{"id":4553,"date":"2013-01-18T16:19:00","date_gmt":"2013-01-18T14:19:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/"},"modified":"2018-07-06T13:47:02","modified_gmt":"2018-07-06T11:47:02","slug":"polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/","title":{"rendered":"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie"},"content":{"rendered":"<p><a>Atmosfeer<\/a><br \/>\n<a>Soort akkommodasie<\/a><br \/>\n<a>Tariewe <\/a><br \/>\n<a>Spesiale aanbiedinge<\/a><br \/>\n<a>Oorrompelende elegansie<\/a><br \/>\n<a>Behaaglike ete en drinke<\/a><br \/>\n<a>Die slaapkamer<\/a><br \/>\n<a>Die Maisha Health Club &amp;\u00a0Spa<\/a><br \/>\n<a>Ervaar die stad<\/a><br \/>\n<a>Ideaal vir \u2018n heen en weertjie<\/a><br \/>\n<a>Kontakdetail<\/a><\/p>\n<p>Atmosfeer<\/p>\n<p>Ouw\u00earelds elegant, maar met elke moderne gemak<\/p>\n<p>Soort akkommodasie<\/p>\n<p>142 kamers, wat luukse suites insluit. Sommige kamers is ingerig vir gestremdes. Gesinne kan geakkommodeer word; daar is kinderoppasserdienste en \u2018n klub waar kinders besig gehou word.<\/p>\n<p>Tariewe<\/p>\n<p>Tariewe beskikbaar by Serena Hotels &#8211; Johannesburg: 011-021-2607 of <a>reservations@serenahotels.co.za<\/a>\u00a0 &#8211; praat met Lusinda.<\/p>\n<p>Spesiale aanbiedinge:<\/p>\n<p>Sien <a>www.serenahotels.com\/serenapolana<\/a><\/p>\n<p>Oorrompelende elegansie<\/p>\n<p>\u00c9\u00e9n keer in jou lewe moet jy jou in een van die Polana Serena Hotel in Maputo, Mosambiek, se lieflike ruimtes tuismaak, al is dit net om \u2018n tradisionele<em> gin &amp; tonic <\/em>of \u2018n byderwetse glas vars beetsap te geniet. Dis soos om iemand te ontmoet oor wie almal praat en vir wie jy self ook \u2018n keer in die o\u00eb wil kyk.<\/p>\n<p>Die Polana Serena Hotel, die \u201cGrande Dame of Maputo\u201d, verwelkom sedert 1922 koninklikes, hooggeplaastes en gewone mense onder haar ho\u00eb plafonne . Hoewel haar gees al 90 jaar lank net ryker word, het sy soos ander glansryke, alombekende dames ingewillig om \u2018n verjongingskuur te ondergaan. Die verskil is dat di\u00e9 kuur \u2018n jaar en \u2018n half geduur het!<\/p>\n<p>Die hotel is deel van die die AKDN &#8211; Aga Khan Development Fund. Hulle het haar volkome nuut uitgerus en die vermenging van koloniale Afrika- en Moorse style behou. As jy nou by die voorportaal instap, is die atmosfeer steeds di\u00e9 van aller-elegansie, maar die marmer en hout is kennelik nuut. Sy is steeds die plek om gesien te word, maar sy is nie kil en hovaardig nie; ek het haar warm en gesellig gevind, veral die restaurant en ander ruimtes waar jy kan terugsit en ontspan.<\/p>\n<p>Anders as by ander seefronthotelle, het die Polana Serena Hotel my aandag gevange gehou en was die meestal grou see in die agtergrond.<\/p>\n<p>Behaaglike ete en drinke<\/p>\n<p>Jy kan by die Veranda All Day Dining of in die Franse fynkosrestaurant, die Delagoa, gaan eet. Die Aquarius verskaf sushi, gesonde maaltye en natuurlike drankies langs die swembad.<\/p>\n<p>Al was ons nie eens 24 uur in die hotel nie, het ons genoeg heerlikhede verorber om l\u00e1nk te onthou. Sommer met ons aankoms het ons ons in die Veranda tuisgemaak. Die \u201ePortugese melktertjies\u201c of <em>pasteis de nata<\/em> is ligter en meer pikant as di\u00e9 wat ek graag in Johannesburg koop. Die hotel is bekend vir hul <em>high teas<\/em> en jou enigste uitdaging is om jou nie so oor te gee aan die buffetetes dat jy nalaat om \u2018n gaatjie te los vir tussenin-lekkertes nie.<\/p>\n<p>Die tafels by die buffetetes \u2013 ontbyt, middagete of aandete \u2013 kreun onder aptytwekkers, brode, kase, pastas, vleise, bykosse, en plaaslike disse soos okra-kerrie, boonblare in grondboonsous, mieliepap en broodwortelblare. Dit sou \u2018n sonde wees om die garnale of die vis te mis. Jy is immers in Mosambiek! Een van die kennisgewings in die voorportaal het tereg verwys na \u2018n ete met \u201elobster and prawns to your liking.\u201c<\/p>\n<p>Ek skat die soetbakker is besonder begaafd. Ek was betower deur sy nageregte, onder meer die kasjoeneute in broskors met verleidelike spinsuiker.