reisigers kan hulself besig hou in\u00a0\u2019n land met oop ruimtes, waar eie-tyd belangrik is<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Vind uit watter inentings \u2019n\u00a0vereiste is, indien enige<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Huur met\u00a0\u2019n geldige SA bestuurslisensie\u00a0\u2019n motor met lugversorging. Dis nie die Alpe nie, en kan baie warm word! Neem volle ongeluks- en windskermversekering uit. As mens van die hoofroetes afwyk, kan paaie minder aangenaam raak. Dan kom spyt dalk te laat<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Neem \u2019n\u00a0data-stokkie met jou gunsteling persoonlike musiek saam. Gehuurde motors het nie almal CD-spelers nie en radiostasies in Namibi\u00eb is nogal vreemd. Laat iemand wat weet hoe vir jou die trefferlyste oplaai<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Laat weet jou bank jy laat waai na die woestyn. Trek ook vooraf genoeg Rande (R1 = N$1) Dis duur om enige kitsbank te gebruik<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Stel jou selfoon sodat jy net kan SMS. Dis redeliker as R6 per minuut om te bel. As jou slimfoon verveeld raak en opdaterings doen, is dit ook teen R17 per MB!<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Pak snoep. Jy mag\u00a0een stuk baggasie van 32kg neem, en gaan definitief presente wil terugsmokkel.\u00a0\u00a0\u00a0 : )<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Jy kan nie met jou kaartjie by Duty Free op die lughawe koop nie. Jy kan ook net twee bottels wyn of 750ml spirits inpak.\u00a0\u2019n X-straal kiekie sal jou uitvang as jy land, en dan beland jou KWV dalk in die verkeerde keelgat!<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>As jy vir besigheid reis, vind uit watter werkspermit jy benodig<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Padkaarte van Windhoek en Swakopmund is\u00a0\u2019n moet, en beskikbaar op Hosea Kutako-lughawe<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Laat die pelgrimstog begin! Beplan so die ideale reis-skedule:<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Bly verkieslik 3 aande op \u2019n\u00a0plek. Gee jouself kans om rustig al jou parfuum en oogrome in die badkamer uit te stal<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Ry van Hosea Kutako-lughawe deur Windhoek tot by die GocheGanas natuurreservaat. Dis sowat 25 km buite die stad, en jou eerste plek van verblyf. Dis die perfekte spa om enige stres van jou skouers af te skud! Lees meer\u00a0oor GogheGanas by ons eksklusiewe RR-lesersaanbiedinge hieronder.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Vanaf GocheGanas is die beste om weer deur Windhoek en Okahandja die 370km na Swakopmund te ry. Dis \u2019n\u00a0mooi rit op\u00a0\u2019n goeie pad. Elke keer as ek daarlangs ry, staan ek verstom oor\u00a0hoe die bosveldlandskap stelselmatig in spookagtige platwoestyn verander!<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Spandeer ten minste \u2019n\u00a0week in Swakopmund. Die dorpe Hentiesbaai en Walvisbaai is beide 30km ver, dus kan jy elke dag persoonlikheid gee met unieke aktiwiteite naby jou sonder om heeltyd tasse te moet rondsleep. Twee plekke wat ek as verblyf kan aanbeveel, is The Seaside Hotel &amp; Spa en Atlantic Villa &amp; Guesthouse. Lees meer daaroor by ons eksklusiewe RR-lesersaanbiedinge hieronder.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Die laaste paar dae van jou reis speel in Windhoek af. Ervaar\u00a0\u2019n klein bietjie van Kimberley en baie van Bloemfontein! Hier bied Hotel Heinitzburg\u00a0\u2019n weelderige kersie op jou vakansiekoek, met\u00a0\u2019n indrukwekkende uitsig oor die stad. Lees meer\u00a0oor Hotel Heinitzburg by ons eksklusiewe RR-lesersaanbiedinge hieronder.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Die rit lughawe toe sal\u00a0\u2019n vinnige een wees, en jy kan twee ure voor die tyd inboek. Net na doeane is daar\u00a0\u2019n besigheidsklas-area, waar jy teen voorafbetaling vir oulaas oor jou wedervaringe kan nadink. Dis die koste werd!<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Eksklusiewe RR-lesersaanbiedinge!<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Noem &#8220;rooi rose&#8221; as jy hierdie aanbiedinge wil gebruik. Terme en voorwaardes geld en die aanbiedinge geld elk net vir \u2019n beperkte tyd.<\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-size: small;\"><br \/>\n<span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\">1. GocheGanas<\/span><\/span><\/span><\/p>\n<p>Omring\u00a0deur natuur wat\u00a0soos bosveld voel, is GocheGanas die beste manier om jou siel tot verhaal te laat kom. Die handjievol private en-suite eenhede het elk\u00a0\u2019n onvergeetlike uitsig. Tot\u00a0\u2019n bad met\u00a0\u2019n koepel waar die melkweg vir jou kan loer!<\/p>\n<p>Die spa is baie redelik met\u00a0\u2019n verskeidenheid professionele pamperlange wat liggaam en siel sal vertroetel. Daar&#8217;s\u00a0\u2019n binne- en buiteswembad, klipsauna, sitkamer-area en restaurant wat tuur oor berge en vlaktes. Jy kan saans om die kampvuur die melkweg gebruik om jou oerdier los te laat. Wildsritte en sterrekyk verseker ook dat jy dalkies net daai nuwe roman sal neersit!