{"id":4663,"date":"2013-01-23T17:01:00","date_gmt":"2013-01-23T15:01:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/"},"modified":"2018-07-06T13:41:53","modified_gmt":"2018-07-06T11:41:53","slug":"deur-die-wynlande-op-twee-wiele","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/","title":{"rendered":"Deur die wynlande op twee wiele"},"content":{"rendered":"<p><strong><a>Die toer <\/a><br \/>\n<a>As jy ook lus kry<\/a><br \/>\n<a>Die begin<\/a><br \/>\n<a>Dis koud en nat<\/a><br \/>\n<a>Voel soos \u2019n kind<\/a><br \/>\n<a>Wonderskone landskap<\/a><br \/>\n<a>Ervare en onervare ry saam<\/a><br \/>\n<a>Hanli die vryduiker<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die toer<\/p>\n<p>-Cycle Lab se eerste fietstoer net vir vroue vanaf Vrydag 22 Junie tot Sondag 24 Junie 2012.<br \/>\n-Spring weg by Welvanpas buite Wellington tot by Vindoux buite Tulbach en weer terug.<br \/>\n-Totale afstand wissel tussen 100 km tot 190 km vir die drie dae. Jy besluit hoe ver jy wil ry en wanneer jy jou fiets op die bystandsleepwa wil laai.<\/p>\n<p>As jy ook lus kry<\/p>\n<p>-Skakel Eulogy du Plessis (021 702 7892) of Maritza Terblanche (021 702 8573) van Cycle Lab om meer uit te vind oor fietstoere deur Cycle Lab, of stuur \u2018n epos na tours@cyclelab.com<br \/>\n-Hanli Prinsloo se Joga for Cyclists bestaan uit \u2018n 10 minute opwarming voor jy ry, tien minute strekoefening na jy gery het en \u2019n 60 min volle joga-sessie wat op soepelheid en krag gemik is. Dit kos R140 by alle Cycle Lab-winkels en kan ook op hul werbwerf www.cyclelab.com bestel word.<\/p>\n<p>Die begin<\/p>\n<p>Sondag 24 Junie: Dis die perfekte dag vir \u2018n luilekker Sondag voor die kaggel met \u2018n goeie boek en rooi wyn. Die wolke hang laag oor die koper blare van die wingerd by die Vindoux-gastehuis; die lug is so versadig dat re\u00ebn elke nou en dan uit die dragtige wolke neersif. Boonop is ek in die pragtige Tulbaghvallei met \u2018n lieflike uitsig op die Saronsberge en omring deur van die bekendste wynplase in die land.<\/p>\n<p>Maar ek het \u2018n ander agenda. Vergeet die Merlot en Shiraz; dis net na nege in die oggend, met die kwik op \u2018n skrale ses grade en ek en 18 vroue staan gestewel en gespoor langs ons bergfietse, reg vir die laaste been van \u2018n bergfietstoer van drie dae tussen Wellington en Tulbagh. Ons almal het een oog op die swaar wolke en wonder heimlik hoe lank dit gaan duur voor die re\u00ebn in alle erns begin lostrek.<\/p>\n<p>Dis koud en nat<\/p>\n<p>Die weervoorspelling vir die hele naweek was bitter koud met byna aanhoudende re\u00ebn. Voorwaar geen verrassing in die hartjie van die Kaapse winter nie. En die instruksies op die toerplan het ges\u00ea dat ons voortgaan, al re\u00ebn dit. Maar die Kapenaars laat hulle nie afskrik deur \u2018n bietjie koue en nattigheid nie en saal hul ysterperde op asof dit die lekkerste sonskyndag in die somer is.<\/p>\n<p>Tien minute later stuif die re\u00ebn soos suiker op ons neer, maar met die regte klere (geleende vere van vriende) bly ek droog en warm. Die duur beenverwarmers wat ek die Donderdagmiddag as nagedagte by Cycle Lab in Tygervallei gekoop het, is nou elke sent werd. Dit is wel ontwerp om jou bo-been presies op die mees onvleiende plek in te druk, en selfs vir Kate Moss met \u2018n onaantreklike binnebeen-vetrolletjie sal laat. Maar as jy alreeds \u2018n <em>buff<\/em> oor jou gesig getrek het sodat jy soos \u2018n bankrower lyk, is voorkoms bysaak.<\/p>\n<p>Voel soos \u2018n kind<\/p>\n<p>Tog word ons vinnig warm sodra ons aan die ry kom en ek verwonder my aan die ongerepte natuur en wonderskone berge. Dis kindwees-lekker om deur die modder te jaag en die koue wind op jou gesig te voel. Dit herinner my aan my laerskooldae toe ons aan die buitewyke van Windhoek gebly het en ek en my ouer broer en die buurkinders smiddae met ons fietse in die veld verdwyn het en nie weer huiswaarts gekeer het voor dit sterk skemer geword het nie. Of een sy nerwe afgeval het nie.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\nWonderskone landskap<\/p>\n<p>Die pienk fynbos blom in plate en in die klammigheid is jy nog meer bewus van die reuke van die veld en grond. Dit is voorwaar spesiaal om op plaaspaaie te ry saam met \u2018n groep vroue en ek voel \u2018n behaaglikheid wat moeilik is om te beskryf.