{"id":4510,"date":"2012-12-10T00:00:00","date_gmt":"2012-12-09T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/recklizz-maak-moles\/"},"modified":"2018-07-06T12:31:09","modified_gmt":"2018-07-06T10:31:09","slug":"recklizz-maak-moles","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/","title":{"rendered":"Recklizz maak moles"},"content":{"rendered":"<p>Recklizz maak moles<\/p>\n<p>Doef! \u201cD\u00eam.\u201d Ek k\u00e9n moeilikheid as ek dit sien. As Ma net nie so verstrooid was nie, het ek nie nodig gehad om op my nugtermaag te kom melk koop nie. Sy sit al dae lank voor die tikmasjien (sy weier om \u2019n rekenaar te gebruik, want die ding backchat haar glo) en swets haar jongste manuskrip aanmekaar &#8211; \u2019n hoop opgefrommelde papierbolle wat oor die vloer gestrooi l\u00ea.<\/p>\n<p>En hier sit ek nou. Recklizz, my negentientoet Morris, het in iemand vasgery. Di\u00e9 iemand is besig om woedend op my af te pyl. Moeilikheid met \u2019n laaang oei, as jy my vra! As haar wiele net grondgevat het, het ek sweerlik vir Recklizz in rat probeer kry en gejaag dat die klippers spat. Uit hierdie een gaan ek nie maklik kom nie. Strategie? Dom. Pateties dom, plat en hulpeloos. Dis glo onfeilbaar.<\/p>\n<p>\u201cWat de duiwel dink jy doen jy?\u201d<br \/>\nDaai o\u00eb. My mond voel droog. Verdrink-o\u00eb.<br \/>\n\u201cOepsie,\u201d kry ek dit senuagtig uit.<br \/>\n\u201cOepsie my hele dinges, man! Dis my pa se nuwe Merc di\u00e9.\u201d Hy\u2019s briesend.<br \/>\n\u201cWel, kyk hoe lyk arme ou Recklizz nou.\u201d Ek het my stem teruggekry. Veront-waardig beduie ek na my geriatriese ske-donk, en buk om die skade te bekyk.<br \/>\n\u201cRecklizz? Die arme tjor het die verkeerde naam gekry. Jou ma moes j\u00f3\u00fa Recklizz genoem het! Hoe het jy dit reggekry.\u201d<br \/>\n\u201cOm my kar op te hang? Ek was haastig, toe koek my voete tussen al die stingeltjies daar onder,\u201d begin ek dapper.<br \/>\n\u201cStingeltjies? Vroumens, het jy koors of hallusineer jy nog n\u00e1 jou laaste Boil-vrae-stel?\u201d<br \/>\n\u201cEk praat van daai goed daar onder, man. Die swart trapgoed, jy w\u00e9\u00e9t mos.\u201d Ek buk af en wys na die pedale.<br \/>\n\u201cWil jy vir my s\u00ea jy\u2019t nog nie \u2019n lisensie nie?\u201d<br \/>\n\u201cNatuurlik het ek een.\u201d<br \/>\n\u201cIn jou geval beteken dit blykbaar bog-giroll. Boggi-r-o-l-l.\u201d vaar hy uit.<br \/>\n\u201cJy\u2019s mean. My ma het my geleer dryf. As sy nie getik het nie.\u201d<br \/>\n\u201cSo, toe k\u00f3\u00f3p sy vir jou \u2019n lisensie. Die tikster-ma van jou, het sy darem \u2019n be-stuurslisensie, of kon sy net vir \u2019n donkiekar op \u2019n tweespoorpad kwalifiseer?\u201d<br \/>\n\u201cEk dink jy\u2019s &#8230; \u201d begin ek vergeefs.<br \/>\n\u201cStop! Stop. Moet asseblief nie eens prob\u00e9\u00e9r dink nie. Dit kan dodelik wees. Jy sal eers vir \u2019n brain implant moet gaan.\u201d<br \/>\n\u201cSies, jy\u2019s ongeskik.\u201d Nou word ek kwaad. \u201cAangesien jy die ekspert is, hoekom het jy nie uitgeswaai nie?\u201d<br \/>\n\u201cWaarheen, dink jy, moes ek swaai? In die boom vas? Of moes ek die swart asblik platgery het?\u201d<br \/>\nSarkastiese vent. \u201cWel, dan\u2019t jy mos eintlik die ongeluk gemaak. As jy nie in my pad was nie, het arme ou Recklizz nie nou met haar boude omhoog aan die sypaadjie gehang nie!