<\/p>\n<p>Edouard Loubet van Provence in Frankryk, die tweester Michelin-chef, hou \u2018n wakende oog oor al die hotelle in die Serena-portefeulje \u2013 kragtiger as enige geheime wapen&#8230;<\/p>\n<p>Die drankie wat ek en Henda Heyneke in die kroeg met sy oorspronklike houttoonbank, antieke meubels en pragtige porseleinborde gedrink het, sal ek nie lig vergeet nie. \u2019n Jong man het gevoelvol op die gerestoureerde Steinway vleuelklavier gespeel en ek kon my byna verbeel dat die hede en die verlede vervloei.<\/p>\n<p>Die slaapkamer<\/p>\n<p>In my kamer het luuksheid my stil omvou. Die kamer en badkamer adem rustigheid en alles is met die grootste bedagsaamheid ingerig, soos die telefoon in die toilet en die nagliggie getuig. Oral is daar gietyster-detail, geborduurde linne en glimmende hout, en die ruim badkamer se marmervloer het my aan \u2018n paleis uit vervlo\u00eb tye laat dink. Hier kan \u2018n<br \/>\ngas \u2018n skuimbad van Hollywood-omvang optower.<\/p>\n<p>\u2018n Vars vrugtebord met \u2018n onweerstaanbare aarbei of twee het my ingewag en my held, die soetbakker, se hand was te sien in die snytjies mousse-koek en ander bederfies wat laatmiddag en saans misterieus op my spie\u00ebltafel verskyn het. Ek kon egter nie die oorvloed aan lekkernye versoen met die badkamerskaal onder die twee wasbakke nie \u2013 dalk kan<br \/>\niemand vir my die logika verduidelik?<\/p>\n<p>Die Maisha Health Club &amp;\u00a0Spa<\/p>\n<p>Die Maisha Spa en die tuin waarin die gele\u00eb is, is wonderskoon. Ek sal teruggaan net om weer daardie atmosfeer te beleef. Ek kon nie besluit of die lampe en lanterns uit Kenia, die swembad in die binnehof, die kenmerkende te\u00eblwerk in blou en ander kleure of die dralende geure my die meeste getref het nie. Die Spa het verder \u2018n gimnasium, studio vir pilates, joga, ensovoorts, \u2018n gesondheidskroeg en \u2018n boutique.<\/p>\n<p>Ervaar die stad<\/p>\n<p>Neem \u2018n toerbussie jou die stad in, weet jy dadelik jy is in Afrika: sypaadjiestalletjies, tuk-tuks, oorvol taxi\u2019s met \u2018n sitvlak of twee wat by die venster uithang, en verkeer wat jou meer as een skietgebedjie laat opstuur. Die voertuie mis mekaar by tye letterlik met \u2018n paar haarbreedtes, maar die bestuurder van Dana Tours wat ons rondgeneem het was uiters versigtig &#8211; veral in die lig daarvan dat ons op \u2018n Vrydagmiddag die strate ingevaar het! In Maputo is Vrydae <em>payday<\/em>, het ons gids verduidelik, \u201ethe day of the man.\u201d Saterdae moet die mans natuurlik vergoed as hulle Vrydae die vroue kwaad gemaak het omdat hulle \u2026 wel, die Vrydag met te veel oorgawe gevier het.<\/p>\n<p>Hoewel ons te laat was vir \u2018n volledige stadstoer, kon ons die stylvolle wit ambassadegeboue en die \u201elemon squeezer\u201c-kerk met haar kenmerkende kombuisapparaatvorm sien. Interessant was ook The Palace of Weddings waar al wat leef \u2019n deel van hul seremonie voltrek.<\/p>\n<p>By \u2018n kunsmark wat op inisiatief van die regering ontstaan het, word slegs handgemaakte ware verkoop: batik, houtsnee- en kralewerk, ornamente van skulpe en \u2018n magdom ander produkte. Daar was heelparty produkte wat op markte in SA te sien is, maar ook ongewone aanbiedings soos pragtige toneeltjies met unieke mensfiguurtjies. Ek het my hart verloor op \u2019n leerhandsak wat ek eendag in Maputo sal moet gaan haal!<\/p>\n<p>Die City Market doen nog elke dag sake sedert 1901. \u201eEk het in my lewe nog nie soveel hare op \u2018n plek gesien nie,\u201c het Karin Sieberhagen van Serena Hotels opgemerk, en sowaar \u2013 kunshare hang die w\u00eareld vol. Ons het Karin weggesleep voor sy haar dreigement kon uitvoer om vir almal blonde kunshare te koop. Al is jy nie \u2018n koopvraat nie, kan jy gerus \u2018n paar pakkies Mosambiekse kasjoeneute koop \u2013 vir my lekkerder as enigiets wat ooit op \u2018n plaaslike winkelrak verskyn.<\/p>\n<p>Maputo se ou stasie wat uit 1895 dateer, het my aangegryp. Niemand anders nie as pres. Paul Kruger van die ou Transvaal het dit ingewy. Die treine loop nog, maar die stasie huisves ook winkels, galerye en so meer. Ons gids het ons vinnig \u2018n jazz-restaurant, Kampfumo, met lieflike te\u00ebls en art deco-stoele gaan wys waar ek baie graag \u2018n uurtjie of wat sou wou deurbring.