<\/p>\n<p>Dis tot my ketting in dik klei afspring en ek nie betyds my (nou baie modderige) aanknipskoene kan loswoel nie en ek en my fiets sonder seremonie of grasie in die lang sagte gras omdop. Iets om te onthou; modder werk omtrent soos <em>super <\/em><em>glue<\/em> om die meganisme van aanknipskoene en pedale onherroepelik in mekaar te wig en dan kry jy dit nie sommer in \u2018n oomblik van nood vinnig los nie.<\/p>\n<p>Dalk moet mens dit losser instel. Ek het gaan idee nie, want hoewel ek al \u2018n paar padfietswedrenne gedoen het, is dit my nooiensvaart op \u2018n bergfiets in die veld.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\nErvare en onervare ry saam<\/p>\n<p>Gelukkig het Eulogy du Plessis en Maritza Terblanche van Cycle Lab my voor die tyd verseker dat heelwat mense in die groep redelik onervare is en dat die fietstoer net op pret gemik is. Dit was voorwaar die geval en almal het na afloop saaamgestem dat elkeen binne sy raamwerk van vaardigheid kon ry en steeds baie kon leer. En vet pret gehad het.!<\/p>\n<p>Ek adem die koue, vogtige lug van die Kaapse winter in en dink terug aan die eerste oggend toe almal in die stikdonker soos verkluimde dassies in groepies beleefde geselsies aangeknoop het om die koue en vreemdheid te verjaag,<\/p>\n<p>Baie van die vroue het twee-twee ingeskryf; beste maters wat wegbreek vir \u2018n naweek sonder mans, kinders en beroepe. Tog is daar ook heelwat wat op hul eie opgedaag het om nuwe mense te leer ken en lieflike plaaspaaie te verken. Teen die einde van die toer was dit onmoontlik om te onderskei wie alleen opgedaag het, so lekker is daar gekuier.<\/p>\n<p>Dis al ons derde dag in die saal na ons die Vrydagoggend douvoordag by Welvanpas (vyf km buite Wellington) weggespring het. Gelukkig is daar die bystandbussie met sleepwa byderhand om enigeen wat moeg raak op te pik. Dit maak dit moontlik om \u2018n uiteenlopende spannetjie saam te groepeer.<\/p>\n<p>En dan was daar die baie geduldige Brendon vir meganiese probleme. Dis byna soos om \u2018n manlief saam te vat wat nooit sy sin vir humor verloor nie. Al kry jy drie pap wiele\u2026.<\/p>\n<p>Die bussie is ook gelaai met allerhande happies en sappies wat elke nou en dan uitgehaal word om ons te lawe.<\/p>\n<p>Ons trek weg op \u2018n stofpad by Welvanpas wat ons na \u2018n paar kilometers deur Wellington se teerstrate neem. Hierna draai ons af op netjiese grondpaaie. Nou verstaan ek hoekom bergfiets so gewild raak. Hier met die reuk van grond in jou neus voel jy weer geaard.<\/p>\n<p>Ten spyte van die verdoemende nat en bitter koue weervoorspelling vir die naweek was dit oopgetrek en was die blouselblou lug in skerp kontras teen die spatsels geel van die kanola-velde.<\/p>\n<p>Ons ry ongeveer 35km tot by Du Vlei Farm vir koffie en versterkings. Hier besluit \u2018n paar dat hul genoeg gery het vir die dag en spring in die bussie. Daarna is dit nog so 44 km tot in Vindoux (5 km buite Tulbagh) waar \u2018n heerlike ete en spa-behandelings op ons wag.<\/p>\n<p>Na \u2018n dag se sweet en swets teen die bulte uit voel almal soos ou bekendes en word daar groot jolyt gehou totdat die lang dag sy tol eis.<\/p>\n<p>Saterdag kry ons eindelik die geleentheid om regte, egte bergfietsterrein aan te durf waar ons deur sagte sand, klein riviertjies en teen steil, klipperige bulte ry. Na 45 km se harde werk verdien ons die middagete in Tulbagh by Things I Love en kry ook kans om deur hierdie geskiedkundige dorpie te stap. Die aand is ons weer terug vir \u2018n ete in die baie bekende Paddagang-restaurant.<\/p>\n<p>Hanli die vryduiker<\/p>\n<p>Voor aandete gesels ons met Hanli Prinsloo wat \u2018n genooide gas op die toer is. Sy is w\u00eareldbekend vir haar vryduikrekords (sy kan haar asem vir tot ses minute ophou om sonder toerusting 65 m in die diep blou seewater af te sak) en het ook \u2018n joga DVD saamgestel vir fietsryers om jou soepel en sterk te hou. (beskikbaar by Cycle Lab-winkels landswyd teen R140). Hanli se entoesiasme is aansteeklik en sy inspireer ons met haar passie vir avontuur en bewaring van die oseane. Besoek haar webwerf by <a>www.iamwater.co.za<\/a><\/p>\n<p>I am water, haar oseane bewaringstrust is ook hierdie jaar gekies as een van die begunstigdes van die Twee Oseane Marathon Inisiafief (TOMI) vir 2012.<\/p>\n<p>Haar daagliks jogalesse het die stywe spiere gestrek en ontspan. Dan het sy ons ook versterk met super <em>smoothies<\/em> wat gelaai is met allerhande heilsame sade, vrugte en neute.