\u201d<br \/>\n\u201cKom,\u201d hy trek my aan die arm. \u201cKom kyk hoe lyk my kar.\u201d<br \/>\n\u201cJy bedoel jou pa s\u2019n,\u201d s\u00ea ek moedswillig. \u201cJy h\u00e9t seker nie eens \u2019n kar nie. Suur druiwe maak die tong bitter.\u201d<br \/>\nNou sleep-dra hy my in die rigting van die slap, rooi motor.<br \/>\n\u201cEina deksels, ek kan loop.\u201d Ek probeer my losruk.<br \/>\n\u201cNou roer dan jou stert.\u201d<br \/>\n\u201cTipies. Jy\u2019s besig om van \u2019n muggie-dropping \u2019n olifantbol te maak &#8211; die ou karretjie makeer dan sweet blue all.\u201d<br \/>\n\u201cK\u00e1rretjie? Vroumens, dis \u2019n CLK di\u00e9!\u201d<br \/>\n\u201cCLK? Jy\u2019t dan netnou ges\u00ea dis \u2019n Merc.\u201d My ma ry ook \u2019n CLK.<br \/>\n\u201cAg hemel, wat het ons hier?\u201d vra hy so half vir homself.<br \/>\n\u201cHoe s\u00ea?\u201d<br \/>\n\u201cToe maar, niks. Kyk hier, wat van die buffer, of l\u00ea jou bi-focals by die huis?\u201d<br \/>\n\u201cBuffer? Wat is dit?\u201d vra ek onnosel. Die gedoente begin nogal prettig word.<br \/>\nHy beduie.<br \/>\n\u201cO, d\u00edt. Dis nie \u2019n buffer nie. Dis die bampir.\u201d Ek hoop dit klink dom en plat genoeg.<br \/>\n\u201cHet jou ouers ooit iets soos versekering?\u201d<br \/>\n\u201cInsurance? Of course. Hulle het \u2019n funeral policy. In die onnerste laai langs die praaimus. Dit was op \u2019n special. Vir cheap.\u201d<br \/>\n\u201cSpaar my d\u00edt. Wat doen jy in elk geval in di\u00e9 deel van die dorp?\u201d wil hy weet.<br \/>\n\u201cEk bly net hier. Ek bedoel, ek bly doer annerkant. Swientoe.\u201d Ek beduie woes. \u201cAgter die Railway Hotel. Ek wou net die empties kom inruil en sieggerets by die k\u00eaffie kry, ons s\u2019n was sold out.\u201d Ek beduie na die pakkie op die sitplek lang my.<br \/>\n\u201cGunston? Maar dis dan mansgoed.\u201d<br \/>\n\u201cWel, ek r\u00f3\u00f3k. Ek maak nie of ek rook nie.\u201d<br \/>\n\u201cWeet jou pa?\u201d<br \/>\n\u201cHy hoef nie. Hy\u2019s anyway weg.\u201d<br \/>\n\u201cSomehow neem ek die arme ou nie kwalik dat hy pad gevat het nie.\u201d<br \/>\n\u201cOm terug te keer tot die punt, hier ry ek, minding my own business, en toe kom neuk jy in my vas.\u201d<br \/>\n\u201cEk in jou. Ek in jou &#8230; \u201d Sy o\u00eb blits gevaarlik. \u201cVroumens, is jy onder die in-vloed?\u201d<br \/>\n\u201cNiks be\u00efnvloed my nie.\u201d<br \/>\nHy skud net sy kop. \u201cEk vra of jy gesuip is. Dronk.\u201d<br \/>\n\u201cNou vat jy mos my karakter aan. Ek sal prosedeer vir defamation. As jy jou weer kom kry, staan jy voor die magistraat. Ja, jou Onnir. Nee, jou Onnir. Ons weet van sue.\u201d<br \/>\n\u201cI don\u2019t believe it,\u201d s\u00ea hy lam. \u201cVroumens, kry net jou bleddie ry. Gaan net weg. En bly van die pad af. Jy sal in die tronk beland as jy s\u00f3 aanhou bestuur.\u201d<br \/>\nHy lig Recklizz se boude op en stoot haar vorentoe.<br \/>\nDie vermetele vent. Ek draai die sleutel versigtig. Recklizz brul darem nog.<br \/>\nTerug by die huis bekyk ek die skade aan my kar. Pa sal nie eens weet daar\u2019t nog \u2019n stamp bygekom nie. Hy\u2019s in elk geval oorsee vir \u2019n konferensie. En Ma &#8230; Sy sal nie eens agterkom as ek Recklizz swart verf met pienk blomme op nie. Wanneer sy skryf, verdwyn sy in \u2019n ander w\u00eareld in.