{"id":4444,"date":"2012-11-15T12:47:00","date_gmt":"2012-11-15T10:47:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/"},"modified":"2018-07-06T12:45:36","modified_gmt":"2018-07-06T10:45:36","slug":"groot-geregtigheid-vir-vroue","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/","title":{"rendered":"Groot geregtigheid vir vroue"},"content":{"rendered":"<p><strong>FRUSTRASIE.<\/strong> Dit is wat mense hof toe dryf. As jy, soos drie van rooi rose se joernaliste, een van die duisende mense landwyd is wat die afgelope dekade skielik \u2019n selfoonrekening van R3 000, R8 000 of selfs R42 000 gekry het, is dit tyd dat jy saam met ons jou voet dwars sit. Hoe? Hofsake is duur. Jy kan saam met elkeen van ons \u2019n selfoondiensverskaffer na die hof vir klein eise neem. N\u00e1 kantoorure. Dit kan jou hoogstens R115 kos. Ons het gaan vasstel hoe werk di\u00e9 hof. (Ons neem \u2019n selfoondiensverskaffer as voorbeeld maar jy volg presies dieselfde stappe om enige ander klein eis in te dien.)<\/p>\n<p><strong>DIE AGTERGROND<\/strong><\/p>\n<p>Jou sogenaamde open-ended-kontrak vir jou selfoondiensverskaffer-datastokkie gee jou twee GB-data. As jy dit oorskry, betaal jy in. Reg en billik. Jy hou jou verbruik dop en bly binne die grense. Sestien maande lank sonder probleme.<\/p>\n<p>Toe, op \u2019n dag, kry jy \u2019n SMS wat s\u00ea daar is \u201cunusual activity\u201d op jou selfoonstokkie, en jy skuld die verskaffer nou R3 734,01. Genade ons, jy was beswaarlik \u2019n uur op die internet. Hoe kan dit wees? Jy bel dringend. Nee, s\u00ea hulle, die rekening is in jou pa se naam en daarom mag jy nie instruksies daaroor gee nie. Jou pa is in vergaderings en reageer nie op jou boodskappe nie.<\/p>\n<p>Al het jy n\u00e1 die eerste SMS jou stokkie afgeskakel, kry jy \u2019n paar uur later nog \u2019n boodskap van jou selfoondiensverskaffer: \u201cThe outstanding amount on your account is now R8 748,65.\u201d<\/p>\n<p>Uiteindelik bel jou pa en stop die rekening. Julle gaan na die klantedienssentrum en vra \u2019n ondersoek.<br \/>\nDie agent by jou verskaffer se klantedienssentrum haal sy skouers op: julle het \u2019n open-ended-rekening. Daar is niks te doen nie. Hy erken wel dat dit \u201cdikwels\u201d gebeur en dat \u201cbaie mense hieroor kom kla\u201d.<\/p>\n<p>Jy moet bewys jy het nie data gebruik nie. Hulle rekords wys data is na jou IP-adres afgelaai. Hulle hou nie rekord van die webwerwe waar jy was nie. Hulle kan nie wys waarop jy dit gebruik het nie, net dat jy data verbruik het. Dit help nie om te s\u00ea hulle kan na jou rekenaar se internet-geskiedenis kyk nie, want jy kon die stokkie op enige ander rekenaar gebruik het. Al verklap hul SMS\u2019e oor die \u201cunusual activity\u201d dat hul eie stelsel iets ongewoons opgetel het, neem hulle nie eienaarskap van die probleem nie.<\/p>\n<p>Al het \u2019n hacker hul stelsel binnegedring en so op jou stokkie ingekom, aanvaar hulle nie verantwoordelikheid daarvoor nie. Ook nie vir die sogenaamde phantoms (iemand anders aan wie die verskaffer per abuis dieselfde nommer as joune toegeken het) nie.<\/p>\n<p>Die einde van die maand is daar R8 748,65 van sy bankrekening afgetrek \u2013<br \/>\njy het mos \u2019n outomatiese debietorder ten gunste van jou selfoondiensverskaffer.<\/p>\n<p><strong>TREK JOU HOFSKOENTJIES AAN<\/strong><br \/>\n<strong>Gebruik die hof vir klein eise so, s\u00ea Ben Estehuyse, \u2018n prokureur van Montagu.<br \/>\n<\/strong><br \/>\n<strong>STAP 1 Is jou saak geskik?<\/strong><\/p>\n<p>Die hof vir klein eise hanteer nie egskeidings, troubreuk, toesig oor kinders, laster, testamentkwessies, kriminele oortredings en sake teen die staat of munisipaliteite nie. Jy kan wel eis vir uitstaande skuld en huur, skade aan eiendom en besittings, onbevredigende dienste gelewer, onbevredigende goedere, uitstaande lenings en vir onregmatige verhaling van geld soos in hierdie geval.<\/p>\n<p>Jy as individu kan enige individu, regs-persoon, maatskappy, korporasie, assosiasie, klein besigheid of diensverskaffer na hierdie hof neem, en dus vir jou verskaffer ook. Hulle en hul skuldinvorderaars kan nie hierdie hof gebruik nie. Sake moet kleiner as R12 000 wees. As groter bedrae betrokke is, kan jy jou eis na R12 000 verminder.<\/p>\n<p>Met 248 howe vir klein eise landswyd is daar een in die meeste groot dorpe met \u2019n landdroskantoor. Kry jou naaste een by <a target=\"\">http:\/\/www.justice.gov.za\/scc <\/a><\/p>\n<p>Kies die regte plek vir jou saak: maak jou saak altyd aanhangig by die hof vir klein eise waaronder die verweerder se werksadres (as dit \u2019n besigheid is) of woonadres (as dit \u2019n private individu is) val \u2013 in die geval waar jou naaste verskaffer se streekskantoor is.