<\/p>\n<p>Sondag se eerste been van 35 km bring ons tot by die Calabasch Padstal aan die voet van Bain&#8217;s Kloof. Hier ontdooi ons voor die groot kaggel en drink sjokolademelk. Dan saal \u2018n paar nimmereinders weer hul modderige fietse op en durf gietende re\u00ebn en mis aan om die laaste 30 km deur Bain&#8217;s Kloof tot by Welvanpas te ry.<\/p>\n<p>Wat \u2018n onvergeetlike drie dae saam met wonderlike vroue wat almal eindelose pret gehad het.<\/p>\n<p>*Baie dankie aan Cycle Lab vir die uitnodiging om hulle op hierdie uitsonderlike toer te vergesel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die toer As jy ook lus kry Die begin Dis koud en nat Voel soos \u2019n kind Wonderskone landskap Ervare en onervare ry saam Hanli die vryduiker Die toer -Cycle Lab se eerste fietstoer net vir vroue vanaf Vrydag 22 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98936,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[429,430,431],"class_list":["post-4663","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-anet-schoeman","tag-cycle-lab","tag-fietstoer"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Deur die wynlande op twee wiele | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Deur die wynlande op twee wiele | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die toer As jy ook lus kry Die begin Dis koud en nat Voel soos \u2019n kind Wonderskone landskap Ervare en onervare ry saam Hanli die vryduiker Die toer -Cycle Lab se eerste fietstoer net vir vroue vanaf Vrydag 22 [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-01-23T15:01:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:41:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"863\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Deur die wynlande op twee wiele\",\"datePublished\":\"2013-01-23T15:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:41:53+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/\"},\"wordCount\":1482,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg\",\"keywords\":[\"Anet Schoeman\",\"Cycle Lab\",\"fietstoer\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/\",\"name\":\"Deur die wynlande op twee wiele | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg\",\"datePublished\":\"2013-01-23T15:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:41:53+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg\",\"width\":863,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Deur die wynlande op twee wiele\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Deur die wynlande op twee wiele | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Deur die wynlande op twee wiele | rooi rose","og_description":"Die toer As jy ook lus kry Die begin Dis koud en nat Voel soos \u2019n kind Wonderskone landskap Ervare en onervare ry saam Hanli die vryduiker Die toer -Cycle Lab se eerste fietstoer net vir vroue vanaf Vrydag 22 [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-01-23T15:01:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:41:53+00:00","og_image":[{"width":863,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Deur die wynlande op twee wiele","datePublished":"2013-01-23T15:01:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:41:53+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/"},"wordCount":1482,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg","keywords":["Anet Schoeman","Cycle Lab","fietstoer"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/","name":"Deur die wynlande op twee wiele | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg","datePublished":"2013-01-23T15:01:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:41:53+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-deur-die-wynlande-op-twee-wiele.jpeg","width":863,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-die-wynlande-op-twee-wiele\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Deur die wynlande op twee wiele"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4663","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4663"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4663\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98936"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4663"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4663"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4663"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}