<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/reservations@gocheganas.com\"><span style=\"font-size: small;\">reservations@gocheganas.com<\/span><\/a><span style=\"font-size: small;\"><br \/>\n<\/span><a href=\"http:\/\/www.gocheganas.com \"><span style=\"font-size: small;\">www.gocheganas.com &lt;http:\/\/www.gocheganas.com<\/span><\/a><span style=\"font-size: small;\">&gt;<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><span style=\"color: #ff0000;\">2. Seaside Hotel &amp; Spa<\/span><\/span><\/p>\n<p>Soos\u00a0\u2019n majesteuese skip het The Seaside Hotel &amp; Spa haar permanente nedersetting by Myl 4 in Swakopmund gekry. Die hotel is op die strand en elke kamer asook die restaurant spog met\u00a0\u2019n see-uitsig. Die spa se pryse is baie redelik, en die Griekse mineralebad is iets wat jou tone kloksgewys sal laat krul. Die derduisende vo\u00ebls wat heen en weer langs die kuslyn migreer, vlieg jou sommer saam na hul bestemming! Daar\u00b9s konferensiegeriewe en hierdie hotel leen haarself as die perfekte bestemming vir\u00a0\u2019n woestyntroue. Dis baie sentraal en binne 15 minute se bereik van die\u00a0meeste gewilde Swakopmund aktiwiteite.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/manager@seasidehotelandspa.com\"><span style=\"font-size: small;\">manager@seasidehotelandspa.com<\/span><\/a><span style=\"font-size: small;\"><br \/>\n<\/span><a href=\"http:\/\/www.seasidehotelandspa.com\"><span style=\"font-size: small;\">www.seasidehotelandspa.com &lt;http:\/\/www.seasidehotelandspa.com&gt;<\/span><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-size: small;\"><br \/>\n<span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><br \/>\n3. Atlantic Villa &amp; Guesthouse<br \/>\n<\/span><\/span><\/span><\/p>\n<p>Meer boetiek sal \u2019n mens sukkel om selfs in New York te kry! Die nuwe suites kyk uit oor die see en is tegnologies, esteties en luuks uitgerus. Daar&#8217;s tot elektriese blinders! Die kroeg en sitkamer-area is by die oorspronklike, meer klassieke deel van die gastehuis. Daar&#8217;s uitkykpunte na die see en woestyn en tot\u00a0\u2019n vleuelklavier\u00a0vir ingeval\u00a0jou vingers ywerig raak. Konferensiegeriewe is beskikbaar en dis ideaal vir \u2019n groep kollegas wat wil <em>brainstorm<\/em>. Die gastehuis is naby aan ongelooflike restaurante, en die belangrikste is dat daar BAIE goeie koffie in die kamers is!<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/bookings@atlantic-villa.com\"><span style=\"font-size: small;\">bookings@atlantic-villa.com<\/span><\/a><span style=\"font-size: small;\"><br \/>\n<\/span><a href=\"http:\/\/www.atlantic-villa.com\"><span style=\"font-size: small;\">www.atlantic-villa.com &lt;http:\/\/www.atlantic-villa.com&gt;<\/span><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><span style=\"color: #ff0000;\">4. Hotel Heinitzburg<\/span><\/span><\/p>\n<p>Ek&#8217;s maar\u00a0eenmaal\u00a0\u2019n\u00a0siel wat hou van\u00a0\u2019n stadsuitsig. Kombineer dit met klassieke styl, goeie wyn en uitsoekdisse en ek is in my noppies! Die oorspronklike kasteel is in die jare 90 deur die Raith-familie gekoop en tot di\u00e9 spoggerige hotel ontwikkel.<\/p>\n<p>Daar&#8217;s\u00a0\u2019n verhitte swembad met ligte wat van kleur verander en baie plek om son en <em>smoothies<\/em>\u00a0op te slurp. Die restaurant het \u2019n\u00a0ongelooflike uitsig oor die middestad en word geloof as die beste in Windhoek. As jy\u00a0\u2019n wynkenner is, kan jy die langtafel in die kelder bespreek, met\u00a0\u2019n wynversameling wat beindruk. Die hele hotel is in 2011 ten duurste\u00a0oorgedoen met die beste linne, eetgerei, kandelare en Duitse glans.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/heinitzburg@heinitzburg.com\"><span style=\"font-size: small;\">heinitzburg@heinitzburg.com<\/span><\/a><span style=\"font-size: small;\"><br \/>\n<\/span><a href=\"http:\/\/www.heinitzburg.com\"><span style=\"font-size: small;\">www.heinitzburg.com &lt;http:\/\/www.heinitzburg.com&gt;<\/span><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: small;\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Heinitzburg1.jpg\" alt=\"\" \/><\/span><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dinge wat \u2019n\u00a0mens definitief in Namibie moet doen:<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\">Windhoek<br \/>\n<\/span><br \/>\nSkemerkelkies by Hotel Heinitzburg as die son wegkwyn<br \/>\nEet\u00a0\u2019n enorme eisbein by Joe&#8217;s Beer Garden<br \/>\nBesoek die <em>township<\/em> waar strate na dissipels vernoem is<br \/>\nBesoek Okahandja\u00a0 se mark propvol inheemse tjierrem-tjorroms<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\">Swakopmund<\/span><\/p>\n<p>Eet nog\u00a0\u2019n eisbein met\u00a0\u2019n konka bier by Brauhaus<br \/>\nBesoek die kristalmuseum se reusagtige kristal<br \/>\nLoop die soutstrate en tel jou se\u00ebninge<br \/>\nStap op die promenade vergesel deur die mooiste, skoonste see<br \/>\nKlim\u00a0\u2019n ligtoring uit<br \/>\nEet oesters op die Jetty<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\">Hentiesbaai<\/span><\/p>\n<p>Besoek Wlotzkasbaken se vreemde huise met hul eienaardige argitektuur<br \/>\nBesoek die galg in die midde-dorp<br \/>\nEet\u00a0\u2019n vissie by die Henties-mall (\u2019n volle 8 winkels)<br \/>\nParkeer langs die pad en loop rond die platwoestyn<br \/>\nBesoek die skeepswrakke en let op hoe die see hulle verteer<br \/>\n<span style=\"color: #ff0000;\"><br \/>\nWalvisbaai<\/span><\/p>\n<p>Eet rou maalvleis op roosterbrood by die blou bakkery<br \/>\nRy tot by die soutpanne en verkyk jou aan die baie pienk sout<br \/>\nKlim Duin 7 en weet waar jou kuite sit<br \/>\nRy <em>quad bike<\/em> oor die duine en lag vir Hompie Kedompie<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Krisjan Fourie.\u00a0 Moenie die hele Namibi\u00eb in twee weke probeer sien nie. Dit sal voel of jy van \u2019n\u00a0burgeroorlog vlug. Namibi\u00eb is GROOT! Vlieg met\u00a0Kulula vanaf ORT retoer na Windhoek. Dis\u00a0\u2019n goedkoop twee uurlange vlug.\u00a0Sien\u00a0met\u00a0\u2019n volgende besoek die suidelike [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98953,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[451,452,453,454,455],"class_list":["post-4679","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-namibie","tag-swakopmund","tag-windhoek","tag-hentiesbaai","tag-walvisbaai"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself. | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself. | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Deur Krisjan Fourie.\u00a0 Moenie die hele Namibi\u00eb in twee weke probeer sien nie. Dit sal voel of jy van \u2019n\u00a0burgeroorlog vlug. Namibi\u00eb is GROOT! Vlieg met\u00a0Kulula vanaf ORT retoer na Windhoek. Dis\u00a0\u2019n goedkoop twee uurlange vlug.\u00a0Sien\u00a0met\u00a0\u2019n volgende besoek die suidelike [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-01-29T13:26:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:40:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"865\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself.\",\"datePublished\":\"2013-01-29T13:26:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:40:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/\"},\"wordCount\":1434,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg\",\"keywords\":[\"Namibi\u00eb\",\"Swakopmund\",\"Windhoek\",\"Hentiesbaai\",\"Walvisbaai\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/\",\"name\":\"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself. | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg\",\"datePublished\":\"2013-01-29T13:26:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:40:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg\",\"width\":865,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself.\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself. | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself. | rooi rose","og_description":"Deur Krisjan Fourie.\u00a0 Moenie die hele Namibi\u00eb in twee weke probeer sien nie. Dit sal voel of jy van \u2019n\u00a0burgeroorlog vlug. Namibi\u00eb is GROOT! Vlieg met\u00a0Kulula vanaf ORT retoer na Windhoek. Dis\u00a0\u2019n goedkoop twee uurlange vlug.\u00a0Sien\u00a0met\u00a0\u2019n volgende besoek die suidelike [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-01-29T13:26:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:40:36+00:00","og_image":[{"width":865,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself.","datePublished":"2013-01-29T13:26:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:40:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/"},"wordCount":1434,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg","keywords":["Namibi\u00eb","Swakopmund","Windhoek","Hentiesbaai","Walvisbaai"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/","name":"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself. | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg","datePublished":"2013-01-29T13:26:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:40:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-bewonder-namibie.-leer-ken-jouself.jpeg","width":865,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bewonder-namibie-leer-ken-jouself\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Bewonder Namibi\u00eb. Leer ken jouself."}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4679","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4679"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4679\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98953"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4679"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4679"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4679"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}