<\/p>\n<p><strong>STAP 2 Praat eers self<\/strong><\/p>\n<p>Dit is raadsaam om \u2019n brief aan die ver-weerder, in hierdie geval die verskaffer, te pos, e-pos, faks of per geregistreerde pos te stuur waarin jy (1) die feite gee waarop jou saak berus (2) hom verwittig van die bedrag wat volgens jou onregmatig van jou verhaal is en (3) terugbetaling binne 14 werks-dae eis.<\/p>\n<p>Gee al die besonderhede: jou rekeningnommer (en in hierdie geval ook jou selfoon- en simkaartnommer; die verwysingsnommer wat jy by die klantedienssentrum ontvang het); die datum van die gebeurtenis; die bedrag betrokke; wanneer en hoe jy op-gevolg het; met wie jy gepraat het, asook jou kontakbesonderhede.<\/p>\n<p><strong>STAP 3 Landdroskantoor toe<\/strong><\/p>\n<p>As die verweerder nie die saak regstel nie, gaan in kantoorure hierheen. By die meeste howe sal die toegewysde klerk van die hof vir klein eise kortliks na jou saak luister om die meriete daarvan te bepaal.<br \/>\n<strong><br \/>\nSTAP 4 Stuur \u2019n aanmaningsbrief<\/strong><\/p>\n<p>Die klerk sal jou nou help om \u2019n amptelike, gestempelde aanmaningsbrief op te stel. Dit kos R15 en jy moet dit persoonlik of per geregistreerde pos aan die verweerder besorg. Die beskuldigde (byvoorbeeld \u2019n selfoondiensverskaffer) kry weer 14 dae om die saak reg te stel. Onthou om die beskuldigde se volle name en werk- en\/of woonadres en kontaknommers saam te bring.<br \/>\n<strong><br \/>\nSTAP 5 Wag, kry vergoeding of dagvaar<\/strong><\/p>\n<p>As die verweerder jou betaal, stel die hof vir klein eise daarvan in kennis. Die saak is dan afgehandel. As die verweerder nie reageer of nie bevredigend reageer nie, is dit tyd om te dagvaar. Gaan terug na die hof vir klein eise waar die klerk jou \u2019n hofdatum sal gee en help om \u2019n dagvaarding op te stel.<\/p>\n<p>In die dagvaarding stel jy jou saak. Beplan wat om te skryf. Die doel is om die kruks van die probleem te stel en die agtergrond bondig en akkuraat te skets om die kommissaris (gewoonlik \u2019n prokureur wat dit in sy eie tyd doen) volledig in te lig. Gee weer al die detail en feite, soos jy dit in jou eerste brief aan die verweerder gestel het.<\/p>\n<p>Hierna gaan jy na die balju wat die dagvaarding en hofdatum aan die verweerder (jou verskaffer) bestel. Dit kos R100 en jy moet dit dadelik word. As jy jou saak wen, moet die skuldige party jou R100 terug-betaal.<\/p>\n<p><strong>STAP 6 Nou vir die hofsaak<\/strong><\/p>\n<p>Die hof vir klein eise sit weeksdae na ure, meestal tussen vier en agt. Jy moet jouself verteenwoordig. Al mag jy nie \u2019n prokureur gebruik nie kan jy vooraf, op jou eie koste, met een konsulteer om jou te help om jouself voor te berei.<br \/>\nJy en die verweerder kry elkeen kans om onder eed sy kant te stel en getuies te roep. As jy gevra word, skets jou saak stap vir stap soos dinge gebeur het.<\/p>\n<p>Die kommissaris gebruik die dagvaarding as blitsagtergrond en sal julle albei moontlik uitvra. Hy kan op enige tydstip besluit dat hy genoeg inligting het om uitspraak te lewer.<\/p>\n<p>Bly beleefd en kalm: spreek die kommissaris as \u201cEdelagbare\u201d of \u201cMeneer\u201d aan, en moenie die verweerder in die rede val nie, al stem jy nie saam met wat hy s\u00ea nie. Luister eerder deeglik na sy kant &#8211; maak selfs notas &#8211; en vra n\u00e1 sy spreukbeurt of jy perspektief kan gee op feite wat jy dink foutief aangebied is, maar jy mag hom nie kruisondervra nie.<\/p>\n<p><strong>STAP 7 Uitspraak <\/strong><\/p>\n<p>Die kommissaris maak daar en dan \u2019n regs-afdwingbare en finale uitspraak. Jy kan nie appelleer, of jou saak na \u2019n ander hof neem nie, tensy daar growwe onre\u00eblmatigheid was. Soms word die saak uitgestel, byvoorbeeld as die kommissaris meen die klaer of verweerder moet nog bewyse bring, of as die saak buite die jurisdiksie van die hof van klein eise val.<\/p>\n<p><strong>STAP 8 Afloop<\/strong><\/p>\n<p>Die kommissaris vra nou die verweerder hoe hy die vonnisbedrag wil terugbetaal, en maak in ooreenstemming daarmee \u2019n billike betalingsbevel. As die verweerder versuim om te betaal, of nie volledig betaal nie, gaan weer terug na die klerk waar jy in \u2019n be\u00ebdigde verklaring aantoon hoeveel geld uitstaande is. Hy reik \u2019n lasbrief om eksekusie uit wat die balju magtig om op die verweerder se bates beslag te l\u00ea en te verkoop.