{"id":45830,"date":"2016-03-24T13:05:25","date_gmt":"2016-03-24T11:05:25","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=45830"},"modified":"2016-03-24T13:05:25","modified_gmt":"2016-03-24T11:05:25","slug":"huiskyker-sapiens-sp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/","title":{"rendered":"Huiskyker sapiens sp."},"content":{"rendered":"<p>Die twyfelagtige voorreg van \u2019n huis in die mark sit het my en my man reeds sowat tien jaar gelede te beurt geval.<\/p>\n<p>Die verkoop van jou eerste huis en die opruim en oppak van sowat ses jaar se bymekaarmaakgoed, kan nogal uitputtend wees. Maar, dit is nie naastenby so uitputtend soos die spesie wat \u2019n huis-in-die-mark onvermydelik lok nie: <strong>huiskykers<\/strong>.<\/p>\n<p>Ek is seker maar te bang om op mense se tone te trap, maar die kere dat \u00e9k vergesel van \u2019n eiendomsagent iemand anders se lewensruimte betree het om te kyk of daardie lewensruimte die regte ruimte sal bied vir my om in te lewe, het ek dit so pynloos en vinnig moontlik probeer doen.<\/p>\n<p>Mens groet die huiseienaar vriendelik en loop jou draaie deur die huis sonder om \u00e9nige negatiewe kommentaar oor \u00e9nigiets te lewer \u2013 maak nie saak of die pienk- en khakigroen novilon-badkamer jou summier \u2019n galaanval gee nie. Jy h\u00f3\u00fa jou <em>pose<\/em>.<\/p>\n<p>Vrae wat jy oor die eiendom mag h\u00ea, stel jy so objektief en ordentlik as moontlik. En, sodra jy jou kyke gekyk het, bedank jy die huiseienaar hoflik en jy maak spore sodat die huis se mense kan voortgaan met hulle lewe.<\/p>\n<p>Na sowat tien jaar se eerstehandse ervaring van die huiskykerspesie, is dit egter duidelik dat die minderheid van hulle dieselfde geskool is as dit kom by huiskyketiket.<\/p>\n<p>Ons eerste huis was skaars in die mark, of die kykers het op ons begin toesak. Die meeste vergesel van eiendomsagente, maar ook hier en daar een wat \u201csommer verbygery en \u2019n kans gevat het\u201d \u2013 al is dit kwart oor een op \u2019n Sondagmiddag.<\/p>\n<p>Van hierdie voorgenome kopers was daar egter een gesin wat my nou nog in \u2019n koue angssweet laat uitslaan. Di\u00e9 spannetjie was van \u2019n nywerheidsdorp neffens die Goudstad en moes noodgedwonge huis soek op ons Bolandse dorp weens die man se verplasing.<\/p>\n<p>Die vrou het dit uit die staanspoor duidelik gemaak dat dit n\u00ed\u00e9 haar keuse is nie en dat dit haar dwars in die krop (haar woord vir krop was anatomies egter effe laer gele\u00eb) steek dat sy haar gerieflike, volgens haar \u201cultramoderne\u201d, huis moes opgee vir \u201ciets soos hierdie.\u201d<\/p>\n<p>Nou ja, ons doodgewone drieslaapkamerhuis met ruim leefvertrekke en groot erf was nou n\u00ed\u00e9 ultramodern nie, maar dit was gele\u00eb in een van die dorp se meer gesogte buurte.<\/p>\n<p>Toe die man dus besluit dat \u201cdie ou plekkie maar sal doen\u201d en hy met hulle negende besoek binne \u2019n halwe week aan ons \u201cou plekkie\u201d begin afmetings doen vir waar sy <em>sleeper-<\/em>kroeg in die eetkamer kan inpas, het ek my bedenkinge gehad oor ultramoderne wonings.<\/p>\n<p>Die kooptransaksie is met verskeie stampe en stote beklink en toe was die gort eers gaar: Sodra ek saans my sewe maande oue baba wil bad of voer, het die deurklokkie gelui en daar staan een, twee\u2026 of al vier lede van die gesin voor die deur om \u201cnet gou iets te kom kyk\/meet\/verander\u201d aan \u201cons huis.\u201d<\/p>\n<p>Na \u2019n week van hierdie onbedagsaamheid, was daar heeltemal te veel onse in hierdie pond en ek het die eiendomsagent gevra om die boodskap diplomaties oor te dra dat hierdie mense ni\u00e9 sommer net 24 uur per dag welkom is nie.<\/p>\n<p>Dit was natuurlik iets wat hulle glad nie kon verstaan nie en hulle het begin brom dat ons iets probeer wegsteek.<\/p>\n<p>Ja! Wou ek uitroep. Ek probeer my nagklere en ou pantoffels wegsteek as julle sewe-uur op \u2019n Saterdagoggend \u201cnet gou die vensters wil kom meet vir gordyne!\u201d<\/p>\n<p>Na bykans twee maande se sielsversondigende, skaamtelose invalle deur die nuwe huiseienaars, was ons verlig om in ons volgende huis in te trek.<\/p>\n<p>Ek kon egter nie help om te glimlag toe ek hoor dat die ultramoderne span na skaars \u2019n jaar weer sak-en-pak teruggetrek het na die nywerheidsdorp bo die Vaalrivier nie. Die pantoffelregering het slegs twaalf maande geneem om die nie-moderne staatsgreep tersyde te stel.<\/p>\n<p>Die nuwe, weliswaar meer moderne huis wat ons gekoop het, het natuurlik sy probleme en onvoorsienighede opgelewer. Die eerste oggend is ons wakker gemaak deur \u2019n trop tarentale wat tussen die plafon en die skuinsdak van ons nuwe dubbelverdieping rondgeskrop het. Die dak moes dringend gese\u00ebl word.