<\/p>\n<p>BY DIE STALLE LAG SAMSON wit in die oggendson toe ek vir hom die pakkie rookgoed gee. Terwyl Bishop uitgelate draf, dink ek aan die volgende dag. My eerste dag in die hos-pitaal &#8230;<br \/>\nProf. Hans ontmoet ons by die mediese saal en stel ons voor aan \u2019n paar hospitaaldokters wat ons die volgende paar dae gaan touwys maak.<br \/>\n\u201cVir die laaste week, net voor bloktyd begin, sal elkeen van julle saam met \u2019n hospitaaldokter op saalrondtes gaan. Ons verkies om nie meer groeprondtes te doen nie, dit laat die pasi\u00ebnte ongemaklik voel as daar soveel mense vir hulle kyk.\u201d Hy gaan op die lys af.<br \/>\n\u201cMia, jy sal saam met &#8230; \u201d hy kyk rond. \u201cWaar is Jacques?\u201d<br \/>\nNee! O, hemel, nee. Dis hy!<br \/>\n\u201cM\u00f4re Prof, jammer dat ek laat is.\u201d<br \/>\n\u201cGoed. Jacques is nuut van Stellenbosch af. Hier\u2019s jou groentjie vir die volgende paar dae.\u201d<br \/>\nHy kyk terloops in my rigting. En verstar. \u201cRecklizz &#8230; Jy?\u201d<br \/>\n\u201cHaar naam is Mia, en jy beter baie goed na haar kyk. Sy\u2019s baie spesiaal.\u201d<br \/>\n\u201cThat\u2019s for sure,\u201d hoor ek hom saggies s\u00ea. Ek volg hom gangaf saal toe.<br \/>\n\u201cHoe het jy tot hier gekom?\u201d wil hy fronsend weet.<br \/>\n\u201cMet Recklizz, natuurlik. Sy brul darem nog.\u201d<br \/>\n\u201cTalking about the only surviving brain donor &#8211; ek bedoel hoe\u2019t jy tot in jou vierde jaar medies gekom?\u201d<br \/>\n\u201cO, ek het Boil geswot, toe pass ek en nou\u2019s ek hier.\u201d<br \/>\n\u201cEk hoop nie jy hoef my ooit te dokter nie, jy\u2019s vrek gevaarlik.\u201d<br \/>\n\u201cWel, ek word eerder \u2019n kadawer voor jy aan my raak.\u201d<br \/>\n\u201cOom Servaas het Maandag \u2019n dikderm-operasie gehad,\u201d lig hy my by die eerste bed in.<br \/>\n\u201cM\u00f4re Oom.\u201d<br \/>\n\u201cDags\u00ea, Niggie. Jacques, wie\u2019s die mooie ou poppie?\u201d vra hy met \u2019n glinstering in die oog.<br \/>\n\u201cPoppie my dinges, Oom. Sy\u2019s vervlaks gevaarlik, di\u00e9 ene. Hoe lyk die pyn vandag?\u201d<br \/>\n\u201cNee wat, suster bring darem gereeld \u2019n pilletjie.\u201d<br \/>\nJacques lyk skielik ongemaklik. \u201cHet Oom al &#8230; wel, het Oom al geflateer?\u201d<br \/>\n\u201cWat van teer?\u201d vra oom Servaas.<br \/>\n\u201cNee Oom, wat ek eintlik wil weet, is of Oom al buikwinde passeer het.\u201d<br \/>\n\u201cEk verstaan nou nie so mooi nie, ou seun.\u201d Oom Servaas kyk hulpsoekend na my.<br \/>\n\u201cHy wil weet of Oom al gepoep het.\u201d<br \/>\n\u201cNou vir wat s\u00ea hy nie so nie? Goed. Goed. Soos \u2019n masjiengeweer.\u201d Jacques word bloedrooi. Dit kielie onbedaarlik in my maag.<br \/>\n\u201cHet Oom al gepoep?\u201d maak hy my na toe ons buite hoorafstand is. \u201cWatse taal is dit?\u201d<br \/>\n\u201cGewone taal. Gewone railway-taal dan, as jy wil. Hoe dink jy moet die arme omie jou hoogdrawende verbale aanval verstaan? \u2018Het Oom al flateer?\u2019\u201d maak ek h\u00f3m na.<br \/>\n\u201cHoe jy ooit kon dink dat jy met jou styl en jou intellektuele vermo\u00eb \u2019n dokter kan word, is my agterent se deksel. Hoekom gaan werk jy nie eerder in die schluzz nie?\u201d<br \/>\n\u201cSchluzz?