{"id":45913,"date":"2016-03-29T10:29:21","date_gmt":"2016-03-29T08:29:21","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=45913"},"modified":"2016-03-29T10:29:21","modified_gmt":"2016-03-29T08:29:21","slug":"die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/","title":{"rendered":"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie"},"content":{"rendered":"<p>Voordat enige fase van kankerbehandeling begin, is daar inligtingsessies. Die personeel gesels met jou oor alles wat moontlik kan skeefloop tydens die behandeling, of oor newe-effekte wat mens kan verwag tydens die behandelingsfase. Mens is voorbereid.<\/p>\n<p>Niemand dink egter daaraan om jou te vertel van die klein jakkalsies tydens post-behandeling nie. Die goetertjies wat onverwags kop uitsteek en alles in hulle vermo\u00eb doen om jou lewe ongemaklik te maak. Hierdie dinge is nie lewensbedreigend nie, maar vir mense wat met groot vreugde uitgesien het na daardie laaste dag van chemo en die daaropvolgende herstel, lyk die klein jakkalsies na reusagtige T-Rexongediertes.<\/p>\n<p>Jy sukkel om aan die slaap te raak vanwe\u00eb rustelose bene-sindroom en daardie einste rustelose bene maak ook dat jy elke kort-kort wakker word. Van REM-slaap is daar geen sprake nie. Jy word moeg wakker en jou neus en o\u00eb water onophoudelik. Wanneer jy opstaan, pyn jou spiere so dat jy soos \u2019n oumens badkamer se kant toe skuifel, oorbewus van die beskadigde senuwees in jou voete.\u00a0Ja, mens se voete voel omtrent so klein, petite en vroulik soos \u2019n volgroeide olifantbul s\u2019n. Een wat elke dag \u2019n oordosis groeihormone inneem. Behalwe die uitputting wat jou deur die dag vergesel, is daar die gebrek aan konsentrasie en verswakte geheue wat maak dat jy in die middel van \u2019n sin vergeet watter onderwerp onder bespreking was. Ek is seker mense glo dit nie (ek het aanvanklik nie), maar daar bestaan regtig iets soos <em>\u2018chemo-induced cognitive dysfunction\u2019<\/em>. Ek begin al daaraan gewoond raak dat my mond oop en toe gaan sonder dat daar woorde uitkom. My mense ook. Hulle het geleer om aan te gaan met die gesprek asof daar nie \u2019n gapende vis in hulle midde is nie \u2013 Madelein sal netnou weer bypik. Of nie. En dit is ook oukei.<\/p>\n<p>En dan is daar die kleiner ergenissies, Soos die wenkbroue en wimpers wat weer en weer en weer uitval. Maar, kom ons wees nou eerlik &#8211; dit hou dinge opwindend. Skielik, een goeie m\u00f4re, besef jy dat daar stokstywe haartjies sit waar daar eens wimpers was. Ai, daardie haartjies word gekoester. Wanneer jy aan hulle dink word jou hart sommer so sag. Skattige goedjies. En dan, een oggend, word jy wakker en besef jy dat hulle weer uitgeval het, jou deernisvolle vertroeteling ten spyte. Maar \u2013 jy weet goed dat hulle weer onverwags hulle opwagting gaan maak, so elke oggend se kyk in die spie\u00ebl is amper iets soos \u2019n avontuur. Gaan daar stokstywe, brawe haartjies wees of nie?<\/p>\n<p>Ek het begin voorberei vir die volgende fase van hierdie reis \u2013 borsrekonstruksie. Ek weet reeds watter metodes aanbeveel word en ek het die name van \u2019n paar uitstekende sjirurge. Borsrekonstruksie mag eers ses maande tot \u2019n jaar n\u00e1 afhandeling van bestraling gedoen word, so ek het nog genoeg tyd om te kyk na daardie hartroerende voor-en-n\u00e1 foto\u2019s. Ek het vrede daarmee gemaak dat my bolyf nooit modelmooi sal wees nie. Daar gaan letsels en littekens wees, tekens dat ek gel\u00e9\u00e9f het, oorlogswonde. En as iemand my daaroor uitvra, sal ek met \u2019n lekker hart kan s\u00ea: Dit lyk miskien erg, maar jy moet die kankerselle sien. O, jy kan hulle nie sien nie? Dis omdat hulle dood is. Ha!<\/p>\n<p>My lyf word weer sterk genoeg om terug te veg.<\/p>\n<p>Ek het gister gesien dat daar fyn, blonde haartjies op my voorarms is. En my nuwe wimpers is omtrent \u2019n millimeter lank. Die fynste, blondste haartjies het ook verskyn bo-op my getato\u00eberde wenkbroue en hoewel my naels droog en bros is, sit al tien nog op my vingerpunte.