<\/p>\n<p>Die nuus van \u2019n nuwe babasussie wat haar opwagting gaan maak, het ons laat besluit om ons tweede huis in die mark te sit. Met twee kinders onder die ouderdom van twee jaar was die idee van \u2019n dubbelverdiepinghuis skielik baie minder romanties.<\/p>\n<p>In hierdie tyd het die eiendomsagent heelwat mense deur die huis geneem en dalk was my \u201cou tante Viljoen\u201d-beeld met \u2019n baba op die heup en een in die maag versagtende omstandighede, maar verskeie van hierdie huiskykers het mettertyd goeie vriende geword.<\/p>\n<p>Die kinders het groter geraak en die ho\u00eb, styl trap is nie meer so \u2019n groot kopseer nie, maar ons het so \u2019n jaar of wat gelede weer besluit om die huis aktief te laat bemark sodat ons dalk meer sentraal en nader aan die skool kan nesskrop.<\/p>\n<p>So, \u2019n nuwe sarsie huiskykers het die laaste maande op ons toegesak.<\/p>\n<p>Die span wat vroe\u00ebr vandeesweek kom inloer het, is ook van die verre Noorde van die land. Reeds met die intrapslag kon ek sien dat Mevrou nou nie juis borrel van opwinding oor hulle voorgenome, verpligte skuif nie.<\/p>\n<p>Ek het verskoning gemaak dat die huis nie silwerskoon is nie, aangesien ons die vorige aand teruggekeer het van \u2019n langnaweek by die see. Maar, ek het heimlik geweet dat die huis heelwat netjieser is as die meeste ander.<\/p>\n<p>Mevrou het natuurlik nie op haar laat wag om te vertel in watter haglike toestande die ander huise was wat hulle reeds die oggend besigtig het nie.<\/p>\n<p>\u201cDie een huis se beddens was nie eers opgemaak nie!\u201d het sy afkeurend meegedeel. Ek wou haar tergend troos dat sy dan maar net moet sorg dat daardie onopgemaakte bed saam met die treklorrie verkas, maar ek was nie seker of sy die grappie sou waardeer nie.<\/p>\n<p>Na \u2019n bepeinsende deurkyksessie deur die slaapkamers en leefvertrekke, het sy tot stilstand gekom in my kombuis &#8211; \u2019n kombuis waarop ons nogal trots is, want dit het danksy ons eie meet-en-pas regrukpoging \u2019n jaar of twee gelede in \u2019n toonaangewende dekortydskrif verskyn.<\/p>\n<p>Sy het teatraal haar hande in die lug gegooi en ge-uiter: \u201cWag\u2026 w\u00e1g!\u201d<\/p>\n<p>Haar gesigsuitdrukking het gelyk asof sy sopas die katte se sandbak in die middel van die kombuistoonbankblad raakgesien het\u2026 Maar, daar was geen katbak nie. Bloot ons enkelwasbak.<\/p>\n<p>\u201cWil jy tog nie vir my s\u00ea dat dit \u00e1l is wat jy het om jou skottelgoed in te was nie?\u201d het sy met afgryse verneem.<\/p>\n<p>Ek het gestotter dat ons \u201cdarem ook \u2019n skottelgoedwasser\u201d het, maar eintlik moes ek vir haar gevra het of dit lyk asof dit \u2019n probleem is, want 15 minute na ontbyt staan daar nie \u2019n enkele stukkie ongewasde skottelgoed rond nie \u2013 kan sy dieselfde s\u00ea van haar huis?<\/p>\n<p>Op pad uit tuin toe, het <em>Teatrale Tantrum Twee<\/em> gevolg: \u201cW\u00e1\u00e1r h\u00e1ng jy jou w\u00e1sgoed?\u201d het sy in stygende toonhoogtes gevra asof sy eerder verneem waar begrawe ek die lyke van wasvroue aangesien daar nie \u2019n draad is waarop ek hulle kan hang nie.<\/p>\n<p>My oog het die eiendomsagent se effe moedelose blik gevang en ek het effens minder tegemoetkomend geantwoord dat ek nie \u2019n huishulp het nie en dus elke dag sorg vir my eie wasgoed. Ek het bygevoeg dat sy meer as welkom is om \u2019n wasgoeddraad in die warrelwindhoek van die tuin op te rig as sy kans sien vir ons dorp se berugte wind.<\/p>\n<p>Met een laaste afkeurende blik na ons wasgoeddraadlose-katbak woning, is sy en haar stilswyende man vort saam met die agent.<\/p>\n<p>Wat my weer herinner het aan die insident wat my en die kinders nou nog laat giggel.<\/p>\n<p>\u2019n Vreeslike f\u00eansie man en sy vrou het so \u2019n jaar gelede in hulle vreeslike f\u00eansie f\u00f4r-baai-f\u00f4r voor ons deur gestop. Dit was onmiddellik duidelik dat hierdie huis \u201cheeltemal te klein en verkeerd gebou is\u201d volgens die meneer.<\/p>\n<p>Die ingeboude binnebraai \u201ckan seker skaars \u2019n hoenderboudjie braai so klein is dit\u201d, die \u201cstoep behoort eintlik toegebou te wees\u201d en \u201cdie kaggel se kolom moet afgebreek word\u201d.<\/p>\n<p>Ek en die kinders het grootoog die kritiek vanuit die kombuis staan en afluister. Die f\u00eansie man en sy bedeesde vrou is saam met die eiendomsagent na die boonste verdieping en daar is ook heelwat kritiek rondgeslinger.<\/p>\n<p>Of daar egter een van my meisiekind se sowat sestig sagte speelgoedhasies die f\u00eansie man aan die maerm\u00earrie gebyt het, weet ek nie, maar, met die afkom met die trap, was Meneer meteens so mak soos \u2019n lammetjie.<\/p>\n<p>\u201cMevroutjie,\u201d seg hy, \u201cek kuier nou so lekker hier in jou huis, ek voel my s\u00f3 tuis, dat ek sommer gou die James gaan besoek!