\u201d hou ek my dom.<br \/>\n\u201cDaai klein kamertjie waar hulle die bedpanne skrop.\u201d<\/p>\n<p>DIE VOLGENDE OGGEND loop ons Mark in die gang raak. Hy gee my \u2019n piksoen. Hulle besit die hoewe net langs ons, en ons ry saam perd. Hy swot argitektuur.<br \/>\n\u201cSien jou Woensdagmiddag, Mia. Cheers!\u201d<br \/>\n\u201cWie\u2019s dit?\u201d<br \/>\n\u201cOns ry saam.\u201d<br \/>\n\u201cRy? Julle jaag seker met jul kaskar resies teen die treine. Hoe aandoenlik. Wat doen die skarminkel? Hy\u2019s seker \u2019n backyard mechanic.\u201d<br \/>\n\u201cAmper reg. Hy\u2019s actually \u2019n panelbeater. Hy\u2019s nou vir jou goed, trust my. Jou pa kan gerus daai lanie kar van hom bring, dan fieks hy die bampir in no time.\u201d<br \/>\n\u201cNooit! Wat doen hy hier?\u201d<br \/>\n\u201cSearch me. Hy kan seker loop waar hy wil. Ek hou nie daarvan dat jy so op my case is nie, mind your own business.\u201d<br \/>\n\u201cWel, juffroutjie, dit \u00eds toevallig my besigheid as ek veronderstel is om mediese prosedures aan jou te probeer verduidelik, en jy meer ge\u00efnteresseerd is om in die hospitaalgang jou agterstallige gesoenery in te haal, en om jou afspraakboekie vol te kry.\u201d<br \/>\n\u201cHy\u2019t my ni\u00e9 gesoen nie.\u201d<br \/>\n\u201cDis nuut. Fassinerend. Wat het hy dan met sy mond teen jou gesig gedoen?\u201d<br \/>\n\u201cOukei. Dit was net soos in \u2018haai\u2019. Dis nie soen nie. Nie s\u00f3 nie.\u201d<br \/>\n\u201cNou wat is s\u00f3, as ek mag vra?\u201d<br \/>\nDie buffel, ek\u2019s sommer lus en huil van magtelose woede. \u201cDis &#8230; dis anders. Heeltemal anders,\u201d stamel ek, skielik verbouereerd. W\u00e1t sou hom byt?<br \/>\nSkielik is dit stikdonker om my.<br \/>\n\u201cEk dink jy moet my net gou wys presies wat die verskil is.\u201d<br \/>\n\u201cHet jy heeltemal uit die pram geval?\u201d vra ek uitasem en voel in die donker na die deurknop. Hy staan met sy rug daarteen.<br \/>\n\u201cEk het net gewonder of jy in die linnekamer ook so vrygewig is met jou soentjies.\u201d<br \/>\nMy knie\u00eb voel skielik bewerig. Deksels. Ek hou nie eens van hom nie. Ek hou r\u00earig niks van hom nie. In fact, ek h\u00e1\u00e1t hom.<br \/>\nEk ruk myself weg van sy groot lyf af. \u201cWat dink jy doen jy? Maak oop!\u201d<br \/>\n\u201cNee, juffroutjie, kom ons bly n\u00f3g \u2019n rukkie. Dis mos jou spesialiteit. Of dit nou in die gang, of in die linnekamer is, who cares?\u201d<br \/>\n\u201cJy\u2019s met hondsdolheid geslaan,\u201d sis ek woedend.<\/p>\n<p>TOE EK UITEINDELIK Woensdagmiddag by die stalle aankom, wag Mark al vir my.<br \/>\n\u201cWat\u2019s met die ou by die hospitaal?\u201d vra hy toe die perde gesaal is.<br \/>\n\u201cOu?\u201d<br \/>\n\u201cJa man, die donker een met die steto-skoop. Jis, hy kyk my aan asof ek \u2019n brommer is wat in sy bier beland het. Is hy jou &#8230; Het julle \u2019n ding aan?\u201d<br \/>\n\u201cNee, hy\u2019s niks van my nie. Niks!\u201d<br \/>\n\u201cNou hoekom lyk dit dan of hy dink hy\u2019t jou gekoop?\u201d<br \/>\n\u201cMark, los dit net. Kom ons ry.\u201d<\/p>\n<p>DIS \u2019N KOEL DAG, en die perde is ekstra lewendig. Op pad terug huis toe, rem Bishop aan die teuels. Ek pomp hom in die lieste en laat die teuels gaan. Toe ons om die stalle se hoek kom, swenk die perd vir \u2019n kruiwa wat Samson daar gelos het. Ek gaan val, dink ek.