<\/p>\n<p>Die verstommendste van alles is die <strong>vrede<\/strong> wat in my woon terwyl my liggaam deur al hierdie dinge gaan. Elke veldslag in hierdie oorlog, groot en klein, word geveg onder aanvoering van die grootste Leidsman van alle tye. Daardie einste Een wat die dood vir ons oorwin het.<\/p>\n<p>So: ek sal elke oggend opstaan en my uniform bo-oor my olifantvoete aantrek, veilig in die wete dat Hy my nie alleen sal laat nie, dat Hy saam met my in die voorste linies is terwyl ek die vyand aandurf, ongeag van watter skelm plan in die mou gevoer word om my swak te maak.<\/p>\n<p><em>Bring it on!<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voordat enige fase van kankerbehandeling begin, is daar inligtingsessies. Die personeel gesels met jou oor alles wat moontlik kan skeefloop tydens die behandeling, of oor newe-effekte wat mens kan verwag tydens die behandelingsfase. Mens is voorbereid. Niemand dink egter daaraan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":45916,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682],"tags":[35,762,1804],"class_list":["post-45913","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","tag-blogs","tag-borskanker","tag-madelein-rust"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Voordat enige fase van kankerbehandeling begin, is daar inligtingsessies. Die personeel gesels met jou oor alles wat moontlik kan skeefloop tydens die behandeling, of oor newe-effekte wat mens kan verwag tydens die behandelingsfase. Mens is voorbereid. Niemand dink egter daaraan [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-03-29T08:29:21+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Jakkals.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"533\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie\",\"datePublished\":\"2016-03-29T08:29:21+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/\"},\"wordCount\":715,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Jakkals.jpg\",\"keywords\":[\"blogs\",\"borskanker\",\"madelein rust\"],\"articleSection\":[\"Blogs\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/\",\"name\":\"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Jakkals.jpg\",\"datePublished\":\"2016-03-29T08:29:21+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Jakkals.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Jakkals.jpg\",\"width\":800,\"height\":533,\"caption\":\"Jakkals\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie | rooi rose","og_description":"Voordat enige fase van kankerbehandeling begin, is daar inligtingsessies. Die personeel gesels met jou oor alles wat moontlik kan skeefloop tydens die behandeling, of oor newe-effekte wat mens kan verwag tydens die behandelingsfase. Mens is voorbereid. Niemand dink egter daaraan [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-03-29T08:29:21+00:00","og_image":[{"width":800,"height":533,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Jakkals.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie","datePublished":"2016-03-29T08:29:21+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/"},"wordCount":715,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Jakkals.jpg","keywords":["blogs","borskanker","madelein rust"],"articleSection":["Blogs"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/","name":"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Jakkals.jpg","datePublished":"2016-03-29T08:29:21+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Jakkals.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Jakkals.jpg","width":800,"height":533,"caption":"Jakkals"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-klein-goedjies-waarvan-niemand-jou-vertel-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/45913","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=45913"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/45913\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/45916"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=45913"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=45913"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=45913"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}