\u201d<\/p>\n<p>En met di\u00e9 stap Meneer met sy f\u00eansie gepunte leerskoene gang af na die James.<\/p>\n<p>Die agent vra dat ek gou solank vir die vrou foto\u2019s van die woonstel op ons erf op my rekenaar gaan wys en ons moet gangaf verby die James stap.<\/p>\n<p>Waar ek terselftertyd wip soos ek skrik en my dogtertjie se kop wegpluk sodat sy nie sien hoe die f\u00eansie Meneer oop en bloot die James besoek nie!<\/p>\n<p>Daarna het die die f\u00eansie man en sy vrou doodluiters gegroet en hulle is hier weg.<\/p>\n<p>My seuntjie, toe agt jaar oud, het die vreeslike f\u00eansie f\u00f4r-baai-f\u00f4r ewe kopskuddend agterna gekyk en ges\u00ea: \u201cJa-nee. Di\u00e9 oom het baie planne met ons huis. Plaas hy maak \u2019n plan om die badkamerdeur toe te maak as hy piepie!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>* Geen huiskykers is in enige episode beseer nie. N\u00f3g nie.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die twyfelagtige voorreg van \u2019n huis in die mark sit het my en my man reeds sowat tien jaar gelede te beurt geval. Die verkoop van jou eerste huis en die opruim en oppak van sowat ses jaar se bymekaarmaakgoed, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":45834,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682],"tags":[35,2299],"class_list":["post-45830","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","tag-blogs","tag-ina-genade"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Huiskyker sapiens sp. | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Huiskyker sapiens sp. | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die twyfelagtige voorreg van \u2019n huis in die mark sit het my en my man reeds sowat tien jaar gelede te beurt geval. Die verkoop van jou eerste huis en die opruim en oppak van sowat ses jaar se bymekaarmaakgoed, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-03-24T11:05:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Huis.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"812\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Huiskyker sapiens sp.\",\"datePublished\":\"2016-03-24T11:05:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/\"},\"wordCount\":1625,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Huis.jpg\",\"keywords\":[\"blogs\",\"ina genade\"],\"articleSection\":[\"Blogs\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/\",\"name\":\"Huiskyker sapiens sp. | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Huis.jpg\",\"datePublished\":\"2016-03-24T11:05:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Huis.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Huis.jpg\",\"width\":800,\"height\":812,\"caption\":\"Wit huisie op grasperk\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/huiskyker-sapiens-sp\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Huiskyker sapiens sp.\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Huiskyker sapiens sp. | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Huiskyker sapiens sp. | rooi rose","og_description":"Die twyfelagtige voorreg van \u2019n huis in die mark sit het my en my man reeds sowat tien jaar gelede te beurt geval. Die verkoop van jou eerste huis en die opruim en oppak van sowat ses jaar se bymekaarmaakgoed, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-03-24T11:05:25+00:00","og_image":[{"width":800,"height":812,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Huis.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Huiskyker sapiens sp.","datePublished":"2016-03-24T11:05:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/"},"wordCount":1625,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Huis.jpg","keywords":["blogs","ina genade"],"articleSection":["Blogs"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/","name":"Huiskyker sapiens sp. | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Huis.jpg","datePublished":"2016-03-24T11:05:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Huis.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Huis.jpg","width":800,"height":812,"caption":"Wit huisie op grasperk"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huiskyker-sapiens-sp\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Huiskyker sapiens sp."}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/45830","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=45830"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/45830\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/45834"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=45830"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=45830"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=45830"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}