<br \/>\nEk hoor vaagweg die sirene van die ambulans loei. Dit kom en gaan oor my soos branders wat breek.<br \/>\n\u201cRecklizz! Wat de duiwel?\u201d<br \/>\n\u201cOngevalle,\u201d skyn die rooi lig bokant my. \u201cVersigtig, julle! Wat het ons hier?\u201d<br \/>\n\u201cPerdry-ongeluk, dokter,\u201d s\u00ea die ambulansman. Hulle begin my op \u2019n hospitaal- trollie oortel.<br \/>\n\u201cPasop vir haar rug. Nee man, los. Ek doen dit eerder self.\u201d<br \/>\nEk probeer orent kom, maar die donkerte trek my terug.<br \/>\n\u201cL\u00ea plat, Recklizz. Suster, bel vir prof. Nel by radiologie en re\u00ebl vir \u2019n MRI.\u201d<br \/>\nDis donker om my, en die bed l\u00ea vreemd en hard. My kop. \u201cOuch.\u201d<br \/>\n\u201cStadig nou, jy\u2019t harsingskudding. Ek gaan jou gou spuit.\u201d \u2019n Rukkie later is hy terug met \u2019n nierbakkie vol goeters. \u201cDraai op jou sy.\u201d Hy begin die beddegoed aftrek.<br \/>\n\u201cJy los my broek uit!\u201d Ek rem verbete aan die laken. \u201cRoep die suster, sy kan my spuit.\u201d<br \/>\n\u201cRecklizz, ontspan. Ek spuit die Pethedine sommer direk in jou drip.\u201d Verbeel ek my, of lag die vent my uit?<\/p>\n<p>DIS UITEINDELIK VRYDAGMIDDAG. \u201cOns beter hierdie post\u2013ops vinnig deurdraf, dis vanaand die fakulteitsdinee. Jy gaan seker nie.\u201d<br \/>\n\u201cOf course gaan ek, \u00e9k mis nie \u2019n paartie nie. Daar gaan \u2019n live band wees. Oe, ek hoop dis die Sewe Hardlywige Susters, ek\u2019s mal oor hulle! Ek hou van op-dress, my antie gaan my hare tiez, so in \u2019n helikopter-styl, jy weet? Boeremusiek klink altyd vir my effens gekonstipeerd.\u201d Ek verstik amper in my lag toe ek die stomme verdwasing op sy gesig sien.<br \/>\nDie mediese fakulteit se jaareindparty word altyd op ons plaas gehou omdat daar genoeg onthaalgeriewe is. Dis \u2019n uithang-geleentheid. Een van my ma se ontwerpersvriende het vir my \u2019n lang swart rok met \u2019n lae ruglyn gemaak, en my hare gaan ek sommer los dra. Noudat Ma se manuskrip veilig by die uitgewer l\u00ea, kan sy haar onverdeelde aandag aan die dinee wy. Samson sal die parkering hanteer.<br \/>\nProf. Hans roep almal tot orde. \u201cVoor ons met die aand se verrigtinge begin, wil ons net \u2019n woord van dank aan ons dekaan, professor Joubert, en sy vrou Inge, rig wat hul pragtige huis tot ons beskikking gestel het. Mia, sal jy asseblief hierdie bos blomme aan jou ma oorhandig?\u201d<br \/>\n\u201cVir j\u00f3\u00fa wil ek sien.\u201d Jacques vat my arm in \u2019n ferm greep vas en trek my by die naaste deur uit.<br \/>\n\u201cJy\u2019s \u2019n opperste klein twak,\u201d sy blou o\u00eb blits gevaarlik. \u201cRailway Hotel, k\u00eaffie, stingeltjies, het Oom al gepoep?\u201d<br \/>\n\u201cJy\u2019t bloot aanvaar dat ek \u2019n skroffel is, toe speel ek maar saam.\u201d<br \/>\n\u201cEn lag in jou mou vir my?\u201d<br \/>\n\u201cJa. Nee. Ek bedoel &#8230; \u201d<br \/>\n\u201cSjuut, hoor jy?\u201d<br \/>\n\u201cHoor ek w\u00e1t?\u201d<br \/>\n\u201cDie Sewe Hardlywige Susters speel. Kom ons gaan dans!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Recklizz maak moles Doef! \u201cD\u00eam.