<\/p>\n<p><strong>AFTIKLYSIE VIR DIE HOFDAG<\/strong><br \/>\n<strong>Sake word maklik uitgegooi. Maak jou saak sterk en neem saam:<\/strong><\/p>\n<p># Al jou bewyse soos rekenings, kwitansies, skuldbriewe, afskrifte van e-pos, bewys- strokies, koopstrokies, kontrakte of ooreenkomste<\/p>\n<p># \u2019n Rekord van oproepe en pogings wat jy gemaak het om die saak op te los, inslui- tende die reaksies van die beskuldigde<\/p>\n<p># Foto\u2019s van die skade, indien relevant<\/p>\n<p># Getuienis om jou saak te staaf sodat dit nie net jou woord teen die verweerder<br \/>\ns\u2019n is nie<\/p>\n<p># Kundiges, vir kundige menings. Hulle moet in die hof verskyn. Jy kan nie net \u2019n<br \/>\nkundige se verslag voorl\u00ea nie.<\/p>\n<p># Jou identiteitsdokument.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>FRUSTRASIE. Dit is wat mense hof toe dryf. As jy, soos drie van rooi rose se joernaliste, een van die duisende mense landwyd is wat die afgelope dekade skielik \u2019n selfoonrekening van R3 000, R8 000 of selfs R42 000 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98971,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680],"tags":[],"class_list":["post-4444","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Groot geregtigheid vir vroue | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Groot geregtigheid vir vroue | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"FRUSTRASIE. Dit is wat mense hof toe dryf. As jy, soos drie van rooi rose se joernaliste, een van die duisende mense landwyd is wat die afgelope dekade skielik \u2019n selfoonrekening van R3 000, R8 000 of selfs R42 000 [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-15T10:47:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T10:45:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1035\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Groot geregtigheid vir vroue\",\"datePublished\":\"2012-11-15T10:47:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:45:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/\"},\"wordCount\":1462,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg\",\"articleSection\":[\"Sukses en geld\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/\",\"name\":\"Groot geregtigheid vir vroue | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg\",\"datePublished\":\"2012-11-15T10:47:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:45:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg\",\"width\":1035,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groot-geregtigheid-vir-vroue\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Groot geregtigheid vir vroue\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Groot geregtigheid vir vroue | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Groot geregtigheid vir vroue | rooi rose","og_description":"FRUSTRASIE. Dit is wat mense hof toe dryf. As jy, soos drie van rooi rose se joernaliste, een van die duisende mense landwyd is wat die afgelope dekade skielik \u2019n selfoonrekening van R3 000, R8 000 of selfs R42 000 [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-15T10:47:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T10:45:36+00:00","og_image":[{"width":1035,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Groot geregtigheid vir vroue","datePublished":"2012-11-15T10:47:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:45:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/"},"wordCount":1462,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg","articleSection":["Sukses en geld"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/","name":"Groot geregtigheid vir vroue | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg","datePublished":"2012-11-15T10:47:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:45:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Groot-Geregtigheid-vir-vroue.jpeg","width":1035,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-geregtigheid-vir-vroue\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Groot geregtigheid vir vroue"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4444","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4444"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4444\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98971"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4444"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4444"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4444"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}