<\/p>\n<p>Ideaal vir \u2018n heen- en-weertjie<\/p>\n<p>Die vlug van OR Tambo na Maputo se splinternuwe\u00a0Joaquim Chissano International Airport duur net sowat \u2019n uur en jy kom nie uitgeput by jou bestemming aan nie. As die verkeer vloei, ry jy slegs \u2018n kwartier tussen die hotel en die lughawe. Boonop is die tydsone dieselfde as ons s\u2019n.<\/p>\n<p>Kontakdetail<\/p>\n<p>Polana Serena Hotel: <a>www.serenahotels.com\/serenapolana<\/a><br \/>\nDana Tours: +258 8440 40 710 of info@danatours.net<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Atmosfeer Soort akkommodasie Tariewe Spesiale aanbiedinge Oorrompelende elegansie Behaaglike ete en drinke Die slaapkamer Die Maisha Health Club &amp;\u00a0Spa Ervaar die stad Ideaal vir \u2018n heen en weertjie Kontakdetail Atmosfeer Ouw\u00earelds elegant, maar met elke moderne gemak Soort akkommodasie 142 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98954,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[34,368,369,370],"class_list":["post-4553","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-mariette-snyman","tag-mosambiek","tag-polana-serena-hotel","tag-maputo"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Atmosfeer Soort akkommodasie Tariewe Spesiale aanbiedinge Oorrompelende elegansie Behaaglike ete en drinke Die slaapkamer Die Maisha Health Club &amp;\u00a0Spa Ervaar die stad Ideaal vir \u2018n heen en weertjie Kontakdetail Atmosfeer Ouw\u00earelds elegant, maar met elke moderne gemak Soort akkommodasie 142 [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-01-18T14:19:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:47:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"863\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie\",\"datePublished\":\"2013-01-18T14:19:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:47:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/\"},\"wordCount\":1271,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg\",\"keywords\":[\"Mariette Snyman\",\"Mosambiek\",\"Polana Serena Hotel\",\"Maputo\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/\",\"name\":\"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg\",\"datePublished\":\"2013-01-18T14:19:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:47:02+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg\",\"width\":863,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie | rooi rose","og_description":"Atmosfeer Soort akkommodasie Tariewe Spesiale aanbiedinge Oorrompelende elegansie Behaaglike ete en drinke Die slaapkamer Die Maisha Health Club &amp;\u00a0Spa Ervaar die stad Ideaal vir \u2018n heen en weertjie Kontakdetail Atmosfeer Ouw\u00earelds elegant, maar met elke moderne gemak Soort akkommodasie 142 [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-01-18T14:19:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:47:02+00:00","og_image":[{"width":863,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie","datePublished":"2013-01-18T14:19:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:47:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/"},"wordCount":1271,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg","keywords":["Mariette Snyman","Mosambiek","Polana Serena Hotel","Maputo"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/","name":"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg","datePublished":"2013-01-18T14:19:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:47:02+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Polana-serena-Hotel.jpeg","width":863,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/polana-serena-hotel-oorrompelende-elegansie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4553","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4553"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4553\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98954"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4553"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4553"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4553"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}