\u201d Ek k\u00e9n moeilikheid as ek dit sien. As Ma net nie so verstrooid was nie, het ek nie nodig gehad om op my nugtermaag te kom melk koop nie. Sy sit al dae lank voor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98922,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-4510","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Recklizz maak moles | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Recklizz maak moles | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Recklizz maak moles Doef! \u201cD\u00eam.\u201d Ek k\u00e9n moeilikheid as ek dit sien. As Ma net nie so verstrooid was nie, het ek nie nodig gehad om op my nugtermaag te kom melk koop nie. Sy sit al dae lank voor [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-12-09T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T10:31:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"863\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Recklizz maak moles\",\"datePublished\":\"2012-12-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:31:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/\"},\"wordCount\":2435,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg\",\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/\",\"name\":\"Recklizz maak moles | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg\",\"datePublished\":\"2012-12-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:31:09+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg\",\"width\":863,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/recklizz-maak-moles\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Recklizz maak moles\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Recklizz maak moles | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Recklizz maak moles | rooi rose","og_description":"Recklizz maak moles Doef! \u201cD\u00eam.\u201d Ek k\u00e9n moeilikheid as ek dit sien. As Ma net nie so verstrooid was nie, het ek nie nodig gehad om op my nugtermaag te kom melk koop nie. Sy sit al dae lank voor [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-12-09T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T10:31:09+00:00","og_image":[{"width":863,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Recklizz maak moles","datePublished":"2012-12-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:31:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/"},"wordCount":2435,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg","articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/","name":"Recklizz maak moles | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg","datePublished":"2012-12-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:31:09+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Recklizz-maak-moles.jpg","width":863,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/recklizz-maak-moles\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Recklizz maak moles"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4510","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4510"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4510\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98922"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4510"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4510"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4510"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}